Sunday, October 28, 2012

Preek 28 Oktober 2012 (Johannes)


Dankbaarheidsfees

’n Skotse predikant het elke Sondag in sy preek God gedank het vir die goeie wat in die vorige week gebeur het, maak nie saak hoe die week verloop het nie. Op ’n Vrydagnag het daar ’n storm oor sy dorpie losgebars. Huise se dakke is afgewaai. Strate is verspoel, bome is ontwortel en sneeu het geval. Die gemeente het toe gewonder waarvoor hy dié Sondag die Here sou dank. Daar was tog niks goed aan die storm nie. In sy preek het die gemeente nie veel van dankbaarheid soos gewoonlik gehoor nie. Maar hy het ook oor niks gekla nie. Toe begin die prediker met sy gebed ná die preek. Eers die gebruiklike verheerliking van God. Toe het hy in dankbaarheid tot die Vader gebid. ‘Dankie, Here, dat elke nag en dag nie soos gisteraand en vandag is nie.’

Vertel vining vir mekaar waarvoor jy vanoggend dankbaar is.

In Afrikaans het ons ‘n spreekwoord: “ons kla met die witbrood onder die arm”. Ons verloor so maklik perspektief. Ons is so geneig om vas te hak by en te kla oor al die slegte goed in ons land en in die wêreld dat ons al die goeie goed miskyk. Ons fokus is so op die negatiewe, dat ons al die positiewe goed miskyk. Ons verloor perspektief.

Ek wil gou vir julle lees van iemand in die Bybel wat ook perspektief verloor het. Dit kom uit die storie van die verlore seun. Ek het al paar keer hieroor gepreek, maar daar is soveel rykdom in hierdie storie. Net om weer te recap. Dit gaan oor ‘n pa met 2 seuns. Die jonger seun vra sy erfporsie en vertrek na ‘n ander land waar hy alles uitmors en uiteindelik tussen die varke beland. Hy besluit dan om huis toe te gaan. In plaas daarvan dat sy pa hom straf, wegjaag of verwag dat hy eers moet verskoning vra, verwelkom hy hom onvoorwaardelik terug. Dis ‘n storie van ongelooflike genade en liefde. Ek het al in vorige preke hieroor, gefokus op die pa en op die jongste broer. Vandag wil ek fokus op die oudste broer, want hy is die een van perspektief verloor het.


Die oudste broer was onvergenoegd en ondankbaar. En ons sien hoe dit maak dat hy perspektief verloor.

Wanneer hy by sy pa begin kla, sê sy pa vir hom: “kind, jy is altyd by my”. Die oudste broer se onvergenoegdheid maak dat hy nie meer raaksien watter voorreg dit was om heeltyd in sy pa se teenwoordigheid te wees nie. Die jonger broer het in ‘n ver en vreemde land eers besef hoe gelukkig hy was om in sy pa se teenwoordigheid te kon wees. Die ouer broer was die heeltyd by sy pa, maar hy sien nie raak hoe bevoorreg hy is nie. Hy verloor perspektief.

Die ouer broer se onvergenoegdheid en ondankbaarheid maak dat hy nie waardering het vir dit wat hy het nie. Die gebruik in daai tyd was dat die oudste seun twee derdes van sy pa se boedel kry en die jongste seun een derde. Die jonger broer het reeds sy deel gekry, so alles wat oorbly behoort aan die ouer broer. In plaas daarvan dat hy geniet wat hy het, kla en baklei hy eerder.
‘n Onvergenoegde en ondankbare hart maak jou blind vir die mooi en goeie dinge rondom jou. Ons moenie fokus op dit wat ons nie het nie of overgenoegd voel oor ander mense wat meer het as jy nie. Fokus liewer op dit wat jy wel het. Kom ek noem ‘n voorbeeld – ons kla mos maklik oor ons salarisse. Ons almal dink ons moet meer verdien. Het julle geweet – as jy R10 000 of meer in ‘n maand verdien, dan verdien jy meer as 80% van die mense in ons land. Ons verloor maklik perspektief.

Die ouer broer se onvergenoegdheid en ondankbaarheid maak dat hy nie kan raaksien wat regtig belangrik is nie. Waaroor kla die ouer broer? Hy kla oor die partytjie wat vir sy jonger broer gehou word. Hy kla in soveel woorde dat sy pa nog nooit vir hom en sy pelle ‘n bokkie gegee het om te slag vir ‘n lekker party nie. Sy partytjie is vir hom meer belangrik as sy broer se welstand. In plaas daarvan dat hy dankbaar is dat sy broer veilig terug is; in plaas daarvan dat hy dankbaar dat sy broer sy fout agter gekom het en teruggekom het huis toe, kla hy oor ‘n partytjie. Ondankbaarheid en onvergenoegdheid maak jou blind vir dit wat regtig belangrik is.

Ondankbaarheid en onvergenoegdheid belemmer jou verhoudings met ander mense. As die ouer broer van sy jonger broer praat, dan noem hy hom, “hierdie seun van pa”. Hy erken hom nie eers as sy broer nie. Hy fokus op dit wat sy jonger broer verkeerd gedoen het. Hy fokus op sy jonger broer se sonde.
Ons almal is soms skuldig hieraan – ons is vining om te fokus op dit wat mense verkeerd gedoen het, op hulle sondes. Ons kyk met vooroordele en oordeel na mense. In plaas daarvan dat ons net dankbaar is dat hulle by ons is.    

Al die ander mense in die storie van die verlore seun is dankbaar dat die jongste seun teruggekom het. Die pa is dankbaar, die werkers op die plaas is dankbaar, die engele in die hemel is dankbaar. Selfs ons wat na hierdie storie luister is dankbaar. Die oudste seun distansieer hom van sy broer. Ondankbaarheid maak dat jy nie met menslikheid na mense kan kyk nie.

Op hierdie dankbaarheidsondag is hierdie verhaal van die ouerbroer soos ‘n spieël wat voor ons elkeen gehou word. Dis sodat ons ons eie lewens weer sal ondersoek. Dis om ons te help om perspektief te behou en te besef dat ons baie meer het om voor dankbaar te wees as wat ons dink.

In Filippense 2: 14, 15 lees ons: “Doen alles sonder kla of teëpraat. Tree onder mense op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra.”   

1 Tess 5:18:  “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

Om heeltyd te fokus op die negatiewe en te kla, bring net verdeeldheid en frustrasie en dit gee vir die duiwel ‘n vatkans. Dit maak jou ongehoorsaam aan God (soos uiteengesit in bogenoemde verse); dit maak dat jy nie ‘n ligdraer vir God is nie; dit maak dat God jou nie kan gebruik nie en dit maak dat mense nie van jou hou nie.

‘n Interessante ding van die verhaal van die verlore seun, is dat dit nie ‘n einde het nie. Ons weet nie wat met die ouer broer gebeur het nie.  Ek dink die verhaal van die ouer broer is ons elkeen se verhaal en daarom het dit ‘n onvoltooide einde. Ons moet ons verhale klaar gaan skryf. As ons vanoggend hier uitstap het ons elkeen ‘n verantwoordelikheid om ons verhale van dankbaarheid klaar te gaan skryf.

