Sunday, January 29, 2012

Preek 29 Jan 2012

1 Korintiërs 9: 16-23


Ek het op hierdie foto van die rooi skoen afgekom. Dit het onmiddelik my aandag getrek en my laat wonder oor die vrou wat die skoen verloor het. Hoekom het sy dit agtergelaat. Wat was die omstandighede waaronder sy die skoen verloor het? Is sy oraait?
Dit het my ook aan die storie van Cinderella laat dink. Dis ook ‘n storie met ‘n skoen wat agter gelaat word – glas skoen. Dis die storie van ‘n meisie wat dit regkry om te ontsnap van die mishandeling en wreedheid van haar wrede stiefma en stiefsusters en uiteindelik haar selfwaarde en waardigheid ontdek. Dis ‘n storie wat die donker en die goeie kant van mense en van die lewe uitbeeld.  Wanneer sy haar glasskoen verloor lei dit tot iets positiefs en ‘n nuwe lewe vir haar. Daar is closure, ‘n positiewe einde aan die storie. Happily ever after.
Dis anders as die rooi skoen – die storie van die rooi skoen is onvoltooid. Dis ‘n storie wat onopgelos is en wat ‘n mens ongemaklik maak. Ons weet nie wat van die vrou geword het nie. 
Gee die glas skoen van die Cinderella storie nie dalk vir ons vals hoop nie – ons weet mos hoe deurmekaar die wêreld is? Is die lewe nie meer soos die rooi skoen nie – onvoorspelbaar, onvoltooid en ongemaklik.

Die Bybel help vir ons hiermee. Soos in die storie van Cindarella kry ons ook verhale wat die donker en die ligte kant van mense en die lewe uitbeeld. En soos met die foto van die rooi skoen kry ons ook verhale in die Bybel wat vir ons wys dat die lewe soms maar lekker morsig, hard, pynlik en onregverdig is. Voorbeelde dat die lewe nie altyd perfek is en ontvou soos wat ons dit graag wil hê nie.

Maar deur dit alles ontmoet ons ook ‘n God wat ons wil heelmaak. Wat ons wil vrymaak. Wat verhoudinge wil herstel. ‘n God wat die “happily ever after” vir mense wil gee. Hierdie verlossing en versoening wat God vir ons gee is heeltyd aan die gang in ons lewens. En dit gebeur omdat elkeen van ons saak maak vir God. Elke mens is vir God belangrik – ook die vrou wat die rooi skoen verloor het.

Dis hierdie wete wat vir Paulus ook dryf en hom so passievol oor die evangelie maak. Want hy weet watter verskil die evangelie in mense se lewens maak.
Kom ek lees gou vers 19: “Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.”
Hy is so passievol oor die evangelie en die verkondigings daarvan. Hy is op ‘n missie om mense vir Christus se wen. En hy sal doen wat nodig is.

’n Motiveringspreker het op ’n keer gesê: “There are two kinds of people in this world: those who say “whatever” and those who say, “whatever it takes.”
En hy is reg. Paulus is ‘n “whatever it takes” tipe mens en hy wil ons as MEDE volgelinge van Jesus motiveer om ook so te wees. “Whatever it takes” beteken vir Paulus – hy verkondig die evangelie kosteloos, hy gebruik al sy talente en bronne daarvoor en vir die Jode word ek ‘n Jood, vir die swakkes word ek swak. Vir almal het ek alles geword. Hy doen wat nodig is.

Wat bedoel Paulus met ‘alles vir almal”? Gandhi was ‘n Hindoe. Hy het te doen gehad met Hindoes wat oorlog wou maak teen die Moslems. Toe sê hy vir hulle: “Ek is ’n Moslem, ek is ’n Hindoe, ek is ’n Christen en ek is ’n Jood.”
Net soos Paulus bedoel hy nie hiermee dat hy nou sy geloof gaan prysgee of compromise nie.
Dit gaan daaroor om in iemand anders se skoene te gaan staan. Om langs iemand te gaan staan en hulle te probeer verstaan.

Message vertaling sê dit mooi: “Even though I am free of the demands and expectations of everyone, I have voluntarily become a servant to any and all in order to reach a wide range of people: religious, nonreligious, meticulous moralists, loose-living immoralists, the defeated, the demoralized—whoever. I didn't take on their way of life. I kept my bearings in Christ—but I entered their world and tried to experience things from their point of view. I've become just about every sort of servant there is in my attempts to lead those I meet into a God-saved life.”

Soos iemand gesê het: “One of our great necessities is to learn the art of getting alongside people; and the trouble so often is that we do not even try.”

‘n Ander manier om dit te sê is: Paulus ontmoet mense waar hulle is. Nie waar hy is nie, of waar hy dink hulle moet wees nie. Hy ontmoet hulle waar hulle is.
Daar het ‘n skuif by Paulus gebeur: hy vra nie meer “wat doen jy vir my?” nie. Hy vra nou “wat kan ek vir jou doen?” Dit gaan nou vir hom oor hoe kan hy ander mense bedien?

Ek dink dis belangrik lesse wat ons almal moet leer by Paulus:
  • Hoe passievol is ek oor die evangelie en die vryheid en verlossing wat dit bring vir alle mense. Is dit vir my belangrik dat ander mense di took moet beleef?
  • Hoe kan ek my talente en gawes gebruik ter wille van die evangelie?
  • Watter vooropgestelde idees en vooroordele moet ek laat gaan, sodat ek mense kan ontmoet waar hulle is?
  • Is ek bereid om weg te beweeg van ‘n “bedien my” houding na ‘n “hoe kan ek jou bedien?” houding.
  • Hoe kan ek daar waar ek elke dag my lewe leef mense ontmoet waar hulle is en hulle dien?

