Die liefde is onselfsugtig
1 Korintiers 13: 4, 5
Ons praat oor die
verskillende gestaltes van Agape-liefde. Ons het al gepraat oor agape-liefde
wat geduldig en vriendelik is. Liefde wat saam met die waarheid loop. Verlede
week het gegaan oor liefde wat vergewe. Vandag praat ons oor Agape-liefde wat
onselfsugtig is.
Dis vir my nogal gepas
dat ons op Moedersdag praat oor die liefde wat onselfsugtig is. Ek dink ‘n ma
is die beste voorbeeld van onselfsugtigheid.
“The
natural state of motherhood is unselfishness. When you become a mother, you are
no longer the center of your own universe. You relinquish that position to your
children.”
(Jessica
Lange)
1
Kor 13:4, 5 “Die
liefde…is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie…
soek nie sy eie belang nie…
“Die liefde is…om ander
mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge
het wat jy nie het nie; om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie; om
nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie;...om nie net
heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie;” (Die Boodskap)
Al die goed wat ons in
hierdie teks lees - nie afgunstig nie, nie grootpraterig nie, nie verwaand nie,
soek nie eie belang nie – is eienskappe van liefde wat onselfsugtig is. So ek
wil so vining iets oor elkeen van hulle sê.
Is
nie afgunstig nie
Wanneer kinders klein
is, dan sukkel hulle mos om te deel. Hulle wil tog net nie hê hulle maatjies
moet met hulle speelgoed speel nie – myne, myne, myne. As hulle ouer word, dan moet jy tog net seker
maak jy behandel albei dieselfde, gee vir altwee dieselfde goed sodat die een
nie veronreg voel nie.
By volwassenes sien mens
dit ook, net op ‘n ander manier – wanneer iemand bo jou gekies word vir ‘n
bevordering. Wanneer iemand meer geld verdien, of ‘n nuwe kar koop. Mense is
afgunstig of jaloers teenoor mekaar. Iemand anders moet tog net nie beter wees
as ek of meer hê as ek nie.
Daar is 2 soorte afguns:
die een soort is wanneer mense ander mense se besittings begeer. Maar die ander
soort is veel erger en gevaarliker. Dis wanneer jy nie kan verdra dat ander
mense dinge het of prestasies bereik wat jy nie het nie. Jy wens dus nie die
dinge soseer vir jouself nie, jy wens dat die ander persoon dit nie het nie. Jy
kan dit nie net gun vir die ander persoon en saam met hulle bly wees nie – jy
wens hulle het dit glad nie.
FB Meyer was die
predikant van die Westminster Chapel in London. Dit was in dieselfde omgewing
as die Christ Church waar Cambell Morgan die predikant was en die Metropolitan
Chapel waar Charles Spurgeon die predikant was. Hulle was albei baie bekende
predikers so hulle het groot skares getrek. FB Meyer was dikwels gepla deur
gevoelens van afguns en jaloesie. Hy vertel dat hy eers vrede gekry het toe hy
begin het om vir sy kollegas te bid. Hy getuig:
“When I prayed for their success, the result was that God filled their
churches so full that the overflow filled mine, and it has been full ever
since.”
Ons gaan net vrede kan
kry as ons wegbeweeg van ‘n Ek-fokus, na ‘n Jy-fokus. Wanneer ek nie meer
afgunstig is op ander mense nie, maar ander mense goeie dinge kan gun.
Is
nie grootpratering nie
Mac Davis het ‘n liedjie
geskryf: “O, Lord, it’s hard to be humble”. Die koor gaan so:
Oh Lord it's hard to be
humble when you're perfect in every way.
I can't wait to look in
the mirror 'cos I get better looking each day
to know me is to love me
I must be a hell of a man.
O Lord it's hard to be
humble but I'm doing the best that I can.
“Come over here and sit
next to me, I’m dying to tell you all about myself.” (Oscar Wilde)
Grootpraterige mense is
selfversekerde mense wat teveel van hulleself dink. Dis mense wat soms God wil
speel en ander mense se lewens wil beheer. Dis mense wat al die antwoorde het
en dit baie maklik en met baie selfvertroue met almal wil deel. In Engels is
daar ‘n mooi word daarvoor om so iemand te beskryf: “self righteous” (selfvoldaan)
Petrus was ‘n goeie
voorbeeld hiervan. Hy was baie grootpraterig en selfversekerd oor sy geloof…en
toe kraai die haan drie keer. En daarna was hy baie nederiger.
“Be humble; you will
like yourself that way and so will other people.”
Is
nie verwaand nie
Dit sluit aan by die
vorige punt.
Onthou julle vir Tom
Selleck, wat in die 80’s die hoofrol gespeel het in die TV reeks Magnum PI. Hy
was op daardie stadium die hoogs betaalde akteur op TV.
Hy vertel: “Wanneer ek
al te vol van myself raak, onthou ek die vriendelike, bejaarde paartjie wat in
'n straat in Honolulu met ’n kamera na my toe aangeloop gekom het. Toe ek gaan
staan dat hulle my kan afneem, sê die man: ‘Nee, nee, ons wil hê jy moet óns
afneem.”
Romeine 12: 16 sê: “
Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges.”
Soek
nie sy eie belang nie
Mense wat die hele tyd
hulle eie belang soek is soos passers – alles draai net om hulleself. Dis soos
die broer en suster wat saam op ‘n hobbelperdjie( rocking horse) gery het
totdat die boetie later vir sy sussie sê: “as een van ons nou van hierdie
perdjie afklim, dan is daar meer plek vir my”.
Wanneer ek besef dat
dinge nie net oor my belange gaan nie – dan kan ek ophou worry oor wat ander
mense van my dink. Dan hoef ek nie altyd die laaste woord te probeer inkry nie.
Dan is dit nie belangrik dat almal dinge moet sien en moet doen soos wat ek dit
wil hê nie. Dan besef ek ook, die wêreld skuld my niks.
Agape-liefde weet daar
is meer in hierdie lewe as ekself en my eie belange en behoeftes. Dit neem ook
ander se belange ernstig.
Soos ek aan die begin
gesê het – die 4 goed is eienskappe van die liefde wat onselfsugtig is. As dus
net kan opsom: liefde wat onselfsugtig is - is nie afgunstig nie, maar gun
mense goeie goed; is nie grootpraterig en verwaand nie, maar nederig en minder
selfversekerd en selfvoldaan; soek nie net my eie belang nie, maar ook die van
ander.
No comments:
Post a Comment