Ek sluit af met ‘n aanhaling wat ek raakgeloop het. Dit is ook my gebed vanoggend. Lees dit saam met my op die skerm.

Be Thankful
Be thankful that you don’t already have everything you desire,
If you did, what would there be to look forward to?
Be thankful when you don’t know something
For it gives you the opportunity to learn.
Be thankful for the difficult times.
During those times you grow.
Be thankful for your limitations
Because they give you opportunities for improvement.
Be thankful for each new challenge
Because it will build your strength and character.
Be thankful for your mistakes
They will teach you valuable lessons.
Be thankful when you’re tired and weary
Because it means you’ve made a difference.
It is easy to be thankful for the good things.
A life of rich fulfillment comes to those who are
also thankful for the setbacks.
GRATITUDE can turn a negative into a positive.
Find a way to be thankful for your troubles
and they can become your blessings.
Amen.

Sunday, October 21, 2012

Preek Sondag 21 Oktober 2012 - (Neil)


21 Okt 2012                      Hosea 11:1-8


Soos julle dalk gesien het, gaan ek vandag bietjie gesels oor Onvoorwaardelike liefde in Suid-Afrika.  Ek glo dat as ons hierdie land wil verander, as ons hierdie ‘n beter plek vir almal wil maak om te woon, dan moet ons mekaar onvoorwaardelike liefde, soos wat God dit aan ons kom bewys het.

Gebed

Daar is hierdie boek in die Bybel waaroor daar nogal min gepraat word.  Sommige mense het dalk nog nooit hiervan gehoor nie.  Maar ek dink dit het een van die aangrypendste verhale in.  ‘n Verhaal wat my al baie laat dink het.  ‘n Verhaal wat ek nie altyd verstaan nie.  Dit is die verhaal van Hosea!  Hierdie is nogal ‘n wille verhaal.  Baie wild.  Ek dink dat daar dalk ‘n ouderdomsbeperking op moet wees. 

Hierdie verhaal begin waar God vir die profeet Hosea ‘n opdrag gee.  God vra vir hom om met Gomer te trou.  Hierdie opdrag mag dalk nie so vreemd wees nie, totdat jy besef dat sy ‘n prostituut is nie!  Ja, God kom vra van Hosea om met ‘n prostituut te trou.  Hierdie klink nogal baie onbillik van God.  Maar Hosea, die baie gehoorsame profeet gaan trou dan met haar. 

Ongelukkig gebeur dit wat almal maar seker verwag het – Gomer is ontrou.  Baie nagte het sy net nie teruggekom huis toe nie.  Sy het gereeld by ander mans geslaap.  Maar, Hosea bly getrou.  Al laat sy hom soveel keer in die steek, kan Hy nie anders as om lief te bly vir haar nie.
Hy bly getrou t.s.v. haar ontrouheid.

Dan kom God en Hy gebruik hierdie huwelik tussen Hosea en Gomer as ‘n metafoor.  Hy vergelyk vir Israel met Gomer en Homself met Hosea.  Net soos wat Gomer ontrou was, keer op keer, so was die volk van Israel ook.  Israel was keer op keer ontrou gewees aan God.  Maar aan die ander kant, net soos wat Hosea getrou gebly het, soos bly God ook getrou. Keer op keer. 

Ek wil vir julle lees uit Hosea 11.  Ek sien hierdie gedeelte amper as ‘n opsomming van die hele boek.  Die van julle wat wil saamlees kan julle Bybels oopmaak by Hosea 11.

Lees Hosea 11: 1 – 8

Ek wil vir julle 5 vergelykings in die Ou Testament wys – 5 maniere hoe die volk na God verwys het.  Dit was 5 maniere hoe hulle vir God beskryf het. 

1.  Ons lees dat die volk na God verwys het as die Pottebakker – God was die pottebakker en ons (die volk) die klei.  Hierdie is ‘n redelike bekende beeld.  Dink daar is ‘n liedjie hieroor wat ons vandag nog sing.
2.  Die tweede beeld waarmee hulle vir God vergelyk het, was die van ‘n Skaapwagter of Herder.  God was die skaapwagter en die volk die skape.  In Jesaja lees ons hiervan: 
Jesaja 40:11  Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.
3.  Die derde vergelyking waarmee ons te doen kry, is met God wat vergelyk word met ‘n Geneesheer/Dokter. 
Ex 15:26  en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
4.  Vierdens kry ons die vergelyking met ‘n moeder.  Ja, hulle beskou God as een wat troos, net soos ‘n moeder haar kinders troos.
Jes 66:13  Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word
5.  Laastens kry ons te doen met die beeld van God as ‘n Tuinier. 

Dalk is dit bietjie ver gevat, maar een ding wat hulle hierdie beeld vir my in gemeen het, is vuil hande.  Jy kan nie enige van hierdie dinge doen sonder dat jou hande vuil raak nie.  As ‘n Pottebakker se hande skoon bly, dan het hy/sy beslis nog nie ‘n pot gemaak nie, of as ‘n tuinier se hande skoon bly, kan dit net wees omdat hy/sy handskoene aangehad het.  Selfs ‘n moeder wat doeke omruil se hande kan nie altyd skoon bly nie (ek wil net duidelik maak dat ek nie dink net moeders hoef doeke om te ruil nie).

As ons hierdie beeld in gedagte hou terwyl ons Hosea lees, is dit tog vir ons duidelik dat God bereid is om met ons te werk, al is ons lewens dalk vuil.  Al voel dit vir ons niemand sal iets met my te doen wil hê nie, niemand sal my kan liefhê nie, is dit tog duidelik dat God bereid is om sy hande vuil te maak om met ons te werk.

Al het ons Hom al soveel keer teleurgestel, al het ons al hoeveel keer ons rug op Hom gedraai of eerder gekies om die afgode te aanbid,  God se liefde brand so sterk dat Hy ons nie kan laat vaar nie.  Hy kan nie.  Hy is selfs bereid om ons daar te ontmoet waar ons nou is, al is ons op ‘n plek waar ons dalk vuil voel.  Baie van ons het mos al hierdie idee gehad dat ek eers my lewe moet regruk of dat ek eers al die regte dinge moet doen voor God my weer kan liefhê of voor ek weer in die kerk kan kom. Hosea se boodskap en die beelde wat Israel gebruik het om na God te verwys, kom bewys hierdie verkeerd.  God gee nie om hoe ons lewens nou lyk nie, Hy is bereid om ons te ontmoet net daar waar ons nou is.  Hoe vuil ons ook al mag voel.  Die kerk is juis ‘n plek vir hierdie mense.

Hierdie tipe liefde waarvan ons in Hosea 11:8 lees, is onvoorwaardelike liefde.  Dit is ‘n liefde wat niks terugvra nie.  Dit is dieselfde liefde wat Jesus aan die kruis laat sterf het.  God het ons lief net soos ons is, maar Hy het ons ook lief genoeg om ons nie te los nes ons is nie. 

Ek wil nou uitkom by vandag se tema:  Onvoorwaardelik liefde in Suid-Afrika. 
Hoe kan ons mekaar liefhê soos wat God ons lief het.  Jesus beklemtoon dit ook keer op keer in die evangelie – ons moet mekaar liefhê, onvoorwaardelik.  Ek dink as ons mekaar kan begin onvoorwaardelik liefhê in hierdie land, dan kan dit nogal ‘n groot verskil maak.  Maar ek wil vandag spesifiek kyk na hoe hierdie onvoorwaardelike liefde in Suid-Afrika lyk.  Elke omgewing of land se konteks is anders en mag dalk ‘n ander onvoorwaardelike liefde vra – maar hoe sal dit lyk in Suid-Afrika? 

