2 Tessalonisense 3: 6-13
Verlede week het Jalize
vertel van die wederkoms en die einde van die wêreld. Sy het vertel hoe baie
voorspelling daar al was oor wanneer dit gaan gebeur en vir wanneer dit nog
gaan gebeur. Ek wil begin deur vir julle te vertel van een van hierdie
voorspellings en mense se reaksie daarop.
Harold Camping – hy was
die president van Family Radio in California. Hy was self ook ‘n omroeper by
die radio stasie. Hy is waarskynlik meer bekend daarvoor dat hy op grond van
allerhande berekeninge die wederkoms en einde van die wêreld voorspel het vir
21 Mei 2011. Toe dit nie gebeur het nie, het hy die datum aangeskuif na 21
Oktober 2011, waarna hy maar eerder afgetree het.
Sy voorspelling het ‘n
klomp mense op hol gehad en hulle het ekstreme goed gedoen. Ek wil gou vir
julle ‘n artikel lees wat gaan oor die goed wat mense gedoen het. Dit het op 23
Mei 2011 verskyn in The Examiner. Twee dae nadat die wederkoms moes gebeur het.
The Examiner: May 23,
2011
May
21st has come and gone, and the biblical Rapture event did not come. For tens
of thousands, if not millions of followers of Harold Campings timeline for the
coming of Jesus to get his bride, the aftermath of economic choices made
leading up to the prophetic date now stands squarely in front of them.
For
many people who accepted and chose to be a part of Harold Camping and Family
Radio's call to warn the world of impending doomsday, their actions stemmed
from simple spoken warnings to friends, colleagues, and work associates, to
others selling all they had, including retirement funds, and using the money to
purchase such things as billboards and radio spots.
Because
Camping was certain “without any shadow of a doubt it (Doomsday) is going to
happen,” many of his followers sold their possessions and quit their jobs.
Adrienne
Martinez, a follower of Camping, and her husband have reportedly quit their
jobs and spent the last penny in their bank account towards a rented house in
Orlando. “We budgeted everything so that, on May 21, we won’t have anything
left,” said Adrienne.
But
the false prediction might not be so easily effaced from the lives of Camping's
followers. The L.A. Times writes that Keith Bauer, a 38-year-old tractor
trailer driver, took a road trip with his family to see the Grand Canyon before
the world ended.
"With
maxed-out credit cards and a growing mountain of bills, he said, the rapture
would have been a relief," the paper writes.
But
Bauer is not angry at Camping for his false prediction. "Worst-case
scenario for me, I got to see the country," he told the paper. "If I
should be angry at anybody, it should be me."
Robert
Fitzpatrick, who spent $140,000 of his life savings to advertise the rapture in
New York, said he was dumbfounded when life went on as usual Saturday.
What
is very poignant are the reactions throughout history by people who have been
deceived into believing a Rapture event was ready to take place. In the 19th
century, followers of a church minister named William Miller sold all their
goods and land, and followed the preacher up to a mountain where they truly
believed Jesus was returning for them. Over 50,000 Christians succumbed to
Miller's doctrine and prophetic interpretations, and this was during a time
when mass communications weren't what they are today.
For
many followers of Harold Camping's belief in May 21st, having to start over in
a working career will be very difficult, since those who quit their jobs did so
of their own accord. Subsequently, they and their familes will not be eligible
for unemployment insurance, and only time will tell if their previous employers
will find compassion in re-hiring them to prior positions.
Harold
Camping responded on Sunday in a brief statement that he has no answers, and
doesn't understand why the rapture did not occur on May 21st. There was no
contrition for the tens, if not hundreds of thousands of believers who followed
the man, and his interpretations blindly, and chose to make economic choices
that wouldn't even stand up to scriptural confirmation.
It
is now two days after the missed Rapture date of May 21st, and in the aftermath
for the followers of Harold Camping they must now deal with the realization of
their economic choices, and overcome the disappointment to begin again building
their financial futures, and employment careers.
Dit is wat gebeur het in
die tyd van 2 Tessalonisense. Die mense het gedink die wederkoms gaan enige tyd
gebeur, so daar was van die gelowiges wat verkondig het dat alle gelowiges
hulle werk en daaglikse verantwoordelikhede moet los. Hulle hoef ook nie enige
beplanning vir die toekoms te doen nie. Hulle moet net passief wag vir die dag
wanneer Jesus weer kom.
Dis hoekom Paulus in
vers 10 skryf: “As iemand nie wil werk
nie, moet hy ook nie eet nie”.
