Sunday, March 18, 2012

Preek 18 Maart 2012

Rentmeester van my familie
Johannes 13:1-17

Johannes 13: 1a “Jesus knew (was fully aware) that the time had come for Him to leave this world and return to the Father.

Die toneel speel af kort voor Jesus se kruisdood. Hy weet dat sy tyd min raak. Alles wat Hy nou sê en doen is krities belangrik. Dit maak hierdie gebeurtenis uiters betekenisvol.
Dis die laaste keer dat al sy dissipels so bymekaar is. Laaste geleentheid om hulle te leer.

Johannes 13: 1b & 4 “He had loved those who were His own in the world, He loved them to the last and to the highest degree

Hulle was sy mense – sy familie. Hy het hulle liefgehad tot die uiterste toe.
Familie is nie net ons gesin of bloedfamilie nie. Dis my naby-mense. Almal wat vir my belangrik is. Die mense wat my beïnvloed en die mense wie deur my beïnvloed word.
Die mense in Jesus se familie het nie almal ewe goed klaargekom nie. Jesus het sy gunstelinge gehad. Sy verhouding met hulle was nie almal dieselfde nie. Daar was dus makliker en moeiliker verhoudings, nader en verder  verhoudings.

Wat doen Jesus die laaste keer wat hulle so bymekaar is? Hy was hulle voete.
Johannes 13: 4 – 5: "He took off His garments, and taking a servant's towel, He fastened it around His waist. Then He poured water into the washbasin and began to wash the disciples' feet

Hy doen die vuilwerk – die werk van die laagste slaaf in die huishouding.
Alhoewel hy geweet het dat Judas Hom gaan verraai en Petrus Hom gaan verloën, was Hy nog steeds hulle voete. Hy ken al sy “familie-lede” se swakhede en tekortkomings, maar Hy slaan niemand oor nie. Sy liefde stel geen voorwaardes nie.

As Hy die voete gewas het sê Hy die volgende:
John 13: 14 & 16: If I then, your Lord and Master, have washed your feet, it is your duty to wash one another's feet… A servant is not greater than his master

Die gebruik in die Bybel is om die belangrikste mense eerste te noem. Hier noem hy die slaaf eerste en sy baas tweede. Hy keer dus die samelewingsgebruik om, om sodoende te beklemtoon dat niemand belangriker is as iemand anders nie. Daar is wel verskillende posisies, maar ons waarde is dieselfde. Die slawe en die eienaars is deel van Sy familie.
Voete-was is dienslewering. Jesus is bereid om die vuilwerk te doen en ander mense te bedien. Hy roep ons op om dieselfde te doen. Niks is benede ons nie. Net soos wat niks benede Hom was nie.  

Wat leer ons oor rentmeester van my familie?
Wie is my familie? Volgens Jesus se wye definisie: My gesin; my hartsmense; die mense wat vir my werk en dienste lewer; die mense wat my lewe beïnvloed soos my kollegas, bure, maats se ouers. Die mense wie deur my beïnvloed word en op wie ek ‘n invloed het.

Ek moet my familie tot die uiterste toe liefhê. Sonder voorwaardes, sonder uitsondering, sonder onderskeid en oordeel. Ek moet hulle met respek en agting behandel en ek moet hulle dien. Ek moet die verhoudings beskerm, versterk en opbou.

Niks is benede my nie. My oë moet oopwees vir behoeftes en ek moet gereed wees om te reageer wanneer dit nodig is . Al is dit nie iets wat ek gewoonlik sal doen nie.
 


Sunday, March 11, 2012

Preek 11 Mar 2012

Rentmeester van my potensiaal
2 Kronieke 24:1-25

Verlede week het ons gepraat oor rentmeester van my besittings. Ons moenie toelaat dat ons besittings ons baas word nie. Of ons dien vir God of ons dien ons besittings.