 Kom ons kyk bietjie na ons land: 
1.  Ons leef in die land met die 4de hoogste sterftesyfers vir mense met Vigs, maar tog leef baie mense nog as of die siekte nie bestaan nie.  Ons is die land met die hoogste syfer vir mense wat leef met MIV.  6 miljoen mense.  ‘n Vriende van my vertel hoe hy by ‘n ryk gemeente in Pretoria gepreek het en toe ook hierdie statistieke genoem het.  Hy kon sien hoe een vrou trane in haar oe kry.  Toe hy egter vra wie in die gemeente iemand ken wat HIV positief is, het niemand hulle hande opgesteek nie.  Ons leef in ‘n land met 6 miljoen MIV positiewe mense, waarvan baie kinders is, maar ons ken nie hierdie mense nie.
2.  Ons leef in ‘n land met ‘n verskriklike hoe werkloosheidsyfer.  Ons is die land met die 3de hoogste werkloosheidsyfer.  25% van ons bevolking. 
3.  Ons leef met die grootste gaping tussen ryk en arm.  Bykans 50% van ons land lewe onder die broodlyn.
4.  Ons leef in ‘n land met van die hoogste syfers vir misdaad en verkragting.
5.  Daar word beraam dat ons ongeveer 3miljoene weeskinders in die land het.
6.  Dan wil ek nie eers praat van ons ekonomie al die korrupsie waarvan ons elke dag in die koerante lees nie.

Hierdie syfers kan mens bang maak.  Dit maak sommige so bang dat hulle dit as redes gebruik om na ‘n ander land te verhuis.  Ons hoor keer op keer hoe mense sê dat hulle nie meer die korrupsie kon hanteer nie.  Hulle kon nie meer hulle ‘klein’ salarisse verdra nie.  Die armoede was vir hulle net te veel.  Hulle glo dit dit beter sal gaan waar hierdie statistieke beter lyk. Daar in Kanada of Australië. 

Maar dan kry jy ander mense wat in ons land bly, en as jy hulle vra oor hoekom hulle bly, dan gebruik hulle hierdie selfde redes:  want die misdaadsyfer hier is hoog, hier is miljoene weeskinders, hier is ‘n groot gaping tussen ryk en arm, die werkloosheid...  Dieselfde redes, maar ‘n ander uitkyk.  Hulle verstaan dat God hulle juis daar wil gebruik waar dit sleg gaan, daar waar dinge nie net maanskyn en rose is nie. 

Terug by Onvoorwaardelike liefde in Suid-Afrika.  Hoe het ek dan onvoorwaardelik lief in ‘n land waar dit so swaar gaan. 
Ek hoor hierdie week die verhaal van ‘n bekende persoon in ons land.  Klomp slegte dinge het al met hom gebeur en hy het as kind lank op straat gebly na beide sy ouers oorlede is.  Daar het hy gereeld met die gereg gebots en is gereeld deur die polisie gevang en geslaan.  Maar hy sê dat hy sy hart vir die Here gegee het die dag toe Hy by ‘n Christen gesteel het. Hy was weer die dag honger en het besluit om by die koswinkel op Heidelberg te gaan steel.  Toe hy die vrug so van die rak af haal, toe gryp iemand om aan die arm.  Hy het al gevoel hoe slaan die polisie hom weer.  Maar toe hy omkyk, staan daar hierdie vrou.  Sy vat hom toe na buite waar sy eers vir hom vra wat sy naam is.  Toe vra sy of hy honger is – ‘Ja tannie’ antwoord hy toe.  Sy neem hom toe na haar huis waar sy toe vir hom kos gee en toe ook later aanneem as haar eie kind.  Dink net hoeveel mense se lewens kan aangeraak word as hulle by Christene steel.

Die aantal weeskinders in ons land mag dalk baie klink, maar dit is maar klein as dit vergelyk word met die aantal gelowiges in hierdie land.  Wat sou kon gebeur as ons besluit om onvoorwaardelik liefde te bewys teenoor hierdie kinders? 

Soveel mense en besighede dink baie keer dat Onvoorwaardelike liefde dieselfde beteken as Geld.  As ons net ons geld sal weggee vir die armes of vir organisasie, dan sal alles beter gaan., ja, dan het ons onvoorwaardelik lief.  Alhoewel die nodig is om organisasie te ondersteun, is dit nie wat die wêreld gaan verander nie.  Ons moet onvoorwaardelik liefde leef wat gespel word – moeite!  MOEITE. Eerder as om volgende keer verby iemand te stap en net R5 in sy/haar hand te druk en te dink dit is ware liefde, wat van jy gaan sit rustig by daardie persoon om te hoor hoe dit regtig gaan.  Wat die rede is dat die persoon moet vra vir geld.  Of nooi die persoon oor vir ete.  Sonder enige vooroordele!  Selfs al is die iemand wat jou al teleurgestel het.  Shaine Claiborne, die skrywer van Irresistible Revolution se dat die grootste probleem nie is dat ons nie weet van die armes nie, die grootste probleem is dat ons hierdie mense nie ken nie.

As ek God se liefde reg verstaan, en ook dit waarvan ek in Hosea lees, dan het God geen vooroordele gehad nie.  T.s.v. alles wat die volk verkeerd gedoen het, het God hulle steeds lief en kom gee Hy hulle nog ‘n kans. 

Ons sien hierdie tipe liefde ook by Jesus.  Hy kuier saam met sondaars, saam met die tollenaars, by ‘n prostituut...Jesus het geen vooroordele gehad nie.  Hy het net onvoorwaardelik liefgehad.  Ons sien ook hoe hy moeite doen met sondaars.  Hoe Hy by hulle gaan eet.  By hulle gaan sit om te hoor hoe dit gaan.

As ons werklik begin verstaan hoe lief God ons het, as ons verstaan dat Hy ons nie kan laat vaar nie, dat sy liefde te sterk brand om ons net te laat gaan, dan kan ons nie anders as om hierdie liefde, hierdie onvoorwaardelike liefde met ander te gaan deel nie.  Ek glo as ons mekaar onvoorwaardelike begin liefhê, dan kan hierdie land ‘n ander plek wees!

Sunday, October 14, 2012

Preek 14 Oktober 2012


Amos 5: 6-8; 10-14

Amos was ‘n welvarende skaapboer uit Tekoa – ‘n dorpie naby die Dooie see, suidoos van Bethlehem.  Hy profeteer in die tyd van Koning Jerobeam II. Dit was ‘n tyd van militêre suksesse en ekonomiese voorspoed.
Daar was ‘n opbloei in die handel
Die Bounywerheid het floreer
Huise het vermeerder en het weelderiger geword
Binnenshuise versiering was baie spoggerig
Wynbou en veeteelt was winsgewind
Nuwe musiek is gekomponeer
Op godsdienstige gebied het die offergawes gegroei en die godsdienstige feesdae is swierig gevier.
So, dit was ‘n goeie tyd, die mense was optimisties en het gedink die Here is aan hulle kant.

