Sunday, April 15, 2012

Preek 15 Apr 2012

Die liefde maak die meeste saak!
1 Kor 14:1 en 1 Kor 13:1-3

Hang interessante, aanloklike, toegedraaide geskenk van die gallery af.  Die kinders moet dit nie in die hande kan kry as hulle strek of spring nie.  Hulle moet dit egter kan kry as hulle op mekaar se skouers sit.
OPDRAG: beraam ‘n plan en gebruik inisiatief om die geskenk in die hande te kry...
Geskenk moet liefde simboliseer: rooi hartjies, ’n PS sjokolade of iets

Dít wat julle nou gedoen het, is wat die woord ‘nastreef’ beteken!
1 Kor 14:1 - Julle moet die liefde nastreef...
‘Nastreef’ – diókó - om moeite te doen om iets in die hande te kry; om allerhande plannetjies te beraam om te kyk of jy dit kan regkry; amper aggressiewe najaag, soos ‘n jagter sy prooi. 
Ons moet die liefde NASTREEF / NAJAAG.  Soms is dit moeilik – jy is besonder kwaad / te na gekom; iemand is besonder hardkoppig en wil nie jou liefde aanvaar nie. Maar, sê Paulus, jy moet vasbyt; ekstra moeite doen; jy jou moet uitrek om dit te probeer bereik.

Daar is 3 Griekse woorde wat ons met ‘liefde’ vertaal:
1.    Eros = passie; die woord ‘erotic’ word daarvan afgelei
2.    Phileo = affectionate friendship; heartfelt kinship
3.    Agapé = prefering to love; choosing to love; ten spyte van; sonder voorwaarde; sonder om so te voel

1 Korintiërs 13: 1 – 3
  • Hierin gaan dit oor Agape liefde.

Wat is liefde?
Die filosoof Tagore het gesê: Love is an endless mystery... for it has nothing to explain it.

NP Van Wyk Louw het gesê: Ons weet nie hoe ver die liefde lê nie.
Die wat sê, dié weet nie en dié wat weet; die sê nie...

1 Joh 4: 7; 16b - Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God... God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.

Agapa kom van God; agape IS God...
Ons kan net ‘agape’ as ons dit by God kry
Agape proceeds rather from the nature of the lover, than from any merit in the beloved. Christians who have experienced God’s love for them while they were sinners, are transformed by the experience. They then begin to see people as God sees them; as objects of God’s love... They are then able to practise agape - the love which seeks nothing for itself, but only the good of the loved one.

Ek het die hierdie op ‘n T-hemp gesien. Dis ’n goeie illustrasie van bogenoemde aanhaling:
Love thy neighbor. Thy Homeless neighbor. Thy Muslim neighbor. Thy Black neighbor. Thy Gay neighbor. Thy White neighbor. Thy Jewish neighbor. Thy Christian neighbor. Thy Athiest neighbor. Thy racist neighbor. Thy Addicted neighbor.

Paulus sê: agape-liefde is eintlik al wat saakmaak.
Enige iets wat vanuit agape gedoen word, het groot waarde…
Enige iets wat daarsonder gedoen word, het geen waarde nie…

Die voorbeelde wat hy gebruik was dinge wat mense van sy tyd beïndruk het (en wat mense vandag nog beïndruk):
Om in tale te kan bid en praat
Prediking wat massas mense lok
Wonderwerke wat in geloof gedoen word, soos genesings
Groot vrygewigheid; baie geld wat vir goeie sake gegee word
Martelaarskap; om fisies te ly of te sterf vir jou geloof
Dit mag indrukwekkend wees, sê Paulus, maar sonder liefde beteken dit NIKS vir jou siel/heil nie en dit het GEEN waarde vanuit God se perspektief nie. Daardie woord ‘niks’ beteken letterlik ‘sonder enige uitsonderings’. Dit is die sterkste moontlike woord wat ‘niks’ beteken. Dit het hoegenaamd geen, absoluut niks waarde van enige aard nie… NUTTELOOS!
Niemand het dit beter illustreer as Wilfred nie…
Motor neuron sindroom het hom gestroop van alles waarmee hy mense kon beïndruk; alles wat vir hom aansien kon gee…
Hy kon nie sport beoefen nie, vergeet maar van presteer…
Hy kon nie meer werk nie…
Hy kon later nie meer loop nie…
Nie meer praat nie…
Uiteindelik nie meer asemhaal nie…

AL wat oorgebly het…was die LIEFDE! By sy afskeidsdiens Dinsdag was AL wat sigbaar was…die liefde! Die liefde maak die heel meeste saak! Dit is die heel belangrikste!
Heel eerste God se liefde vir hom, wat hom deur die donker dae gedra het, wat hom vrede gegee het, wat hom in staat gestel het om homself los van sy siekte te sien…
En vanuit God se liefde: sy liefde vir Wilana en klein Wilfie wat só sigbaar voortleef – al is hy nie meer fisies by hulle nie… Die liefde van familie en vriende…
Liefde wat mense nader aan mekaar bring en nader aan God, die bron van daardie liefde…!

New Day(Joe Niemand): ek wil vir julle die lied sing wat Wilfred gekies het om ons te laat dink oor ons lewe. ‘n Lied wat ons terugroep na God toe – terug na wat saakmaak; terug na ware agape liefde toe…

Eli Wiesel is ‘n bekende Joodse teoloog en skrywer. In sy boek “All rivers run to the sea” vertel hy van tyd toe sy familie in Hongarye gewoon het, tydens die WWII. Hulle het elke dag verwag dat die Nazis by hulle deur sou opdaag en hulle konsentrasiekamp toe neem…
Maria, ‘n Christen werkersklas vrou wat amper soos een van die familie geword het, het nie opgehou om vir hulle te kom kuier nie – selfs toe dit gevaarlik geword het. Later, toe die Jode na ghettos verban is, het sy steeds maniere gevind om by hulle uit te kom. Sy het iewers deur die doringdraad geklim om vir hulle vrugte, groente en kaas te bring.
Een dag het sy weer aan die deur geklop. “Ek besit ‘n houthuisie in die heuwels; ek wil die kinders daarheen neem voor die SS kom…”, het sy gesê. Na baie debat het die familie egter besluit om bymekaar te bly, maar hulle was diep geraak deur Maria se aanbod…

Eli skryf oor haar:
Dear Maria! If other Christians had acted like her, the trains rolling toward the unknown would have been less crowded. If priests and pastors had raised their voices, if the Vatican had broken its silence, the enemy's hand would not have been so free. But most thought only of themselves. A Jewish home was barely emptied of its inhabitants before they descended like vultures.

I think of Maria often, with affection and gratitude, and with wonder as well. This simple, uneducated woman stood taller than the city's intellectuals, dignitaries and clergy. My father had many acquaintances and even friends in the Christian community; not one of them showed the strength of character of this peasant woman. Of what value was their faith, their education, their social position, if it did not arouse their love? A simple and devout Christian woman showed us the meaning of love.


