Sunday, September 29, 2013

Preek 29 September 2013


Die stad Sarajevo is die hoofstad van Bosnië-Hersegovina. Dis ‘n pragtige stad geleë tussen berge en ‘n rivier wat daar deur vloei. Dis ook ‘n stad wat bekend is vir kulturele en godsdienstige diversiteit.  Dis die enigste stad in Europa waar jy ‘n moskee, katolieke kerk, ortodokse kerk en ‘n sinagoge in dieselfde woonbuurt kry. Daarom word dit ook genoem die “Jerusalem van Europa”. Dis ‘n stad met ‘n lang en besondere geskiedenis. Dit is ook die stad waar die 1984 Winter Olimpiese spele gehou is.
Maar dis ook vir ‘n ander, meer ongelukkig rede bekend.  Dit is bekend as die stad wat die langste onder beleg was in die geskiedenis van moderne oorlogvoering – van 1992 tot 1996.
Dit het gebeur in gedurende die tyd van die Bosniese oorlog. Dit was ‘n etniese konflik tussen die Serwiese en Bosniese mense wat uitgebreek het nadat Bosnië- Hersegovina in 1992 onafhanlik geword het van die ou Joego-Slawië. Dit was ‘n baie wrede oorlog waarin baie onskuldige mense vermoor is. 

In hierdie tyd wat die stad so onder beleg was het daar iets gebeur wat uitgestaan en hoop gegee het. Op 27 Mei 1992, het daar ‘n lang ry mense geduldig vir brood gestaan en wag by die laaste bakery in die stad toe daar ‘n bom op hulle neergeskiet is – 22 mense is slag dood.

Verdran Smailovic - ‘n baie talentvolle tjellospeler, wat lid was van die Sarajevo filharmoniese orkes, het toe besluit om iets aan die oorlog te doen – met dit wat hy die beste ken - musiek.
So, het hy begin om sy tjello te speel in verwoeste geboue in Sarajevo. Hy het ook gereeld by begrafnisse gespeel terwyl die begrafnisse deur sluipskutters geteiken was.

Coenie de Villiers – die bekende Afrikaanse sanger het ‘n aangrypende liedjie geskryf oor die Tjellis van Sarajevo. Kom ons luister daarna.

Te midde van die chaos, die verwoesting, die dood en hartseer het die tjellis van Sarajevo die mooiste musiek gemaak. Dis heeltemal uit plek uit. Maar dis hoe dit werk met dade wat hoop gee. Dis hoe God werk – op heeltemal onverwagte en uit plek uit maniere. In die Bybel is daar ook so ‘n verhaal.


Dit was die swaarste tyd in die geskiedenis van Israel – die Babiloniërs sou in ’n kwessie van dae die stad Jerusalem plunder en hulle sou in ballingskap weggevoer word. Daar was geen hoop meer oor nie… menslik gesproke natuurlik.
Jeremia is in dié tyd in die tronk toegesluit. Toe doen Jeremia ‘n eienaardige ding. Amper soos om tjello te speel terwyl die skote om jou klap.


Te midde van die slegte, gevaarlike  omstandighede, koop hy ‘n stuk grond vir 200 gram silwer – waarskynlik baie geld in daardie tyd. Wat dit nog gekker maak was dat die Babiloniese weermag op daai stadium op hierdie stuk grond in Anatot gekamp het. Hy koop dus ‘n stuk grond waarop hy self nooit ‘n huis sou bou of druiwe sou oes nie. Om die waarheid te sê, hy koop ‘n stuk grond wat hy waarskynlik nooit self sal sien nie. Soos om tjello te speel terwyl die skote klap.

Die tjellis en Jeremia gaan heeltemal in teen wat verwag word. Hulle gaan heeltemal in teen die realiteit van hulle situasie. Hulle is optimisties wanneer die res pessimisties is. Hulle is uit pas met die wêreld, maar hulle is in pas met God.
Om tjello te speel terwyl die skote klap, om grond te koop wanneer alles van jou af weggevat word wys dat hulle nie net praat van hoop nie, hulle glo daarin. Hulle doen hoop. Want dis hoe God is. Dis wat God doen. God doen dikwels dinge op onverwagte, verrassende maniere. 

