Sunday, March 31, 2013

Preek 31 Maart 2013


OPSTANDINGSONDAG 31 MAART 2013
HY HET OPGESTAAN!
_______________________________________________________
1.  Skriflesing ::  Johannes 20 :: 11 – 16

2.    DIE NA-NAG WAS NET TE LANK . Die na-nag was te lank vir Maria : Die Verbystering / Die Smart / Die Teleurstelling oor haar Rabbi se kruisdood gooi ’n donker skadu oor haar hart!  Sy verlang intens na Hom :: Wil Hom so graag weer sien : Net aan Hom raak : Sy liefde weer voel

3.  Toe weet sy :: Ek sal na Sy graf gaan :: Sy liggaam met my trane balsem : Sommer net die pyn in my hart voor Hom uitstort : Sy teenwoordigheid weer beleef!

4.  Stadig en onseker loop sy na die graf ::  Versigtig loer sy by die oop gat in die muur in : En dan die skok >>  My Meester – Die Een op wie ek my lewe gebou het – se liggaam is weg!!   Hard en vol vrees skree sy ::  Waar is my Meester? Wie het Hom weggeneem?  Verslaentheid oorweldig haar!  Haar angsroep klief deur die oggend-stilte!

5.   Dan :: Meteens :: Asof uit die niet :: staan Hy langs haar :  Waarom huil jy so? Vir wie soek jy?  **  Onbewus van wie dit is, pleit sy ::  Asseblief, Meneer :: As JY Hom uit die graf geneem het, sê tog vir my waar sy liggaam nou is.  Ek sal dit vat en verder dra!    **  Dan die onverwagse antwoord :: ’n Enkele woord ::  MARIA!!! Sien jy nie :: Dis EK : Jou Vriend en Verlosser, die   Seun van God!  Ek is nie in die graf nie!  Ek het die dood oorwin!! Daarom ::  Jy kan nou opstaan en LEEF!!   En al wat sy verbaas kan uitroep ::  Rabbi!!

6.   En in hierdie HEILIGE lewensveranderende oomblik, verander elke stukkie Lewens-hartseer .... in Oorweldigende Vreugde  Haar aardse hartseer ..... in Hemelse Moed ::  Haar donker Verlorenheid .... in  Ewige Lig!!  Ek het die Here nounet LEWENDIG gesien!!   HY HET OPGESTAAN!!  HY LEEF!!  DIE GRAF IS LEEG!!   Want ::  Dit is die dag! Dit is die Heer se dag! Die Heer verrys in morelig! Die Here leef! Hy oorwin die graf!
Halleluja!   Halleluja!   Die Here leef!  Hy is uit die graf!!  Die Heer het OPGESTAAN!!

7.   DAWID SE NOODKREET  ::   >>  Soos Dawid se NOODKREET in   **  Ps 28 : 1 >>  Ek roep na U, Here my Rots : Moet tog nie doof wees vir my nie! Want as U bly swyg, sal ek wees soos ’n sterwende!    >>  Wat verander in ’n LOFLIED in   **  Ps 28 : 6 >>  Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor! Die Here is my Sterkte en my Beskermer : Op Hom kan ek vertrou!  Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met ’n loflied!   Die Here is ’n sterkte vir Sy volk, ’n Veilige beskutting vir Sy gesalfde!     >>  En BEVESTIG word  in **  Ps 18 : 47 >>  Die Here leef!  Ek loof Hom wat my ROTS is! Ek PRYS God wat my gered het! Dit is God wat my die OORWINNING gee!




8.   En daar is ’n aanloop tot die uitroep : Daar is iets hieragter :  Was nie sommer ’n maklike ding om uit te roep nie :   Want die verhaal in Ps 18 vertel van vyande wat Dawid op die randjie van WANHOOP gebring het ::  ’n Situasie wat Hom ERNSTIG tot die Here laat bid en vra :  Here, beskerm my asseblief!  Moenie STILBLY en my laat voel of ek teen die dak vasgebind is nie!