Sunday, March 18, 2012

Preek 18 Maart 2012

Rentmeester van my familie
Johannes 13:1-17

Johannes 13: 1a “Jesus knew (was fully aware) that the time had come for Him to leave this world and return to the Father.

Die toneel speel af kort voor Jesus se kruisdood. Hy weet dat sy tyd min raak. Alles wat Hy nou sê en doen is krities belangrik. Dit maak hierdie gebeurtenis uiters betekenisvol.
Dis die laaste keer dat al sy dissipels so bymekaar is. Laaste geleentheid om hulle te leer.

Johannes 13: 1b & 4 “He had loved those who were His own in the world, He loved them to the last and to the highest degree

Hulle was sy mense – sy familie. Hy het hulle liefgehad tot die uiterste toe.
Familie is nie net ons gesin of bloedfamilie nie. Dis my naby-mense. Almal wat vir my belangrik is. Die mense wat my beïnvloed en die mense wie deur my beïnvloed word.
Die mense in Jesus se familie het nie almal ewe goed klaargekom nie. Jesus het sy gunstelinge gehad. Sy verhouding met hulle was nie almal dieselfde nie. Daar was dus makliker en moeiliker verhoudings, nader en verder  verhoudings.

Wat doen Jesus die laaste keer wat hulle so bymekaar is? Hy was hulle voete.
Johannes 13: 4 – 5: "He took off His garments, and taking a servant's towel, He fastened it around His waist. Then He poured water into the washbasin and began to wash the disciples' feet

Hy doen die vuilwerk – die werk van die laagste slaaf in die huishouding.
Alhoewel hy geweet het dat Judas Hom gaan verraai en Petrus Hom gaan verloën, was Hy nog steeds hulle voete. Hy ken al sy “familie-lede” se swakhede en tekortkomings, maar Hy slaan niemand oor nie. Sy liefde stel geen voorwaardes nie.

As Hy die voete gewas het sê Hy die volgende:
John 13: 14 & 16: If I then, your Lord and Master, have washed your feet, it is your duty to wash one another's feet… A servant is not greater than his master

Die gebruik in die Bybel is om die belangrikste mense eerste te noem. Hier noem hy die slaaf eerste en sy baas tweede. Hy keer dus die samelewingsgebruik om, om sodoende te beklemtoon dat niemand belangriker is as iemand anders nie. Daar is wel verskillende posisies, maar ons waarde is dieselfde. Die slawe en die eienaars is deel van Sy familie.
Voete-was is dienslewering. Jesus is bereid om die vuilwerk te doen en ander mense te bedien. Hy roep ons op om dieselfde te doen. Niks is benede ons nie. Net soos wat niks benede Hom was nie.  

Wat leer ons oor rentmeester van my familie?
Wie is my familie? Volgens Jesus se wye definisie: My gesin; my hartsmense; die mense wat vir my werk en dienste lewer; die mense wat my lewe beïnvloed soos my kollegas, bure, maats se ouers. Die mense wie deur my beïnvloed word en op wie ek ‘n invloed het.

Ek moet my familie tot die uiterste toe liefhê. Sonder voorwaardes, sonder uitsondering, sonder onderskeid en oordeel. Ek moet hulle met respek en agting behandel en ek moet hulle dien. Ek moet die verhoudings beskerm, versterk en opbou.

Niks is benede my nie. My oë moet oopwees vir behoeftes en ek moet gereed wees om te reageer wanneer dit nodig is . Al is dit nie iets wat ek gewoonlik sal doen nie.
 


Sunday, March 11, 2012

Preek 11 Mar 2012

Rentmeester van my potensiaal
2 Kronieke 24:1-25

Verlede week het ons gepraat oor rentmeester van my besittings. Ons moenie toelaat dat ons besittings ons baas word nie. Of ons dien vir God of ons dien ons besittings.

Vir vandag se tema het ek ‘n potplant saamgebring. Dis ‘n clivia. Soos hy hier staan het hy die potensiaal om 1 keer in ‘n jaar te blom. Hier is nie ‘n blom nie, so moet glo hy het die potensiaal om te blom. Om sy potensiaal om te blom te verwesenlik moet ek vir hom water en kos gee. Anders begin hy as ‘n plant met die potensiaal om te blom, maar hy gaan dan dood sonder om sy potensiaal te verwesenlik.

Met dit in gedagte wil ek julle voorstel aan een van die meer onbekende figure in die Bybel – in die Ou Testament.  Sy naam is Joas. Ons lees van hom in 2 Kronieke 24: 1-25. Ek gaan nie dit alles lees nie, ek gaan so ‘n oorsig gee van sy lewe.

Joas het nogal ‘n interessante geskiedenis. Hy was 7 jaar oud toe hy koning van Juda geword het en hy het vir 40 jaar in Jerusalem geregeer. Hy het sy termyn as koning baie goed begin. Hy het opdrag gegee dat die Leviete geld moes insamel om die tempel in ere te herstel.  En toe hulle genoeg geld bymekaar gehad het, het hulle die tempel herstel. Lees vers 12-14.
Dit was ‘n goeie tyd vir die volk – tempel is herbou, aanbidding is herstel, die mense is regverdig behandel. Die land was rustig – die mense was gelukkig. Hulle was lief vir hulle jong koning.
Toe verander alles. Joas het ‘n mentor gehad met die naam - Jojada die priester. Hy het ‘n positiewe rol in Joas se lewe gespeel. Jojada was al oud en het gesterf. Nie lank daarna nie het Joas begin om onder die invloed van die magbehepte leiers van Juda gekom – hulle was nie ‘n positiewe invloed op die jong koning nie. Dit het gemaak dat hy wegbeweeg het van God af en begin het om afgode te aanbid. Die land het agteruitgegaan en die mense het vertroue in hom verloor.
En toe Sagaria, Jojada se seun, hulle waarsku en het Joas hom laat vermoor. Uiteindelik het die Arameërs Juda binnegeval – hulle het Jerusalem oorgeneem en al die leiers doodgemaak. Hulle het vir Joas gewond agtergelaat en hy is toe deur sy eie amptenare in sy bed vermoor.
Joas het so agteruitgegaan dat sy eie mense teen hom gedraai het. Hy is nie eers in die koninklike begrafplaas begrawe nie. Hy het soveel potensiaal gehad, maar dit eindig tragies.
Ek dink dis seker een van die hartseerste dinge is om aan die einde van jou lewe te kom en terug te kyk en te weet, ek het nie my potensiaal verwesenlik nie.

Ons praat vanoggend oor Rentmeester van my potensiaal. En ek het gedink om Joas se verhaal hiervoor te gebruik, want ons kan baie leer uit sy foute.

Die eerste ding wat die verhaal weer vir ons bevestig is dat God elke mens met ongelooflike potensiaal geskep het. Luister net weer na Ps 8:4-6. Draai gou na iemand langs jou en sê vir mekaar wat beteken Ps 8 vir jou?
Iemand gesê het:  'Any fool can count the seeds in an apple. Only God can count the apples in one seed.'" Dis hoe God na elkeen van ons kyk – hy sien die ongelooflike potensiaal in ons.