Hoop gebeur nie wanneer mens in jou omstandighede vaskyk nie. Hoop gebeur wanneer mens vir God begin raaksien al is jou omstandighede sleg.
As die tjellis net vasgekyk het in die verwoeste geboue en die dooie mense, het hy nie veel gehad om op te hoop nie. As Jeremia net die stuk grond gesien het waarop die Babiloniese weermag kamp – dan het hy nie veel gehad om op te hoop nie. Maar die oomblik toe hy raaksien dat God ‘n plan met die stuk grond het – toe het hy hoop.

Vir baie mense lyk hoop soms belaglik, want dit maak nie sin as jy kyk na die werklikheid en die omstandighede nie. Maar hoop is om God se melodie te hoor ten spyte van die werklikheid en omstandighede. Dis om in pas te wees met God.

Die omstandighede lyk nie altyd goed nie – ‘n huwelik wat sukkel. ‘n Verhouding wat uitmekaar geval het. Families wat konflik het. Ouers wat kinders afgeskryf het. Misdaadvlakke in ons land wat baie hoog is. Waar jy sukkel om werk of blyplek te kry.

Hoop maak dat huweliksmaats kies om weer te probeer eerder as om op te gee. Dis waar verhoudings herstel word of waar jy die moed kry om te vergewe en aan te beweeg waar dit skeefgeloop het. Dis waar families en ouers en kinders besluit om mekaar nog ‘n kans te gee. Waar iemand besluit om ‘n verskil te maak eerder as om net te kerm en te kla oor wat alles sleg is in ons land. Hoop gebeur waar iemand teen die verwagting in ‘n werkie kry. Waar iemand hulle huis oopstel om vir iemand ‘n tydelike blyplek te gee. Dit gebeur op Maandae aande hier by die kerk waar uiteenlopende mense saam eet en na mekaar se stories luister.

Dis net so onwaarskynlik soos om tjello te speel waar die skote klap of om ‘n stuk grond te koop waarop die soldate kamp, maar dis wie God is. Die God wat beloof Hy sal alles ten goede laat uitwerk. Die God van tweede, derde, vierde kanse.

Mag ons hoop vind in die onwaarskynlikste plekke.
Mag ons hoop vind ten spyte van ons omstandighede.
Mag ons kies om hoop praktise uit te leef soos Jeremia en die tjellis van Sarajevo.

Gebed
Here, daar is mense wat hulle in ’n hoekie opgekrul én gesterf het.
Om geen ander rede nie, as dat hulle hoop verloor het.
Here, leer ons dat ons hoop nie in onsself lê nie, ook nie ons tegnologie, ons regering of ons wette, ons taaiheid of ons moed nie …
ons hoop lê in U.
Amen.




Sunday, September 22, 2013

Preek 22 September 2013

Hoe werk tweede kanse...?

Lessons from the Jonah series...
§  We saw that God is tolerant and patient with Jonah
§  God grants Jonah chance after chance, even though he is disobedient and stubborn
§  God wil ons gebruik om die wêreld ‘n beter plek te maak – elkeen van ons, sonder uitsondering! En God sal ons weer en weer uitdaag met opdragte...
§  Maar God wil ook hê ons moet verstaan, groei en volwasse raak. God doen baie moeite aan die einde van die boek om Jona te help om te verstaan en om die waardevolle les te leer.
§  It’s a relief to realise that God will always give us another opportunity! But what must we expect of our ‘second chances’? Dis waaroor vanoggend gaan...

