Sunday, April 10, 2011

Preek 10 April 2011

Johannes 9: 1-41
Lied: Open the eyes of my heart, Lord.
Ek wil vanoggend aansluit by die lied wat ons nou net gesing het. Ek het ook besluit om bietjie hieroor te praat na aanleiding van Len Viljoen se optrede 2 weke gelede. Die boodskap van daardie oggend was mos dat ons moet leer om met ons harte te kyk na die wêreld. Komende van ‘n blinde sanger was dit vir my nogal profound.
Ons gaan na hierdie tema kyk aan die hand van Johannes 9: 1-41. Dis ‘n lang gedeelte wat ek nie heeltemal gaan lees. Ek gaan net so enkele verse daaruit lees. Voor ek dit doen wil ek net eers hê dat julle julle oë moet toemaak en die volgende toneel moet voorstel.

Jy is besig om ‘n fliek te kyk. Die toneel speel af op ‘n strand. Dis ‘n mooi helder somersdag. Daar is heelwat mense op die strand – sommige hou piekniek, ander lê net rustig in die son, ander is besig om met ‘n bal of ‘n Frisbee te speel, maar niemand is in die water nie besig om te swem nie. Dan sien jy ‘n kennisgewing waarop staan “swem verbode” Jy sien ook daar is ‘n lewensredder aan diens. En dan ewe skielik is daar ‘n harde gil uit die water se rigting. Iemand is besig om te swem, ten spyte van die kennisgewing, en sy is in die moeilikheid. Die lewensredder doen niks – hy kyk net na die vrou in die water en sê: “wat soek sy in die water, sy moes die kennisgewing gelees het”.
Dan sien iemand hardloop in die water in, swem tot by die vrou en red haar uit die water uit. Maar hy word nie as ‘n held terugverwelkom op die strand nie. In die volgende toneel sien jy die lewensredder en sy vriende wat gil op die man en vir hom sê: “hoe durf jy in die water in gaan, het jy ook nie die kennisgewing gelees nie?” En jy hoor hoe een van hulle omdraai na die lewensredder toe en vir hom sê: “Hoe gaan enige orde op hierdie strand kan hê.”

Dit klink mos lekker absurd. Maar dis presies wat in Johannes 9 gebeur. Jesus sien ‘n blinde man, hy gaan na hom toe. Jesus se dissipels sien ook die blinde man en wil dadelik weet, hoekom is hy blind – watter sonde het hy gedoen om blind te wees. Maar Jesus gaan net na die blinde toe, maak met spoeg ‘n bietjie klei aan, smeer dit op die blinde man se oë, sê vir hom hy moet dit gaan afwas en so word die man genees. Die dispels  Die mense van die dorp wat hom ken wil glo dat hy genees is nie en hulle vat hom toe na die Fariseers toe. Die Fariseers wil dit ook nie glo nie en hulle vra selfs vir die sy ouers om te bevestig dat hy regtig blind was. Verder maak die Fariseers ‘n groot scene daarvan dat Jesus dit durf waag het om die man op Sabbat te genees en dat hy teen die wette van Moses ingaan. Hy het nie die kennisgewing gelees nie. Hulle gaan sover om die blinde man onder sensuur te plaas omdat hy aangehou het om te sê dat Jesus hom genees het van sy blindheid. 

Kom ons kyk so kortliks wat ons kan leer by die verskillende karakters in hierdie verhaal.

Wat sien die dissipels? (Johannes 9:1-3)
Jesus en sy dissipels kom by die blinde man. Onmiddelik vra die dissipels vir Jesus waarom die man dan blind is – is dit as gevolg van sy eie sonde of as gevolg van die sonde van sy ouers. Hulle sien met ander woorde ‘n lyn tussen sy blindheid en een of ander sonde. Hy is blind as gevolg van een of ander sonde. 

In Whistle Down the Wind, ’n briljante fliek van jare terug, is ’n klompie kinders se kat dood ongeag die feit dat hulle vir dié se ‘genesing’ gebid het. Hulle gaan vra die plaaslike predikant terwyl hy sy tee drink by ’n restaurant: “Why did God let our cat die?”
Hy gee toe ’n lang, komplekse teologiese antwoord. Toe hy klaar is, wens hy hulle sterkte toe en drink verder aan sy koppie tee. Die kinders loop meer verward daar weg as wat hulle ingekom het. Die een klein seuntjie wat sy ouer suster se hand vasgehou het, kyk op en sê:
“He doesn't know, does he?”

Ons verstaan nie hoekom sommige mense blind of doof is nie, ons verstaan nie hoekom duisende mense in ‘n aardbewing moet doodgaan nie. Ons verstaan nie hoekom daar lyding in die wêreld moet wees nie. En tog is daar sekere mense wat dit probeer verklaar deur te sê: dis as gevolg van een of ander sonde wat die goed gebeur.
In hierdie teksgedeelte sê Jesus dat dit nonsens is – daar is geen verband tussen lyding en sonde nie. As dit waar was, dan was ons almal mos in die moeilikheid. En dan het Jesus mos verniet gesterf. God is nie ‘n woedende God wat ons wil straf nie, Hy is ‘n liefdevolle God en Jesus het dit vir ons kom wys.
Scott Peck begin sy boek Road less travelled met hierdie woorde: “Life is difficult”. Die lewe word net nog moeiliker gemaak wanneer God uitgemaak word as ‘n kwaai God wat jou wil straf met slegte goed as jy verkeerde goed gedoen het. God is goed die hele tyd – al verstaan ons nie die slegte dinge nie.
Soos iemand gesê het: “I believe in the Christian Gospel not because it offers the best explanation of human suffering but because it gives us the strength we need to win through.  After all, the name “Jesus” does not mean “Explainer,” but “Saviour” or “Deliverer.” And that is what we really need.” 

Wat sien Jesus? (Johannes 9: 6-7)
Jesus sien iemand wat nood het. Hy sien hom nie net en stap by hom verby nie, Hy staan ook tyd aan Hom af. Hy reik uit na hom en Hy genees hom. Jesus sien ‘n geleentheid om God se werk te doen. 
Net soos met Jesus kom daar ook elke dag mense oor ons pad – geleenthede doen hulle voor om uit te reik na mense. Mag ons soos Jesus kyk en die geleenthede gebruik.