9.  Maar dan ervaar DAWID Hoe die Here op die toneel verskyn :   Hom uit onmoontlike situasies red :  Hom KRAG gee in situasies waar hy nie in EIE krag staande sou kon bly nie :    En die ondervinding laat Hom met groot oortuiging uitroep Die Here Leef!! Die Here is my Rots :: My Sterkte :: My Skuilplek My Redder :  Ek VERTROU die Here!!   Want Hy gee LIG in die donker :: Krag BO verwagting :: ’n Voorspoedige pad ::  ’n Vastrapplek vir Sy kinders ::  Hy maak my voete soos die van ’n ribbok ::  Op hoë plekke kan ek VEILIG loop!  HY HET OPGESTAAN!  HY LEEF!!

10.   En waarmee Dawid eintlik bely  :: Die Here leef!!  **  Hy is hy nie net .....dood ..... nie!   Nee!  Allesbehalwe ::      **  Hy is steeds AKTIEF  ::  **  Hy is steeds WERKSAAM in hierdie wêreld :  **  Hy HET Hom nie ONTTREK nie :: 
**  Hy is AKTIEF in jou en my wêreld!  **  Hy LEEF inderdaad!!!  Jesus leef en ons met Hom

11.   PAASFEES / OPSTANDING-SONDAG 2013    Saam met al die herinneringe // Die bevestigings :: Kan ek vanoggend in hierdie Paastyd voor die Jesus kom kniel wat ons met Sy Vergifnis, Vrede, en Genade seën!    **  En KIES ek – soos Maria Magdalena – Om @ die kruis van Jesus te kom kniel :  Om elke dag oor my Verlosser te JUBEL en te JUIG :  En vir Hom te sê ::  My Here en my God! Ek aanvaar U onbeskryflike liefde met dankbaarheidsvreugde!  Wees asseblief my Rabbi, my Leidsman, my Ewige Vriend!   Vul my daagliks met die krag van u Gees, sodat ek kan leef soos ’n Verloste kind :: Soos ’n kind wat na U beeld geskape is ::  ’n Kind wat met U liefdeswysheid gevul is.  Gebruik my lewe, gawes en talente in U diens, sodat ek U grootheid Hoorbaar, Sigbaar en Voelbaar sal maak!   Ja, Here, U is my lig : Die Lig wat my Feilbaarheid vergewe, my Gebrokenheid heelmaak, Wat elke aardse nag in ’n Hemelse Vrede omskep!  Ek eer U met my hele hart : Want ek GLO ...

12.   Ja!   Inderdaad ::  Die Here leef!!  Hy is nie net dood is nie!   Nee!  **  Hy is steeds AKTIEF!!  **  Hy is steeds Werksaam in hierdie wêreld :  ** Hy het Hom nie Onttrek nie ::  **  Hy is AKTIEF werksaam in jou en my wêreld!

Sunday, March 24, 2013

Preek 24 Maart 2013


PREEK : SONDAG 24 APRIL 2013
DIE LIG BREEK DEUR!   Luk 18 : 35 - 43
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1.   IN THE FOOTSTEPS OF JESUS  **  Die beroemde skrywer van Dr Jekyll and Mr Hyde :   Toe hy nog ’n kind was, was daar nog straatlampe in die strate!  Een nag by die  venster uitgeloer : Pikdonker!  As kind baie bang vir die donker, maar die aand is sy vrees daarvoor verdryf : Want die man wie se taak dit was om die gaslampe aan te steek vir die nag, het by hulle straat begin :   Een vir Een het die straatligte aangekom!!   Hy het opgewonde vir sy ma  geskree  Mommy, somebody is poking holes in the darkness!

2.   En dis wat ons dalk vanoggend moet hoor  :  Jesus :: die een wat LIG stuur :: Die Een wat LIG is ::  kom druk gate in die donker!!!   God se lig wat deur die gate inkom,  verdryf die donkerte!  Ons kan verseker weet dat DONKERTE nooit vir lank die oorhand in God se kinders het nie!    >>  Onthou wat Jesus gesê het ::  Ek is die LIG vir die wêreld!  Wie MY volg, sal nooit in die duisternis lewe nie! (Joh 8:12)  Iemand wat My volg, se lewe nie sinloos wees soos die van iemand wat in die donker rondstrompel nie!