Laat ek begin met ‘n gelykenis...
THE PAPABLE OF THE FLOOD
Daar was eenkeer ‘n woeste storm, met massas water wat uit die hemel val...
Die watervlak het vinnig begin styg – en ‘n sekere man het besef hy het probleme!
Hy het ernstig begin bid dat God hom sal red... En hy het ‘n visie gekry van God wat hom wonderbaarlik uit die hemel oplig en na veiligheid neem...! Toe hy klaar gebid het, het hy sommer beter gevoel en op sy stoep gaan staan.
Sy buurman was nét besig om met sy SUV daar verby te ry: “Kom! Ry saam! Jy kan nie hier bly nie”, het sy buurman geskree. “Nee, dankie. God gaan wonderwerk doen,” het die man geantwoord. Sy buurman het sy kop geskud en weg gery, na veiligheid..
The water kept rising, but the man had faith!
Iemand kom toe in ‘n roeiboot daar verby. “Klim in! Ek het nog plek! Jy kan nie hier bly nie!”, skree die persoon. “It’s okay! Go and save someone else! God is going to save me!” het die man geskree. En so het die roeiboot verder gegaan...
Soon the water rose so high that man had to sit on roof, but his faith prevailed...!
Reddingswerkers kom toe daar verby in ‘n reddingsboot. Hulle het tot langs die man gery en gesê: “Meneer, klim in sodat ons jou na veiligeheid kan neem!” Maar die man het geantwoord: “No, it’s not necessary! Go rescue someone else! God save me!” So the lifeboat continued onwards...
The situation became desperate and the man became scared! He prayed with all his might, believing that, at the last minute, God will save him!
He heard the sound of a helicopter approaching. Over a loudspeaker someone shouted: “We are going to lower a rope. Fasten yourself with the device and we will pull you to safety!” But the man shook his head and shouted: “Save others! God will save me!” They shook heads & flew off...
Then the flood waters swept over roof and swept the man away... The poor man drowned!
When he reached heaven, he stood before God and asked: “God, why did you not save me? I believed in you with all my heart! Why did you let me drown?”
To which God replied: “I sent you an SUV, a rowboat, a lifeboat and a helicopter - and you refused all of them! What else could I have possibly have done for you?

It’s like Saint Augustine said: Pray as though everything depended on God. Work as though everything depended on you...