Dink gou aan die 5 gawes/talente/bronne wat jy het en wat jy kan gebruik om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak en waarmee jy die gemeente en mense kan dien.

Ons leef in ‘n rooi skoen wêreld wat nodig het om die goeie nuus te hoor. God het ‘n “happily ever after” visie vir hierdie wêreld. Hy wil ons gebruik om dit waar te maak. God se skoen van genade pas aan almal se voete.

Gebed
Here, ek loof U dat ek ’n lid van U liggaam is, maar gee ons asseblief die wysheid om kerk te wees soos U dit wil hê.
Gee ons die genade om genadig teenoor almal te wees.
Ja, gee aan ons die visie van die breedte, lengte, hoogte en diepte van u genade wat ons klein harte sal uitdaag om ander te dien.
Vergroot ons omgee sodat ons die behoeftes van die wêreld sal kan raaksien en hulle kan innooi, sodat daar in die wêreld partytjie gehou sal word oor hoe groot en goed U is.
Kom, o Gees van God, hernu ons lewe.
Amen.

Sunday, January 22, 2012

Preek 22 Jan 2012

Waarde van eenvoud
Matteus 6: 25-33

Ons het 4 waardes identifiseer wat hierdie jaar ons fokus gaan wees: eenvoud, betekenisvolle verhoudings, gestuurdheid en egtheid. Hierdie is waardes wat belangrik is vir ons as individue en as gemeente. Elke kwartaal gaan ons op een van die waardes fokus. Die waarde vir die eerste kwartaal is Eenvoud.

Ek het in die opbou tot kersfees ‘n pamflet van ‘n avontuur en sport winkel gesien. Om jou aan te moedig om hulle produkte as kersgeskenk te koop. Dit het die volgende gesê:
“The time of immaculate consumption is upon us. From a flaming kayak paddle to an indestructible laptop that can pinpoint your exact location on earth, we’ve gathered the hardest, softest, smoothest, and sleekest gear of the year in our annual holiday-swag blowout. PLUS: More gift ideas for everyone on your list, from books and CDs to travel gear.”
Saam met dit was daar ‘n artikel vol resensies van die nuutste gadgets en toerusting vir advontuursporte.
Ek het nogal gehou van die frase “immaculate consumption” want dit beskryf wat van kersfees geword het. Gaan meer oor die beste geskenke en materialisme as oor die boodskap.

Ek dink dit beeld die probleem van ons samelewing nogal goed uit. Ons samelewing is gekompliseerd en skeefgetrek. Ons samelewing maak…
  • Dat ons smag na goed wat ons nie regtig nodig het of regtig geniet nie
  • Dat ons goed koop wat ons nie nodig het nie om mense te beïndruk wat ons nie eers van hou nie.
  • Dat ons te skaam voel om met ‘n ouer kar te ry
  • Dat ons tog net uit die mode moet wees nie
  • Dat ons hebsug en gierigheid sien as ambisie
  • Dat ons mense se belangrikheid meet aan hoeveel hulle produseer en hoeveel hulle verdien en in watter huis hulle bly.

Hierdie gesindheid sluip selfs in die kerk in. Hoe baie keer hoor ons nie dat ‘n suksesvolle kerk is een met 1000de lidmate, ‘n bekende predikant, ‘n indrukwekkende gebou en baie geld, en verskillende programme wat in alle mense se behoeftes vervul. En as daar ‘n indrukwekkende band is en eredienste wat op die TV uitgesaai word – dan is dit ‘n suksesvolle gemeente.    

As Christene word ons geroep om anders te leef, met ander waardes. Daarom is dit goed om so aan die begin van die jaar ‘n slag hieroor na te dink. Wanneer ons almal so beplan en droom oor die jaar. Een van die waardes om oor te dink is die waarde van eenvoud. Waarna verwys dit? Kom ons kyk eers wat dit nie is nie.
‘n Lewe van eenvoud beteken nie ‘n mens moet al jou besittings verkoop nie of dat jy niks moet besit. Dit beteken nie ons moet geld en rykdom afskryf nie. Eenvoud verwys ook nie na ‘n behoefte om arm te wees nie.

“Simplicity does not mean getting rid of all your possessions, but rather integrating them into your life’s purpose” (Mary Gregory).
Eenvoud gaan met ander woorde oor dit wat regtig belangrik is en dit wat jy regtig nodig het. Dis die doelbewuste keuse om nie deur die dinge van hierdie wêreld ingesluk te word nie

Richard Foster beskryf eenvoud as…“an inward reality that results in an outward life-style”. Eenvoud is dus iets wat binne ons begin en dan ‘n effek het op die manier waarop ons lewe.
Dis soos die verskil tussen ‘n termometer en ‘n termostaat.
‘n Termometer meet die temperatuur. Dit het dus nie ‘n invloed op die temperatuur nie – meet dit net. Die temperatuur het ‘n invloed daarop.
‘n Termostaat reguleer die temperatuur. Dit bepaal warm of koud. Dit het ‘n invloed op die temperatuur.
As jy toelaat dat die samelewing jou beinvloed, dan is jy soos ‘n termometer. Jy gaan beinvloed word deur die waardes van die samelewing.  Terwyl die waarde van eenvoud eerder soos ‘n termostaat moet wees – eenvoud wat hier binne jou begin en bepaal hoe jy jou lewe leef.