Ons sien hierdie Godgegewe potensiaal by Joas Hy was ‘n jong koning wat sy mense georganiseer en geinspireer het. Hy was ‘n leier, ten spyte van sy ouderdom. Hy het dinge gedoen gekry. Hy het soveel potensiaal gehad. Maar die les wat ons moet leer is, om goed te begin waarborg nie sukses nie. Dis soos al die mense wat vandag die Argus ry – om hard te oefen en weg te spring waarborg nie dat jy gaan klaarmaak nie – tussen die wegspring en die eindpunt lê ‘n klomp harde werk. God gee vir ons die potensiaal – maar dis ons verantwoordelikheid om iets daarvan te maak.

Dis wat Joas nie besef het nie. Joas het teveel staat gemaak op Jojada – hy het niks gedoen om sy potensiaal te ontwikkel en te groei nie. En toe Jojada sterf – toe val Joas uitmekaar uit.
Om jou potensiaal te ontwikkel is dit belangrik om jouself te leer ken. Dis belangrik om te ontdek wat jou sterk- en swakpunte is. Dis belangrik om te weet wat jou gawes en talente is. Dis belangrik om seker te wees van jou oortuigings. Dis hoekom Joas so maklik deur die slegte leiers beïnvloed is – hy het nie sterk oortuigings gehad nie. Hy het geen fondasie gehad om hulle slegte invloed te weerstaan nie.
Soos ons lees in Spreuke 4:23 “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.  
So die vraag wat elkeen van ons vir onsself moet vra – waar is jy nou? Ken jy jouself – jou swak en sterkpunte, jou gawes en talente? Wat doen jy om dit te ontdek of te ontwikkel? Sodat jy jou potensiaal sal verwesenlik.

By Joas sien ons ook dat die verwesenliking van jou potensiaal word beïnvloed deur die mense met wie jy jou omring. Jojada was ‘n positiewe invloed op Joas – hy het die beste in Joas na vore gebring. Die ander leiers met wie Joas gemeng het na Jojada se dood was ‘n slegte invloed en hulle het Joas tot ‘n val gebring.
In 1 Korintiërs 13:33 lees ons: “Moet julle nie langer laat mislei nie: “Slegte geselskap bederf goeie sedes.”
Ben Zander, dirigent van die Boston Filharmoniese orkes en motiveringsspreker praat van die spiraaleffek wat mense het. 2 Soorte mense – Afwaartse spiraal mense en Opwaartse spiraal mense.

Afwaartse spiraal mense sê vir jou:
  • Dit gaan nooit werk nie. Jy gaan dit nie reg kry nie. Jy het nie genoeg geld nie.
  • Ons land is ‘n gemors en gaan nooit ‘n sukses wees nie. Regering is korrup.
  • Gemeente: bediening gaan nooit werk nie. Die musiek is nie goed nie. Dominee doen nie dit of dat nie. Die gemeente bevredig nie my behoeftes nie.

Opwaartse spiraal menses ê vir jou:
  • Dit gaan moeilik wees, maar ek weet jy kan dit doen. Ek sal jou ondersteun.
  • Ons land het wonderlike mense, kyk na die versoening wat daar al was. Ons kan baie vermag as ons saamwerk.
  • Geen gemeente is perfek nie, maar ons het baie om voor dankbaar te wees. Kom gee die bediening ‘n kans. Wat kan ek doen om te help. Waar kan ek betrokke raak.

Afwaartse spiraal mense is negatief en onderdruk potensiaal. Opwaartse spiraal mense is positief, wil help en bemagtig potensiaal. Die vraag is: Na wie luister jy? Wie is die mense met wie jy jou omring? Is dit mense wat jou poetnsiaal steel of mense wat jou potensiaal opbou?

Ek wil afsluit met ‘n verhaal van Steve Jobs. Hy was die stigter van Apple rekenaar maatskappy wat verlede jaar aan kanker oorlede was. Hy was paar jaar gelede genooi om die gasspreker te wees by die gradeplegtigheid van Stanford Universiteit. Al wat hy gedoen het – hy het 3 stories uit sy lewe vertel. Die laaste storie het gegaan oor die realiteit van die dood. Hy vertel dat hy vir die eerste keer met die dood gekonfronteer is toe kanker by hom gediagnoseer is. Hy het besef dat die dood is die enigste ding in hierdie lewe waarvan ons almal definitief seker kan wees. Daarom moet mens seker maak dat jy die meeste van jou potensiaal en jou lewe maak. Hy sluit dan af deur vir die groep studente te sê: “ontwikkel jou potensiaal, moenie iemand anders se lewe probeer leef nie.”

Ons is die mense oor wie Ps 8 geskryf is. Dis hoe God ons sien. Hy gee vir ons potensiaal. Wat gaan jy daarmee maak? Gaan jy soos Joas wees? Of soos Steve Jobs? Wat gaan jy met jou Godgegewe potensiaal maak?

Sunday, March 4, 2012

Preek 04 Maart 2012

Rentmeester van my besittings

Ons begin vandag ons reeks oor Rentmeesterskap. Dit is in lyn met die waarde van Eenvoud waarop ons in hierdie kwartaal fokus. Eenvoud gaan oor ‘n manier waarop jy jou lewe leef. In ‘n wêreld wat meer en meer eise aan ons stel en al hoe meer kompleks raak beteken eenvoud  dat ons met ‘n innerlike vrede, tevredenheid en vergenoegdheid sal leef. Dit geld ook vir die manier waarop ons gemeente funksioneer. Rentmeesterskap sluit hierby aan. Rentmeesterskap gaan nie net oor geld nie – dit verwys na die manier waarop ek my lewe leef. As gelowiges glo ons dat God gun vir ons al die dinge van ons lewe – potensiaal, besittings, geld, familie, die natuur. Rentmeesterskap gaan oor hoe ons al hierdie goed bestuur en nurture en die meeste daarvan maak. So, ons begin deur te kyk na wat dit beteken om ‘n goeie rentmeester van my besittings te wees.

Wie van julle het een of ander oefenapparaat by die huis – oefenfiets, roeimasjien, abflex, gewigte, enige van daai goed? Wie van julle gebruik dit?
Het julle al opgelet hoe baie van hierdie oefenapparate staan by Cash Crusaders? Ek het ‘n teorie – een van daai conspiracy theories. Ek is oortuig dat daar ‘n ooreenkoms is tussen Cash Crusaders en die vervaardigers van oefenapparate. Ek vermoed hulle is dalk dieselfde mense wat geld maak aan albei kante. Hulle verkoop oefenapparate aan ons wat ons nie gebruik nie en dan maak hulle weer geld wanneer ons dit na Cash Crusaders toe neem. Ek dink dis ‘n briljante plan.
Het julle al opgelet hoe baie takke van Cash Crusaders en ander soortgelyke winkels en markte daar deesdae is. Plekke waar jy tweedehandse goed kan gaan koop. Dit bevestig net vir my – ons hou van stuff. Ons hou daarvan om dit te koop, ons hou daarvan om dit hê en ons hou daarvan om meer daarvan te gaan soek. Ons het so baie daarvan dat dit vir ons nodig is om elke nou-en-dan te springclean, sodat ons ontslae kan raak daarvan, sodat ons plek het vir nuwe stuff. Dis ook hoekom daar so baie van die self-storage plekke hier in ons omgewing gebou word en hoekom baie van ons garages het wat nie plek het vir ‘n kar nie. Ons hou van stuff!