Vir vandag se tema het ek ‘n potplant saamgebring. Dis ‘n clivia. Soos hy hier staan het hy die potensiaal om 1 keer in ‘n jaar te blom. Hier is nie ‘n blom nie, so moet glo hy het die potensiaal om te blom. Om sy potensiaal om te blom te verwesenlik moet ek vir hom water en kos gee. Anders begin hy as ‘n plant met die potensiaal om te blom, maar hy gaan dan dood sonder om sy potensiaal te verwesenlik.

Met dit in gedagte wil ek julle voorstel aan een van die meer onbekende figure in die Bybel – in die Ou Testament.  Sy naam is Joas. Ons lees van hom in 2 Kronieke 24: 1-25. Ek gaan nie dit alles lees nie, ek gaan so ‘n oorsig gee van sy lewe.

Joas het nogal ‘n interessante geskiedenis. Hy was 7 jaar oud toe hy koning van Juda geword het en hy het vir 40 jaar in Jerusalem geregeer. Hy het sy termyn as koning baie goed begin. Hy het opdrag gegee dat die Leviete geld moes insamel om die tempel in ere te herstel.  En toe hulle genoeg geld bymekaar gehad het, het hulle die tempel herstel. Lees vers 12-14.
Dit was ‘n goeie tyd vir die volk – tempel is herbou, aanbidding is herstel, die mense is regverdig behandel. Die land was rustig – die mense was gelukkig. Hulle was lief vir hulle jong koning.
Toe verander alles. Joas het ‘n mentor gehad met die naam - Jojada die priester. Hy het ‘n positiewe rol in Joas se lewe gespeel. Jojada was al oud en het gesterf. Nie lank daarna nie het Joas begin om onder die invloed van die magbehepte leiers van Juda gekom – hulle was nie ‘n positiewe invloed op die jong koning nie. Dit het gemaak dat hy wegbeweeg het van God af en begin het om afgode te aanbid. Die land het agteruitgegaan en die mense het vertroue in hom verloor.
En toe Sagaria, Jojada se seun, hulle waarsku en het Joas hom laat vermoor. Uiteindelik het die Arameërs Juda binnegeval – hulle het Jerusalem oorgeneem en al die leiers doodgemaak. Hulle het vir Joas gewond agtergelaat en hy is toe deur sy eie amptenare in sy bed vermoor.
Joas het so agteruitgegaan dat sy eie mense teen hom gedraai het. Hy is nie eers in die koninklike begrafplaas begrawe nie. Hy het soveel potensiaal gehad, maar dit eindig tragies.
Ek dink dis seker een van die hartseerste dinge is om aan die einde van jou lewe te kom en terug te kyk en te weet, ek het nie my potensiaal verwesenlik nie.

Ons praat vanoggend oor Rentmeester van my potensiaal. En ek het gedink om Joas se verhaal hiervoor te gebruik, want ons kan baie leer uit sy foute.

Die eerste ding wat die verhaal weer vir ons bevestig is dat God elke mens met ongelooflike potensiaal geskep het. Luister net weer na Ps 8:4-6. Draai gou na iemand langs jou en sê vir mekaar wat beteken Ps 8 vir jou?
Iemand gesê het:  'Any fool can count the seeds in an apple. Only God can count the apples in one seed.'" Dis hoe God na elkeen van ons kyk – hy sien die ongelooflike potensiaal in ons.

Ons sien hierdie Godgegewe potensiaal by Joas Hy was ‘n jong koning wat sy mense georganiseer en geinspireer het. Hy was ‘n leier, ten spyte van sy ouderdom. Hy het dinge gedoen gekry. Hy het soveel potensiaal gehad. Maar die les wat ons moet leer is, om goed te begin waarborg nie sukses nie. Dis soos al die mense wat vandag die Argus ry – om hard te oefen en weg te spring waarborg nie dat jy gaan klaarmaak nie – tussen die wegspring en die eindpunt lê ‘n klomp harde werk. God gee vir ons die potensiaal – maar dis ons verantwoordelikheid om iets daarvan te maak.