Ek het al baie oor lesse gepraat, en ek sal waarskynlik nog baie daaroor praat, maar ons moet ons koppe om “lesse” kry!
Lessons
1.      We must all learn certain lessons to “make a success” of life. As ons nie hierdie lesse leer nie, sukkel ons om ons finansies te bestuur, sukkel ons met ons werk, sukkel ons met ons verhoudings, sukkel ons om gelukkig te wees... Ons móét almal hierdie lesse leer! Lesse oor geduld, grense, balans, tevredenheid, vergifnis en baie meer...
2.      There are no mistakes, really; only lessons. Dit wat ons “foute” noem is maar net lesse wat ons nog nie geleer het nie...
3.      Lessons repeat until they are learnt. Dis goeie nuus, en Jona het dit vir ons bevestig! As ons die les nie die eerste keer leer nie, hoef ons nie bekommerd te wees nie. Ons sal weer ‘n kans kry. En weer, en weer, en weer...! Hierdie lewenslesse hou aan om te herhaal tót ons hulle leer. Helaas...!
4.      Lessons become more difficult as they repeat. Dis hier waar die probleem lê, want hoe langer dit ons neem om ‘n les te leer, hoe meer pynlik raak dit. Die beste is om ‘n les so vinnig as moontlik te leer, voor die pyn, frustrasie en bagasie te veel raak... Lesse kan soms so moeilik raak dat hulle onmoontlik voel! Maar hulle is nie onmoontlik nie! LEER hulle – and get it over with! Because they are not going to go away...! Dis by verre die beste om lesse vinnig te leer en dit agter die rug te kry!
5.      You know you’ve learnt a lesson when your behaviour changes. As jy jouself in dieselfde omstandighede as die verlede bevind, maar anders optree, weet jy jy het die les geleer...
-        As jy byvoorbeeld altyd bang was om openbare vervoer te gebruik en dit vermy het (soos busse of die trein), en jy gebruik openbare vervoer, het jy die les geleer...
-        Of as jy altyd jou humeur verloor het in verkeer, en jy bly kalm, dan het jy die les geleer...
-        As jy verslaaf is aan iets (drank, koffie, sjokolade, dwelms, pornografie of sigarette) en dit regkry om “nee” te sê waar jy voorheen “ja” gesê het, het jy daardie les geleer...
So why do we struggle to learn?
Ek dink daar is baie redes, maar hier is ‘n paar van die belangrikstes:
§  We like our comfort zones – rather the devil you know than the devil you don’t...
§  We prefer quick fixes to hard work – we tend to be a little bit lazy and comfortable...
§  We battle with the discomfort of change and uncertainly – it’s difficult! But difficult is ONLY difficult! Difficult is not BAD...!
James helps us in our journeys
In The Message each book has a short introduction, providing background to the book. This extract comes from the introduction to the book of James:
Christian churches are not, as a rule, model communities of good behaviour.  They are, rather, places where human misbehaviour is brought out in the open, faced and dealt with.
In the letter of James, deep and living wisdom is on display. Wisdom is not primarily knowing the truth, although it certainly includes that; it is skill in living. For, what good is a truth if we don’t know how to live it?  What good is an intention if we can’t sustain it?”
Dis goeie nuus om te besef dat ons nie veronderstel om dit alles “together” te hê nie... Die gemeente, ons vriendskappe en ons kleingroepe is juis plekke waar ons kan eerlik wees oor die lesse waarmee ons sukkel! But it is important for us to become “skilled in living”. When we learn the life lessons we move beyond good intentions.
James 1: 2 – 4
Consider (lead your thoughts to a conclusion) it a sheer gift (complete delight), friends, when tests and challenges come at you from all sides. You know that under pressure, your faith-life is forced into the open and shows its true colours (TESTED: the process of finding what is real and genuine, which is then approved).
So don’t try to get out of anything prematurely (learn to “stay under” and learn). Let it do its work so you become mature and well-developed (completely whole), not deficient in any way (not left wanting more).
Khalil Gibran put it like this: Your pain is the breaking of the shell that encloses your understanding...

Conclusions
God will, again and again, give us new opportunities to correct our mistakes of the past and live a good life... These new chances are challenging for us!
§  We have to learn difficult lessons
§  We have to face change and uncertainty
§  We have to give up old comfort zones
§  We have to face our weaknesses
It would have been so much easier if God just performed a miracle and did the work for us!
But it doesn’t work that way - and it doesn’t have to work that way! God made us strong, able and resilient! We can do all things through Christ who strengthens us (Philippians 4:13)!
The challenges of new opportunities are gifts! God uses them to coach us, equip us, train us, develop us and make us whole! Resisting the challenges means resisting joy! Learning the lessons leads to satisfying life! So, don’t be afraid of difficult times, uncertainty, challenges and change! Don’t be afraid of facing your fears and learning the lessons!
And if you are afraid and don’t learn, don’t worry! You will get another opportunity to learn the lesson. And another... And another... J
But beware: it’s much easier to learn the lessons and experience the resulting joy than to repeat the lesson and experience the resulting pain

James 1: 2 – 4
Dit mag ‘n bitter pil wees om te sluk, maar dis die moeite werd!


Consider it a sheer gift, friends, when tests and challenges come at you from all sides. You know that under pressure, your faith-life is forced into the open and shows its true colours. So don’t try to get out of anything prematurely. Let it do its work so you become mature and well-developed, not deficient in any way.