Jesus waarsku ons teen hierdie kultuur van bymekaarmaak. Lukas 12:15-21 & 16:13

Hierdie tekste is ‘n sterk teregwysing vir die gierigheid van ons wêreld. Dit dwing ons om selfondersoek te doen oor wat dit is wat ons dryf. Word ek gedryf deur ‘n gierigheid na meer aardse goed of word ek deur God en sy roeping vir my gedryf?
Wanneer ‘n mens obsessief raak oor die bymekaarmaak van alles wat nuut is, en blink is, en oop-en-toe kan maak, dan word jy slagoffer van stuff, van rykdom en van gierigheid en dan is dit baie maklik om te vergeet van God en sy bedoeling met jou lewe.

Hier wil net kwalifiseer – ek wil nie daarmee sê dat ons van alles ontslae moet raak en armoedig moet begin leef nie. Maar ons moet begin dink oor hoekom ons al die goed bymekaarmaak, wat gaan ons daarmee doen en hoe gaan dit tot voordeel kan wees vir my verhouding met God en mense. Ek moet dink oor my motiewe.

Dink net ‘n oomblik hoeveel makliker gaan jou lewe wees as jy minder goed het. Hoeveel beter jy dalk met jou geld gaan uitkom. Dink net hoe baie nood kan aangespreek word as ons van ons stuff begin ontslae raak en met die geld wat ons sal spaar as ons nie nodig het om stoorplek te betaal nie.
Die meeste van ons dink dat ons nie die bronne het om ander te help nie, maar ek reken as ons anders begin dink oor ons goed sal ons ontdek, ons het meer as wat ons gereken het.

Klompie jare gelede was daar ‘n fliek, Schindler’s List oor Oskar Schindler wie 100de Jode se lewe gered het in die Tweede Wêreld oorlog. Aan die einde van die fliek is daar ‘n toneel– nadat Schindler al sy geld spandeer het om ‘n Duitse SS offisier om te koop om sodoende die lewe van 1100 Joodse werkers te spaar. Wanneer hy dan by die Jode kom begin hy huil, want hy voel hy kon meer gedoen. As hy sy kar verkoop het kon hy nog 10 mense gered het. Sy lapelwapen is 2 mense word.
Schindler se situasie is ekstreem want hy het letterlik mense se lewens gered deur geld en besittings weg te gee. Nie baie van ons sal hopelik in so ‘n situasie beland nie. Maar soos Schindler word ons ook elke dag gekonfronteer met die keuse oor hoe ons ons lewens, ons geld en ons besittings gaan spandeer.  Hy het besluit dat mense belangriker is as besittings en daarvoor het hy baie opgeoffer.

Die Bybel sê, ons kan nie 2 base gelyk dien nie. Ons kan nie ons besittings en vir God dien nie. Ons moet ‘n keuse maak.
Dit vra dat ons baie mooi moet dink oor dit wat ons regtig nodig het en dit wat ons graag wil hê. Ons moet kies of ons skatte hier op aarde bymekaar gaan maak en of ons eerder ryk by God gaan wees. Ons gaan moet kies of ons gaan vasklou aan ons goed en of ons dit ook gaan gebruik ter wille van ander mense en om die wêreld ‘n beter plek te maak. Ons gaan moet kies tussen die gevangeneskap van goed en ‘n lewe van vryheid.
Ons gaan moet kies of ons vir God en sy koninkryk eerste gaan stel en hom gaan vertrou om vir ons te voorsien.

Ek wil afsluit met ‘n storie om dit alles saam te vat:
Glen Adsett, ‘n Amerikaanse sendeling wat baie lank in China gewerk het vertel die storie. Dit was ‘n moeilike tyd om ‘n sendeling in kommunistiese China te wees. Die sendelinge is baie vervolg deur die owerhede. So het dit gebeur dat hy en sy familie lang tye onder huisarres geplaas is. Na so ‘n lang tyd in huisarres kom een van die soldate na hom toe met die nuus dat hulle na Amerika gedeporteer gaan word. Saam met dit kom toe die voorskrif dat hy en sy vrou net 100kg bagasie saam met hulle op die vliegtuig mag vat.
So begin die worsteling oor wat hulle gaan vat en wat hulle gaan los. Hulle was baie jare in China en 100kg was min. So begin die familie argumente toe:
Wat van my boeke? Ons kan nie sonder ons eetstel gaan nie! Wat van ons nuwe rekenaar met al ons inligting op? Wat word van al ons CD’s?
Hulle het alles geweeg met ‘n skaal en dan moes hulle weer goed afhaal. Uiteindelik, met baie meet en pas en met ‘n ongeduldige soldaat wat oor hulle skouer loer het hulle presies 100kg se besittings bymekaar gehad. En hulle was albei min of meer tevrede.
Die soldaat vra toe: is julle gereed om te gaan?
Ja, antwoord hulle.
Het julle alles geweeg? Vra die soldaat
Ja, kom die antwoord.
Toe hulle uiteindelik by die lughawe kom toe kom die vraag wat hulle koud gelaat het.
Wat weeg die kinders? Het julle hulle ingereken by julle 2 se toegelate 100kg?
Wat weeg die kinders – ewe skielik het die boeke, rekenaar, CD’s en ander besitting net nie meer saak gemaak nie.


Sunday, February 19, 2012

Preek 19 Feb 2012

Belydenisaflegging 2012

 

2 Konings 2: die oorgee van verantwoordelikheid

Dis al weer interessante toeval dat die leesrooster-teks vir hierdie week die storie is van Elia wat sy mantel oorgee aan Elisa… Dis ‘n storie van gesag en verantwoordelikheid wat aan ‘n nuwe generasie oorhandig word; ‘n storie van ‘n opleidingspad wat tot ‘n einde kom. Tot hier toe het Elia vir Elisa geleer, maar nou moet Elisa op sy eie voortstap…
Hoe gepas vir die dag wanneer 6 jongmense aankondig dat hul formele opleidingstyd in die kerk tot ‘n einde gekom het en hulle self verantwoordelikheid neem vir hulle verhouding met God van hier af vorentoe…? Ons as ouers, Sondagskoolonderwysers en leraars gee vandag die mantel oor aan hulle. Van hier af stap hulle as volwaardige lidmate!
Kom ons lees saam:

1 Die tyd het gekom dat die Here vir Elia in 'n stormwind in die hemel sou opneem.
8 Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na links en na regs verdeel, sodat hulle twee op droë grond daar deur is. 9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!10 Toe sê Elia: “Dis 'n moeilike ding wat jy vra”.

