VAKATURE :: AMBASSADEUR : DOEN AANSOEK HIER
BINNE!!
SONDAG 18 AUGUSTUS 2012
----------------------------------------------------------------------
Kom ons stap vanoggend eers so’n ’n paar treë terug :: Die gemeente
streef in die jaar na vier waardes : Eenvoud
// Betekenisvolle verhoudings // Gestuurdheid // Egtheid!
Die kwartaal fokus ons op GESTUUR DEUR DIE VADER : Met die temas :: *** Die
HART van God >> Dis mos waar alles begin :: God se hart
is genadig, oop en vol liefde en Hy wil alle mense na Hom toe trek en by Hom
hê. En die uitdaging dat ons soos die vader moet wees, want Hy stuur ons om uit
reik na mense en hulle nader te trek en deel te maak van sy familie. *** Gestuur deur die Vader >> Jesus wat sê: “Soos die Vader my
gestuur het, stuur ek julle ook”. Met
die uitdaging om te GAAN en soos ‘n vuurtoring te wees wie se lig helder skyn : En nie soos The Hill vuurtoring nie , wat mooi lyk, maar ‘n museum met geen lig
nie. *** Waar ons lewe, werk en speel >>
MENSE Jy en Ek en
Ons :: Wat LEWENDE STENE is : Wat waar ons werk en speel en woon en elke
dagbesig is, KERK moet wees en DAAR ’n verskil moet maak!!
En dis met vandag se tema in gedagte :: AMBASSADEURS vir Christus, dat ek moet
bekend maak // Dat ek publiek kan gaan
daarmee :: VAKATURE :: AMBASSADEUR
:: DOEN AANSOEK BINNE!! KANTNOTA
:: Maar iets wat jy DADELIK moet
weet voordat jy aansoek doen :: Jy
gaan HARD moet werk :: Jy gaan ALLES moet uithaal!! Jy gaan jou BESTE moet gee!! Om
HARD te werk is geen grap nie :: Dis nie
vir sissies nie!! Hoe voel jy na ’n
dag se ploeg en plant tot laat-aand??
** Na ’n dag se harde werk op
kantoor en dan deur die stringe verkeer terug huis toe! ** Na
’n Saterdag se geswoeg in die tuin!
SKRIFLESING :: Luk 3
: 4-6 en Mark 1 :: 2-5 capita selecta
>> In daardie tyd het die Woord van die Here tot
Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom. Hy het deur die hele
Jordaanstreek gegaan en verkondig ::
BEKEER JULLE EN LAAT JULLE DOOP! EN GOD SAL
JULLE SONDES VERGEWE! So skryf Jesaja
>> Iemand roepin die woestyn ::
Kyk! ’n Boodskapper sal voor jou uitgaan. Hy sal die pad vir jou regmaak! Hy
maak die pad vir die Here gereed! Elke kloof moet opgevul word en elke berg en
bult moet platgemaak word Die krom paaie
moet reguit en die ruwe paaie gelyk gemaak word. So het Johannes die Doper in die woestyn
opgetree. En al die inwoners van die
landstreek Judea en Jerusalem het na hom gestroom. Hulle het hulle sondes bely
en hy het hulle in die Jordaan rivier gedoop!
PADBOUERS Dis
soos met padbouers : Padbouers werk hard!!
** Johannes was so ’n Padbouer
::Johannes kry die OPDRAG :: Maak die pad vir My reguit! Maak die paaie vir My
gereed!!
** Dis ’n omvangryke taak en
verantwoordelikheid :: Dis ’n LYWIGE pligstaat
:: >> Moes die pad vir Jesus voorberei en gelyk
maak!! >> Moes mense vertel dat die Koninkryk van God
NABY hulle gekom het! >> Moes mense OPROEP om die Rooi Tapyt voor Hom
uit te rol! >> Moes die mense uitnooi na die Koninklike
besoek van Jesus! >> Moes die mense UITDAAG om hulle lewens
VOLTYDS tot Jesus se beskikking te stel!!!
HOOGTEPUNT >> Die HOOGTEPUNT vir enige padbouer is as die pad KLAAR is : As die lint geknip word :: As die pad
oopgestel word :: Gereed om gebruik te word!
So ook vir Johannes :: Johannes het sy werk voltooi met die DOOP
van Jesus :: Een oggend vroeg in die Jordaan rivier : Net buite Betanië : Met die verklaring :: **
Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! ** Hy
gaan julle doop met die Heilige Gees!
** Bekeer julle!! **
Gooi die rooi tapyt voor Hom uit!!
** Kom na Sy koninklike
besoek!! ** Kom werk VOLTYDS vir Hom!! **
VAKATURE :: DOEN AANSOEK BINNE!!!
INSTANDHOUDING STEEDS NODIG : Johannes het inderdaad die pad klaar gebou
:: Maar dit moet nogsteeds INSTAND gehou word // ONDERHOU word!! >>
En daarvoor het God MENSE nodig ::
Jy en Ek en Ons!!! Veral ook vir JOU!! >>
Jy moet OOK kom HELP om die pad vir die Koninkryk GELYK en REGUIT te
hou :: Sodat ander mense OOK die pad kan vind!! JY moet vir hulle gaan vertel van JOU
Koning wat ’n NUWE PAD gebring
het wat tot reg in die hemel strek!!
>> En jy mag nie nalaat
om te sê dat daar vir ELKEEN ’n
plekkie op hierdie NUWE PAD is nie!!