Dis wat Joas nie besef het nie. Joas het teveel staat gemaak op Jojada – hy het niks gedoen om sy potensiaal te ontwikkel en te groei nie. En toe Jojada sterf – toe val Joas uitmekaar uit.
Om jou potensiaal te ontwikkel is dit belangrik om jouself te leer ken. Dis belangrik om te ontdek wat jou sterk- en swakpunte is. Dis belangrik om te weet wat jou gawes en talente is. Dis belangrik om seker te wees van jou oortuigings. Dis hoekom Joas so maklik deur die slegte leiers beïnvloed is – hy het nie sterk oortuigings gehad nie. Hy het geen fondasie gehad om hulle slegte invloed te weerstaan nie.
Soos ons lees in Spreuke 4:23 “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.  
So die vraag wat elkeen van ons vir onsself moet vra – waar is jy nou? Ken jy jouself – jou swak en sterkpunte, jou gawes en talente? Wat doen jy om dit te ontdek of te ontwikkel? Sodat jy jou potensiaal sal verwesenlik.

By Joas sien ons ook dat die verwesenliking van jou potensiaal word beïnvloed deur die mense met wie jy jou omring. Jojada was ‘n positiewe invloed op Joas – hy het die beste in Joas na vore gebring. Die ander leiers met wie Joas gemeng het na Jojada se dood was ‘n slegte invloed en hulle het Joas tot ‘n val gebring.
In 1 Korintiërs 13:33 lees ons: “Moet julle nie langer laat mislei nie: “Slegte geselskap bederf goeie sedes.”
Ben Zander, dirigent van die Boston Filharmoniese orkes en motiveringsspreker praat van die spiraaleffek wat mense het. 2 Soorte mense – Afwaartse spiraal mense en Opwaartse spiraal mense.

Afwaartse spiraal mense sê vir jou:
  • Dit gaan nooit werk nie. Jy gaan dit nie reg kry nie. Jy het nie genoeg geld nie.
  • Ons land is ‘n gemors en gaan nooit ‘n sukses wees nie. Regering is korrup.
  • Gemeente: bediening gaan nooit werk nie. Die musiek is nie goed nie. Dominee doen nie dit of dat nie. Die gemeente bevredig nie my behoeftes nie.

Opwaartse spiraal menses ê vir jou:
  • Dit gaan moeilik wees, maar ek weet jy kan dit doen. Ek sal jou ondersteun.
  • Ons land het wonderlike mense, kyk na die versoening wat daar al was. Ons kan baie vermag as ons saamwerk.
  • Geen gemeente is perfek nie, maar ons het baie om voor dankbaar te wees. Kom gee die bediening ‘n kans. Wat kan ek doen om te help. Waar kan ek betrokke raak.

Afwaartse spiraal mense is negatief en onderdruk potensiaal. Opwaartse spiraal mense is positief, wil help en bemagtig potensiaal. Die vraag is: Na wie luister jy? Wie is die mense met wie jy jou omring? Is dit mense wat jou poetnsiaal steel of mense wat jou potensiaal opbou?

Ek wil afsluit met ‘n verhaal van Steve Jobs. Hy was die stigter van Apple rekenaar maatskappy wat verlede jaar aan kanker oorlede was. Hy was paar jaar gelede genooi om die gasspreker te wees by die gradeplegtigheid van Stanford Universiteit. Al wat hy gedoen het – hy het 3 stories uit sy lewe vertel. Die laaste storie het gegaan oor die realiteit van die dood. Hy vertel dat hy vir die eerste keer met die dood gekonfronteer is toe kanker by hom gediagnoseer is. Hy het besef dat die dood is die enigste ding in hierdie lewe waarvan ons almal definitief seker kan wees. Daarom moet mens seker maak dat jy die meeste van jou potensiaal en jou lewe maak. Hy sluit dan af deur vir die groep studente te sê: “ontwikkel jou potensiaal, moenie iemand anders se lewe probeer leef nie.”

Ons is die mense oor wie Ps 8 geskryf is. Dis hoe God ons sien. Hy gee vir ons potensiaal. Wat gaan jy daarmee maak? Gaan jy soos Joas wees? Of soos Steve Jobs? Wat gaan jy met jou Godgegewe potensiaal maak?