·         Dubbele deel “van u gees”: “bə·rū·ḥă·ḵā” kom van “ruach” (roo-akh)
·         Gen 1: die gees van God het oor die waters gesweef…
·         Beteken: verwys na iemand se essensie – hulle eienskappe van krag; dapperheid; beweegredes; manier van dink; hart…
·         Dubbele deel: Elisa vra hier vir sy erflating: nie wêreldse dinge, maar (soos Salomo) die vermoeë om te kan doen waarvoor hy geroep is. Hy vra om as Elia se ‘eersgeborene’ behandel te word (eerste seuns het ‘n dubbel porsie van hul pa se erflating gekry).
·         “Dis ‘n moeilike ding”: It’s not up to him. Hy weet nie of die Here sal ja sê nie.
·          
11 Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik 'n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in 'n stormwind op, die hemel in.
13 Hy het die mantel wat van Elia afgeval het, opgetel en weer op die wal van die Jordaan gaan staan. 14 Hy het met hierdie mantel wat van Elia afgeval het, op die water geslaan en gesê: Waar is die Here die God van Elia? Waar is Hy? Toe Elisa die water slaan, het dit na links en na regs verdeel sodat hy kon deurgaan.

Elia besef dat hy die krag van God – die Gees van God wat op Elia was – nodig het om te doen wat hy moet doen; om alleen vorentoe te gaan… Hy besef dat die krag nie in die MANTEL lê nie, maar in God. Sy woorde voor hy waag om soos Elia op die water te slaan, is ‘n gebed: “Wees by my ook, Here, God van Elia…”
Ons klompie het ‘n besondere Godservaring gehad toe ons saam die berg op is twee naweke terug! Ons het God beleef in die wind, op die berg, in die vuur en in die fluistering van die vroegoggend windstilte… Die Here sélf het julle voorberei vir hierdie oomblik! En ek wéét, as julle hier voor kom staan, deel julle Elisa se gebed: Wees by my ook, Here, God van my ouers en van Jalize en van Johannes en van al my ander mentors…”

Die pad het begin by julle doop

Hierdie oomblik, wanneer ons die “mantel aan julle oorgee”, is die einde van ‘n pad wat baie jare terug by die doopfont begin het. Dáár het julle ouers julle as babas vasgehou, terwyl God ‘n belofte van trou aan julle gemaak het… God het julle eerste gekies! Voor julle kon verstaan! Voor julle vir Hom kon liefwees! En julle ouers het vir God belowe dat hulle alles in hulle vermoeë sou doen om seker te maak julle leer ken hierdie God… Hulle het belowe om julle te leer en te laat leer – sodat julle kan verstaan.
Vandag verstaan julle. Vandag hou julle ouers se verantwoordelikheid op. Vandag neem julle self die verantwoordelikheid op júlle skouers!

Ouers vergesel kinders tot by doopfont

§  Ek gaan nou elke kind een vir een vorentoe roep.
§  Hulle ouers gaan saam met hulle na die doopfont toe stap.
§  Dáár gaan hulle met hul vingers aan die water raak en dan aan hul voorkop: ‘n herinnering aan hulle doop; aan God se belofte van liefde en trou…
§  Terwyl hulle vorentoe kom gaan elkeen se persoonlike geloofsbelydenis op die skerm verskyn: hulle antwoord op wat God by hulle doop vir hulle gesê het…
§  Daar by die doopfont gaan hul ouers die ‘mantel oorgee’. Hulle formele verantwoordelikheid eindig daar. Van daar af vorentoe gaan hulle kind self verantwoordelik wees…
§  En as hulle hier voor kom staan, sal Elisa se gebed in hulle hart uitroep: “Wees by my ook, Here, God van my mentors…”

Om belydenis van geloof af te lê beteken dat julle met die mond bely wat julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat julle maak om alleen op God te vertrou, om te lewe volgens Sy woord, getrou deel te neem aan die erediens en aan al die aktiwiteite van Sy kerk, om te volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en daad te verheerlik.
Beantwoord vrae.

Voel julle anders? Ek hoop so! Want julle IS anders… Julle het so pas ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Ek dink baie van julle het twee weke terug ‘n belewenis gehad van om op ‘n nuwe plek te kom in julle verhouding met God… Ek kon ‘n verdieping sien in elkeen van julle… So, julle IS anders…
En hierdie verandering / vernuwing / gedaanteverwisselings is nie die uitsondering nie. Dit is die reël. Ons is almal die heeltyd besig om te verander. Om te lewe is om gedurig gedaanteverwisselings te ondergaan.

Paulus verwoord dit mooi in 2 Kor 3:18 (Die Boodskap)
Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.

Luister hoe klink dit in die Message vertaling:
Nothing between us and God, our faces shining with the brightness of His face. And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.

En The Word on the Street vertaling lig weer ‘n ander aspek uit:
But when we turn our lives back to the Boss, the mask is taken off. The Boss is the Spirit of God, and wherever God’s Spirit is there’s freedom. We’ve got our masks off and God’s brilliance is bouncing off our faces; it’s changing us - our features are evolving; we’re looking more and more attractive as God’s Spirit puts plastic surgeons out of work by the thousands. Only our Boss makes us truly beautiful.
Elisa het gevra vir soveel van die gees van Elia wat hy kón kry! Hy het baie goed geweet dis nie Elia se gees nie, maar God se gees – en hy het geweet hy het dit nodig! Die gees van God in ons VERANDER ons!
§  We are transfigured like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him…
§  God’s brilliance is bouncing off our faces; it’s changing us - our features are evolving; we’re looking more and more attractive as God’s Spirit puts plastic surgeons out of work by the thousands…

Ek kán vandag die heerlikheid van die Here in julle gesigte sien, my jong vriende! Dit ruk my hart…!
Gaan ek dit nog sien oor ‘n jaar van nou af? Of vyf jaar? Oor tien jaar?
Sien ons dit nog in mekaar se gesigte, gemeente? Sagte oë? Deernis? Vergifnis?
Leef ons nog met die besef dat ons die gees van God nodig het? Is Elisa se gebed nog ons gebed? Here, wees by my… Ek kan nie sonder U nie?

Nagmaal

Ons gaan nou nagmaal gebruik… Ons gaan almal voor ons eie Jordaan rivier staan – die uitdagings waarvoor óns te staan is – en ons gaan pleit: “Wees by my, Here! Laat U Gees in my wees!”

 

nuwe lidmate steek kers aan by christuskers

Die mantel is oorgegee, my vriende. Julle sal van hier af onafhanklik voortstap.
Weet dít: jy stap vorentoe met ‘n roeping! Die Here wil jou gebruik! God het ‘n verwagting as Hy noun a jou kyk, soos wat jy hier sit…
Maar wat ook al vir jou voorlê, watter pad jy en die Here ook al stap: die Gees van die Here is in jou… Letterlik! Die Here is by jou! Jy is gesalf vir jou roeping.
Gaan steek dus jou kers aan by die Christuskers – en neem daarmee jou plek in as volwaardige lidmaat van hierdie gemeente en van die liggaam van Christus.