Wednesday, September 11, 2013

Preek 08 September 2013

Die wel en weë van Jona
Jona 3: 1-10


Ons is steeds besig met die reeks oor die wel en weë van Jona. Vandag kyk ons na hoofstuk 3, maar laat ek net vining weer recap.
Twee weke terug het ons gesien hoe God vir Jona roep om in die goddelose Nineve ‘n verskil te gaan maak. Maar Jona is ongehoorsaam en vlug liewer weg van God en Sy opdrag af na Tarsis toe waar dit veilig is. Iets wat ons ook mos graag doen.
Verlede week het ons stilgestaan by Jona se gebed terwyl hy in die vis was. Dit was ‘n gebed van dankbaarheid nog voor hy verlossing beleef het, terwyl hy nog in die slegte omstandighede was. Ons het ook gesien dat God se genade vir Jona nie opgeraak het nie, al was hy ongehoorsaam,  arrogant en veroordelend. God wil hom nog steeds gebruik.


Daar word die ware storie vertel van Warren Bennis, ‘n baie belowende  junior finansiële bestuurder by IBM.  Hy was betrokke by ‘n baie riskante projek wat uiteindelik misluk het en IBM 10 miljoen dollar gekos het.  Die CEO(Hoof) van IBM,  Tom Watson snr,  die stigter en leier by IBM vir 40jr lank, het Warren ingeroep.  Natuurlik was hy vreesbevange toe hy die kantoor van die legende van die finansiële wêreld binnestap.  Met trane in sy oë het hy uitgeroep:  “U het my seker ingeroep om my af te dank.  Ek gaan u die moeite spaar:  Hier is my bedanking.  Ek bedank!”  Hierop het Watson glo geantwoord:  “Jy maak seker ‘n grap.  Ek het so pas 10miljoen dollar in jou opvoeding belê.  Ek kan dit nie bekostig om jou af te dank nie!

Dis iets hiervan wat ons ook sien in die manier hoe God vir Jona hanteer. God het reeds so baie in Jona belê en daarom gee Hy hom ‘n tweede kans. Jona se storie kan ons in ‘n paar woorde opsom: hy was ongehoorsaam, onbetroubaar, ‘n droster, arrogant – tog gee God hom ‘n tweede kans. En dit bevestig net weer vir ons – God is ‘n God van tweede kanse…derde kanse…vierde kanse. En dis nie oor wie Jona is nie. Dis nie oor wie ons is nie. Tweede kanse gebeur oor wie God is – vanuit sy genade en liefde vir mense.

So Jona kry nog ‘n kans. En hierdie keer is hy gehoorsaam en doen hy wat God vra. Hy gaan Nineve toe. In Nineve stap hy ‘n hele dag lank rond – so asof hy probeer moed kry vir dit wat hy moet sê. Uiteindelik preek hy die seker die kortste preek wat daar is. “Nog net 40 dae en Nineve word verwoes”. Agt woorde in Afrikaans, 5 woorde in Hebreeus. ‘n Lekker kort preek.
Laat my dink aan die storie van die ds. wat eendag vir sy belydenisklas gevra het: waar dink julle moet ek preek? Een van hulle antwoorde toe: oor enigiets, solank dit net die oor 15 minute is nie.

Hierdie kort preek en Jona se ronddwaal in die stad laat dit lyk asof sy hart nie in hierdie boodskap was nie. Asof hy nie eintlik geglo het dat dit ‘n effek sal hê nie. Maar weereens verras God hom.

Lees Jona 3: 5-8

Twee weke gelede het ek julle vertel hoe ‘n wrede en gevaarlike plek Nineve was. Veral vir ‘n Jood was dit ‘n gevaarlike stad, want die Assiriërs was die Jode se vyande. En dan kom hy nog met ‘n oordeelsboodskap ook. So, die feit dat hulle hom nie doodgemaak het nie, is ‘n downright miracle.
Wat dit nog meer merkwaardig gemaak het, was dat hulle na hom geluister het. Jona se woorde lei daartoe dat die mense hulleself voor God verootmoedig en tot bekering kom. Selfs die koning klim van sy troon af en erken God as koning in sy lewe. ‘n Ongehoorde ding vir ‘n Oosterse koning. Ek dink nie Jona het dit verwag nie.