Dis waarvan ons ook lees in Matteus 6: 25-33

Eenvoud begin hier binne ons – in ons harte en gedagtes. Jesus sê dat ons nie moet worry oor die materiele dinge van die lewe nie – begin eerder deur God se koninkryk te soek. Eenvoud begin wanneer ons die belangrikste dinge eerste stel. En God is die belangrikste. En wanneer ons die belangrikste eerste stel, sal die ander goed ook gebeur, maar dit sal nie die houvas op ons hê wat dit sou gehad het as ons dit eerste gesoek het nie.  God is met ander woorde die termostaat wat binne ons werk en wat bepaal hoe ons ons lewe leef.
Eenvoud gaan nie oor wat ons besit nie, maar deur wie en wat ons besit word. As ons baie besittings nodig het om goed te voel oor onsself en goed te lyk vir ons bure, dan word ons nie deur God bepaal nie, maar deur ons besittings en ons bure. Eenvoud begin wanneer ons die koninkryk van God eerste soek, wanneer ons deur God bepaal word en die res van die goed sal op sy tyd kom. Alles begin by God.

Kom ek verduidelik dit met ‘n beeld: Toe my kinders baie kleiner was was dit altyd ‘n nagmerrie om winkels toe te gaan. Het julle al gesien kinders in ‘n winkel – met hulle een hand hou hulle pa of ma se hand vas, met hulle ander hand gryp hulle goed van die rakke af. Net so werk dit met eenvoud. Terwyl ons elke dag nmet die invloed en die waardes van die samelewing gebombardeer word, moet ons altyd ons ander hand in God se hand hou. En ons moet elke nou en dan opkyk na Hom toe om seker te maak dat ons nog optree volgens Sy wil en waardes vir ons lewe. 

Wat is die effek van eenvoud in ons lewens? As ek dit in een frase moet opsom – dit bring Vryheid.
  • Dit maak dat ek meer op God gefokus is eerder as op dit wat God vir my kan doen.
  • Die maak dat ons optrede en dit wat ons sê meer eerlik is.
  • Die smagting na status en posisie is weg, want jy word nie meer gedefinieer deur jou status en posisie nie.
  • Dit gaan nie meer oor wat jy kan koop, waarmee jy ry, hoe jy lyk en watter selfoon jy het nie – nie omdat jy nie kan bekostig nie, net omdat dit nie meer soveel saak maak nie.
  • Besittings is nie meer iets waaraan jy vasklou nie – dis iets wat jy bereid is om te deel.
  • Die issues van hierdie wêreld soos die ekologie, klimaatsveranderinge en armoede begin ‘n invloed hê op die manier waarop jy jou lewe leef en die keuses wat jy maak.
  • Jy gaan meer vrede, vergenoegheid, tevredenheid en geluk en vryheid beleef.
  • Jy gaan weer leer om die eenvoudige goed van die lewe te geniet, soos tyd met jou gesin en die natuur. 
  • Dit maak dat jy meer tyd het en minder gejaagd en angstig is.

Ook wat die gemeente betref: dit bring meer fokus.
  • Dit gaan nie meer gaan oor die blote najaag van getalle nie, maar oor die invloed en die rol wat ons as gemeente in mense se lewens speel.
  • Dit gaan nie meer oor die bymekaarmaak van geld nie, maar oor wat met die geld gedoen word.
  • Dit gaan nie meer oor ons status in die gemeenskap nie, maar oor diens aan ons gemeenskap.
  • Dit gaan nie meer oor hoe goed die musiek en die prediking is nie en oor hoe fancy die geboue is nie – dit gaan nou meer oor hoe ons vir God en ons gemeenskap met al hierdie goed dien.
  • Dit gaan nie meer oor die hoeveelheid programme ons aanbied nie, maar eerder oor die diepte en die kwaliteit van dit wat ons doen.

Sluit af met ‘n DVD clip wat die beginsel van eenvoud mooi beskryf. Gaan kyk dit gerus by http://www.youtube.com/watch?v=JT49cveoEm4

Sunday, January 15, 2012

Preek 15 Jan 2012

Matteus 14: 22-33

Ons het die vakansie by Porterville gaan kamp. Die kampterrein se naam is Waterval omdat daar ‘n kloof met 22 watervalle op die plaas is. Eintlik 14 watervalle en ‘n paar stroomversnellings. Dis baie mooi daar in die kloof met die watervalle en daar is ‘n staproete wat verby al die watervalle gaan. So het ek en my 2 seuns die een dag die roete gaan stap.  Dis ‘n heel gemaklike stap en die paadjie word duidelik aangedui met geel verfstrepe en pyle. Op ‘n stadium kom ons by ‘n rots waarop 2 geel pyle geteken is – in verskillende rigtings. Die een pyl wys boontoe vir mense wat op stap en die ander wys ondertoe vir mense wat terugkom op die paadjie. Die 2 pyle was nogal vir ons amusant en ons het gewonder of hulle ons wil deurmekaar maak – moet ons op, moet ons af, moet ons op, moet ons af. 
Christiaan sê toe dit laat hom dink aan die blonde grappie – hoe hou jy ‘n blonde vir ‘n paar uur besig? Jy gee vir haar ‘n vel papier waarop jy op albei kante “draai om” geskryf het.

Hierdie hele ervaring het my laat dink – is dit nie hoe ons ook voel so aan die begin van ‘n jaar nie. Aan die een kant is daar mos ‘n klomp goed wat verby is, wat afgehandel is, goed wat ons agter ons moet sit en moet los. Aan die ander is daar ‘n nuwe jaar met nuwe vooruitsigte, en planne en geleenthede wat vir ons wag. Die goed wat ek moet los en die nuwe goed wat voorlê.En dikwels is ons vasgevang tussen die goed – ek huiwer tussen die goed wat ek moet los en my vrese vir die nuwe die goed wat voorlê – en op die ou end kom ek nêrens nie.