Wat sien die blinde man?
In die toneelstuk  “The Lion in Winter” kom hierdie wonderlike stukkie dialoog: “In a world where crucified carpenters rise from the dead, anything can happen!”
Dis iets wat die blinde aan sy lyf voel. Hy word fisies genees van sy blindheid, maar ons sien in die proses ook hoe hy vir Jesus op ‘n nuwe manier raaksien en hoe hy in sy menswees genees word. Kom ons kyk gou hoe hy groei in die manier hoe hy vir Jesus sien:
Eers praat hy net van “die man met die naam Jesus” (vers 11). Hy weet van Jesus, maar hy ken Hom nie.
Daarna wanneer hy met die Fariseërs praat noem hy vir Jesus ‘n profeet.(vers 17).
Dan in sy konfrontasie met die Fariseërs noem hy vir Jesus “die man wat van God af kom” (Vers 33)
En dan wanneer hy weer vir Jesus ontmoet sê hy dat hy in Hom glo.(vers 38)

Daar het ‘n verandering gekom in die manier hoe hy vir Jesus sien. Nadat die blinde man met Jesus te doene gehad het – sien Hy vir Jesus op ‘n ander manier. Hy sien ook homself op ‘n ander manier – hy sien homself nou as ‘n gelowige. Nie net iemand wat van Jesus gehoor het nie, maar iemand wat regtig glo.  En sien hy die wêreld, die mense rondom hom  op ‘n ander manier. ‘n Ontmoeting met Jesus maak dat jy alles in ‘n ander lig sien.

Wat sien die Fariseërs? (Johannes 9:13-16, 35-41)
Die Fariseers was geestelik blind. Hulle fokus so op die kennisgewing dat hulle nie kan raaksien wat Jesus besig is om te doen nie. Hulle sien vir Jesus as ‘n bedreiging, hulle is meer ingestel op die onderhouding van die Sabbat en die wette van Moses. Dis soos die spreekwoord – niemand is so blind soos hulle wat nie wil sien nie. Hulle kon net nie sien dat Jesus wel die seun van God is nie. En in die proses het hulle uitgemis op al die wonderlike goed wat Jesus gedoen en gesê het. Dis soos om met oogklappe deur die lewe te gaan – jy sien net dit wat hier voor jou is, terwyl daar ‘n hele wonderlike wêreld rondom jou is, wat by jou verbygaan.

Wat hierdie verhaal vir ons wil leer is - Om werklik te sien is ‘n saak van die hart. Dis om te leer om soos Jesus na die wêreld te kyk. As ons dit begin doen, begin ons anders na onsself en na ander mense kyk. Ons sien onsself as mense wat deur Jesus nuut gemaak is. Ons sien ander mense as mense en behandel hulle met respek en liefde en genade.  En ek dink dit maak dat ons godsdiens ook op ‘n ander manier sien – nie as ‘n klomp reëls en regulasies nie, maar as ‘n lewenstyl.

Kom ons vat dit alles saam met ‘n lied. ‘n Lied wat daaroor gaan dat Jesus ons help om alles nuut te sien.  ‘n Lied wat aansluit by Johannes 9:25 waar die blinde man sê: “een ding weet ek wel: ek was blind , en nou sien ek.”

Lied: Amazing Grace

Sunday, April 3, 2011

Preek 03 April 2011

Life is Beautiful!

I want to take you back to a 2001 Film, A Beautiful Mind, with Russell Crowe in the lead. It is the true story and biography of John Nash, a brilliant mathematician who suffers from hallucinations, but with medication and the help & love of his wife, Alicia, he is ultimately able to live with and largely ignore his psychotic episodes.
A BEAUTIFUL MIND is a classic tale of struggle, suffering, enduring, persevering and finally of victory over personal demons. Taking one day at a time, supported by his wife, John never gives up, despite his setbacks.
John Nash eventually earns the privilege of teaching again. In 1994, he is honoured by his fellow professors for his achievement in mathematics, and goes on to win the Nobel Memorial Prize in Economics for his revolutionary work on game theory.

CLIP 1 – OVERVIEW OF MOVIE

An appropriate movie for Lent, which focuses not just on the suffering of Christ, but also on our suffering; the ever-present element of suffering in life…
The film is real regarding life, love and marriage.
Life is not fair and does not always reward good choices with positive consequences.
Really bad things happen to innocent, good people. No matter what you do, no-one can escape pain, disappointment, trauma, grief en rejection.

But the happiest people I know are those who made peace with Life and who embrace all that it gives us: both the good and bad, the joy and pain, the successes and failures, the smiles and the tears, the carefree times and the trauma…
They are people who can really appreciate the first light of a new day, because they know the depths of darkness. They are the people who live life to the full, who discover the height and depth of love and who not afraid of anything that Life throws at them…
In A Beautiful Mind John and Alicia have to overcome more than the average couple. The trauma caused by John’s hallucinations and conspiracy theories is extreme. And their over-coming of all the challenges that they faced serves as a reminder that it is doable…!

Why? How? Because of love! Love makes the difference…
Real love is beautiful, awesome, powerful beyond comprehension! It can heal any wound, overcome any distance, forgive any wrongdoing, reconcile any enemies… There is no other power as strong as love!
The Bible tells us that God is love. God does not merely love. God is love! And all of the sudden the power of love starts making sense…
1 John 4:16 in the Bible says exactly this: “God is love. Whoever lives in love, lives in God, and God in him. There is no fear in love, but perfect love drives away fear”
Love do not mind sacrificing

CLIP 2: Listen to John Nash’s speech when he received his Nobel price.
“I've always believed in numbers and the equations and logics that lead to reason. But after a lifetime of such pursuits, I ask: "What truly is logic? Who decides reason?" My quest has taken me through the physical, the metaphysical, the delusional -- and back. And I have made the most important discovery of my career, the most important discovery of my life: it is only in the mysterious equations of love that any logic or reason can be found. I'm only here tonight because of you, Alicia. You are the reason I am. You are all my reasons.”