Dit alles wys vir ons dat die mense dalk reg was vir Jona se boodskap. Dat hulle reg was vir verandering.
Die ouens wat navorsing doen oor die agtergrond van die Bybel sê dat daar, net voor Jona se koms Nineve toe, 3 goed gebeur het wat gemaak het dat die Assiriërs reg was vir Jona se boodskap. Goed wat hulle laat dink het oor hulle lewens.
In die jaar 765v.C. het duisende mense aan ‘n verskriklike plaag gesterf. 
Twee jaar later, in 763v.C, was daar ‘n onverwagse sonsverduistering. 
En in die jaar 758 vC volg nog ‘n meer dodelike plaag. 
Hierdie goed sou volgens hulle verstaan vir hulle ‘n “wake-up call” gewees het. Dit het hulle ontvanklik gemaak vir Jona se boodskap en die verandering wat God bring. 

Dit het my laat wonder – is ons soos Jona wat nie regtig dink dat hierdie boodskap ‘n verskil kan maak nie? Glo ons nog regtig dat God ‘n verskil kan maak? Het ons nie dalk so gewoond geraak aan die goddelike boodskap van verlossing dat ons blasé is daaroor nie?
Glo ons nog dat God ‘n verskil kan maak in ons omgewing en in ons land?
Glo ons nog dat God ‘n verskil kan maak in mense se lewens en in hulle omstandighede? Miskien is dit hoekom ons so bang is om uit te reik na mense en by hulle nood betrokke te raak, want ons glo nie regtig meer dat God ‘n verskil kan maak nie. Het ons so sinies geword dat ons nie meer dink God kan mense verander nie?
En wat van myself? Glo ek nog dat God dat God my kan verander? Glo ek nog dat God my wil en kan gebruik?

En dit bring ons dan by die laaste 2 verse van Hoofstuk 3: 9-10

Miskien sal God van plan verander? Miskien sal God nie meer kwaad wees vir ons nie? Dis seker van die mees aangrypende woorde wat daar in die Bybel is. En onthou dis die goddelose mense van Nineve wat dit vra.

Om dit regtig te begryp moet ons verstaan hoe die mense God en die gode in die algemeen verstaan het. Hulle het nie ‘n nabye en persoonlike God geken nie. Hulle het God verstaan as iemand wat daar ver is. Iemand wat koud, afsydig en onbegrypbaar is. Iemand wat streng is en nie kan verander nie. Soos daai ou liedjie van Bette Midler: God is watching us, from a distance.
Dis hoe hulle vir God beleef het.

Ek vermoed dis hoe ons ook soms vir God beleef. As ‘n God wat daar ver is. ‘n God wat onveranderlik is. Mense hoor dit baie keer wanneer mense bid – dis asof hulle God wil forseer en sy arm wil draai om tog net te luister en te verander. Dit terwyl God naby is. God luister en hoor. En soos ons in vers 10 sien – Hy verander.

En hy verander nie omdat die mense hom gesmeek het of sy arm gedraai het nie. Hy verander omdat Hy God is en omdat hy vol liefde en genade is. Nineve het nie verdien om gered te word nie – hulle het verdien om vernietig te word. Hulle word gered omdat God genadig is.
Dis die wonder van God se liefde vir elke mens – hy hou niks teen ons nie. Hy hou nie boek van die kwaad nie. Die vraag is: glo ons dit regtig?

So, in Jona 3 hoor ons van ‘n God wat nooit opgee op mense nie. ‘n God van tweede, derde, vierde kanse. ‘n God wat Vir Jona en vir Nineve nog ‘n kans gee.
‘n God wat regtig ‘n verskil kan maak. ‘n Verskil wil maak in die wêreld en in mense se lewens.
‘n God wat ons, gewone mense, wil gebruik om ‘n verskil te maak in die wêreld en in mense se lewens.
‘n God wat nie anders kan as om sy planne te verander nie, want Hy is net te genade en te lief vir mense om hulle te los soos hulle is.