Maar daar was ook ‘n donker kant aan hierdie samelewing. Die ekonomiese opbloei het net die rykes bevoordeel. Die rykes het ryker geword en die armes het armer geword. Dit was nie omdat hulle lui was nie, dit was as gevolg van uitbuiting, korrupsie en die verdraaing van die reg om die rykes te bevoordeel.
Die rykes het die grond van die armes gevat as hulle nie dadelik hulle skuld kon betaal nie. Met die armes wat dan as slawe op hulle eie grond moes werk.
Die armes is op die markte ingeloop met onbehoorlike pryse vir goedere wat hulle self geproduseer het.
Die howe het nie die armes beskerm nie en die reg is toegepas om die rykes te bevoordeel.
Mense wat opgekom het vir die reg en vir dit wat reg is, is gehaat en gebrandmerk.
Dit alles het mense moedeloos gemaak en eerder laat stilbly omdat hulle bang was om geviktimiseer te word. 
Die land is ingepalm deur ‘n bevoorregte elite wat in weelde geleef het ten koste van die minderbevoorregtes.

Dit alles het gebeur terwyl daar ‘n opbloei in die godsdiensbeoefening en die erediens was. Die rykes het die godsdiens gesien as ‘n goeie belegging, as ‘n waarborg teen onheil. Solank as wat hulle al die godsdienstige reëls en feeste nakom, sal dit aanhou goedgaan met hulle. So, hulle het godsdienstig al die regte dinge gedoen en geld gegee en offers gebring en swierige godsdienstige feeste aangebied, maar terselfdertyd die armes uitgebuit en hulle nie aan reg en geregtigheid gesteur nie.   

Terwyl ek in die week met hierdie teks besig was, is my gedagtes elke keer teruggeruk na die situasie in ons land.  Ek kon nie anders as om ons land se situasie raak te sien in die situasie in Amos se tyd nie. Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde.

My gedagtes het heeltyd gaan draai by die geweldadige stakings in die mynbedryf en die vervoersektor wat dreig om ons land se ekonomie tot stilstand te bring.
Die stakings oor dienslewering deur mense wat net smag na huise en lopende water.
Die krisis in die onderwys in Limpopo en die Oos-Kaap waar kinders nie boeke het om voor te berei vir die eksamens nie.
Ek wil dinge nie vereenvoudig nie, maar ons leef in ‘n land waar mynbase al hoe ryker word, terwyl die ouens wat die gevaarlikste werk in die myne doen nie ordentlik vir hulle gesinne kan sorg nie. 
‘n Land waar mense nie ordentlike huise en lopende water het nie, terwyl ons president R200 miljoen rand spandeer om sy privaat woning op te kikker.
‘n Land waar mense gryp en ten alle koste vasklou aan politieke mag omdat dit vir hulle finansiële voordeel inhou. Ons sien dit veral in die aanloop tot die ANC se leierskapverkiesing later vanjaar in Mangaung.
‘n Land waar vakbonde speel met mense se lewens en met skoolkinders se toekoms sodat hulle hulleself kan verryk.
‘n Land met groot kerke en pastore wat skatryk word terwyl hulle lidmate swaarkry.
En ons moet vir geen oomblik dink dat ons land uniek is nie. Ons sien dieselfde goed in Europa, in die VSA, in die Midde-ooste en in Australië. 

Maar kom ek kom terug by Amos. Amos kom na die mense toe en hy gee vir hulle ‘n “wake-up call”. Vir die mense van sy tyd, maar ook vir ons vandag.

Amos sê dis verwerplik om ryk te word op die rug van ander mense.
Amos sê godsdienstigheid deur mense wat onregverdig optree teenoor hulle medemens is verwerplik.
Amos sê dat dankoffers wat gesteel is en deur uitbuiting bekom is, is verwerplik.
Amos sê godsdienstige liedere wat gesing word terwyl mense vertrap word, is ‘n geraas in God se ore.
Amos sê mens kan nie jou diens aan God losmaak van jou diens aan jou medemens nie. Jou verhouding met God word gekenmerk deur jou verhouding met jou medemens.
Thomas a Kempis: “Wanneer ons staan voor die Ewige Regter, sal Hy nie vra wat het ons gesê nie, maar wat het ons gedoen.”
Ons dade vertel eintlik vir almal (en vir God) hoe ernstig ons met ons woorde is.

En dit begin by myself. Ons kan nie net agteroor sit en die politici en die vakbonde kritiseer nie. Dit help nie ons vlug Kanada of Australië toe nie. Dit begin by myself. So die vraag is: watter keuses gaan ek maak? Hoe gaan ek my vermoëns aanwend? Hoe gaan my getuienis lyk? Hoe gaan ek die mense rondom my hanteer?

Daarmee saam sê Amos dat dit net God is wat mense so kan verander. Om dit te verduidelik gebruik hy die mooi beeld in vers 8.
“Hy deur wie die Sewester en Orion gemaak is, Hy wat die donker in oggendlig verander en die dag donker nag laat word, Hy wat die water van die see roep en dit oor die aarde uitstort, sy Naam is die Here.”

Die Sewester was verbind met die winter en Orion met die somer – God bring verandering soos wat die winter in die somer verander.
Soos wat nag weer dag word en dag weer nag word – so bring God verandering.
Soos wat water van aarde opgeneem word om weer as reën op die aarde te val – so bring God verandering.
Die punt wat Amos wil maak  - as jy hierdie God aanbid, kan jy nie anders as om te verander nie. Aanbidding gaan altyd gepaard met verandering - groot en klein veranderings.  God verander jou sodat jy kan sterkstaan in Hom en kan uitstaan vir Hom. Sodat jy sal goed doen. Sodat jy sal liefhê wat goed is. Sodat jy sal opkom vir dit wat reg is en vir die reg. Sodat jy reg sal laat geskied aan hulle wat swaarkry. 

Om op te som: Ek reken Ferdinand Deist het dit alles baie mooi opgesom.
“Waar mense uitgebuit word, waar mense se regte verkrag word, waar mense nie meer mense kan wees soos wat God hulle gemaak en bedoel het nie, kom God self in beweging. Daarom dat Amos so by die mense aandring om radikaal te verander: hulle moet liefhê wat goed is en opkom vir die reg van die eenvoudige mense. Dán sal hulle lewe”

Sunday, September 30, 2012

Preek 30 September 2012


Spreuke 9: 1-6

Verbeel julle die volgende toneel. In die Bybelse tyd was daar gewoonlik ‘n plein in die middel van die stad. Dis waar die mense bymekaar gekom het vir byeenkomste, dorpsvergaderings en waar hulle handel gedryf het op die dorpsmark. Stel julle voor daar is ‘n klomp mense wat saamdrom op die stadsplein. Weerskante van die stadsplein staan 2 groepe mense en roep. Hulle roep na die mense in skare, veral die jonger mense wat nog onervare is en nog min kennis het.
Die een groep wat staan en roep verteenwoordig wysheid. Hulle nooi die jongmense na wysheid se huis, waar die tafels gedek staan met die heerlikste eet en drinkgoed. Die jongmense moet net kom.
Die ander groep wat staan en roep verteenwoordig dwaasheid. Hulle nooi ook die jongmense na ‘n feesmaal, maar dit is ‘n rowwe partytjie, waar daar allerhende snaakse goed gebeur.
Wysheid se feesmaal bring insig en lewe. Dwaasheid se feesmaal bring onkunde en die dood. Wysheid bring lewensvreugde. Dwaasheid bring lewensmoeilikheid.