Their story always reminds me of James’ strange words in James 1: 2 - 4 (The Message):
Consider it a sheer gift, friends, when tests and challenges come at you from all sides. You know that under pressure, your faith-life is forced into the open and shows its true colours. So don't try to get out of anything prematurely. Let it do its work so you become mature and well-developed, not deficient in any way.

Life is not fair and will not always be smooth running, but life is beautiful!
May you learn to see beauty, even when it is not pretty; recognize the gift of the lessons wrapped up in your challenges!
Neither life nor love will always be easy, but may the difficult times make you strong, mature and resilient!
May you discover the mysterious equations of love and allow your own storyline to follow the example of John and Alicia!
May you embrace the fullness of Life and Love and be able to say with Paul in Philippians 4:10:
“I've learned by now to be quite content whatever my circumstances. I'm just as happy with little as with much, with much as with little. I've found the recipe for being happy whether full or hungry, hands full or hands empty. Whatever I have, wherever I am, I can make it through anything in the One who makes me who I am.”

It confirms the truth Jesus spoke in Matthew 5:5 when He said:
“You're blessed when you're content with just who you are - no more, no less. That's the moment you find yourselves proud owners of everything that can't be bought.”



Sunday, March 20, 2011

Preek 20 Maart 2011

Matteus 17: 1-9

Die Kelte het geglo dat jy na sekere plekke kon gaan om nader aan God te wees. Hierdie plekke het hulle “thin places”  genoem.  Hulle het selfs kaarte gehad wat die “thin places” aangedui het - een van hulle was die sogenaamde Holy Island - Lindesfarne. Inderdaad is Lindesfarne vandag nog ’n plek wat vir  jou daardie “dun” ervaring gee. Hierdie “thin places” is volgens die Kelte daar waar ’n mens die teenwoordigheid van God kan voel en ervaar. Net soos wat Petrus, Johannes en Jakobus op die berg ervaar het.
Ons gaan vanoggend kyk na die 3 dissipels se reaksie nadat hulle God se teenwoordigheid so intens beleef het.

In vers 6 lees ons: “Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval.” (17:6)
Ek dink enige van ons sou bang gewees het, as so-iets met ons sou gebeur. Dis ‘n natuurlike reaksie. Maar dis ook meer as net bang-wees. Wanneer jy so die stem uit die hemel hoor – dan is dit ook ‘n ander soort vrees wat jou beetpak. ‘n Heilige vrees, of die vrees van die Here wat met jou gebeur. Dit gebeur wanneer jy regtig bewus is van God se teenwoordigheid.
Ek onthou, as kind het ek dit nooit verstaan nie. Hierdie vrees van die Here. Ek het altyd gewonder – beteken dit ek moet bangwees vir die Here. Nou weet ek dat dit niks te doen het met bang wees vir God nie, maar wel om met bewondering, verwondering en ontsag voor God te leef. Om te leef met die besef dat ek vir Jesus om elke hoek en draai van hierdie wêreld kan ontmoet. Dis om te besef dat die “thin places” nie net op ‘n bergtop of op sekere plekke gebeur soos die ou Kelte geglo het nie - dit gebeur oral, elke dag. Daarom is dit ‘n goeie idee om aan die einde van elke dag te vra: “waar het ek vandag bewus geraak van God se teenwoordigheid?” Deur watter mens wat vandag my pad gekruis het, in watter situasie waarin ek my vandag bevind het, deur watter besluit wat ek geneem het – waar het ek vandag bewus geraak van God se teenwoordigheid?
    
‘n Ander interessante reaksie kry ons in vers 4 ““Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”
Dis asof hulle die oomblik wil vries. Dis soos wanneer ‘n mens die pause-knoppie op die remote van jou DVD speler druk. Hulle wou die oomblik pause – hulle wou dit vries. Hulle wil nie hê dit moet verbygaan nie. Hulle wou in die oomblik bly. Daar is 2, baie menslike redes hoekom hulle dit waarskynlik so wou doen.

Eerstens was dit vir hulle so ‘n wonderlike oomblik en ervaring dat hulle dit net wou vashou. Dis mos menslik – as iets vir ons lekker is, ‘n goeie ervaring is, dan wil ons dit mos behou. En ons dink mos nostalgies daaraan terug. Ons bou ‘n hut daarvoor.
Kom ek noem ‘n voorbeeld hiervan wat dalk vir julle bekend sal klink.
‘n Predikant vertel hoe hy by ‘n nuwe gemeente gekom het en hom dadelik vasgeloop het in die hutte wat mense bou. Daar was veral een so ‘n hut wat hy veral goed onthou. Dit het gegaan oor ‘n jeuggroep wat in die gemeente was. Dit was ‘n besondere hegte groep jongmense, wat ‘n seën was vir die hele gemeente. Hulle commitment, energie en entoesiasme was aansteeklik. En wanneer mense dan vir hom vertel het van hierdie wonderlike groep jongmense, dan het hulle gewoonlik ook gesê: “daar sal nooit weer so ‘n wonderlike jeuggroep wees nie.” Petrus self kon nie ‘n beter hut gebou het as hierdie mense nie.
Die gevaar is: Wanneer ‘n mens so nostalgies vashou aan dit wat gewerk het, aan dit wat bekend is, dan maak jy die moontlikheid dat God iets nuuts wil doen heeltemal dood.  

Maar daar is ‘n tweede rede hoekom hulle hutte wou bou. Hulle wou die lydenspad vermy. In die vorige hoofstuk het Jesus vir hulle begin vertel dat Hy gaan ly. Deur op die berg te bly kon hulle die lydenspad vermy. 
Dis in reaksie hierop dat Jesus, in vers 9, vir hulle sê: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die Mens uit die dood opgewek is nie.”
Hoekom sê Jesus hierdie vreemde ding. Mens sal mos juis dink dat hulle dit moet gaan vertel. Hy sê dit omdat hy geweet het, dat mense Hom eers regtig sal verstaan na sy lyding, sterwe en opstanding. So, die vryheid wat Hy vir ons bring, gebeur nie sonder lyding nie. Daarmee bevestig hy ook maar net vir ons dat die Vryheid wat hy vir ons gebring het, vrywaar ons nie van lyding en swaarkry nie. 