Dit het my aan ‘n bekende teksgedeelte laat dink. Matteus 14:22-32
Jesus sê vir sy dissipels hulle moet solank ‘n boot kry en oor die see van Gallilea vaar terwyl hy berg toe gaan om te bid. Terwyl hulle daar op die bootjie is beland hulle in ‘n storm, maar die volgende dag, uit die bloute uit, sien hulle vir Jesus wat na hulle toe aangeloop kom. In vers 26 lees ons dan:
“Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”     

Nadat hulle van die skok herstel het en weer tot hulle sinne gekom het, doen Petrus nogal ‘n waagmoedige ding. Vers 28:
“Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”

Jesus antwoord hom en sê hy moet kom. Vol bravade klim Petrus uit die skuit uit en en begin op die water na Jesus toe loop. Maar op ‘n stadium begin sy moed hom begewe. Hy raak bewus van die sterk wind en die golwe en dit maak hom bang en daar begin hy sink en hy roep uit dat Jesus hom moet red.

Jesus steek toe sy hand uit en gryp vir Petrus en sê vir hom: “kleingelowige, hoekom het jy begin twyfel?
In ander woorde: Hoekom is jou vrese sterker as jou geloof?

Petrus was soos ek en die seuns daar op die berg met die 2 pyle – moet ek vorentoe gaan of moet ek teruggaan, vorentoe of terug, vorentoe of terug – boot of Jesus, boot of Jesus. En toe sink hy.

Wat ons hier sien, is die verskil tussen vrees en geloof. Vrees hou jou terug, vrees maak dat jy nie kan groei nie, vrees maak dat jy stagneer, vrees maak dat jy sink.
Geloof laat jou vorentoe kyk. Geloof maak dat jy geleenthede gebruik. Geloof maak dat jy leer en groei. Geloof maak dat jy vorentoe gaan selfs al lyk dinge onseker en soms moeilik.
Kom ek verduidelik dit met ‘n beeld – balanseer besemstok op my hand. Om die besemstok te balanseer moet ek boontoe kyk, sodat ek kan sien wanneer dit val en daarvoor kan kompenseer. As ek op my hand kyk, gaan die besem val, want ek gaan nie kan sien wanneer dit val nie.
Vrees is om na jou hand te kyk, vrees is om na jouself te kyk, om vasgevang te wees in die dinge wat was en die dinge wat moontlik kan gebeur. Vrees is om die bobbejaan agter die bult te gaan haal.
Geloof is om weg te kyk van jouself af. Geloof is om na Jesus toe op te kyk. Geloof is om Hom te vertrou en spreekwoordelik op die water te loop.

So, hier aan die begin van die jaar wil ek jou uitnooi om oor ‘n paar goed te dink en te bid. Vra die Here om jou met die volgende te help:
  • Sit die goed van die afgelope jaar agter jou. Los dit waar dit hoort – in die verlede.
  • En in 2012 – los nou al jou vrese. Moenie bang wees vir die lewe nie. Moenie bang wees vir trauma nie; krisisse by die werk; konflik; finansiële onsekerheid; mislukking; moenie bang wees vir foute maak nie; moet vir niks bang wees nie.
  • Bevestig jou geloof en vertroue in Jesus. Stel jou lewe in sy hande.

Ek wil afsluit met ‘n laaste stukkie goeie nuus. As jy hierdie jaar met geloof instap en langs die pad raak dit dalk moeilik. Of jy voel onseker. Of slegte dinge gebeur. Of jy begin twyfel. Jy voel of jy begin sink. Dan is die goeie nuus dat jy soos Petrus kan uitroep: “Here, red my!” En dan sal Jesus sy hand uitsteek en jou weer oplig. Soos Hy vir die dissipels gesê het – “wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”



Sunday, December 25, 2011

Preek 25 Des 2011

Kersdiens

Lees Psalm 98: 1-9

Luister na die lied: “Joy to the world” (jy kan daarna kyk en luister by http://www.youtube.com/watch?v=91brmsKeqcQ)

“Joy to the world” is seker een van die bekendste kersliedere in die wêreld. Dit is lied wat geskryf is deur Isaac Watts in 1719.  Hy was ‘n tiener en het gekla dat die kerkmusiek van sy tyd vir hom te boring was. Sy pa het toe vir hom uitgedaag om sy eie liedere te skryf. Hy wou liedere skryf wat vroliker was, wat getrou aan die Bybel was, maar wat ook geskryf is in gewone taal wat die mense kon verstaan. Toe die lied die eerste keer verskyn het was mense glad nie beindruk daarmee nie. Dit was vir hulle te vrolik en sommige het gesê dit was nie na genoeg aan die Bybel nie.

Daar is 2 redes hoekom ons vanoggend by hierdie lied stilstaan: eerstens omdat dit so ‘n bekende lied is en ons dit oral hoor – van kerke tot winkelsentrums. En tweedens omdat dit gebaseer is op Ps 98 – ons teks vir vandag.
Met die lied wou Isaac Watts Ps 98 beklemtoon. Naamlik dat elke deel van die skepping vir God loof en prys. Die hele skepping word opgeroep om saam tot eer van God te juig.

Ek wonder nogal of ons moderne mense nog die vermoë het om God om hierdie manier te loof. Want aan die eenkant is ons lewens so besig en so vol en probeer ons dikwels net oor leef, dat ons sukkel om vir God nog te loof en te prys ook.

Aan die ander kant het die skepping ook vir ons stil geraak. Die lofdruising van die see is vervang met die gedruis van die karre in die spitsverkeer. Die jubelende gekabbel van ‘n rivier is vervang met die gekabbel van vingers op die keyboard van ‘n rekenaar en ‘n selfoon. Die juigende majesteit van die berge is vervang met die beklemmende beton van kantoorgeboue.