Dis ‘n waarskuwing aan
die mense wat net wil sit en wag op die wederkoms.
Ons kan dus nie hierdie
teks gebruik as ‘n rede om nie mense te help nie. In ons land met die 25%
werkloosheidsyfer sal dit darem ‘n baie ongevoelige en onredelike ding wees om
te doen. Dit gaan nie oor mense wat nie werk kan kry nie, of wat graag wil werk
maar hulle werk het nie.
Dit gaan hier oor mense
wat spesifiek kies om nie te werk nie oor die wederkoms en daarom ‘n las is vir
die gemeente. Hulle is ledig en bemoei hulle daarom net met ander mense en maak
‘n oorlas van hulleself.
Soos die spreekwoord sê:
“ledigheid is die duiwel se oorkussing”.
Wat Paulus dus sê is dat
– maak nie saak wanneer die wederkoms is nie – ons moet aangaan met ons lewe,
ons werk en ons verantwoordelikhede.
Teen hierdie agtergrond
moet ons verstaan dat werk vir ‘n Christen veel meer is as net ‘n manier om
luiheid te verhoed of om geld te maak. Vir ‘n Christen is werk ‘n roeping. Die
Bybel help ons om perspektief te kry oor werk.
Werk is ‘n geskenk van
God. Hy gee vir ons gawes en talente om te kan werk. So, werk is ‘n manier om
Hom te verheerlik. Dis ‘n teken van dankbaarheid teenoor God.
Werk as ‘n geskenk van
God help ons om vervullende en betekenisvolle lewens te kan lei. Daarom moet
ons ook nie toelaat dat werk ons hele lewe oorneem nie.
Marguret Fuller het
gesê: “Ons sê ons moet werk om ‘n lewe te
maak, maar dan raak ons so vasgevang in ons werk dat ons nie tyd het om te lewe
nie”.
Werk is nie die doel van
die lewe nie. Om ‘n vervulde, betekenisvolle en gelukkige lewe te lei – dis die
doel. Werk is ‘n manier om daarby uit te kom. So wees gebalanseerd.
Werk weerhou ons van
ledigheid. Ledigheid lei tot allerhande verkeerde goed. Soos Paulus skryf dit
maak dat jy jou onnodig bemoei met ander mense.
Voltaire het gesê: “Werk hou drie wolwe van die deur weg:
armoede, kwaaddoen en verveling”.
Dis een van die redes
hoekom ons in ons land iets moet doen aan die hoë werkloosheidsyfer. Want dit
veroorsaak armoede, kwaaddoen en verveling.
Werk help jou om in jou
behoeftes te voorsien. Wanneer jy in jou behoeftes kan voorsien, dan gee dit
vir jou menswaardigheid. Let wel – dit gaan hier daaroor om in jou behoeftes te
voorsien. Behoeftes gaan oor dit wat jy nodig het. Ons het nie die duurste
karre, die grootste huise, duurste vakansies en baie bling nie nodig nie. As
dit jou motivering is om te werk, gaan jy nooit tevrede wees nie en jy gaan
nooit genoeg hê nie.
Werk gee ook vir ons die
geleentheid om goed te doen aan ander – soos Paulus skryf in vers 13. Werk maak
dat ons ‘n positiewe bydrae kan maak in die samelewing en aan die lewens van
mense. As mens jou werk sien as ‘n geskenk van God. As jy dankbaar is vir jou
werk, dan is dit ook baie makliker om ‘n positiewe bydrae te lewer en van jou
geld en goed weg te gee om die wêreld ‘n beter plek te maak.
In 2 Tessalonisense 3
spreek Paulus ‘n negatiewe situasie aan, maar terselfdertyd gooi hy ‘n
positiewe lig op werk.
Hy spreek die negatiewe
situasie rondom die wederkoms aan. Hy beklemtoon dat die wederkoms ons nie moet
laat onttrek en alles verkoop om te sit en wag nie dat dit gebeur nie. Dit moet
ons juis aanspoor om te werk en hard te werk en ‘n verskil te maak totdat Jesus
eendag weer kom.
Daarmee saam bevestig hy
dat werk nie bedoel is as ‘n straf nie. Dis ‘n geskenk van God af. Hy weet dit
gee vir ons menswaardigheid, dit maak dat ons in ons behoeftes kan voorsien.
Dit gee vir ons ‘n geleentheid om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing en in
mense se lewens te maak. Dit skep vir ons ‘n geleentheid om in ons werksplekke
‘n getuie vir Hom te wees.
Gebed.
No comments:
Post a Comment