Sunday, February 12, 2012

Preek 12 Feb 2012

1 Konings 5: 1-14

DIE STORIE
Naäman was die hoof van die leer van Aram gewees.  (interessant, dit beteken ‘regverdig’). Hy was ‘n baie gesiene man en het baie hoë aansien in die koning se oë gehad.  Hy was ook ‘n baie magte leier gewees.  Deur hom het die Here ‘n oorwinning aan die Arameers oor Assirië besorg. 
Hierdie oorloë was niks snaaks gewees nie.  Volkere het mekaar gereeld binne geval.  Dan baklei die een teen daardie een, en dan weer daardie een teen hierdie heen.  Wanneer die volke mekaar binne geval het, het hulle die stede en dorpe verwoes.  Maar hulle het nog meer as dit gedoen.  Hulle het die mans en seuns doodgemaak en die meisies terug gevat om vir hulle as bediendes te werk.

Op ‘n keer, tydens hierdie aanvalle, het Naäman so ’n Israelitiese dogtertjie teruggebring om vir sy vrou te werk. Sy was heel moontlik so tussen 12 en 14 jaar oud gewees. Die Bybel se nie vir ons wat haar naam was nie.  Wat erg was, was dat haar huismense waarskynlik deur die generaal se soldate doodgemaak is of dat sy nie eens geweet het wat van haar ma geword het nie. Sy was alleen in hierdie vreemde land.  SY moes bang gewees het vir hierdie mense wat haar kom ontvoer het. 

Elke dag as sy vir Naäman moes bedien het, kon sy sien hoe hy sieker en sieker raak.  Hy het ’n nare uitslag op sy vel gehad. Sy het gehoor sy vrou sê hy het die siekte melaatsheid. Niemand kon iets vir hom doen nie.  Hy sou uiteindelik sterf van hierdie siekte.

Die dogtertjie wou vir hom sê hoe hy genees kon word. Maar sy kon nie met die generaal gepraat het nie.  SY was nie toegelaat nie. Sy het buitendien gesukkel met die taal - en met haar gevoelens oor die man wat haar mense laat doodmaak het. Miskien, het sy gedink, is die siekte die Here se manier om die man te straf. Maar sy het saam met die Here grootgeword. Sy het geweet sy MOES iets doen om die arme man te help.

Eendag skraap sy al haar moed bymekaar en sê toe vir Naäman se vrou: “Ag, as meneer net by die profeet in Samaria wil uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid genees.”  Omdat Naäman radeloos was, gaan hy toe na die koning toe.

Naäman het by die koning gekom en hom vertel wat die dogtertjie uit Israel vir hom gesê het.  Die koning sê toe: “Gaan gerus, ek stuur jou met ‘n brief na die koning van Israel toe”.
Hy vertrek toe met 342 kg silwer, 68 goud en tien stelle klere. Daar gekom, wys Naäman die geskenke vir die koning en gee die brief vir hom: Daarin het die volgende gestaan: “ EK het my dienaar Naäman met hierdie brief na jou toe gestuur.  Wanneer hy by jou uitkom moet jy hom van sy melaatsheid genees”.

Die koning van Israel het die brief gelees, sy klere geskeur en hom geantwoord: “ Is ek dan God wat mense laat sterwe of aan hule die lewe gee dat hierdie man iemand na my toe stuur om hom gesond te maak?  Dit moet vir my duidelik wees hy soek net skoor met my”.

Intussen het die profeet Elisa van die storie te hore gekom. Hy laat weet toe die koning dat hy die man van Damaskus na hom toe moet stuur. En die generaal gaan toe na hom toe. Toe Naäman nog met sy wa en perde op pad is, het die profeet dit al geweet.

Elisa se toe vir een van sy boodskappers: “Ek hoef nie vir Naäman persoonlik te sien nie,”. Gaan gee net vir hom die boodskap dat hy hom sewe maal in die Jordaanrivier moet gaan bad.”

Naäman het hom vererg en gese: “  EK het gedink hy sal uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die melaatsheid wegneem.  Is die riviere van Damaskus nie beter as al die water van Israel nie.  Kan ek my nie daarin was om rein te word nie”.  Naaman was woedend het wou daarvandaan net terugry huis toe. 

Maar die generaal se amptenare probeer hom toe keer en se: “Moenie so hardkoppig wees nie, Generaal. As die profeet iets moeiliks van u verwag het, sou u dit nie gedoen het nie? Hoeveel te meer nou dat hy eenvoudig vir u gese he: was jou en jy sal rein wees?”

Toe stop Naäman by die Jordaanrivier. Liggelowig bad hy homself sewe keer in die water. Toe hy die sewende keer opkom uit die water, kyk hy stomgeslaan na sy vel: so glad en sag, en heeltemal gesond!

Hy draai net daar om en gaan toe haastig terug na Elisa se huis toe en daar het hy uitgeroep: “Ek weer nou; daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel nie.  Aanvaar asb hierdie geskenke van my”.

Elisa wou egter nie die geskenke geneem het nie.  Naaman vra toe of hy maar van die grond kan terugneem huis toer. Terug by die huis het Naaman die grond afgelaai en ‘n altaar gebou waarop hy offers vir die Here gebring het.

Wat hoor ons in hierdie verhaal?
Hierdie is ‘n verhaal waaruit ons baie kan leer.  Dis ‘n verhaal wat baie oor God vertel.  Dis ‘n verhaal waaroor meer as een preek gemaak kan word, maar daar is een of twee spesifieke goed wat vir my baie duidelik geword het in die tyd wat ek met die teks geworstel het.

Toe ek die verhaal die eerste keer gehoor het, kon ek nie anders as om dadelik te dink aan die verskillende mense wat God in hierdie verhaal gebruik om vir Naaman te genees nie.  Ons lees eers hoe God die dogtertjie gebruik om die boodskap van die profeet aan hom te gaan oordra, dan hoor ons later weer, nadat Naaman woedend is vir Elisa en net wil terugkeer huis toe, hoe sy slawe/amptenare hom keer en oortuig dat hy hom moet gaan was in die Jordaanrivier. 

Eers gebruik God ‘n dogtertjie wat eintlik geen stem gehad het nie.  Hierdie dogtertjie is uit Israel uit ontvoer en het as kinderslaaf vir Naaman gewerk. Daar is van die begin af geen rede hoekom hy vir haar sou luister nie, sy was ‘n nikswerd Israeliet maar dan is sy nog ‘n kind ook. Kinders het geen se gehad enigsins binne enige geselskap nie. Hulle was letterlik daar om gesien en nie gehoor te word nie en meeste van die tyd mag hulle ook nie gesein geword het nie. En in die derde plek was sy nog ‘n vrou ook. En vrouens se rol binne die samelewing was basies soos die van die kinders – hulle het geen regte gehad nie. Dit was slegs in baie uitsonderlike gevalle wat vrouens enigsins ‘n rol binne die samelewing gespeel het.  Tog, t.s.v. al hierdie onwaarskynlikhede , kies God juis om haar te gebruik.  God kies die heel onwaarskynlikste persoon moontlik en hy gebruik haar!  Hy kon dit mos self vir Naaman gesê het, of vir sy vrou, of een van die belangrike mense, maar nee, God kies om deur hierdie vreemde dogtertjie te praat.  Die dogtertjie wat hy ‘gesteel’ of ‘ontvoer’ het uit haar eie land.