Ons moet weer ‘n slag ons geloofsoë en ore oopmaak, sodat ons weer ‘n slag kan sien en hoor hoe God rondom ons deur die skepping geloof en geprys word. Ons moet ‘n slag weer wegkyk van onsself en ons wêreldtjies af en God se grootsheid begin raaksien en Hom loof daarvoor. Ons moet ‘n slag weer wegkyk van die probleme van ons tyd en vir God loof, want Hy is groter as dit alles.   

Aan die begin van die ons diens, het Jalize-hulle ‘n verwerking van “God is hier teenwoordig” gesing. Julle het seker opgelet hoe hulle dit gesing het – dit het eers rustig begin, net met die klavier en stadig maar seker het meer instrumente bygekom, totdat dit lekker sterk en hard was. Amper soos die rippel-effek as jy ‘n klip in ‘n dam gooi. Ons sien dieselfde opbou in Psalm 98.
Eers word net van sing gepraat, dan verander dit na juig en jubel.
Wat die instrumente betref is dit eers net die snaarinstrumente, dan kom die blaasinstrumente by. Die hoogtepunt is wanneer die hele skepping as ‘n magtige koor bykom.
Ook die mense wat die lof moet bring se sirkel word al hoe groter. Eers is dit net die Godsvolk, Israel, wat opgeroep word, dan is dit alle lande en uiteindelik is dit die totale skepping wat God moet loof. 
Hierdie rippel-effek in die psalm bevestig aan ons dat lof aan God veel groter is as net ek en my gemeente. Lof aan God breek grense en skeidings af – grense tussen verskillende mense, grense tussen mense en die skepping. Lof aan God is met ander woorde ook ‘n getuienis – dit gaan nie net oor ons wat lekker saam sing nie – dit ‘n manier om vir die wêreld te wys wat ons glo en in Wie ons glo. 

In vers 9 lees ons: Alles moet Hom loof, “…want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.”
Ons wat NT gelowiges is weet ons hoef nie meer uit te sien dat Hy gaan kom nie. Op kersdag vier ons dat Hy reeds gebore is. Ons het reeds die geskenk ontvang. 

Ek lees in verlede Sondag se Sunday Times ‘n artikel van Barry Ronge. Hy skryf hoe hy in ‘n winkel sentrum loop en sien hoe mense spartel om die laaste kersgeskenke te koop. En dit laat dink hom toe aan die 3 kersgeskenke wat die grootste impak in sy lewe gemaak het.
Hy skryf dat hy van kleins af ‘n boekwurm was – en die boeke wat hy as kersgeskenk gekry het hom na ‘n ander wêreld toe geneem en dit het hom ‘n ongelooflike algemene kennis gegee. Dit het sy wêreld vergroot.
‘n Tweede geskenk wat hy gekry het, was ‘n fiets. Dit het sy wêreld groter gemaak. Ewe skielik kon hy op plekke kom waar hy nie vroeër kon kom nie. Onder andere het dit hom by die bioskoop gebring waar hy sy liefde vir flieks ontdek het – vandag is dit sy werk om flieks te resenseer. Dit het hom onafhanklikheid gegee.
‘n Derde geskenk was ‘n draagbare radio. Skielik het hy nie meer nodig gehad om met sy ma en suster te kompeteer oor watter radio program om te luister nie. Hy kon op sy eie Springbok radio en LM radio luister terwyl hulle radioverhale luister.

Hierdie 3 geskenke het sy lewe verander. Geskenke kan mens se lewe verander. Op kersdag vier ons Jesus se geboorte . Die geskenk wat nie net my en jou lewe verander het nie, maar wat die hele wêreld verander het. Dis die gebeurtenis wat die grootste impak in die geskiedenis van die wêreld gehad het. Ons praat nie verniet van die tyd voor Christus en die tyd na Christus nie.
En daarom - Al wat ons kan doen op hierdie kersdag en elke dag daarna, is om gehoor te gee aan die oproep van Psalm 98:

“Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning.”