Dis wat in hierdie teks gebeur. Dit gaan oor die stryd tussen wysheid en dwaasheid en die jongmense wat moet kies wie se uitnodiging hulle gaan aanvaar. Ongelukkig lyk dit vir my asof baie mense val vir dwaasheid se uitnodiging.

Kom ons kyk waaroor gaan Bybelse wysheid. Wysheid in die Ou Testament gaan nie oor intellektuele kennis nie. Die mense van die Ou Testament het geglo daar is ‘n sekere orde in die skepping. En wysheid het daaroor gegaan dat mens hierdie orde moet leer ken en dan jou lewe daarvolgens moet inrig. Wysheid is met ander woorde nie kopkennis nie, dis prakties. Dit gaan oor die vermoë om die regte dinge op die regte tyd te doen. Dit gaan daaroor om die regte dinge op die regte tyd te sê. Dit gaan oor wat jy dink, wat jy doen en hoe jy optree. En dit gaan oor jou mense wees, die tipe mens wie jy is. Ons kan dus sê dat wysheid is hart-en-hand kennis.  

Kom ek vertel gou vir julle ‘n storie wat hierdie tipe wysheid illustreer.
Dis ‘n storie uit die lewe van Henry Ford. Hy was mos die eerste ou wat karre vir gewone mense begin bou het. Hy het kragopwekkers vir sy motorfabriek nodig gehad. Hy vra toe ‘n elektrisiën om die kragopwekkers te bou. Sy naam was Charlie Steinmetz om dit te doen. Hy bou dit toe en alles werk goed. Eendag het hierdie kragopwekkers skeilik tot stilstand gekom met die gevolg dat produksie tot stilstand kom. Henry Ford se mense kon nêrens die fout opspoor nie en hy laat kom toe vir Charlie Steinmetz om die fout te kom regmaak. Hy kom toe en bekyk eers die kragopwekkers van naderby en hy begin toe kap aan die kragopwekkers. Nadat hy ‘n rukkie daaraan gekap het, sit hy die skakelaar aan en dit kragopwekkers begin weer werk. Hy stuur toe vir Henry Ford ‘n rekening van ‘n $1000. Ford was bietjie moeilik oor die hoë rekening en hy doen toe navraag daaroor. Steinmetz se antwoord was toe: Dis $10 vir die gekap en $990 om te weet waar om te kap.   

Dis hoe wysheid in die Bybel werk – dit help jou om te weet wat om te doen en wat om te sê op die regte tyd. Dis praktiese wysheid.

Die Bybel leer ons dat hierdie wysheid kry ons net by God.

Psalm 111: 10 leer ons: “Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen het ware insig”. 
Wysheid het niks te doen met ‘n hoë IK of ‘n klomp grade nie. Dit het alles te doen met jou verhouding met God. Dis waar dit begin.
William Wordsworth het gesê: Wysheid is nader as ons kniel as wanneer ons vlieg
Hoe meer jy groei in jou verhouding met God, hoe wyser word jy. Dis hoekom dit so belangrik is om tyd met God te spandeer.

Ek wil gou vir julle lees wat George Bernanos hieroor geskryf het: “dit het nodig geword dat ons weer ‘n ‘gesonde verstand’ kry. Wat nie beteken dat ons meer koelkop en nugter moet wees nie, maar dat ons verstand gesond gemaak moet word deur die Herskepper, deur die Gees van God. Ons verstand moet ‘gesond’ word in die sin dat ons nie meer beslissings sal maak op sterkte van mense se opinies en oordele nie, maar dat ons verstand ons sal aanspoor om ten diepste uit die hand van God te leef en voor God te dink en beplan.”

Wysheid begin by my verhouding met God. Dis om uit die hand van God te leef, voor God te leef en Hom in alles te ken.

Maar hoe lyk ‘n wyse lewe? Ek het sommer so ‘n klompie goed bymekaar gesit. Die teks praat van wysheid wie se huis 7 pilare het. In die Bybel is 7 God se getal, die heilige getal. Die wyse getal. So ek het gereken ek gaan 7 goed noem om ons te help verstaan hoe ‘n wyse lewe lyk.

1. Wyse mense sien hulleself soos God hulle sien. God wil hê dat ons onself moet sien as Sy geliefde kinders. Nie om ons hoogmoedig of belangrik te laat voel nie, maar om vir jou vrede en sekerheid te gee.

2. Wyse mense kyk anders na ander mense. Alle mense is God se geliefdes . dit beteken ons moet ander mense soos God se geliefdes . Ons moet hulle sien soos God hulle sien. En ons moet mense insluit en nie uitsluit nie.

3. Wyse mense is goeie rentmeesters. Ons leef in ‘n materialistiese wêreld, waar mense al hoe meer goed opgaar. Dis mense wat besef dat hulle nie al hulle goed eendag saam hemel toe kan vat nie. Soos iemand gesê het: ‘n doodskis kom nie met ‘n sleepwa nie. Dis mense wat weet dat alles van God af kom. Dis mense wat dankbaar is vir wat hulle het. Wat tevrede en vergenoegd is met wat hulle het. Dis mense wat met oop harte en hande leef.

4. Wyse mense maak tyd vir stilword. In hierdie besige samelewing van ons is dit nodig dat ons soms ook moet stilword. Jesus stel vir ons ‘n wonderlike voorbeeld, Hy het gereeld tyd gemaak om stil te word.
Patrick Brennan het gesê: “Our lives ought not to be all busyness. Our lives ought not to result in the “hurry” sickness that we see in our culture. Overly busy people become emotionally spiritually depleted.”
In ons huis praat ons van “me-time”. Dis tyd op jou eie. Ons mag dit vir onsself toe-eien en ons moet dit respekteer en vir mekaar gun.

5. Wyse mense loop die pad van vergifnis. Mense moet jouself en ander mense vergewe, omdat God ons vergewe het. Dit maak ook jou lewe ligter, want onvergewensgesindheid maak jou ‘n bitter mense. Dit maak dat jy ‘n swaar vrag bagasie met jou saamsleep. Dit steel jou lewe.

6. Wyse mense is oor niks spyt nie. Wyse mense weet dat die lewe tydelik is. Daarom moet jy die meeste maak van jou lewe. Jy moet die meeste maak van die geleenthede wat God oor jou pad bring. Mens moet die lewe vier en nie aan die einde van jou lewe spyt wees oor ‘n klomp goed nie.

7. Wyse mense is leerbare mense. Dis mense wat nie net vasgevang is in hulle eie idees en opinies nie. Dis mense wat oop is om nuwe dinge te leer en te ervaar. Dis mense wat na ander se opinies en idees kan luister. Dis veral mense wat oop is vir God se leiding en die paaie waarop Hy jou wil neem.