Sunday, September 1, 2013

Preek 01 September 2013

Die wel en weë van Jona
Jona 1: 17 – 2: 10


Verlede week het ons gepraat oor die roeping van Jona om die goddelose stad Nineve aan te spreek en op te roep tot bekering. Jona wou dit nie doen nie en het eerder ‘n boot Tarsis toe gehaal. Ons is maar almal so – ons vlug weg van God se opdrag om in Nineve ‘n verskil te maak. Ons wil eerder in veilige Tarsis bly, maar God roep ons om in die Nineve’s van hierdie wêreld ‘n verskil te maak.

As ons oor Jona praat, dan is die eerste gedagte mos – VIS. Vandag gaan ons praat oor die gedeelte waar Jona in die vis se maag beland het. Verlede week het ek gesê dat sommige mense verstaan die verhaal letterlik, ander sien dit weer meer metafories. Uiteindelik maak dit nie saak hoe jy dit verstaan nie, want daar is ‘n boodskap wat groter is as die vis. En dis waarby ons wil uitkom.
“I was so obsessed with what was going on inside the whale that I missed seeing the drama inside Jonah!”
So, kom ons vergeet vanoggend van die vis en probeer by die boodskap uitkom.

Kom ek recap net gou weer die storie voordat ek by die teks uitkom. Jona is op die skip op pad na Tarsis. Skielik breek daar ‘n groot storm uit wat almal bang maak. Die matrose op die skip het begin om te bid – elkeen vir sy eie god. Hulle het begin om goed oorboord te gooi sodat die skip ligter is. Terwyl dit alles gebeur, slaap Jona lekker. Omdat die mense nie al die wetenskaplike kennis van weerpatrone en storms het wat ons vandag het nie – as so iets gebeur, soos hierdie storm, het hulle dadelik gevra – wie se skuld is dit dat hierdie storm oor ons kom. Jona sê toe, hy dink dis sy skuld omdat hy van God af wegvlug. Die uiteinde is dat hulle hom toe oorboord gooi. Dis waar ons teks vanoggend begin.

Lees die teks.

Ek dink die punt van hierdie gedeelte is dat verlossing van God af kom – soms op snaakse en onverwagte maniere. Na ‘n paar slegte dae, waarin Jona moes gevoel het dat sy tyd hier op aarde verby is, ervaar hy God se verlossing op ‘n baie onverwagte manier. Met die hulp van ‘n groot vis.

Terwyl hy daar in die vis is, bid Jona ‘n gebed. Sy gebed is ‘n dankgebed, wat natuurlik vreemd is, omdat hy dit bid voordat hy die verlossing beleef het. Hy dank vir God vir verlossing voordat hy nog die verlossing beleef het – terwyl hy nog binne-in die slegte omstandighede is. Die gebed is eintlik ‘n profetiese gebed waarin hy uitsien na die verlossing wat nog gaan kom. Dus: te midde van die chaos en slegte omstandighede waarin hy hom bevind kies Jona om dankbaar te wees eerder as om te kla.

Wanneer ons deur slegte of moeilik goed gaan in die lewe, dan is dit mos baie natuurlik en baie maklik om te kla daaroor.
Here, hoekom gebeur dit of dat met my?
Here, hoekom gebeur dit juis nou op hierdie stadium met my?
Here, wat het ek gedoen om dit te verdien?
Ons almal vra hierdie vrae. Dis natuurlik en ek dink nie God neem ons daarvoor kwalik nie. Dis maar deel van menswees.
Maar ons kan ook leer by Jona – in daardie slegte omstandighede gee Hy vir God ‘n offer van lof. Hy kies, m.a.w. om nie te kla nie, maar om eerder te fokus op dankbaarheid.
Sielkundiges, dokters ens. sal ook vir ons sê dat dit baie beter vir ons is om soos Jona op dankbaarheid te fokus. Dis goed vir ons geestelike, emosionele en fisiese gesondheid.