Sunday, March 4, 2012

Preek 04 Maart 2012

Rentmeester van my besittings

Ons begin vandag ons reeks oor Rentmeesterskap. Dit is in lyn met die waarde van Eenvoud waarop ons in hierdie kwartaal fokus. Eenvoud gaan oor ‘n manier waarop jy jou lewe leef. In ‘n wêreld wat meer en meer eise aan ons stel en al hoe meer kompleks raak beteken eenvoud  dat ons met ‘n innerlike vrede, tevredenheid en vergenoegdheid sal leef. Dit geld ook vir die manier waarop ons gemeente funksioneer. Rentmeesterskap sluit hierby aan. Rentmeesterskap gaan nie net oor geld nie – dit verwys na die manier waarop ek my lewe leef. As gelowiges glo ons dat God gun vir ons al die dinge van ons lewe – potensiaal, besittings, geld, familie, die natuur. Rentmeesterskap gaan oor hoe ons al hierdie goed bestuur en nurture en die meeste daarvan maak. So, ons begin deur te kyk na wat dit beteken om ‘n goeie rentmeester van my besittings te wees.

Wie van julle het een of ander oefenapparaat by die huis – oefenfiets, roeimasjien, abflex, gewigte, enige van daai goed? Wie van julle gebruik dit?
Het julle al opgelet hoe baie van hierdie oefenapparate staan by Cash Crusaders? Ek het ‘n teorie – een van daai conspiracy theories. Ek is oortuig dat daar ‘n ooreenkoms is tussen Cash Crusaders en die vervaardigers van oefenapparate. Ek vermoed hulle is dalk dieselfde mense wat geld maak aan albei kante. Hulle verkoop oefenapparate aan ons wat ons nie gebruik nie en dan maak hulle weer geld wanneer ons dit na Cash Crusaders toe neem. Ek dink dis ‘n briljante plan.
Het julle al opgelet hoe baie takke van Cash Crusaders en ander soortgelyke winkels en markte daar deesdae is. Plekke waar jy tweedehandse goed kan gaan koop. Dit bevestig net vir my – ons hou van stuff. Ons hou daarvan om dit te koop, ons hou daarvan om dit hê en ons hou daarvan om meer daarvan te gaan soek. Ons het so baie daarvan dat dit vir ons nodig is om elke nou-en-dan te springclean, sodat ons ontslae kan raak daarvan, sodat ons plek het vir nuwe stuff. Dis ook hoekom daar so baie van die self-storage plekke hier in ons omgewing gebou word en hoekom baie van ons garages het wat nie plek het vir ‘n kar nie. Ons hou van stuff!

Jesus waarsku ons teen hierdie kultuur van bymekaarmaak. Lukas 12:15-21 & 16:13

Hierdie tekste is ‘n sterk teregwysing vir die gierigheid van ons wêreld. Dit dwing ons om selfondersoek te doen oor wat dit is wat ons dryf. Word ek gedryf deur ‘n gierigheid na meer aardse goed of word ek deur God en sy roeping vir my gedryf?
Wanneer ‘n mens obsessief raak oor die bymekaarmaak van alles wat nuut is, en blink is, en oop-en-toe kan maak, dan word jy slagoffer van stuff, van rykdom en van gierigheid en dan is dit baie maklik om te vergeet van God en sy bedoeling met jou lewe.

Hier wil net kwalifiseer – ek wil nie daarmee sê dat ons van alles ontslae moet raak en armoedig moet begin leef nie. Maar ons moet begin dink oor hoekom ons al die goed bymekaarmaak, wat gaan ons daarmee doen en hoe gaan dit tot voordeel kan wees vir my verhouding met God en mense. Ek moet dink oor my motiewe.