Die skilder Raphael het iets hiervan saamgevat in sy skildery oor die Verheerliking op die berg. Hy het dit in 1520 in Rome geskilder. Kort voor sy dood. Hy moes sy Bybel goed geken het, want hy het al gebeure van die verheerliking en wat rondom dit gebeur het in die skildery saamgevat.
In die agtergrond sien mens die dorpie, Seserea-Filippi, waar Jesus die eerste keer sy dood aankondig.
In die middel sien ons vir Jesus in wit, met Moses en Elia weerskante van hom en die 3 dissipels wat op die grond lê.
Onder dit alles sien ons ‘n groep dissipels wat wys na ‘n seun. Dit verwys na die gedeelte na die verheerliking op die berg – van vers 14 af. Waar die dissipels die versteurde seun probeer genees en dit nie regkry nie
As julle mooi kyk na die seun – sy oë is gefokus op Jesus en sy hand is na Jesus toe uitgestrek. Te midde van sy pyn en lyding reik hy uit na Jesus toe. So asof hy weet dat Jesus die enigste een is wat hom daardeur kan help.     

Die troos is dat Jesus saam met sy dissipels van die berg afstap en dat hy vandag nog saam met ons stap. Ons kan soos die seuntjie in die skildery uitreik na Hom toe, ons oog gevestig hou op Hom met die wete dat Hy saam met ons deur hierdie lewe stap en ons help ons om deur alles te kom.

Mag ons mense wees wat elke dag in alles bewus raak van God se teenwoordigheid en verwonderd is oor wat Hy doen.
Mag ons mense wees wat nie vasgevang raak in nostalgie nie, maar wat oop is vir die nuwe goed wat God dalk vir ons wil wys.
Mag ons deur hierdie lewe gaan met die wete dat Hy saam met ons stap en ons help om deur alles te kom.

Om oor te dink

Dink aan ‘n keer toe jy God se teenwoordigheid werkilik intens beleef het.

Mense is geneig om “hutte te bou” vir positiewe ervarings of dinge waarmee hulle bekend is en mee gemaklik voel(sien voorbeeld van predikant in nuwe gemeente). Dink aan nog ‘n paar voorbeelde hiervan?

Jesus bevestig dat die vryheid wat Hy bring met lyding gepaard gaan. Wat leer jy hieruit?

Jesus het nie op die berg gebly nie, Hy het afgekom om by mense te bly. Hoe beïnvloed hdit jou antwoord op die vorige vraag?

Sunday, March 13, 2011

Preek 13 Maart 2011

Visiefees en nagmaal
Sagaria 2:1-5, 10-11

Hierdie teksgedeelte beskryf die derde gesig of visioen wat Sagaria gesien het. Hy sien ‘n man met ‘n maatband, wat amper soos ‘n landmeter besig is om die hele Jerusalem op te meet om die grootte van die stad te bepaal. Dan verskyn daar ‘n engel wat vir die opmeter sê dat dit nie nodig is om die stad op te meet nie, want Jerusalem gaan ‘n stad sonder mure wees. Daar gaan so baie mense wees wat terugkeer na Jerusalem, dat mure nie nodig gaan wees nie. Hier sien ons al dat die Here besig is om iets te doen, wat teen die gewone, aanvaarde praktyke ingaan.

In die OT was die mure van die stad baie belangrik. Dit was daar om die stad te beveilig teen gevare van buite. As iemand die stad wou aanval, moes jy eers by die mure verbykom. Die mure was daar om mense uit te hou, veral mense wat anders en vreemd was. So,‘n stad sonder mure is gesien as ‘n swakheid.
Maar dis net hier waar God dit alles op sy kop draai. Want in God se droom vir hierdie stad, is die gebrek aan ‘n muur nie meer ‘n teken van swakheid nie, maar word dit ‘n teken van God se betrokkenheid, van Sy seën oor die stad en sy beskerming vir die stad. Die teks sê dat God self sal soos vuur rondom die stad wees. In die Bybel is vuur die teken van God se teenwoordigheid. Hy self sal in die stad teenwoordig wees om sy mense veilig te hou. Die mure is dus nie meer nodig nie.

So, die mure rondom die stad word weggevat. En God belowe dat Hy in die mense sal woon, tussen hulle en by hulle sal wees. 
Dit herhinner mens aan dit wat ons lees in Johannes 1:14 “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”
Die afstand tussen God en mense word oorbrug. Die mure val weg. God word die middelpunt van die stad en van mense se lewens en daarom kan die mure maar wegval.

Een van die gevolge van die mure wat nou wegval – is dat baie verskillende mense nou vir God sal leer ken. Die mure tussen mense val ook weg. Daar is nou nie meer mure wat skeiding bring nie. God is die middelpunt van die stad – Hy is soos ‘n magneet wat mense aantrek. En so word die belofte wat God in Genesis 12 aan Abraham gemaak het vervul – “in jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

Dit werk soos middelpuntvlietende krag teenoor middelpuntsoekende krag.
Middelpuntvlietende krag is wanneer iets weg van die middelpunt af beweeg. Soos ‘n wasmasjien – as die drom draai om te was, sit die wasgoed teen die kante, weg van die middel af, vas.
Middelpuntsoekende krag is wanneer iets na die middelpunt toe beweeg. Soos swaartekrag. Dit word aangetrek deur die middelpunt.
Die stad met mure werk soos middelpuntvlietende krag – dit hou mense weg van die stad af, die skrik mense af, dit hou mense buite.
Maar wanneer die mure wegval, dan word dit soos middelpuntsoekende krag - God word die middelpunt van die stad, dan word mense aangetrek na die stad toe. Want hulle weet God is daar.

Mag ons gemeente ‘n plek wees waar die mure wegval. Waar die middelpuntsoekende krag so sterk is dat mense nie anders kan as om hier te wil wees nie.