Maar dan is daar ook ‘n ander kant van Jona wat ons in sy gebed kan raaksien. Nêrens in die gebed vra Jona vergifnis nie. Nêrens bely hy dat hy verkeerd was nie. Trouens in vers 3 sien ons dat hy vir God blameer:
U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan.”    
Hy neem geen verantwoordelikheid daarvoor dat dit sy keuse was om God te ignoreer en eerder Tarsis toe te vlug nie. Hy blameer liewer vir God. Hy is maar net die victim.

Jona is ook lekker veroordelend. In vers 8 bid hy:
Die wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.”
Dit verwys waarskynlik na die tyd toe hulle op die boot in die storm was en die matrose tot hulle afgode gebid het, terwyl Jona gelê het slaap het. So, Jona is afwysend en veroordelend teenoor die mense wat op afgode vertrou, maar hy dink nie daaraan dat die matrose op daai oomblik in die storm meer geloof in hulle afgode gehad het, was wat hy in God gehad het nie.
Jona is ook arrogant. Nadat die vis hom uitgespoeg het, sou mens dink Jona het sy les geleer en dat hy dadelik Nineve toe sou gaan. Maar nee, God moet hom ‘n tweede keer vra om te gaan.

So, Jona vra nie vergifnis nie, hy sien homself as ‘n victim en hy is bietjie arrogant en veroordelend.

Maar die wonderlike is – tog kies God om vir Jona te gebruik. God se keuse van Jona hang nie af van Jona se goedheid nie. Dit hang alles af van God se genade. God se genade word steeds oor Jona uitgestort al hardloop hy weg en al is hy arrogant. God se genade is nie net vir uitgesorteerde mense nie. Sy genade reën op die uitgesorteerdes en op die onuitgesorteerdes. Sy genade reën op die geregverdigdes en die ongeregverdigdes. Ons almal kry dit sonder dat ons dit verdien.

Ek is ook soos Jona. Ek hardloop ook soms weg van die goed wat God van my vra. Ek hou ook van my comfortzone. Ek kla ook as dinge nie uitwerk soos wat ek gehoop het nie. Maar ek vind troos daarin dat as God lief gebly het vir Jona, dan sal hy ook lief bly vir my. Ons sondes en ons foute sal nooit God se genade wegvat nie. En daarvoor kan ons soos Jona sing van dankbaarheid.

So, alles kom terug na dankbaarheid toe. Wees dankbaarheid eerder as om te kla. Wees dankbaar vir genade wat nooit opraak nie. Koester dankbaarheid en gaan oefen dankbaarheid. Bid elke dag daarvoor want dit kom nie vanself nie. Laat dankbaarheid uit jou vloei sodat jy ‘n seën vir ander kan wees.

Gebed
Miskien is jy vanoggend soos Jona – vasgevang in slegte omstandighede. Dalk oor verkeerde keuses. Dalk oor goed wat gebeur het. Jou respons is om te kla en ‘n slagoffer te wees. Dan bid ek vir jou vir dankbaarheid vir dit wat jy wel het en vir die verlossing wat God sal gee. Want Hy belowe Hy sal alles ten goede laat uitwerk.
Miskien voel jy vanoggend, jy is nie goed genoeg nie. Jy is vol foute en nie uitgesorteer nie. Miskien voel jy - Hoe kan God vir my lief wees. Hoe kan Hy my gebruik? Hoe kan Sy genade vir my genoeg wees, ek verdien dit nie? Dan bid ek vir jou, dat jy onder die indruk sal kom van God se genade en liefde vir jou. Dat jy sal besef jy hoef nie goed genoeg te wees vir God nie. Sy genade is vir jou genoeg. Jy hoef net daarvoor dankbaar te wees.