3.   As die Almagtige God, Skepper van die heelal, Magtig om enige-iets te doen, vir jou vra  :: WAT WIL JY HÊ MOET EK VIR JOU DOEN? .....  >>   Wat sal jy antwoord??    Wat wil jy die graagste hê?  Want dis die kans van ’n leeftyd :: Jy gaan dalk NOOIT weer so ’n kans kry nie :: Dis amper ’n  Money or the Box situasie ...!!!   **   Gaan jy vra vir geld  –  Nie baie nie Here, maar net genoeg!  Ek sou kon doen met ’n miljoen ...!!!     **   Gaan jy vra vir ’n lang lewe – Maar dan ’n gesonde en gelukkige lang lewe ::  Ek sien werklik nie kans vir die pyne en  kwale en skete van ’n oumens-lewe nie!       **   Vra jy dalk vir veiligheid – Beskerming vir elke dag – Want dis so wild en woes daarbuite : Moet myself om elke hoek  en draai beskerm : Myself agter slot en grendel hou!   **   Vra jy vir gesondheid – Want ek kan die pyn en siekte nie langer verduur nie – Dis nou eenmaal net te veel :: Dis nou  genoeg!  Hoekom moet net ek so suffer?   **   Wat van ’n goeie naam – Dis tog so belangrik vir my image en beeld!  Ja! Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen??

4.   Skriflesing :: Luk 18 :: 35 – 43.   Onthou asseblief ::    In daardie tyd was dit veel moeiliker om blind te wees as vandag :: Al die hulp en tegnolgie nie so geredelik beskikbaar soos vandag nie ::  Kon nie gou-gou vir ’n laser ops gaan nie : Van oorplantings was daar nie eers sprake nie!!   Die enigste oplossing vir die man was om hom maar tot bedelary te wend om aan die lewe te bly!   En nou weet julle hoe die mense oor bedelaars gevoel het :: Eenkant toe gestoot : Was as lasposte en luiaards gebrandmerk ::  Hulle het geen kans in die lewe gehad nie ::  Niemand het hulle ’n plekkie gegun nie!

5.  Soos al die ander mense het hy ook van die Jesus gehoor ::  **  Dat Hy mense gesond KAN maak :  **  Dat Hy ’n hart het vir swaarkry-en-op-die-rant mense ::  **  Dat Hy Almagtig is ::  **   Dat Hy DOEN wat Hy beloof!!!!   Ja!  Verseker het hy van die man gehoor   >>  En toe hy op ’n dag hoor dat die man sy dorp kom besoek, het hy seker vir homself gesê ::   
Hier’s my kans!! Ek gaan dit vir geen geld ter wêreld misloop nie! Dis dalk my ENIGSTE ans in die lewe!  Ek DURF dit nie misloop nie!

6.    En soos ’n klein seuntjie het hy begin kerm en skree ::  Al harder en harder ::  In die hoop dat Jesus hom sou hoor::    Hoor my tog!  Ontferm U oor my!  Ek wil graag sien! Help my tog!  **   So hard aanhou kerm, dat hy die omstanders begin irriteer het Hulle hom probeer stil maak het :  Want wat maak ’n bedelaar in elk geval tussen ons .. Jy hoort mos nie hier nie ..!   Jou plek is daar eenkant Hulle was nie lus vir die gekerm van die bedelaar nie!! Hulle het immers gekom om JESUS te sien!

7.   Maar Jesus HET hom gehoor :: Bo al die geskree en geraas deur :: Tussen al die baie ander wat Sy aandag gevra het, het Jesus die een stem gehoor ::   Jesus! Seun van Dawid! Hoor my tog!  Ontferm U oor my!  Hoor my tog net! Help my tog net, asseblief!!     En wanneer Jesus hierdie BELANGRISTE VRAAG in sy lewe vra  ::  Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? ::   En die BLINDE MAN in Luk 18 : 40 huiwer nie vir ’n oomblik toe hy die vraag hoor nie ::  Dat ek kan SIEN, Here!!!.

8.   En asof in ’n oomblik, maak Jesus sy oë reg :: Goed!  Sien dan!  Jy kan nou sien!  Die mooiste woorde wat die man nog in sy lewe gehoor het :   Want skielik is die donker gordyn in sy lewe vir ewig weg : En kan hy SIEN!!