Terug by die toneel op die stadsplein waar wysheid en dwaasheid na ons roem. Kom ons maak die wyse keuse om op wysheid se uitnodiging te reageer. Dit gee vir ons ‘n voorsprong in die lewe. Sonder wysheid is dit soos om met ‘n donkerbril deur die lewe te gaan. Alles lyk dowwer en slegter en dis makliker om te kla.
Om met wysheid deur die lewe te gaan is om die wêreld in al sy wonderlike volheid en mooiheid  raak te sien en te beleef. Dis om gelukkig, tevrede en vergenoegd te wees. Kies wysheid en kies die lewe!    

Sunday, September 16, 2012

Preek 16 September 2012


Die hel…                          Sondag 16 September 2012
Ek het grootgeword met die hel baie laag op my radar… Trouens, die hel was nie in my wêreld toe ek ‘n jong kind was nie! Die hel was ‘n uiters klein ‘blip’ iewers aan die verste grense van my bewussyn.
Toe ek in St. 5 (graad 7) “tot bekering kom” het die hel egter ‘n prominente plek in my wêreld gekry! Die amper onsigbare ‘blip’ het ‘n enorme groot ‘blob’ geword wat heeltyd by my was. Ek was met vrees gevul en my eerste jare as gelowige word gekenmerk as vreesbevange jare waarin ek my uiterste probeer het om die klewende, oorweldigende, oorheersende vooruitsig van die HEL van my af weg te kry! Ek het met elke greintjie energie probeer om ‘n “goeie lewe te lei” sodat ek nie te lig gevind sal word as God my oordeel nie!
Daar was spesifieke teksgedeeltes wat my soos slawedrywers voortgejaag het:
§  Mattheus 5:22 - …wie sy broer uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur.
§  Mattheus 10:28 - Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.
§  Mattheus 18:8-9 - “As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.”
§  Mattheus 25:41-43 - “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”
§  Mattheus 13:40-43 - “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”
Ek het ore gehad en ek het geluister! Maar, maak nie saak hoe hard ek probeer het nie, ek kon nooit op ‘n punt kom waar ek na myself kon kyk en “goed genoeg” voel nie… Ek moes uiteindelik breek onder hierdie las wat ek myself opgelê het – en toe kon God se genade my weer aanmekaar sit, heelmaak, as God se geliefde kind. Verlig, vry, heel, goed… Die hel was steeds GROOT, maar groot en VER! Weg van my af…
In die daaropvolgende jare lees ek toe die boek “A divine revelation of hell”, deur Mary Katherine Baxter. Sy glo dat Jesus haar vir 30 nagte na die hel toe geneem het, sodat sy ‘n boek kon skryf oor haar ervaring, sodat mense hulle sal bekeer!
Sy skryf vroeg in hoofstuk 1:
Screams filled the air as we came near the base of the tunnel. Piercing cries came up the dark tunnel to meet us. Sounds of all sorts filled the air. I could feel fear, death and sin all around me. The worst odour I have ever smelled filled the air. It was the smell of decaying flesh, and it seemed to be coming from every direction. Never on earth had I felt such evil or heard such cries of despair. Soon I would find that these were the cries of the dead and that hell was filled with their wails.
I felt a gust of evil wind and a small suction force ahead of us. Lights like lightening or strobe flashes penetrated the black darkness and threw gray shadows on the walls. I could barely make out the form of something in front of me. I recoiled in shock when I realized that it was a large snake moving along ahead of us. As I continued to look, I saw those ugly snakes were slithering about everywhere.
And that was just the right wing of hell! She had me…! Só het die hel min of meer 50 keer groter geword in my wêreld…!

In die jare daarna het ek geestelik gegroei en stelselmatig tot rus gekom binne die wonderlike, helende, beskermende, opbouende, ‘reassuring’ kring van God se onvoorwaardelike liefde. En hoe groter God se liefde geword het, hoe kleiner het die hel geword… Dit het stelselmatig weer terug verander in die klein, amper onsigbare ‘blip’ op die uiterste grens van my bewussyn…

Dis alles baie interessant; baie waar; ‘n ervaring waarmee baie Christene dalk kan identifiseer. Maar: GEEN van my ervarings het veel van ‘n verband met wat in die Bybel staan nie! Trouens, voor hierdie preek was my prentjie van die hel aansienlik nader aan die Griekse mitologie as aan die oortuigings van Jesus en die Bybelskrywers. Ek het vir die eerste keer in jare regtig iets nuuts geleer
In short: we face two problems, which I will address in this sermon. 1) Our conception of ‘hell’ is somewhat mistaken and deeply influenced by Greek mythology and 2) ‘eternity’ is understood incorrectly.

Hades binne die Griekse mitologie:

In die Griekse mitologie is Zeus die heerser van die hemele, Poseidon die heerser van die see en Hades die heerser van die onderwêreld.
The underworld was where the souls of the dead went. Hades was stern and pitiless, unmoved by prayer or sacrifice; he presided over the trial and punishment of the wicked after death. Under his watchful eye, the 3 judges of the dead (Minos, Aeacus, and Rhadamanthus) assigned to each soul its appropriate dwelling-place where they would spend eternity.
The virtuous were rewarded with eternal residence in the Elysian fields, a peaceful and beautiful region of the underworld, full of meadows, groves, sunlight and fresh air.
Wrongdoers’ were sent to Tartarus, the lowest section of the underworld; a deep, gloomy type of pit or dungeon of torment. There the wicked were punished in ways that fitted their crimes – for all eternity! Punishment included food or water forever being out of reach, being tortured by vultures, being burned by fire and being whipped by monstrous guards.
Dis nie moeilik om te sien hoe hierdie prentjie die spring-plank kan wees vir ‘n verstaan van die ‘hel’ as ‘n plek waar die siele van ongeredde mense na ‘n plek van verskrikking verdoem word, waar hulle gestraf word met ‘n ewigheid van lyding, nie…
Maar is dit ‘n Bybelse prentjie van die hel?