Dink net ‘n oomblik hoeveel makliker gaan jou lewe wees as jy minder goed het. Hoeveel beter jy dalk met jou geld gaan uitkom. Dink net hoe baie nood kan aangespreek word as ons van ons stuff begin ontslae raak en met die geld wat ons sal spaar as ons nie nodig het om stoorplek te betaal nie.
Die meeste van ons dink dat ons nie die bronne het om ander te help nie, maar ek reken as ons anders begin dink oor ons goed sal ons ontdek, ons het meer as wat ons gereken het.

Klompie jare gelede was daar ‘n fliek, Schindler’s List oor Oskar Schindler wie 100de Jode se lewe gered het in die Tweede Wêreld oorlog. Aan die einde van die fliek is daar ‘n toneel– nadat Schindler al sy geld spandeer het om ‘n Duitse SS offisier om te koop om sodoende die lewe van 1100 Joodse werkers te spaar. Wanneer hy dan by die Jode kom begin hy huil, want hy voel hy kon meer gedoen. As hy sy kar verkoop het kon hy nog 10 mense gered het. Sy lapelwapen is 2 mense word.
Schindler se situasie is ekstreem want hy het letterlik mense se lewens gered deur geld en besittings weg te gee. Nie baie van ons sal hopelik in so ‘n situasie beland nie. Maar soos Schindler word ons ook elke dag gekonfronteer met die keuse oor hoe ons ons lewens, ons geld en ons besittings gaan spandeer.  Hy het besluit dat mense belangriker is as besittings en daarvoor het hy baie opgeoffer.

Die Bybel sê, ons kan nie 2 base gelyk dien nie. Ons kan nie ons besittings en vir God dien nie. Ons moet ‘n keuse maak.
Dit vra dat ons baie mooi moet dink oor dit wat ons regtig nodig het en dit wat ons graag wil hê. Ons moet kies of ons skatte hier op aarde bymekaar gaan maak en of ons eerder ryk by God gaan wees. Ons gaan moet kies of ons gaan vasklou aan ons goed en of ons dit ook gaan gebruik ter wille van ander mense en om die wêreld ‘n beter plek te maak. Ons gaan moet kies tussen die gevangeneskap van goed en ‘n lewe van vryheid.
Ons gaan moet kies of ons vir God en sy koninkryk eerste gaan stel en hom gaan vertrou om vir ons te voorsien.

Ek wil afsluit met ‘n storie om dit alles saam te vat:
Glen Adsett, ‘n Amerikaanse sendeling wat baie lank in China gewerk het vertel die storie. Dit was ‘n moeilike tyd om ‘n sendeling in kommunistiese China te wees. Die sendelinge is baie vervolg deur die owerhede. So het dit gebeur dat hy en sy familie lang tye onder huisarres geplaas is. Na so ‘n lang tyd in huisarres kom een van die soldate na hom toe met die nuus dat hulle na Amerika gedeporteer gaan word. Saam met dit kom toe die voorskrif dat hy en sy vrou net 100kg bagasie saam met hulle op die vliegtuig mag vat.
So begin die worsteling oor wat hulle gaan vat en wat hulle gaan los. Hulle was baie jare in China en 100kg was min. So begin die familie argumente toe:
Wat van my boeke? Ons kan nie sonder ons eetstel gaan nie! Wat van ons nuwe rekenaar met al ons inligting op? Wat word van al ons CD’s?
Hulle het alles geweeg met ‘n skaal en dan moes hulle weer goed afhaal. Uiteindelik, met baie meet en pas en met ‘n ongeduldige soldaat wat oor hulle skouer loer het hulle presies 100kg se besittings bymekaar gehad. En hulle was albei min of meer tevrede.
Die soldaat vra toe: is julle gereed om te gaan?
Ja, antwoord hulle.
Het julle alles geweeg? Vra die soldaat
Ja, kom die antwoord.
Toe hulle uiteindelik by die lughawe kom toe kom die vraag wat hulle koud gelaat het.
Wat weeg die kinders? Het julle hulle ingereken by julle 2 se toegelate 100kg?
Wat weeg die kinders – ewe skielik het die boeke, rekenaar, CD’s en ander besitting net nie meer saak gemaak nie.