9.   En kry hy boonop die goeie nuus ::  Jou GELOOF het jou gered!   Hy verstar vir ’n oomblik ::  My Geloof??  Het ek dan Geloof??    Ek :: Die blinde bedelaar van Jerigo :: Wat altyd maar eenkant toe gestoot is :: Nooit ’n kans gegun is nie :: Altyd op die buiterant moes leef ::  Myself aan die lewe moes probeer hou met boemel bedel en aalmoese, STAAN VERWONDERD   ::  Kan ek dan ook GELOOF hê??  Dis my NOOIT gegun nie!! 

10.   En die lig breek vir hom deur :  En hy besef .. ervaar :: Geloof in God is om jou hart vir Hom oop te maak :: Om jou aan Hom oor te gee : Om Hom te vertrou ..............!!

11.    Wat kan EK vir jou doen?   As die Almagtige God, Skepper van die heelal, Magtig om enige-iets te doen, vir jou sou vra ::  Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?  Wat sal jou antwoord wees??  Wat wil jy die graagste hê?  Want dis die kans van ’n leeftyd!!!!   Jy gaan dalk NOOIT weer so ’n kans kry nie  Dis dalk die begin van iets totaal NUUT vir jou!!!  Wat gaan jy vra ...........??

12. Maar  ::   Miskien is dit dalk net goed om, VOORDAT jy antwoord, net weer ’n slag stil te word ::   Bewus te word met hierdie wonderlike troos dat God die God van nuwe beginne is :   Hy kan iets NUUT begin waar alles vir ons verlore of hopeloos lyk!    >>   Miskien is jou moed LAAG vandag!  >>  Miskien lê daar vir jou uitdagings voor wat te groot voel om te hanteer!  

13.   ONTHOU dan :: He is the God of New Beginnings!!  Hy kan wondere doen!   **   Hy het aan die begin uit NIKS, ’n totaal ALLES nuut geskep  ::  ’n Heel nuwe wêreld!!   **  Hy het in Eli se dae met ’n jong seun begin NUUT begin!   **  Hy het die ballinge ’n NUWE KANS gegee!   **   Hy kan ook deur Sy wonders in JOU lewe met iets NUUT begin!   **  Hy kan in Sy wondergenade,  deure vir jou oopmaak waarvan jou nooit eens kon droom nie!   **  Hy kan ook vir jou vrede en vreugde bring wat alle verstand te bowe gaan!   Vandag kan daar vir jou ’n nuwe lewe wees :: Die begin van iets nuut – ’n Lewe waarin God telkens op ’n nuwe wyse werk!  Glo!  Leef dit! Van vandag af!    Dit het Dawid laat uitroep ::  U leer my hoe om te lewe!  By U is daar oorvloedige blydskap!  Uit U hand kom net wat mooi is!    

14.  Is jy NOU reg om te antwoord ::  Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?

15.   En wat maak ’n mens as jou GROOTSTE wens skielik deur Jesus WAAR gemaak word :  Wel .. **   Jy gooi jou arms in die lug!     **  En jy JUIG en JUBEL!!     **   En dan DIEN jy Hom daarna met jou hele lewe :: Want dis die beste manier om DANKBAARHEID gestalte te  gee!    **   Dan word jou hele lewe ’n LOFLIED tot eer van God ::  Want dis die enigste manier waarop jy uiting kan gee aan jou DANKBAARHEID!!   **   Dan word jou hele lewe ’n OFFER aan God :: Want dis die enigste manier waarop jy DANKBAARHEID kan spel!    **   Dan hou jy nooit weer op om oor jou groot God te praat nie : Want almal moet HOOR van DANKBAARHEID!   **   Dan verander jou professie ::  Verby is die dae van boemel en bedel – Van aanmekaar BAKHAND staan Nou VOLG en VERKONDIG jy!!   **   Dan trek jy jou skoene uit :: En jy kyk DANKBAAR op!!  Want jy staan op Heilige Grond!     **   Soos die blinde bedelaar van Jerigo gemaak het!!