God stop egter nie daar nie. God gaan verder en gebruik Naaman se slawe om te keer dat hy teruggaan Damaskus toe voordat hy nie in die Jordaan gewas het nie.  Hierdie klink dalk nie so vreemd nie, maar ons moet onthou dat hierdie mans almal vir hom gewerk het, dat hulle soos sy slawe was en dat hulle eintlik nie kon waag om hulle monde oop te maak nie. Slawe se regte was in baie gevalle gelyk met die van vroue soos wat ek hier bo gesê het. Daarom was dit waarskynlik nie eers in hulle gewoonte dat die slawe eerste met hom gepraat het nie. Tog moes God so sterk met hulle gepraat het, dat hulle nie anders kon as om iets te se nie. En dalk was hulle ook so bietjie nuuskierig om te sien of hierdie besigheid gaan werk. Wat ookal hulle rede was, God gebruik hulle ten spyte van hulle posisie in die samelewing. Nes vir die dogtertjie. 

Twee keer in hierdie verhaal sien ons hoe God die onwaarskynlikste persone gebruik.  Of ek moet dalk eerder sê: onwaarskynlik vanuit ons menslike perspektief. Want hierdie mense was heel duidelik vir die God die heel obviouste keuse. Twee keer verskil die mense wat ons obvious keuse sou gewees het, met die wat God kies.Hoekom doen Hy dit? Of hoe dink God anders as ons. Wat moet ons hoor uit die besluite wat Hy neem?

Dalk moet ek begin deur te vra: Met wie assosieer jy jouself vanoggend?  Voel jy dalk soos Naaman, of dalk die dogtertjie, of dalk sy amptenare?

As jy soos Naaman voel: asof daar nie meer hoop is nie en al die obvious antwoorde en stemme nie gewerk het nie: Dalk wil God dan vanoggend vir jou kom herinner aan die verskillende stemme in ons lewe.  Dalk wil Hy jou kom vra: wie is die stemme na wie ek en jy luister?  Luister ons makliker na stemmer van mense uit blink motors met netjiese klere – die mense wat dit ‘gemaak’ het in die samelewing, of wil God dalk vir ons kom bewus maak van die stemme van mense op die rand van die samelewing wat dalk meer het om te se as wat ons sal verwag.  Luister ons eerder na mense met lewenservaring, of wil God ons kom herinner aan die stemme van ons kinders wie se waarnemings vermoe so fyn is dat ons sukkel om enige iets meer van hulle weg te steek en wie dalk in die naiwiteit van hulle oplossings meer te sê het as die bekommernisse wat baie grootmense se antwoorde vul.Luister ons eerder net na dominees en geleerde mense op preekstoele, of wil God weer vir ons kom bewus maak van soveel ander mense by wie ons kan leer en deur wie Hy ook werk?  Wil God ons nie vanoggend kom bewus maak van hierdie onwaarskynlike stemme rondom ons deur wie Hy wil  deurdring tot ons nie?

Dalk is jy aan die ander kant van die spektrum: dalk voel jy vanoggend soos die dogtertjie of soos Naaman se amptenare.  Dalk is jy te skaam om te praat en voel jy bang, want wat as.  Dalk voel jy jy is nog te jonk, te onbelangrik.  Dalk voel jy jy is nie slim genoeg nie, of nie geleerd genoeg nie.  Dalk voel jy minderwaardig...Dalk wil God vanoggend vir jou kom sê: praat my kind, moenie skaam wees nie.  Praat my kind, staan op vir wat reg is.  Praat, in my oë is jy belangrik.  Praat, ek wil jou gebruik. Praat my kind..

Die teksgedeelte sluit af met ‘n vreemde gebaar:  Naaman neem ‘n vrag vol grond terug na sy land toe.  Van als wat Hy kon saamneem kies hy grond.  Waarom sal Hy dit doen??  Dit sluit aan by wat God nog die heeltyd in hierdie verhaal doen.  God kom gebruik die onwaarskynlike stemme om ‘n boodskap oor te dra.  Naaman neem die grond terug na sy land toe en bou ‘n altaar.  God gebruik dus vir Naaman om te getuig van Hom in n land waar mense afgode aanbid.  Ja, vir ‘n derde keer kies God iemand onwaarskynlik, Nie die profete nie, nee, vir Naaman, die hoof van die weermag.

Die idee van God wat vreemde stemme gebruik is beslis nie n vreemde idee nie.  Ons kry dit keer op keer in die Bybel.  Dink aan Moses se verhaal.  Die hakkelende man wat God kies om te gaan praat...  Dink aan Dawid, die kleinste man van almal is die een wat God kies om die fillestyne te gaan verslaan. Paulus ... die Jood wat die Christene vervolg en vermoor het en op die ou einde ‘n bediening juis aan die nie-Jode gehad het. Jesus ... die nederige timmerman uit die klein onbelangrik dorpie van Nasaret. Dink aan jouself vanoggend, dink aan die keer wat jy voel dat God jou nie hier kan of sal gebruik nie.  Dink aan hoe ons altyd dink God net sekere mense gebruik.  Die verhaal kom keer daardie beeld heeltemal om.  Hierdie verhaal maak dit duidelik dat ons ‘n God dien wat hou daarvan om die mense te kies op die rand van die samelewing, mense wat ander nie hoog ag nie.  God kies onwaarskynlike mense, ja, soos ek en jy.

Die wonderwerk in die verhaal is dat Naaman uiteindelik genees word.  Maar hy word nie net fisies genees van ‘n dodelike siekte nie, nee, Naaman word ook geestelik genees.  Dit was nodig vir Naaman om hierdie pad te stap waarin hy geleer het om na die onwaarskynlike stemme te luister sodat hierdie genesing kon plaasvind.  Naaman het na ‘n ‘quick fix’ gesoek, maar God wys vir hom ander planne.  God leer hom om gehoorsaam te wees, om na ander se stemme te lusiter.  God kom wys hom dat Hy soms eers ander paaie met mense wil stap. Maar wanneer ons bereid is om daardie paaie te stap en na daardie mense te luister, dan vind wonderwerke plaas.

Mag ek en jy vandag bewus word van die verskillende stemme om ons.  Mag ons bewus word van ons eie stem en dat God ons ook wil gebruik.  SO klein en nietig soos wat ons ookal is.  Mag ons besef dat die paaie wat God met ons stap, nie altyd die maklike pad is nie, maar dat God getrou bly aan sy belofte en sy woord. 

Sunday, February 5, 2012

Preek 05 Feb 2012

DIE 7-WONDERS VAN DIE WêRELD!