Sunday, December 18, 2011

Preek 18 Des 2011

Psalm 28 (read a week prior to Christmas)
Our focus text today is Psalm 89, a complex psalm in the sense that it was written before the fall of David’s kingdom and Israel being taken into captivity by the Babylonians. It proclaims the faithfulness of God, His covenant with David and Davids rule that will last forever…which we know didn’t happen.
But we can read the psalm from a more informed vantage point! We know that, even though the psalmist thought he was referring to David, that his words unknowingly described Jesus’ kingdom: guaranteed life and a rule as solid and lasting as rock.
Psalm 89: 1-4
1983 Afrikaanse vertaling: 2Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. 3Eksê: “U liefde en U trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.” 4U het gesê: “Ek het ’n verbond gesluit met my uitverkorene, Ek het ’n eed gesweer vir my dienaar Dawid: 5 Ek sal vir jou ’n nageslag verseker vir altyd en jou troon in elke geslag laat standhou.” 
The Message: 1-4Your love, God, is my song, and I'll sing it! I'm forever telling everyone how faithful you are. I'll never quit telling the story of your love - how you built the cosmos and guaranteed everything in it. Your love has always been our lives' foundation, your fidelity has been the roof over our world. You once said:"I joined forces with my chosen leader, I pledged my word to my servant, David, saying, 'Everyone descending from you is guaranteed life; I'll make your rule as solid and lasting as rock'"  
·        The psalmist sings of the faithfulness of the Lord and God’s covenant with David…
·        These words were written for an earthly king, but they unknowingly anticipated another King to come…
·        The birth of Jesus – Immanuel, God with us – is the manifestation of God’s faithfulness and covenant…
·        In the birth of the King we truly see the unbreakable nature of God’s covenant of love…
As we prepare to celebrate the birth of this King (Jesus) and the faithfulness of God next Sunday, I want to share with you a special bit of background that was lost through translation and lack of background knowledge… In order to do this, I have to take you on a little trip through the Bible and trace the steps that will allow us to rediscover a beautiful, but long-lost ritual for this Christmas: the element of salt in God’s covenant.
Leviticus 2:13
Leviticus is the first and most ancient guidelines of how God’s people are meant to live their lives. It quite clearly connects God’s covenant with salt.
The New International Version contains a standard translation: Season all your grain offerings with salt. Do not leave the salt of the covenant of your God out of your grain offerings; add salt to all your offerings.
·        In the Amplified Bible the salt remains: (don’t) allow the salt of the covenant of your God to be lacking from your offering…
·        But in the New Living Translation the salt is substituted by “eternal”: Season all your grain offerings with salt to remind you of God’s eternal covenant…
·        1953 vertaling vertaal die gedeelte en behou die verwysing na sout: En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
·        Maar in die 1983 vertaling word die verwysing na sout anders vertaal: Gooi sout by al jou graanoffers. Die sout herinner aan die verbond met jou God; moenie dat dit in jou graanoffers ontbreek nie. Bied sout aan op al jou graanoffers.
2 Chronicles 13: 5 / 2 Kronieke 13: 5
The next reference to the salt of the covenant or salt covenant is in 2 Chronicles 13: 5, where it is directly linked to the covenant between God and David that we read about in Psalm 89.
Again, the New International Version provides a baseline translation: There was war between Abijah and Jeroboam. 3Abijah went into battle with an army of four hundred thousand able fighting men, and Jeroboam drew up a battle line against him with eight hundred thousand able troops. 4Abijah stood on Mount Zemaraim, in the hill country of Ephraim, and said, “Jeroboam and all Israel, listen to me! 5Don’t you know that the LORD, the God of Israel, has given the kingship of Israel to David and his descendants forever by a covenant of salt?
·        In the Amplified Bible the salt remains: …the Lord, the God of Israel, gave the kingship over Israel to David forever, even to him and to his sons by a covenant of salt?
·        But in the New Living Translation the translation captures the meaning of the salt, rather than refer to the salt itself: God of Israel made a lasting covenant with David…
·        In die 1953 vertaling lees ons van die soutverbond: Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as ’n soutverbond nie?
·        Maar in die 1983 vertaling word die betekenis van die sout eerder as die sout sélf vertaal: Julle weet tog dat die Here die God van Israel die koningskap oor Israel vir altyd aan Dawid en sy nageslag gegee het. Dit is 'n onverbreekbare verbond.
What is the meaning of the “covenant of salt”?
These people lived in the desert where it was hot and dry. They had no electricity, no cool-box with ice and no fridge to keep their food from rotting. Salt was used to preserve food and prevent its decomposition. It was an extremely important element of survival.
Therefore, due to its fundamental value, it became the symbol of anything that lasted, such as lasting relationships and friendships. To this day, the Arabs pay respect to one another with bread and salt. Eating salt together is part of their hospitality practices.
The salt of the covenant of God
For this reason, from the very beginning, salt was integral to how Israel lived within the covenant with God. As we read in Leviticus, every single offering was to be accompanied by salt. Salt was the one symbol which was never absent from the altar! Salt was the symbol of the imperishableness of the love of Yahweh for His people. Salt was the symbol that God’s promises are lasting, that God’s covenant will endure forever and that God’s faithfulness will continue indefinitely.
God’s covenant, therefore – with Abraham and David; fulfilled in Jesus - was a covenant of salt: eternal and unbreakable! Flowing from God’s covenant of salt, God’s people shared covenants of salt with each other: at weddings; when friends gathered and at family gatherings. At these occasions they ate salt together; they celebrated the salt covenant!
So, this Christmas…
Let us keep perspective! This celebration is not about presents, lights, tinsel, fake snow or Santa Clause! This day is a celebration of God’s covenant of salt, going back thousands of years! God’s faithfulness and the unbreakable nature of His covenant and promises manifest itself in the birth of Christ…! Jesus is “God with us”; “God for us”.
So, during this time of love, peace and goodwill…share a covenant of salt as couples, friends and family… Let us reawaken the ancient ritual and share in a sacred rite that connects us to the very roots of our faith. Eating salt together celebrates God’s covenant with us – and provides the foundation for lasting relationships with one another.

Sunday, November 27, 2011

Preek 27 Nov 2011

Kerssangdiens
“Lig vir die wêreld”

Kersfees is ‘n tyd wanneer ons vir mekaar geskenke gee. Hoekom gee ons geskenke?
Ons gee vir mekaar geskenke om te gedenk die geskenk wat God vir ons gegee. Jesus was God se geskenk aan ons. Hy het Jesus vir ons gegee omdat Hy ons ongelooflik liefhet. Hy het gesien dat die wêreld deurmekaar is en toe gee Hy sy seun om vir ons te wys hoe om die wêreld ‘n beter plek te maak.

Hier voor by die kersboom is daar ook ‘n geskenk – sal een van die kinders gou die geskenk kom oopmaak. Haal kers uit en steek dit aan.

In Johannes 8: 12 lees ons: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie my volg sal nooit in duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Jesus noem homself die lig vir die wêreld. In die Bybelse tyd was lig baie belangrik. Die mense het nie Eskom krag gehad nie – hulle kon nie net ‘n skakelaar druk en die lig gaan aan nie. Hulle het olielampies gebruik. Wanneer dit donker word, dan het hulle die lampies aangesteek en dan kon hulle  sien wat hulle doen in die huis.  Die mense was bang vir die donker – want dit was in die donker wat al die slegte goed gebeur het. Wanneer hulle die lampie aangesteek het, dan het die lig hulle veilig laat voel. Die lampies het ook mense bymekaar gebring. Omdat die mense bang was vir dit wat in die donker kan gebeur het hulle om die lampies gesit.