Sunday, March 17, 2013

Preek 17 Maart 2013


SORRY!  WRONG PERSON! WRONG CV!
______________________________________________________
1.  Here : KYK NET HOE INDRUKWEKKEND MY CV ::  Ek is net die regte persoon vir die werk!!!  Kyk bietjie my indrukwekkende CV .   
>>  Ek is hierdie model Farisiër in Luk 18 : 9-14  ::  **  Ek is vir nommer 1 NIE soos hierdie tollenaar nie!   **  Ek vas TWEE   maal per week!  **  Gee ’n tiende van my HELE inkomste  **  Ek steel nie / Pleeg nie moord nie /   **  Bedreig nie / Slaap nie rond nie / Bid gereeld / Is ook nie SO ’n groot sondaar soos HIERDIE tollenaar nie!!      
>>   Here : Ek, Paulus, voor my bekering :  Efe 3 : 4-6  ** Ek beskik oor uitnemende godsdienstige prestasies!  **  Ek is ’n Rasegte Isrealiet  uit die stam van Benjamin ::  Soos  vereis, op die  agste dag!  **  Ek praat Aramees!! **  Ek is ’n onberispelike  onderhouer van God se wet!   **  Ek beskou myself as die DUX leerling as dit by God se sake kom  / Het in al my vakke onderskeidings gekry / Het al die vereiste ere-kleure as dit by God se sake kom!  **  Ek beskou myself  as ’n geestelike REUS!  ** Ek is seker die EEN persoon wat  outomaties moet kwalifiseer vir enige spesiale werk wat op my pad  mag kom!!     >>  Ek :: 2013  ::  **  Het julle al ’n indrukwekkender CV gesien?   Kyk hierna …. **  Ek reik tog uit na mense /  Gee om .. / Help waar ek kan!  **  Was nog altyd beskikbaar / My deur staan oop ..! Luister .. Gee raad ..!   **  Huil saam vir mense se hartseer / Lag saam oor hulle vreugdes!  **  Gee gereeld my bydrae!  Gereeld by die UITREIKAKSIE op Vrydae betrokke!  **  Ek HET tog .... IS tog ....  DOEN tog .....  GLO tog ek maak ’n verskil ...!!  **  Ek is SEKER die mees outomatiese keuse ..............................!     >>   Hoe lyk JOU CV vanoggend ...........?

2.    SORRY! WRONG CV …..   Maar weet jy wat ::  Die hartseer ….. Die Slegte nuus …. ::  **  Jou Godsdienstige // Mensgemaakte CV …. beïndruk die Here glad nie!    **  Jou op  -EIE-Stoom-en-dink- EK -gaan-so-die trappies-na-die-hemel-klim - metode en CV gaan jou NIKS help nie     **  Daarvoor is jou lewe veels te kort om GENOEG op eie stoom te doen om die Here te beïndruk!!    **  Elke sg goeie daad is net te veel omraam en omring deur SELFSUG en EIE EER  : Te veel verskuilde agendas en soeke om  erkenning!    Askuus as ek dit vanoggend vir jou moet sê : Maar SORRY!! Wrong CV!! Wrong Person!!  Alles wat jy op eie stoom probeer doen om God se aandag te trek, net te min ..  En net te laat!!!  Jammer man!!!

3.  Want sien : GEHEIM : NIE TE HAASTIG NIE ....!   Die GEHEIM is nie hierdie INDRUKWEKKENDE CV en JARE se ondervinding nie :  Dit MAG jou dalk net tot voordeel  strek!       Die GEHEIM .. (RESEP ... As daar een is ... )  is maar net ....   **  Om God se manier en sy pad en sy plan te erken en te vertrou!!   ** Om nie te OORHAASTIG in te spring met JOU plan en Manier nie!   ** Om nie TE VEEL op jou EIE vermoëns te steun nie!   ** Om nie jou EIE ego in God se pad te laat staan nie!!  **  Om maar net OOR te gee / Te surrender / Te VERTROU!!

4.  Kyk maar na God se MEESTERPLAN met Gideon en sy manne wat die Medianiete in Rig 7  moes gaan aanval : En hoe hulle moes leer om NIE op EIE stoom iets vir die Here aan te pak nie .....  >>  Die toneel : Gideon en sy manne beplan ’n aanval op die Midianiete :     >>  Meer as 32,000 troep trek saam /  Kry hulle papiere en  oproepinstruksies! 
>>  God se planOm Gideon te wys dat Hy vir hulle veg : Hy ALLEEN die oorwinning gee :  Daarom :  Die opdrag aan Gideon :   **  Te veel manne by jou!  **  As ek dit toelaat,  dink die Israeliete later dat HULLE die oorwinning behaal het    **  Dat HULLE sterk genoeg is om op hulle EIE die oorwinning te behaal!    >>  God se Strategie  / PLAN  :  v3 Laat al die banges huis toe gaan! 22,000 besluit om huistoe te gaan!  **  Maar daar is NOG te veel!!  V4-5  :: Laat die manne water drink ::  Twee groepe   >>  Die wat op hulle knieë staan,  gaan huis toe!!  >>  Die wat water met die hand opskep, BLY om te veg!!!     >>  Die Resultaat  :  Nie meer 32,000 nie!   >>  Net 300 soldate bly oor : God sien kans om met NET 300 man die Midianiete aan te val :