Kom ons kyk DVD ("Mure") om dit saam te vat. 

Orkes sing gemeente se visie-lied 

Nagmaal

Stel die nagmaal in met Matteus 22: 1-3, 8-10
  • Die nagmaal is ook so ‘n feesmaal – dis ‘n herdenking en ‘n viering van dit wat Jesus vir ons gedoen het. Dis ‘n feesmaal waar almal welkom is – soos die teks sê: die slegtes, sowel as die goeies. By Jesus se feesmaal is almal welkom. By hierdie tafel is elkeen inderdaad iemand. So gebruik vanoggend die nagmaal met die wete dat Jesus, deur sy groot genade jou iemand gemaak het.
Gebruik nagmaal

In die teks sien ons dat mense uitgestuur word om die ander te gaan haal. Dis ook ons roeping om van die nagmaalstafel op te staan en na ander uit te reik. Ons mag dit nie vir onsself hou nie. Met die inspirasie van die nagmaal – gaan uit en wees tot seen vir die wêreld.

Sunday, March 6, 2011

Preek 06 Maart 2011

Geseënd om te seen

Ek wil vir julle vertel van 2 bekende bote.
Die eerste een is – “The Love Boat”. Party van julle sal die boot onthou. Dit was die setting van ‘n TV reeks in die 1980’s. Die Love Boat was ‘n plesierboot en die TV reeks het gegaan oor die romantiese en snaakse avonture van die  bemanning en die passasiers.  Die doel van die Love Boat was kuier en plesier. Mense gaan op die boot om te ontspan, te kuier en avonture te beleef. Dis m.a.w ‘n boot wat nêrens heen oppad is nie, maar dit het die belofte van plesier en vermaak.

Die tweede boot is die Mayflower wat ‘n baie belangrike plek het in die Amerikaanse geskiedenis.  Die Mayflower was die skip wat in 1620 van die eerste Engelse setlaars na Amerika vervoer het. Die Engelse of pelgrims het uit Engeland gevlug omdat hulle geloof onderdruk is deur die Engelse regering en kerk. Hulle het ‘n plek gesoek waar hulle hulle geloof vrylik kon uitleef. Daar was 102 passasiers aan boord en tussen 25-30 bemanning. Hulle het Engeland in September 1620 verlaat en na 66 dae op see, waartydens 2 mense gesterf en baie siek geraak het, in November by Cape Cod aangekom. Dis in die staat wat later Massechusetts genoem is. Omdat hulle in die winter daar aangekom het, kon hulle nie dadelik aan wal gegaan het nie. Hulle het daarom eers in Maart die volgende jaar aan wal gegaan, nadat die winter verby was. Tot vandag toe word die koms van die Mayflower in Amerika herdenk en daar is Amerikaners wie se voorvaders op die Mayflower was. Die doel van die Mayflower was om ‘n nuwe wêreld te ontdek en om vir mense wat onderdruk is vryheid en ‘n nuwe lewe te gee.

Hierdie 2 bote kan maklik dien as metafore vir die kerk. Die kerk kan wees soos die Love Boat. ‘n Vriendelike plek waar mense mekaar ontmoet. ‘n Plek waar mense vermaak word, waar dit nice en ontspanne is en waar hulle veilig voel. Waar almal gelukkig en tevrede gehou word. Daar is niks wesenlik verkeerd daarmee nie, want die kerk moet al hierdie goed wees – die kerk moet ‘n plek wees waar almal gelukkig is en mekaar ontmoet en waar dit nice is - maar is dit regtig die doel van die kerk? As dit die belangrikste ding in die kerk, is ons nie dan dalk soos die Love Boat op pad na nêrens nie?

Moet die kerk nie dalk meer soos die Mayflower wees nie – ‘n boot met ‘n doel. ‘n Boot wat op pad is om ‘n nuwe wêreld te ontdek. ‘n Boot wie se taak dit is om mense uit ‘n slegte situasie te neem na ‘n situasie waar hulle vryheid sal beleef, waar hulle ‘n nuwe lewe ontdek en kan omarm. ‘n Boot waar mense mekaar ondersteun en opbou en help sodat hulle reg is om die nuwe lewe tegemoed te gaan. Ek weet nie van julle nie, maar dit klink vir my asof die Mayflower dalk ‘n beter metafoor vir die kerk is.

Die kerk, ons, moet wees soos die Love Boat, maar dit raak gevaarlik wanneer die kerk teveel soos die Love Boat funksioneer en minder soos die Mayflower. Want dan gaan dit net oor ons en om lekker hier bymekaar te wees. 
Kom ons gaan kyk gou wat sê die Bybel hieroor. Ek gaan ‘n paar tekste lees om ons te help verstaan wat die doel van die kerk is.

Matteus 28: 19-20 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
  • Klem is op die uitgaan en maak van dissipels sodat hulle leef as volgelinge van Jesus.

Markus 12:30 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”
  • Liefde vir God en liefde vir ons naaste is die doel van gelowiges en die kerk.

Johannes 14:12 “Dit verseker ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat ek na die Vader toe gaan.”

Johannes 20: 21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”
  • In hierdie 2 tekste het Jesus sy volgelinge uitgestuur om te gaan doen wat Hy gedoen het. Om ‘n lig vir die wêreld te gaan wees. Hy is nou saam met sy vader en hy roep ons om nou in sy plek te gaan doen wat Hy gedoen het.  

Handelinge 1: 8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
  • Die doel van die kerk is om ‘n getuie in die wêreld te wees. Om onder leiding van die Gees ‘n getuie te wees van dit wat God gedoen het en steeds besig is om te doen.

En dan die laaste teks. Die teks wat onderliggend is aan al die ander tekste. Al die ander tekste bou op hierdie een. Dis waar alles begin het. Heel aan die begin van die Bybel gee God vir Abraham hierdie belofte en opdrag. Abraham is die vader van alle gelowiges, dis hoekom gelowiges kinders van Abraham genoem word. So daarom is hierdie opdrag ook op ons van toepassing. . En daarom is dit ook nou ons gemeente se fokusteks.