So, wanneer Jesus sê Hy is die Lig wat vir die wêreld gebore is, dan is dit dieselfde as die betekenis wat hierdie lampies vir die mense gehad het.

Net soos die lampies het Jesus, die Lig, gekom om die donker in ons weg te vat.
Ander woord vir die donker – ons sondes. Hy kom verlos ons van ons sondes. Hy laat sy lig in ons skyn, sodat ons vry kan wees. Sodat ons lig kan leef. Sodat ons met vrede kan leef.

Net soos die lampies laat Jesus se lig ons ook veilig voel.
‘n Kort storie om dit te verduidelik.  Dis van ‘n klein seuntjie wat saam met sy oupa in die berge gaan stap het. Toe hulle so end gestap tussen die rotse en die bome deur toe vra die oupa vir die seuntjie: “Weet jy waar ons is?” en die seuntjie antwoord: “nee”.
En die oupa vra: “weet jy waarheen ons oppad is?” en die seuntjie antwoord weer: “nee, ek weet nie.”
En die oupa glimlag en sê: “so, wat jy vir my sê is dat ons verdwaal is.”
En die seuntjie kyk op na sy oupa en sê: “nee, ek is nie verdwaal nie, ek is saam met jou”
Jesus, die lig vir die wêreld, is altyd daar om vir ons rigting te gee en ons veilig te laat voel.

Net soos die lampies bring Jesus se lig mense bymekaar.
Sy lig maak dat ons mekaar kan vergewe. Dat ons saam met mekaar ‘n pad kan stap al verskil ons van mekaar en dink ons verskillend en lyk ons verskillend. Hy sê nêrens dat ons  almal eenders moet wees nie, maar met sy lig in ons, kan ons wel lief wees vir mekaar, eensgesind wees en aanvaardend wees.

Wanneer Jesus se lig in ons laat skyn - Dan gee hy ook vir ons ‘n opdrag: ons moet sy lig laat skyn in die wêreld.
Matteus 5:13-16 "Here's another way to put it: You're here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We're going public with this, as public as a city on a hill. If I make you light-bearers, you don't think I'm going to hide you under a bucket, do you? I'm putting you on a light stand. Now that I've put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you'll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.


Sunday, November 20, 2011

Preek 20 Nov 2011

Mites wat ons lewe ingewikkeld maak
Jy sal oes wat jy saai

Vandag kom ons aan die einde van die kort preekreeks oor mites wat die lewe ingewikkeld maak. Eerste Sondag het ons gekyk na die mite dat God ‘n bloudruk plan of doel met my lewe het – dis eerder ‘n holistiese, groter prentjie plan. Verlede week het ons gepraat oor die mite dat die wiel draai – of dan karma teenoor genade. Vandag sluit ons af met die tema, “jy sal oes wat jy saai” of in ander woorde “wat jy insit, kry jy uit”. ‘n Ander naam daarvoor is ook “voorspoedsteologie” – dis ‘n gelowige se reg om voorspoedig te wees. Deur ons geloof is ons geregtig op sukses, voorspoed, rykdom en gesondheid.

Kom ons lees gou 2 tekste wat gebruik word vir hierdie beginsel:
Maleagi 3:10 “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie”.
2 Kor 9:6 “Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes”

Die idee wat hieruit afgelei word sê: as ek die regte goed doen, dan sal dinge vir my uitwerk en as ek die verkeerde goed doen, wel, dan gaan dit nie uitwerk nie. As ek bid, as ek my tiende betaal, as ek my beste doen vir ander mense, as ek hard genoeg glo, as ek gereeld vas – dan sal my lewe goed uitwerk en sal ek suksesvol wees.

Daar is egter baie verhale in die Bybel, en ek dink ons almal het ook al ervarings gehad wat wys dat dit nie altyd so werk nie. Een of ander tyd loop mens jou vas met hierdie tipe geloof. Een of ander tyd gaan dinge nie so goed uitwerk nie en dan veroorsaak dit ‘n geloofskrisis, want ek het dan alles reggedoen.
Dis dan wanneer sommige mense mos sê – jy het nie genoeg gebid nie, of nie genoeg gevas nie, of jy het nie hard genoeg geglo, dis omdat jy nie jou tiende gegee het nie. Dis hoekom dit nie uitwerk nie.

Daar is ‘n goeie voorbeeld daarvan in die Bybel – Psalm 73. In die Psalm lees ons van Asaf wat in ‘n geloofskrisis beland, want hy kyk na die mense om hom. Hy sien mense wat die verkeerde dinge doen, mense wat nie in God glo nie, hulle is oneerlik in hulle besigheid, hulle behandel mense met geen respek nie, en kyk hoe gaan dit met hulle. Hulle is ryk, hulle kinders is gesond. Dis mos nie fair nie, want ek doen al die regte goed en ek behandel mense goed, ek vermy die kwaad, maar dinge wil nie vir my uitwerk nie. So wat help dit dan om die Here te dien?

Daar is ‘n paar probleme onderliggend aan die idee “jy sal oes wat jy saai” of “uitkry wat jy insit”.