5.   Ek kan my voorstel wat die geharde generaals van die PLAN sou sê : Absurd! Dom! Mal! ’n Mens MAAK nie so oorlog nie!!   Enige  militêre Bevelvoerder wat sy sout werd is, sal erken : Maar dis mos ’n SELFMOORD poging die!! Dis nie volgens de spelreëls van OORLOG nie! 

6.   Maar die Here se plan en metode was anders :    **   Van die oorspronklike 32,000 man, bly NET 300 oor : Die soldate se goeie CV’s ten spyt!    **  Selfs nie die mees geharde en ervare soldate met die grootste spiere en beste swaarde nie!  **  Selfs nie aan hoeveel veldslae hulle suksesvol deelgeneem het nie!  **   Net ’n klein en eenvoudige manier om Sy manne uit te sorteer – Hoe drink jy WATER!!   **  Die wapens : Trompette en kleipotte!!   En die plan 100% suksesvol ::  Hulle verslaan die Midianiete sonder enige wapens!!  HOEKOM??  Omdat dit die Here se plan was!!

7. WAT NOU ...... ??    Wat ... Wat nou?  Wat wil ek vir jou sê?   ’n Paar dinge :  >>  Die Here het Sy eie plan – En sy eie vereistes vir die CV van die wat Hy wil gebruik!!   >>   En dis nie ALTYD die STERKSTES en MEES BEKWAMES nie!!   >>   Sy eerste voorwaarde is : Wie gaan my op MY voorwaardes volg?   >>  Wie is bereid om volgens MY planne te handel??  >>    Wie gaan MY vertrou dat EK vir die res sal sorg ::  Dat Ek op die regte tyd en plek die OORWINNING  sal gee : Dat Ek die uitkoms sal gee,    .... no matter what .

8.   Weet jy wat :  Die Here het REGTIG nie 32,000 bekwame manne nodig om vir Hom die oorwinning te behaal nie!    **  Net 300 man wat op ’n VREEMDE manier water drink is genoeg!!   **  Net twaalf  dissipels, wat oor geen  BUITENGEWONE vermoëns of kwalifikasies beskik nie, MAAR BEREID IS OM ALLES NET SO TE LOS EN HOM TE VOLG ::  Is vir Hom genoeg om sy groot EVANGELIE-PLAN uit te voer!

9.   DIESELFDE BEGINSEL IN 2013 .....  En dieselfde beginsel geld VANDAG nog ::  **  NIE hierdie INDRUKWEKKENDE CV met NOODWENDIG die BESTE  kwalifikasies nie!!   **  Dalk net op daardie oomblik die mens wat Jesus op SY voorwaardes volg : Sonder ENIGE fynskrif of ander agendas!!  **  Die een wat die Here VOLKOME vertrou vir SY PLAN!!   **  Die een wat toelaat dat God deur Sy GEES, IN hom te werk!  **  Die een wie se HART oopgegaan het vir die Here se plan!   **  Die een wat aanvaar :  Die res gebeur vanself!!   

10.  Want sien : God SORG!!  vir die res!!!  Jou BESTE kwalifikasies ten spyt!!!  Laat staan dus maar die verskonings as God jou roep!!      >>   Sê net  JA! HERE! As Hy jou roep om vyandelike gebied vir Hom te gaan verower!!   Laat staan jou nonsens en verskonings – Dit maak in elk geval GEEN indruk op Hom nie!!  Aanvaar net jou ROEPING!!     >>   Meld aan vir DIENS!!   Laat wapper Sy vlag!!   Hy sal die nodige Krag, Wysheid en Insig voorsien!!!    >>  GLO DIT ... EN GAAN DOEN DIT ....!!!