Genesis 12: 2 “Ek sal jou seën en jou 'n mens van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees.”
  • Ons is die ontvangers van God se genade en seën wat geroep word om instrumente van God se genade en seën in die wêreld te wees.

Ek dink hierdie tekste gee vir ons ‘n goeie idee oor wat die doel van die kerk is. Dis ‘n plek waar mense bymekaarkom en toegerus word om ‘n instrument van God te gaan wees. Dit sê ook vir ons dat dit nie net die predikant en ‘n paar leiers of sendeling is wie geroep is om God se instrumente te wees nie, dis alle gelowiges se roeping. 

Maar kom ek gebruik ‘n laaste beeld om dit net alles op te som. Ons kan die doel van die kerk vergelyk met ‘n waterstroom.
‘n Waterstroom is ‘n lewende sisteem. Dit bestaan uit verskillende dele wat aanmekaar verbind is en van mekaar afhanklik is. ‘n Waterstroom benodig wat konstant invloei, anders stagneer dit; dit het ‘n bodem waar verskillende lewensvorme ondersteun word en walle wat stabiliteit gee. En dan moet daar ook ‘n plek wees waar die water uitvloei.
Ons kan op dieselfde manier oor die kerk dink. Die kerk is ook ‘n lewende sisteem. Daar moet ‘n invloei wees – dit verwys na nuwe mense met nuwe idees en nuwe energie wat inkom en ook na nuwe lewens en geloofservaringe wat mense in die gemeente beleef.
Die tweede deel van die sisteem is soos die bodem en walle van die waterstroom – dit verwys na alles in die gemeente wat mense help om deur God verander te word, te groei in hulle geloof en waardeur die Gees werk. Goed soos eredienste en sang, toerusting en kursusse, jeugbediening en kleingroepe.
Die derde deel van die sisteem is die uitvloei van die water. Wanneer mense in die gemeente groei, in hulle geloof toegerus is, dan word ons almal uitgestuur om God se instrumente, sy getuies in die wêreld te gaan wees.

En dis die doel en die ritme van die kerk soos wat ons dit in die Bybel sien – dis ‘n plek waar God ons bymekaar roep, waar Hy ons seën met sy genade en die verandering wat Hy in ons bewerk en dan stuur hy ons uit om ‘n verskil te gaan maak.   

Mag ons gemeente soos die Mayflower en soos ‘n waterstroom wees.
Mag ons ‘n gemeente wees waar mense inkom en welkom voel.
Mag ons ‘n gemeente wees waar mense deur God ontmoet word en verander en groei.
Maar mag ons ook ‘n gemeente wees wat as God se instrumente uitgaan in hierdie wêreld en ‘n verskil maak en deur God gebruik word om ander mense aan te raak.

Oordenking
As ons die 2 bote as metafore vir die kerk gebruik – wat leer ons daaruit?

Lees die verskillende teksgedeeltes
  • Watter van hierdie teksgedeeltes spreek jou die meeste aan?
  • Watter implikasies het hierdie teksgedeeltes vir ons as gelowiges?
  • Watter implikasies het dit vir ons as kerk?

Kyk weer na die beeld van die kerk as ‘n waterstroom.
  • Wat maak jou opgewonde daarvan?
  • Wat maak jou bekommerd daarvan?


Sunday, February 27, 2011

Preek 27 Februarie 2011

Getuienissondag: Lukas 19: 1-10

Om te sorg dat predikante aanhou leer en groei het die sinode so paar jaar gelede besluit dat ons elke jaar sekere kursusse moet bywoon. En ons kry punte daarvoor. So het ek verlede jaar so ‘n 3-dag kursus op Stellenbosch gaan bywoon. Op die 2de dag moes ons die veiligheid van die konferensiesaal verlaat en ons moes 2-2 daar in Stellenbosch se strate invaar om met enige vreemdeling ‘n gesprek te gaan voer oor wat vir hom/haar in die lewe belangrik is. Dit maak mens nogal bang, want jy moet uit jou comfortzone uitklim en jy weet nie wat om te verwag nie, maar ons het dit gaan doen. Party van die predikante het met karwagte gepraat, party met die vrou wat agter die ‘till’ werk in die Spar, ons het in ‘n restaurant sommer met ‘n paar studente gepraat. Daar was so ongeveer 30 verskillende gesprekke. Die meeste mense was vriendelik en die gesprekke het goed gegaan. Na die tyd moes ons toe terugkeer na die lugverkoelde konferensielokaal en terugvoer gee oor die gesprekke.  
Die antwoorde het nogal ‘n patroon gevorm. Meeste mense het gesê die belangrikste goed in hulle lewe is familie, huwelik, my kinders, werk, vooruitgang in die lewe, sommige het gesê God is die belangrikste. Ons het nie eintlik geweet wat die antwoorde was wat ons moes gekry het nie, maar ons was ook nie verras deur die antwoorde nie. Dit was antwoorde waarmee ons kon identifiseer.
Die gesprek oor die antwoorde het toe so aangegaan totdat iemand op ‘n stadium opmerk: “Niemand het gesê dat die kerk vir hulle belangrik is nie.”
God en ‘n hele klomp ander sake is wel vir hulle belangrik, maar nie die kerk nie. Ons almal het grootgeword in ‘n tyd toe die kerk die middelpunt van die gemeenskap was, maar tye het so verander dat die kerk net nie meer so belangrik is vir mense so belangrik is nie – veral nie hier waar ons woon in ‘n stedelike voorstad nie. En toe ons verder daaroor gesels, toe besef ons dat alhoewel kerk nie meer vir die mense so belangrik is nie, is ons nog steeds besig om die kerk so in te rig asof mense in die kerk belangstel. Ons het sekere goed wat ons doen in die kerk – sekere maniere hoe ons die kerk organiseer en bestuur en dis goed en reg so, maar dis nie die goed wat die mense hiernatoe gaan bring nie. Kerk is net nie meer so belangrik nie.

Die vraag is dus: hoe gaan ons die mense wat nie in kerk belangstel nie bereik? Hoe gaan ons die mense in die strate van Stellenbosch en Table View bereik?
Kom ons gaan kyk na ‘n Bybelse verhaal om ons hiermee te help.
Lukas 19:1- 10. Die verhaal van Saggeus.