Eerstens sê jy daarmee – “ek is in beheer”.
Wat ek insit, is wat ek sal uitkry. Ek bepaal die uitkoms. Dit hang van my af. Hoe harder ek probeer hoe beter gaan dit met my gaan.
Dis soos ‘n masjien – ek gooi petrol in, ek gooi olie in sodat hy mooi glad loop. En as daar iets breek dan vervang ek die stukkende onderdeel met ‘n nuwe een, sodat hy weer reg is en mooi loop. Ek is in beheer van die masjien.  
Dis mos hoe baie mense na geloof ook kyk. Ek moet sekere goed doen om God se guns te wen sodat Hy my sal seën. Ek gooi die olie en petrol in. En as jy dan sukses behaal, dan is dit ek en die goed wat ek reg gedoen het wat uitgelig word. Die ander kant van die munt is dat as dit dan nie met my goed gaan nie – dan moet ek net harder probeer en harder glo, of meer bid, of meer geld gee.

Dis wat die volk in Jesaja se tyd ook gedoen het. Hulle het God se guns probeer wen en Hom tevrede probeer hou met die nakoming van godsdienstige wette en die godsdientige feeste.
Hoor net wat God via Jesaja toe aan die volk laat weet het:
 Jesaja 1:12-14 “Wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie…julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir my ‘n las, Ek is moeg daarvoor.”
Hulle het teveel op die feeste en wette gefokus en te min op God.

Ons moenie altyd probeer om so in beheer te wees nie. Ons kan nie vir God probeer beïndruk nie. Ons moet leer – alles is ‘n gawe van God. Ek ontvang dit uit Sy hand. Hy gee vir my talente wat ek moet gebruik en waarmee ek hard moet gaan werk. Alles is genade en ons wil heeltemal teveel daarvan vir onsself toe-eien.
Dis soos Koos du Plessis sing in sy Gebed:
Hy het baie dinge probeer en toe het hy ontdek:  “Wat ek is, is net genade; Wat ek het, is net geleen”

Gebaseer op ‘n skeefgetrekte beeld van God
Kom ek verduidelik dit met ‘n storie. Gedurende die Tweede wêreldoorlog was die mense van die Suidsee eilande vir die eerste keer blootgestel aan die modern wêreld toe die Amerikaanse soldate daar geland het. Voor dit het hulle nog op baie tradisionele maniere geleef. Die Amerikaanse weermag het die eilande as tydelike basisse gebruik. Hulle sou daar land, die vrag aflaai en dan weer vertrek. Vir die eerste keer is die mense blootgestel aan goed soos sigaretaanstekers waarmee jy dadelik kon vuurmaak, stootskrapers waarmee hulle bome kon platstoot om ‘n landingstrook te maak, jeeps, modern wapens, radios, yskaste en dies meer. Die mense was gefasineerd met hierdie vragte wat afgelaai is en hulle gevolgtrekking was dat die mans wat die vragte gebring het moet gode wees.

Die mite dat jy “sal oes wat jy saai” sien vir God soos wat die mense van die Suidsee-eilande die mans op die vliegtuie gesien. Jy sien vir God as die een wat net die vragte moet kom aflaai. As ek al die regte goed doen, dan moet God jou mos seën met die goeie vragte – die vragte van gesondheid, en sukses, en voorspoed en geluk. 

Die sanger Mary J. Blige het gesê: “My God is a God who wants me to have things. He wants me to bling. He wants me to be the hottest thing on the block. I don t know what kind of God the rest of y’all are serving, but the God I serve says, ‘Mary, you need to be the hottest thing this year, and I’m gonna make sure you re doing that’.”

As dit my siening van God is, dan is ek besig om vir God te verander om by my aan te pas, in plaas daarvan dat ek vir God toelaat om my te verander. God is nie daar om my te verheerlik nie – ons word geroep om Hom te verheerlik.

En dan laastens – die mite van “oes wat jy saai” dui op onvergenoegdheid.
Onvergenoegdheid beteken ek sukkel om tevrede en dankbaar te wees. Ek wil weer lees wat Koos du Plessis gesing het “Wat ek is, is net genade; Wat ek het, is net geleen”
‘n Dankbare en tevrede mens is iemand wat verstaan dat alles net genade is.

As ek gou kan teruggaan na die twee teksgedeeltes wat ek aan die begin gelees het – Maleagi 3:10 en 2 Korintiers 9:6.
As jy die 2 tekste net so uitlig dan gaan dit gebruik kan word om die gedagte van wat jy “saai sal jy oes” te regverdig. Mens sou dit maklik kon interpreteer as tekste waarmee ons vir God kan manipuleer om Sy seën te kry. Dis nie wat die tekste wil sê nie.

As ons bietjie dieper gaan kyk, dan sal jy sien dat albei die tekste word geskryf in die konteks van dankbaarheid. Om iets te gee, of dit nou geld, of my tyd, of my gebede is, is nie ‘n saketransaksie om iets van die Here te kry nie. Mense wat aan Hom behoort weet dat alles wat hulle het en is, is as gevolg van sy genade en daarom gee jy omdat jy dankbaar is daarvoor. En ja, mens kry iets terug in die proses, maar dis nie iets waarop jy kan aanspraak maak of kan verwag nie, dis ‘n bonus, dis maar net iets waarvoor jy kan dankie sê.
Soos Paulus skryf in 1 Timoteus 6: 6-7 “Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.”

Wil afsluit met ‘n paar vrae:
  • Probeer ek teveel om in beheer van my eie lewe te wees? Wat is daar wat ek moet oorgee aan God? Wat moet ek opgee?
  • Wat is my beeld van God? Sien ek vir God as die een wat aan my moet voorsien? Wat die vragte moet aflaai? Of sien ek Hom as die genadige God, die een wat ek moet verheerlik deur my lewe? Die een wat my wil verander?
  • Is ek iemand wat besef dat alles net genade is en dat ek daarom met ‘n dankbare hart moet leef? Dat ek moet gee uit dankbaarheid, nie omdat ek iets terug verwag nie.