11.   Vraag :;  is jy bereid om God vanoggend op SY voorwaardes te volg? Is jy bereid om volgens Sy planne te handel? Is jy bereid om Hom te vertrou dat Hy vir die RES sal sorg – Dat Hy op die regte tyd en plek die OORWINNING sal gee : Dat HyUITKOMS sal

12.   Dawid in Ps 37 : 5 >>   Ek laat my LEWE aan die Here oor :  Ek vertrou op Hom : Want ek weet Hy sal sorg :: ............. no matter what ...........??

Sunday, March 10, 2013

Preek 10 Maart 2013


PREEK SONDAG 10 MAART 2013
MY DOKTER SE NAAM IS JESUS – ’N SEUN IS AAN ONS GEGEE!
________________________________________________________________
   My dokter se naam is Johannes : Lank en lenig :  ’n Pragtige jong man :  Skat hom so 45 jaar oud : Kon my seun gewees het :  Sien op die foto op sy lessenaar sy vrou en twee seuntjies!

  My dokter, Johannes, is baie professioneel :  As dit tyd is vir my afspraak, kom hyself vorentoe en kom haal my : Groet my vriendelik en warm :   Goeie more mnr van Vuuren!  Hoe gaan dit? Kom maar deur asseblief deur!   Johannes  is ’n lekker gemoedelike mens :  Vriendelik ::   Sien dit met die intrapslag  :  Dit laat my  gemaklik en tuis voel!   As ek in sy spreekkamer sit, voel ek tevrede  ::  So onder die seën van sy vaardigheid en ervaring : Ek vertrou hom volkome.    En hy hanteer my ook baie professioneel ::  As ek by hom is,  met soms ’n onbenulligheid, hanteer hy my met baie omgee en simpatie  :   >>  Stil en beheersd en baie bedrewe ::  >>  Bedaard en In beheer verduidelik hy ::  >>  Ek kan sien hy weet van // Hy KEN van //  Het dit al baie kere gedoen ::   Net gou ’n bloedtoetsie om DIE een moontlikheid uit te skakel : Dan net gou ’n ondersoekie : Buig biki hier ...Buig biki daar!  Daar’s hy : Alles onder beheer!  Dis darem nie die einde nie ::  Daar is HOOP!!

  En daarom het my verhouding met my dokter, Johannes, ook oor die tyd verander : Betekenisvoller geword : Jy kan maar sê dit het Gegroei //   Selfs verdiep, namate hy my beter leer ken het ::  Namate ek hom meer nodig gekry het.   Hy het verander van ’n aangename, vriendelike – dalk onbetrokke buitestaander – tot ’n baie belangrike mens in my lewe ::  Hy word my Helper ::  Raadgewer :: Geneser :: Bondgenoot :: Vriend : My Vertroueling : Ek hang aan sy lippe ::  Ek is AFHANKLIK van hom : Sy diagnose : Sy voorskrifte!     En ek besef weer >>  Hierdie Bolandse seun is 45 jaar gelede ook vir my Gebore // Gegee – Nog lank voor ek hom geken het!

   En skielik // eensklaps maak Jes 9 : 5  vir my MEER sin as ooit tevore  :: Gee dit MEER betekenis aan my lewe ::  Vir ons is die  Seun gebore : Aan ons is ’n Seun gegee :  Hy sal heers, en Hy sal genoem word  ::  Wonderbare Raadsman ::  Magtige God :: Ewige Vader :: Vredevors!  Lankal : Lank gelede : Nog VOOR ek hom geken het of van Hom geweet het :
 
   Want ek besef ::  Hierdie vers NIE net op Kersfees gelees moet word nie – Dis miskien JUIS die fout wat ons maak!! – Want dis ‘n vers wat ELKE dag gelees kan/moet word >>  Wanneer jy in die nood is! >> Wanneer jy ’n ONRUS in jou gemoed het!  >> Wanneer jy nie kan of wil bid nie!  >>  Wanneer jy nie meer kans sien nie!  >>  Wanneer jy MOEG en MOEDELOOS is!  Om dan te besef ::  Maar vir ons is die  Seun STEEDS gebore : Aan ons is ’n Seun gegee :  Hy sal heers, en Hy sal genoem word  ::  Wonderbare Raadsman ::  Magtige God :: Ewige Vader :: Vredevors!  Lankal : Lank gelede : Nog VOOR ek hom geken het of van Hom geweet het :