Saggeus was die hooftollenaar in Jerigo waar die Romeine baas was. Sy taak was om die tolgeld in te samel van almal wat by die stad ingekom het. Jy kon nie inkom as jy nie betaal het nie. Dit was al klaar baie erg vir die mense van Jerigo dat hulle moes betaal om by hulle eie stad in te kom. Wat dit nog erger gemaak het, was dat Saggeus soms bietjie meer gevra het as wat hy moes en dan het hy die verskil in sy sak gesteek. Daarom was hy dan ook nie die mees gewilde man in Jerigo nie.
Op ‘n dag hoor Saggeus dat Jesus die stad kom besoek. Hy het al gehoor van Jesus en wil daarom ook graag vir Jesus sien. Hy was nuuskierig. Maar hy het ‘n probleem – hy is ‘n klein, kort mannetjie en kan nie verby die mense sien nie. En hulle het hom weggedruk, want hy was tog die ongewilde tollenaar. Hy klim toe in die boom om vir Jesus te kan sien. En toe Jesus by die boom kom – toe roep hy hom af, want hy wil na sy huis toe gaan en by hom tuis gaan. En daar in sy huis, saam met Jesus word Saggeus se lewe verander.

Al die ander mense – die gelowige mense van Jerigo - het vir Saggeus sleg gesê, niemand het van hom gehou nie, hulle het probeer om hom weg te hou van Jesus af en hulle het probeer om vir Jesus weg te hou van hom af – maar Jesus het na hom uitgereik, na sy huis toe gegaan en vir hom ‘n nuwe lewe gegee.

Nadat hy Jesus se onvoorwaardelike liefde beleef het, het sy hele lewe verander. Skielik was hy nie meer die oneerlike tollenaar wat die mense se geld gesteel het nie – deur Jesus se liefde is hy nou iemand.

Die opvallende ding van hierdie verhaal is: Jesus reik uit na Saggeus toe, hy gaan kuier by hom, hy gaan eet by hom. Hy vertel nie vir hom wat hy alles moet doen om ‘n Christen te wees nie. Hy vertel nie vir hom wat die reels en regulasies is nie. Hy probeer hom nie manipuleer nie. Hy gesels met hom en hy kuier by hom.
Dis nie die eerste keer wat Jesus dit doen nie – hy spandeer tyd met kinders en melaatses, met die owerspelige vrou by die put. Deur net tyd met mense te spandeer, in hulle belang te stel en na hulle te luister het Jesus ‘n beweging begin wat die wêreld verander het.

Ons kry in die evangelies heelwat voorbeelde van Jesus wat met mense in gemeenskap getree het. Ek het nogal gewonder wat sal gebeur as ons dieselfde hier in ons gemeenskap gaan begin doen. As ons begin om met mense te gesels, as ons in hulle belangstel en met hulle tyd spandeer. As ons ‘n gemeenskap van Jesus-volgelinge is wat in ons daaglikse ontmoetings soms net gaan stilstaan en luister en deel word van iemand se lewe. Soos wat Jesus gedoen het. En as ons hulle begin dien met die bronne en die gawes wat ons van die Here ontvang het.  Miskien sal ons dan daarin slaag om weer die kerk vir mense belangrik te maak. Ek vermoed dat liefde, omgee en diens die goed is wat mense weer in Christenskap en die kerk gaan laat belangstel. 

Dit het my laat dink wat David Bosch, een van ons land se beste teoloë, gesê het: “Ons glo dat die geloof wat ons bely, waar en reg is en dat dit verkondig behoort te word. Ons doen dit egter nie as regters wat ander veroordeel nie, maar as getuies; nie as soldate nie, maar as vredesgesante; nie as verkoopsagente wat ander onder hoogspanning en druk wil manipuleer nie, maar as ambassadeurs van ons Dienskneg-Here.” (David Bosch)

Elkeen van ons is Jesus se ambassadeurs in hierdie wêreld. Ons is die liggaam van Christus wat na die Saggeuse van ons tyd moet uitreik en met hulle moet vriende maak. Dit is ons roeping as gelowiges, as dissipels van Jesus. Ons wat hier bymekaar is, word geroep om dit te gaan doen oral waar ons elke dag ons lewe leef en waar ons met mense te doene kry. Wie weet, ek is dalk net die mens deur wie God ‘n verskil in iemand se lewe wil maak!

Bespreking

Watter aanduidings is daar in jou gemeenskap dat die Christendom en kerk nie meer vir mense die belangrikste ding is nie?

Watter gevoelens beleef jy hieroor?

Lees Lukas 19: 1-10
·         Daar is 3 karakters in hierdie verhaal – Saggeus wat ongewild is en verstoot  word; die skare wat vir Jesus ken, maar terselfdertyd vir Saggeus veroordeel en hom wil verhoed om by Jesus uit te kom; en Jesus wat teen die stroom ingaan en uitreik na Saggeus.
·         Wat leer ons by die skare?
·         Wat leer ons by Jesus?

Lees die aanhaling deur David Bosch
  • Wat vra die aanhaling van ons?

Sunday, February 20, 2011

Preek 20 Februarie 2011

Kyk na jouself…dan na ander

Jesus sê in Joh. 10:10 “Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dít in oorvloed.”
Dit vorm die basis van ons preekreeks. Ons kyk na verskillende aspekte van ons lewe waaraan ons moet aandag gee sodat ons ons lewe in oorvloed kan leef. Maar hierdie teks en die preekreeks het ‘n na-binne en ‘n na-buite fokus. Tot dusver het ons stilgestaan by die na-binne fokus.
Ons het gesê dat ek moet verantwoordelikheid neem vir myself en vir die lewe wat Jesus vir my gegee het. Hy het immers duur betaal daarvoor. My tyd en hoe ek dit spandeer is my verantwoordelikheid. Net so het ek ook ‘n verantwoordelikheid om om te sien na die toestand van my gesondheid, my verhoudings, my siel en my drome. Ek moet sorg dat daar balans in my lewe is en dat daar te midde van my besige program ook tyd is vir stilword, en batterye herlaai en ontspan.
Om die lewe in oorvloed te leef moet ek ook heel word van my seer en die teleurstelling en trauma wat ek met my saamdra en ek moet die Gees se werking in my vertrou. Ek moet vertrou dat hy my wil verander en heelmaak.
En ek moet leer om na myself te kyk deur God se oë – en besef dat Hy kyk verby my swakhede, en foute en gebrokenheid en Hy wil my gebruik.