En dis waar die VAKATURE vir ’n AMBASSADEUR vandaan kom :: >>
Sien jy kans om te help jy met die INSTANDHOUDING?? Is jy GEREED om jou deel vir die saak van die
Here te doen ?? >> Sien jy kans om as VERTEENWOORDIGER / AMBASSADEUR / GESANT // VLAGDRAER van Jesus, soos Johannes, HARD
te gaan werk // Lang ure te gaan werk ::
Om die boodskap van VERSOENING
aan mense te bring :: Te gaan vertel dat Jesus hierdie wêreld
waarin jy en ek leef, met HOMSELF versoen het deur Sy seun, Jesus Christus ::
Dat Hy daarom die mense nie meer hulle sondes wil toereken nie :: Dat iemand
wat aan Jesus Christus behoort, ’n NUWE mens is : Nuut gemaak in Jesus
Christus!
Paulus vra so mooi :: 2 Kor 5 : 20 >>
Wil jy nie ASSEBLIEF vanoggend Sy aanbod
AANVAAR nie?? Jy hoef EINTLIK nie eers
AANSOEK te doen nie!! Jy kan maar net kom aanmeld!! Wil jy nie ASSEBLIEF die aanstelling as
Voltydse Werker :: AMBASSADEUR in Jesus
se diens aanvaar nie!! ** Of is die werk darem net TE eenvoudig vir
jou? **
Is die vergoeding darem net TE min vir jou? ** Is
die OPOFFERING darem net TE groot vir jou?
** Moet jy darem net TE veel
dinge prysgee? >> Of
voel jy dalk dat ander Christene nou maar hulle deel kan doen – Dat jy nou jou
deel afgehandel het?? >> Is jy na ’n lang dag se werk, net TE moeg om
nog vir ’n siek persoon te gaan bid / te gaan bemoedig :: Om ’n eensame mens te gaan besoek en op te
beur?
Weet jy wat :: As
jy nie AANSOEK doen nie :: As jy nie die aanstelling AANVAAR nie:: As jy jou
nie kom AANMELD nie, gaan baie mense rondom
jou NIE die padaanwysings vind nie :: Heentemal verdwaal :: Die pad heentemal
mis :: Verby ry :: Die vereerde pad vat
:: En in die ewige verdoemenis
eindig!!! >>>> Laat my nogals dink aan Paulus in 1 Kor 9 :
16 >> Ek kan nie ANDERS as om mense van Jesus te vertel nie! Dit is waarvoor ek
leef omdat God dit van my verwag. Ek
weet nie wat met my sal gebeur as ek dit NIE doen nie!!!
>>>
En Maria in Luk 1 :
38 :: Jonk en Onervare :: Maar toe die Here haar roep, skuif sy haar drome ager
God se wil in : Antwoord sy sonder om te skroom Ek is die Here se dienares en gewillig om
te aanvaar WAT Hy ookal wil hê!
Die Here MAAK STAAT
op jou en my om hierdie pad vir Hom GEREED te HOU : Om hierdie boodskap van
Versoening te bring en te leef : Jesus GEBRUIK jou :: Werk DEUR jou in die
harte van mense :: Gebruik jou TALENTE
om ’n VERSKIL in hierdie wêreld te maak ::
Deur jou gebeur WONDERWERKE in hierdie wêreld van ons :: En dan LEEF ons soos Jesus geleef het!!
’n Mooi gediggie van Beatrice Cleland
wat alles mooi saamvat :: Not merely
by the words you say, Not only in your
deeds confessed, But in the unconscious way, Is God expressed. Is it a beautiful smile? A holy light upon your brow? Oh, no – I felt His presence while You
laughed just now. For me ‘twas not the
truth you taught, To you so clear, to me still dim. But when you came to me you
brought A sense of Him.
And from your eyes He beckons me, And from your
heart His love is shed, Till I lose sight of you, and see The Christ instead!
Breekbaar. Hanteer versigtig. Nou die dag hoor ek hoe iemand vir werkers sê wat ‘n
swaar houer dra dat hulle versigtig moet wees, want dis breekbare goedere. Op
baie houers staan die woord “Breekbaar” geskryf. Of iets soos: “Hanteer
versigtig.” Sulke woorde kom wie weet hoeveel keer voor op lewelose houers,
maar nooit op lewende mense nie Toe wonder ek hoekom ons dit nie ook van mense
sê nie?. Mense is ewe broos en breekbaar. O ja, en oneindig meer werd as al
daardie kosbare items wat in breekbare houers verpak word en wat versigtig
rondgedra moet word.
Slegte dinge soos misdaad, siekte,
werkloosheid, of verhoudings wat op die rotse geloop het beskadig mense. Daarom
dat die Here ons ook aan mekaar gegee het om mekaar te help heel word. Ons moet
diegene naby aan ons se wonde verbind en die laste saggies van hulle skouers
help aftel as hulle seerkry. Ons moet veilige skuilplekke wees vir vriende en
vreemdelinge tegelyk. Stukkendes moet in ons teenwoordigheid ontdek dat iemand
daardie plakker op hulle lewe raakgesien het wat sê: “Breekbaar. Hanteer
versigtig.” Boonop moet hulle beleef dat ons dit ook op verskillende maniere in
die Heer se Naam doen. DIS WAT
AMBASSADEURS DOEN!!
TYD VIR
STILWORD EN UITDAGING AANVAAR-TYD .....!
Ek glo met my hele
hart dat U my in hierdie dag KRAGDADIG gaan gebruik en DEUR my gaan werk!
No comments:
Post a Comment