   Ja!   Hierdie Kaalvoetkind uit Bethlehem wat, verbeel ek my, dadels en koringpap geëet het aan ’n eenvoudige tafel : Wat kaalvoet in die stofstrate van Bethlehem gestap het :  Wat wintertyd toegedraai is in ’n velkaros en wat dalk saans, by ’n flou lampliggie, beeldjies sit en kerf het uit sy skrynwerker-pa se afvalhoutjies!      ’n Seun wat onder moeilike omstandighede gebore is, in ’n nag toe mense beweer hulle het engele hoor sing :  En skaapwagters daar naby in die veld hulle skape opgepas het ::   Hierdie seun  wat  algaande meer en meer, met ’n groter wordende dringendheid,  bewus geword  het .....van die dinge van my Vader!

  Ja!  ’n Mens leef soms lank ASOF Hy nie bestaan nie : Asof jy nie van Sy bestaan weet of bewus is nie – So asof jy nie van Sy bestaan WIL weet nie >>>  Draai baie keer DOELBEWUS die rug op God  >>>   Wil God nie altyd VERTEENWOORDIG nie  >>>  PAS dit my nie nie om VERTEENWOORDIGER te wees nie  >>> Tree baie keer LIEFDELOOS  en ONBARMHARTIG op   >>>  Leef so teenstrydig met die BEELD van God  >>>  Hou op om God te WYS  >>>  Maak God AFWESIG  >>> Verbreek die liefdesband met God!!  

    Maar dan  :; Eensklaps verander hierdie Seun uit Bethlehem ook van Vreemdeling na Vriend ::  Word Hy SKIELIK Raadgewer / Allerbelangrikste Bondgenoot  >>> Wanneer jy Hom nodig kry  >>> Namate julle mekaar beter leer  >>> Wanneer jy  die dag ontdek dat jy intens afhanklik is van Sy vermoë >>>  Dat jy inderdaad die PRODUK van Sy vermoë is  >>> Wanneer jy bewus raak van WAT Hy voortdurend vir jou doen wat jy nie vir jouself kan doen nie  >>> Wat Hy vir jou beteken!

   En eers wanneer jy leer en ervaar HOE besonders Hy is ::  **   Spesiale Raadsman – Alwetend /Alomteenwoordig ::   **  God wat STERK is  -  Met die vermoë om GROOT planne uit te voer ::   **  Ewige Vader – Hy hou die wêreld in Sy hande :  **  Koning van Vrede – Hy gee om en wil net die BESTE vir Sy kinders!   ///  kan jy jou Dankbaar -  Verlig - Veilig toevertrou aan Sy helende, fynvat hande .........     
                                                                                                                                      En skielik besef jy ...  Maak dit MEER sin  ::  My Helper / Raadgewer / Geneser / Bondgenoot / Vriend / Vertroueling / Die Een wat vir my OMGEE / Altyd DAAR is vir my / Sorg / Voorsien ... Sy naam is JESUS :: Seun van God >>  Deur God uitgekies >>  Deur God met krag toegerus >>  Deur God geliefd       En jy besef opnuut ::  Hierdie kaalvoet seun uit Bethlehem is bykans 2000 jaar gelede OOK vir MY gebore / Aan My gegee   >>  Nog lank voor ek Hom geken het!!  Dis my Jesus daai ::   That’s my Jesus >>  Chosen by God!  >>  Loved by God! >>     
                                                                                                                                                                                            En SKIELIK maak die woorde vir my NOG MEER SIN ::  For a child has been born to us, a son has been given to us; and the government is upon his shoulder ; and his name is called  >>  A wonderful counselor is the mighty God  >> The everlasting Father  >>  The ruler of peace  >>  That the government may be increased, and of peace there be no end.      (Isaah 9:5)   
                                                                                                                                                                                               
    Hoe  BETEKENISVOL  is dit nie :  Hoe  NODIG het ons dit nie : Juis NOU .... Vir 2013 : Hierdie Kind in die Krip ::  Soveel MEER as vir Johannes.my dokter!!