Mattheus 5:5 som dit mooi op. Matthew 5: 5 (The Message) "You're blessed when you're content with just who you are—no more, no less. That's the moment you find yourselves proud owners of everything that can't be bought.”

Ek onthou toe Jalize predikant in Houtbaai was, was daar ‘n gesin wat by die gemeente ingeskakel het. Die vrou se pa was predikant by ‘n gemeente in Johannesburg. Hy het elke nou en dan in Houtbaai kom kuier en selfs daar gepreek. En so het ons hom toe ook leer ken. Wat ek van hom onthou – as mens ‘n ruk in sy geselskap was, dan het jy sommer rustig gevoel. Hy het net so ‘n rustigheid, vrede en wysheid uitgestraal en jy kon nie anders as daardeur geraak te word nie. Mens het sommer net goed gevoel en vrede gehad nadat jy in sy geselskap was.
Die rede - omdat hy sy verhoudings, sy menswees, sy siel, sy drome , sy lewe was uitgesorteer en vol vrede. Soos die teks sê: hy was geseënd omdat hy rustig en tevrede was met wie hy is. En daarom kon hy die lewe in oorvloed leef. 

Ek het aan die begin gesê dat die lewe in oorvloed ‘n na-binne en na-buite fokus het. Die oom het die vrede wat hy na-binne gehad het, ook na-buite uitgestraal. So van vandag af gaan ons bietjie na die na-buite fokus begin kyk. Hierdie lewe in oorvloed gaan nie net oor myself en my binnekant nie. Dis waar dit alles begin, maar dis nie waar dit eindig nie.

Lees gou Matteus 5: 8 (The Message) “You're blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.”

As my binnekant rustig en tevrede raak, kan ek na buite begin kyk en sien wat God sien. En God sien die ellende en die noodkrete raak – dit gryp hom aan die hart. En Hy wil ons gebruik om iets daaraan te doen. Hy wil ons gebruik om die wêreld ‘n beter plek te maak. 

Ons fokus teks vanoggend is daarom Matteus 5: 13-16(Afrikaanse vertaling)
Matthew 5: 13 - 16 (The Message) "You're here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You're here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept.”

Die teks sê vir ons, soos sout kos beter laat smaak, soos ‘n lig wat die donker verdryf, so moet ons goeie werke vir almal sigbaar wees. En deur ons goeie werke word God sigbaar vir mense en word hy verheerlik.  
  
Wat beteken dit? Hoe doen ek dit? Ek wil nie ‘n klomp goed daaroor sê nie, ek gaan ‘n paar teksgedeeltes lees en ek wil hê julle moet bietjie daaroor dink en luister of God jou nie tot aksie roep om sout en lig vir die wêreld te gaan wees nie.
Kom ek doen net eers ‘n gebed en vra ons dat die Here met ons nou moet praat deur die tekste.

Matteus 5:4 “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word”
·         Om te treur oor alles wat in die wêreld verkeerd is of dalk te treur saam met die vertroosting nodig het.
Matteus 5:6 “Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.”
·         Om te doen wat reg is en nie onreg te duld nie.

Matteus 5: 7 “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.”
·         Om barmhartigheid te bewys aan die wat dit nodig het.

Matteus 5:9 “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
·         Nie vredebewaarders nie, vredemakers.

Matteus 22: 39 “‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
·         Wees net lief vir mense sonder om hulle te oordeel, beoordeel of veroordeel.

Rom.15: 2: “Elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou.”
·         Hoe baie dink ons net negatiewe en kritiese goed oor ons naaste.

2 Kor 1:3 “In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,”
·         Om daar te wees vir mense bemoediging nodig het.

1 Johannes 3:18 “Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”
·         Liefde is ‘n werkwoord. Dis iets wat ons moet wys en moet doen deur ons optrede en ons dade.

John Wesley het dit alles goed saamgevat: “Doen soveel goed jy kan. Op soveel maniere as wat jy kan. Op soveel plekke as wat jy kan. Aan soveel mense as wat jy kan. So dikwels as wat jy kan. En solank as wat jy moontlik kan. 

Miskien sal hierdie DVD – clip dit vir ons nog duidelik wys. (Red).

Die vraag is nie of God iets deur ons wil doen nie. Vraag is ook nie of ek iets moet doen nie.
Die vraag is: Wat wil God deur jou doen? Wie wil God deur jou aanraak? Vir wie wil God deur jou goed wees?

GEBED: Ag Here, ek weet dat U liefde my kan stil maak, heel maak, tevrede maak en vry maak! Ek weet dit kan my laat ophou om myself met ander te vergelyk. Ek weet dit kan my lief maak vir myself… En Here, ek weet dat ek net vir ánder kan lief wees as ek vir mysélf lief is! Alles begin en eindig by U en by liefde, want U ís liefde! Daarom Here, herinner my gedurig aan liefde, sodat U liefde deur my in die wêreld kan sigbaar word. Help my om die lewe in oorvloed te leef en om die mens te wees wat ek kán wees; die mens wat U drome waar maak! AMEN

Oordenking
·         Sommige mense straal net ‘n rustigheid en vrede uit, wat aan jou afsmeer as jy in hulle geselskap is. Dink aan so iemand wat jy ken en hoe dit jou laat voel om in sy/haar geselskap te wees?
·         Lees Matteus 5:13-16 (lees dit ook uit The Message)
·         Wat staan vir jou uit/gryp jou aan in die teks?
·         Lees deur al die tekste in die preek en dink oor dit wat God vir jou wys in die gedeeltes.
·         Lees die gebed.