1.     Hel volgens die Bybel

‘Sheol’ in die Ou Testament

Die woord ‘sheol’ is die Hebreeuse woord vir ‘hel’. Die woord ‘hel’ kom nie een keer in ons Afrikaanse vertaling voor nie. In baie letterlike vertalings soos die King James en die 1916 Nederlandse vertaling, tref ‘n mens dit wel aan. Die woord ‘sheol’ word 62 keer in die Ou Testament gebruik. Dit word soms met ‘hel’ vertaal en ander kere weer met ‘graf.’
Volgens die “Jewish Encyclopaedia” is ‘sheol’ ‘n misterieuse plek ‘onder’ die aarde (onthou, die Bybelskrywers het geglo die aarde is plat). Dis die plek wat die verste weg is van die hemel, waar God is. Dit word verstaan as ‘n donker, beklemmende plek van Godsverlatenheid… Dit verwys nie nét na die fisiese plek waarheen jy gaan as jy sterf nie – die graf.  That is the very narrow sense of the word Sheol: the place where people go when they die: the grave - a dark, concealed place where life is no longer possible. Die Bybelskrywers (en Jode vandag nog) glo ‘n mens kan lewe en in sheol wees… Dis ‘n toestand van wanhoop. Daardie plek waarheen ‘n ouer gaan as hulle ‘n kind aan die dood afstaan – die plek van wanhoop, ontroosbare hartseer en ‘n onvermoeë om lig te sien – dis ‘sheol’!
Luister na ‘n paar teksgedeeltes:
1.      Job 14:13 - As U my maar liewer in die doderyk (sheol) wou wegsteek, my daar wou hou tot u toorn afgekoel het…
2.      Ps. 16: 8-10 - Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig. U gee my nie oor aan die dood (sheol) nie. U laat u troue dienaar nie in die graf (sheol) kom nie.
3.      Ps. 18: 6 – Bande van die dood (sheol) het my omsluit, strome van onheil (maweth = state of death) het my verskrik.
4.      Ps. 31: 18 - Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie. Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting, laat hulle die stilte van die doderyk (sheol) ingaan.
5.      Ps. 116:3 - Bande van die dood (sheol) het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword.
6.      Ps. 103: 4 - Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf (sheol) en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.
In hierdie laaste vers is die Ou Testamentiese skrywers se verstaan “lewe” en “dood” besonder duidelik. Hulle het nie ‘lewe’ verstaan as ‘asem haal’ en ‘dood’ as ‘ophou asemhaal’ nie. Nee, veel meer! Indie woorde van Ps. 103: 4 - “Lewe” is om vergewe te wees, gesond te wees, met liefde omring te word, die goeie in oorvloed te geniet en die krag hê om bo alle kwellinge uit te styg, soos ‘n arend. “Lewe” is ‘n manier van bestaan in verhouding met God, vanuit die krag van God; die lei tot die ervaring van vrede, krag, gesondheid, oorvloed en veiligheid.
“Dood” / hel / sheol, darenteen, is ‘n manier van lewe sonder God; dit lei uiteindelik tot die ervaring van wanhoop, gebrokenheid, trauma, kommer, doodsbenoudheid en vrees… Alles wat in sommige vertalings met ‘hel’ vertaal word, verwys na hierdie ervaring en toestand.

‘Gehenna’, ‘hades’ en ‘tartaroo’ in die nuwe testament

Daar is 3 Griekse woorde wat met ‘hel’ vertaal word: ‘gehenna’, ‘hades’ en ‘tartaroo’. Gehenna kom 12 keer voor; Hades 10 keer en Tartaroo 1 keer.
§  Gehenna = Griekse vertaling van die Hebreeuse woord Gêhinnōm, wat beteken ‘Hinnom vallei / Hinnomdal’
§  Hades = kom van twee woorde wat ‘nie’ en ‘sien’ beteken = plek waar jy nie gesien kan word nie; place where you are concealed; unseen place
§  Tartaroo = om in Tartarus (mitologiese ‘torture dungeon’) gewerp te word
Hierdie woorde word egter nie elke keer in die Nuwe Testament met ‘hel’ vertaal nie. Die woord ‘hel’ kom 12 keer in die Afrikaanse Nuwe Testament voor. Die eerste 11 keer is dit Jesus wat ‘gehenna’ gebruik; die laaste keer is in 2 Petrus 4 waar Petrus ‘tartaroo’ gebruik. Die res van die tyd word die woorde vertaal met ‘doderyk’ en ‘dood’.

Gehenna: Hinnomdal

Elke keer as ons Bybel die woord ‘hel’ in Jesus se mond sit, is dit die woord ‘gehenna’. Soos ek reeds gesê het, is ‘Gehenna’ die Griekse vertaling van Gêhinnōm, wat vertaal word as "Hinnomdal". Dit was ‘n vallei naby Jerusalem waar al die stad se vullis gegooi en verbrand is. Daar was vure wat onophoudelik gebrand het en mense het hulle vullis in die vuur gegooi. Daar was ‘n klomp roofdiere en ‘scavengers’ wat skrapsels kos uit die vuur probeer gryp het (vleis wat mense nie meer kon eet nie, maar wat die diere nog kon eet). As ‘n mens daar gestaan het, kon jy die diere se tande hoor kners soos hulle aan kos knaag en na skrapsels vleis gryp…
Daar word vroeg in die Ou Testament al na die Hinnomdal verwys. Dit was ‘n gehate, onheilige plek waar mense by tye hul kinders aan die god Molek geoffer het en waar hulle soms lyke gegooi het van ‘onwaardige’ mense. Dis juis omdat die Hinnomdal so gehate plek vir die Jode was dat hulle niks daar wou plant nie en geen dier daarheen wou neem nie. Al waarvoor die Hinnomdal goed was, was vir vullis…
Luister wat sê God in Jeremia 7: 30 – 32: Die Judeërs het gedoen wat verkeerd is in my oë, sê die Here: hulle het hulle afskuwelike afgode gesit in die huis wat na my Naam genoem is en dit so ontwy. Hulle het die hoogte van Tofet in die Ben-Hinnomdal gebou om daar hulle seuns en dogters in die vuur te offer. Dit was teen my bevel, so iets het selfs nie in my gedagte opgekom nie. Daarom kom daar dae, sê die Here, dat hulle dit nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal sal noem nie, maar Moorddal. Hulle sal daar mense begrawe omdat daar nie elders meer plek sal wees vir grafte nie.
ELKE keer (sonder uitsondering) as Jesus van ‘die hel’ praat – soos in Mat. 5: 29 “dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word” - verwys hy na daardie vullishoop, waar jy die diere se tande kan hoor kners en waar die vuur nooit ophou brand nie. Hy verwys nie na een of ander ewige poel van vuur nie.
Hy sê eintlik “as jy só optree dat jy afbreek en seermaak en wanhoop veroorsaak, is jy soos vullis; goed vir niks; nutteloos; ons kan maar van jou ontslae raak, want jy voeg geen waarde toe nie…” Dit is net ander woorde vir “julle is die sout van die aarde (wat moet geur gee en kos teen bederf moet beskerm); as sout verslaan het, watter nut het dit nog? Ons gooi dit weg en die mense vertrap dit…” Jesus sê presies dieselfde ding as hy sê jy kan maar in die hel (gehenna; die vullishoop) se vuur gegooi word!

Hades: the underworld

Hades kom 10 keer in die Nuwe Testament voor. Jesus gebruik die woord 4 keer; dit kom 2 keer in Handelinge voor en 4 keer in Openbaring.
Hades word op twee maniere gebruik:
1.      By tye word dit gebruik as vertaling van ‘sheol’, met dieselfde betekenis as die Ou Testament.
§  ‘n Voorbeeld is Handelinge 2: 26-27 (waar daar uit die Psalms aangehaal word): Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe, want U (Jesus) sal my nie aan die doderyk (hades) oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.
§  Therefore…my body will rest in hope, because you (Jesus) will not abandon me to the realm of the dead, you will not let me see decay.
§  Saam met Jesus, in God, is daar lewe, vreugde en dankbaarheid. God keer dat ‘n mens ‘die doderyk’ beleef. Jy kan rustig wees, die uitsigloosheid, agteruitgang en wanhoop van sheol / hades sal jou gespaar bly.
2.      Die tweede manier waarop ‘hades’ gebruik word, is om te sê dat die mitologiese onderwêreld nie ‘n bedreiding vir die kerk en gelowiges inhou nie.
§  In Mat. 16: 18 sê Jesus: En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk (hades) sal dit nie oorweldig nie. Moenie bang wees vir ‘hades’ nie, Petrus. Dit hou geen bedreiging in vir gelowiges nie!
§  In Openbaring 1: 17-18 lees ons: Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood (thanatos = fisiese of geestelike dood) en die doderyk (hades).
§  Jesus sê: Ek het die ‘dood’ vir altyd oorwin met die ‘lewe’. En hy spesifiseer: die geestelike dood wat ‘n mens al in die lewe kan beleef, sowel as ‘hades’. Julle hoef vir geen prentjie of ervaring van ‘dood’ bang te wees nie! Dit hou vir gelowiges geen bedreiging in nie!