1.  In die Omgewingstudie klas vra die onderwyser ::  Maak gou-gou ’n lysie van die 7 wonders van die wêreld ::  **  Taj Mahal  ** Christ the Redeemer   **  Collosseum in Rome  **  Great Chinese Wall  **  Chichen Itza  **  Stad Petra  **  Stad Inca   **  Sommige leerders voeg TAFELBERG by!!

2.    Een student sukkel :: Kry net nie klaar nie ::  Lysie word al langer :: Maar daar is so baie .... En dan UITEINDELIK ....!!

3.   Om te kan SIEN // HOOR // AANRAAK // PROE // VOEL // LAG //  Om net te kan hê ...!!!    **   Die hele klas raak stil :: Staan skaam en verbaas op :: Klap hande

4.    Ons aanvaar so maklik so baie dinge as VANSELFSPREKEND :: So asof dit maar so moet wees :: Asof dit alles maar daar MOET wees!  Dink dat wonders met GELD gekoop of gebou moet word ::  (>>   En VERGEET dan so maklik dat hierdie wonders eintlik God-gegewe Genade en Goedheid is :; Skeppinge van God Almagtig :: Skeppinge uit die Groot Gewer se hand!   >>  SO besig met die dinge van God :: Jaag @ ’n tempo deur elke dag // Jaag eintlik @ ons harte en @ God verby! ::  Dat ons die God van die dinge vergeet :: Die Een wat alles gemaak het :: Sy Genade en Voorsiening vir ons,  Miskyk!!    (>>  Partykeer moet ons eers van die KOSBARE VOORREGTE / WONDERS  verloor ::  Om te besef WAT dit werklik werd is!!

1. By geleentheid :: ’n Jeugdiens oor DANKBAARHEID ::  ’n Optrede deur die Trans-Oranje Skool vir Dowes :: Twaalf pragtige jongmense wat mimiek doen op maat van die musiek ::  Hulle mimieke is professioneel : 100% gelyk en in pas met mekaar ..Die enigste probleem ::  Nie een kan die NOOT of TROMSLAG hoor nie!!   Dit ruk die ander jongmense aan die hart :: Laat menige jongmens-hart besef :: DANKBAAR vir wat ek het!!  Menige staan op en getuig met trane ::  Dankie, Here Jesus!!

By dieselfde geleentheid : ’n Matriekmeisie met ’n oog-gebrek :: Heentemal BLIND in een oog : Slegs 4% sig in die ander oog :: Maar ’n jongmense wat elke geleentheid om vir die Here te getuig, aangryp en met oorgawe getuig van Sy liefde en Voorsiening in haar lewe!!
&&  By geleentheid : Die koortjie van E.S le Grange Skool :: Met elke denkbare gebrek wat jy maar kan opnoem :: Party in rolstoele : Ander met dik brille : Ander staan skeef en krom : Vals en van noot af :  Maar sing met OORGAWE >> O, Heer my God – As ek in eerbied wonder //  Jesus het my mooi gemaak ....  En ons raak stil ..................!!!!

Onthou julle nog die gemeentetjie, Tsilapfene, hoog bo in die Soutpansberge : Het niks : Sit op houtbankies : In wind en weer In die bloedige son : maar ELKE Sondag is die hele gemeente daar :: En bedien hulle nagmaal : Gewonde witbrood en warm Fanta Orange ::  Dis AL wat beskikbaar is en wat hulle kan bekostig!  Maar ELKE Sondag ....   En as hulle klaar is, sing hulle met oorgawe en DANKBAARHEID :: God is so goed... God is so goed ... God is so goed, Hy is so goed vir ons!!

5.   Iemand het eendag gevra ::  Are you aware that someone has it WORSE than you?
6.   En ONS??   Ons vergeet gou-gou van al ons seëninge en voorregte as dit met ons self GOED gaan :: Word gou-gou kwaad en dikmond en boos as ons so moet sukkel :     (**  TERWYL :: Ons harte eintlik moet OORLOOP van DANKBAARHEID ::   (** TERWYL :: Ons eintlik met OORGAWE moet sing ::  Ek loof U vir al U handewerke : Ek loof U vir son en maan en sterre : Ek loof U vir see en kontinente : Ek loof U .. Want U is wonderbaar!  En ek PRYS die God wat alles so wonderlik onderhou!  Ek prys Hom vir Sy liefde en Sy trou!    (** TERWYL  : Ons eintlik moet JUIG en JUBEL!!

7.  SKRIFLESING  ::  Hand 16 :: 31   In die tronk in Filippi     Paulus sê ::  DANKBAARHEID = ’n GESINDHEID ::  Wat jy ELKE dag moet LEEF!!    En as daar iemand was wat oor DANKBAARHEID kon getuig, was dit juis Paulus ::  **  Swaar en moeilike lewe ervaar   ** In Fillipi :: Onskuldig in die tronk :: In die binneste selle toegesluit : Voete in houtblokke  : Sonder kos : In die koue : Amper met klippe doodgegooi : Geteister met pynlike lyfstraf : Gekasty en op gespoeg :: Praat van sweet en swaarky :: Hy HET gesuffer!!

8.   EN TOG ::  Desondanks ::  Ten spyte van :: In GEBED ::  Op sy knieë voor die Here :: LOFLIEDERE in die tronk :  Prys en Jubel te midde van swaar en seer :   Teenoor Christus ALTYD Dankbaar :: Vir Krag : Vertroue om in Sy diens te mag staan !!!   n HART VOL DANKBAARHEID!!

9.    Soos Dawid in Ps 147 :: Sing vir die Here ’n Danklied : Sing tot eer van God : Hy oordek die hemel en die aarde Hy voorsien in elke nood : Hy laat gras op die berge uitspruit : Hy gee weiding aan elke dier en versorg die jong koeie wat skree vir kos : Hy laat die wolke opsteek : Hy bring die reën :  Kom sing ’n lied om vir die Here DANKIE te sê!!

10.  VRAAG  ::  **  Hoe lyk jou 7 wonders vir 2012?  **  Wat is vir jou BELANGRIK in 2012 **  Waarvan GETUIG jou lewe in 2012?     **  Waarop FOKUS jy in 2012?    **  Fokus jy op die WOW!-goete :: Die WOW!-wonders in jou lewe   >>  Die Piramides >> Die Taj Mahals >> Die Grand Canyons  .>>  Die Panamas >>  Die Empire States >> Die Chinese mure   **  Mense-wonders ::  Mense-geld  ::  Mense-talente .::  Wat hulle in elk geval WAAR / By WIE gekry het ...!!     of     **  Fokus jy op die wonders van God in jou lewe ....>>  Sy ALTYD DAAR wees vir jou!! >>  Sy Voorsien en Sorg vir jou!!   >>  Sy KRUIS vir jou!!  >>  Sy BLOED vir jou!!  >>  Sy OMGEE vir jou!! >> Dat jy kan Sien // Hoor // Ruik //Voel // Raak // Lag // Huil!!