Tartaroo = om in Tartarus te werp

Kom net 1 keer in die Nuwe Testament voor en verwys na hemelse wesens, nie mense nie.
2 Petrus 2: 1-4
Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf (apóleia = ruin, destruction) stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaad praat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang (apóleia = ruin, destruction) is onafwendbaar. (Hoekom? Want God laat hulle eenvoudig nie toe om te seëvier nie! God wen áltyd!) God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle in die hel (tartaroo) gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word vir die oordeel.

2.     Tot in ewigheid

Kom ons vat net vining saam voor ons by die laaste punt kom:
1.      Die eerste eienskap van ‘n tipiese, modern prentjie van die hel, is dat dit ‘n aaklige, droewige plek is waar die siele van ongeredde mense aan onophoudelike lyding onderwerp word… Ons het gesien dat hierdie prentjie ‘heidens’ (pagan) is en dat dit die Griekse mitologie onmiskenbaar reflekteer. Die Bybelse prentjie van die hel is ‘n toestand van Godsverlatenheid, wanhoop, vrees, angs, ontroosbare hartseer, donker, beklemming, kommer, benoudheid en moedeloosheid… Hel is die vullishoop waar jy hoort as jy ‘dood’ (al bogenoemde) met jou dade bevorder; as jy nie waarde toevoeg nie; nie opbou nie; nie ‘meer’ maak nie; nie nut het nie; nie God se koninkryk laat kom nie…
2.      Die tweede eienskap van ‘n tipiese, modern prentjie van die hel, is dat die arme, verdoemde siele tot in alle ewigheid in daardie droewige plek van lyding sal bly… Maar ook dít is ‘heidens’ en nie Bybels nie!

Mattheus 25:41-43

Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige (aiōnion) vuur (‘pur’, ‘n woord wat met ‘vuur’ of ‘trails’ vertaal kan word; lees die voetnota: dis die Griekse leksikon se beskrywing van die woord ‘pur’) wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ En hierdie mense sal die ewige straf (aionion kolasin) ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.
§  Die bokke ontvang aionion kolasin – vertaal as die ‘ewige straf’
§  Aonion = kom van die woord aiṓn wat beteken ‘n ‘periode van tyd’ (die engelse woord ‘aeon’ wat era; age; epoch; long, indefinite period beteken)
§  Kolasin (grondwoord is kolasis) kom van die woord wat ‘trimming’ of ‘pruning’ beteken; ‘kolasin beteken chastisement, discipline, rebuke, correct
§  “Aionion kolasin” is ‘n onbepaalde tyd van ‘snoei’, regstel, dissiplineer, korrigeer. Dit het beide ‘n einde en ‘n einddoel: korreksie.
§  Om “aionion kolasin” te vertaal as “ewige straf” is baie misleidend…
Maar DIT is die tems van ‘n volgende preek…

gevolgtrekkings

Ek het gesê ek wil te minste 3 preke ná hierdie een preek.
§  Een is oor ‘n spesifieke teks: Lukas 16: 19 – 31 (die ryk man en Lasarus)
§  ‘n Tweede preek gaan in groot detail, met baie Skrifverwysing, aantoon hoe God ALTYD weer genade betoon en hoe die ‘lewe’ altyd wen. Soms ‘oordeel’ God (soos vir Sodom en Gomorra), maar sy ‘oordeel’ behels ‘n ‘onbepaalde tydperk van korreksie/snoei’. As God die nodige korreksie gedoen het (die vuur wat rein gemaak en getransformeer het), toon hy altyd weer genade! Selfs vir Sodom en Gomorra…! Julle hoef my nie vandag te glo nie… Ek sal dit uit die Skrif vir julle wys!
§  Die derde preek is om seker te maak julle my nie verkeerd verstaan en dink ek sê dat die hel nie bestaan nie! Want die hel bestaan! Die ‘hel’ is baie werklik en baie sigbaar. Jesus se waarskuwing dat dit beter is om jou oog uit te kap eerder as om as gevolg daarvan te sondig, is glad nie vergesog nie…!
Soos in baie ander gevalle (dink maar aan die paashaas, kersboom en kersvader) besef ons nie altyd hoe baie ons as Christene deur heidense bygelowe en gebruike beïnvloed word nie. Die prentjie van die hel as ‘n plek waar ongeredde siele tot in ewigheid boet, het meer wortels in die Griekse mitologie as in die Bybel.
In die Bybel leer ken ons ‘n God van onbeskryflike liefde en onuitputlike genade. Waar God toegelaat word, floreer mense. Die karaktereienskappe van mense wat met God in ‘n verhouding is, is lewe, vrede, dankbaarheid, heelheid, oorgawe, ‘wholesomeness’ en liefde. Dit is wat God wil bewerk – and God will do whatever it takes! Golgota is ‘whatever it takes’!
Die teenpool van ‘Lewe’ wat in God bestaan, is ‘Dood’ wat sonder God die gevolg is. Die eienskappe van hierdie toestand is wanhoop, beklemming, donker, vrees, uitsigloosheid, apatie, onvergenoegdheid, doodsbenoudheid en haat… Enige iemand wat ‘dood’ bevorder, is ‘n teenstander van God, ‘n dwaalleraar! God (en die ‘lewe’ wat in God is) sal altyd sulke mense tot ‘n val bring! Lewe oorwin altyd dood!
Vanoggend wil ek graag hê julle moet met twee gewaarwordings hier wegstap:
1.      Ons tipiese prentjie van die hel – die een wat ongekende vrees wek – kom van die Griekse mitologie en is nie Bybels nie. Die Bybel se hel is ‘n toestand sonder God – ‘n toestand van wanhoop, onvergenoegdheid, eensaamheid en beklemming, waarvan God mense wil verlos! Niemand hoef bang te wees vir die ‘hades’ van ouds nie! Let it go!
2.      Die Bybel se hel is ‘n toestand wat op aarde al beleef word. Evangelisasie moenie mense bang maak met ‘n hel wat vir hulle wag nie! Dis nie God se styl nie! God oorwin met liefde! Evangelisasie moet mense verlos van die hel; dit moet vir mense hoop gee, en vrede; geloof om die dood en hel te oorwin met LEWE.
God se lig, lewe, heling, vrede, vreugde, dankbaarbaarheid, vergenoegdheid en oorgawe moet in ons lewens sigbaar wees! Ons moet sout en lig wees! Ons moet meer maak en waarde toevoeg en opbou en aanmoedig en hoop gee…! Want as ons afbreek en minder maak en seer maak het ons geen nut vir God nie, werk ons teen God en is ons goed vir die vullishoop… Kom ons SPREEK lewe, BRING lewe en WYS lewe! Ons is immers kinders van God en agente van Lewe!