Sunday, March 31, 2013

Preek 31 Maart 2013


OPSTANDINGSONDAG 31 MAART 2013
HY HET OPGESTAAN!
_______________________________________________________
1.  Skriflesing ::  Johannes 20 :: 11 – 16

2.    DIE NA-NAG WAS NET TE LANK . Die na-nag was te lank vir Maria : Die Verbystering / Die Smart / Die Teleurstelling oor haar Rabbi se kruisdood gooi ’n donker skadu oor haar hart!  Sy verlang intens na Hom :: Wil Hom so graag weer sien : Net aan Hom raak : Sy liefde weer voel

3.  Toe weet sy :: Ek sal na Sy graf gaan :: Sy liggaam met my trane balsem : Sommer net die pyn in my hart voor Hom uitstort : Sy teenwoordigheid weer beleef!

4.  Stadig en onseker loop sy na die graf ::  Versigtig loer sy by die oop gat in die muur in : En dan die skok >>  My Meester – Die Een op wie ek my lewe gebou het – se liggaam is weg!!   Hard en vol vrees skree sy ::  Waar is my Meester? Wie het Hom weggeneem?  Verslaentheid oorweldig haar!  Haar angsroep klief deur die oggend-stilte!

5.   Dan :: Meteens :: Asof uit die niet :: staan Hy langs haar :  Waarom huil jy so? Vir wie soek jy?  **  Onbewus van wie dit is, pleit sy ::  Asseblief, Meneer :: As JY Hom uit die graf geneem het, sê tog vir my waar sy liggaam nou is.  Ek sal dit vat en verder dra!    **  Dan die onverwagse antwoord :: ’n Enkele woord ::  MARIA!!! Sien jy nie :: Dis EK : Jou Vriend en Verlosser, die   Seun van God!  Ek is nie in die graf nie!  Ek het die dood oorwin!! Daarom ::  Jy kan nou opstaan en LEEF!!   En al wat sy verbaas kan uitroep ::  Rabbi!!

6.   En in hierdie HEILIGE lewensveranderende oomblik, verander elke stukkie Lewens-hartseer .... in Oorweldigende Vreugde  Haar aardse hartseer ..... in Hemelse Moed ::  Haar donker Verlorenheid .... in  Ewige Lig!!  Ek het die Here nounet LEWENDIG gesien!!   HY HET OPGESTAAN!!  HY LEEF!!  DIE GRAF IS LEEG!!   Want ::  Dit is die dag! Dit is die Heer se dag! Die Heer verrys in morelig! Die Here leef! Hy oorwin die graf!
Halleluja!   Halleluja!   Die Here leef!  Hy is uit die graf!!  Die Heer het OPGESTAAN!!

7.   DAWID SE NOODKREET  ::   >>  Soos Dawid se NOODKREET in   **  Ps 28 : 1 >>  Ek roep na U, Here my Rots : Moet tog nie doof wees vir my nie! Want as U bly swyg, sal ek wees soos ’n sterwende!    >>  Wat verander in ’n LOFLIED in   **  Ps 28 : 6 >>  Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor! Die Here is my Sterkte en my Beskermer : Op Hom kan ek vertrou!  Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met ’n loflied!   Die Here is ’n sterkte vir Sy volk, ’n Veilige beskutting vir Sy gesalfde!     >>  En BEVESTIG word  in **  Ps 18 : 47 >>  Die Here leef!  Ek loof Hom wat my ROTS is! Ek PRYS God wat my gered het! Dit is God wat my die OORWINNING gee!




8.   En daar is ’n aanloop tot die uitroep : Daar is iets hieragter :  Was nie sommer ’n maklike ding om uit te roep nie :   Want die verhaal in Ps 18 vertel van vyande wat Dawid op die randjie van WANHOOP gebring het ::  ’n Situasie wat Hom ERNSTIG tot die Here laat bid en vra :  Here, beskerm my asseblief!  Moenie STILBLY en my laat voel of ek teen die dak vasgebind is nie!

9.  Maar dan ervaar DAWID Hoe die Here op die toneel verskyn :   Hom uit onmoontlike situasies red :  Hom KRAG gee in situasies waar hy nie in EIE krag staande sou kon bly nie :    En die ondervinding laat Hom met groot oortuiging uitroep Die Here Leef!! Die Here is my Rots :: My Sterkte :: My Skuilplek My Redder :  Ek VERTROU die Here!!   Want Hy gee LIG in die donker :: Krag BO verwagting :: ’n Voorspoedige pad ::  ’n Vastrapplek vir Sy kinders ::  Hy maak my voete soos die van ’n ribbok ::  Op hoë plekke kan ek VEILIG loop!  HY HET OPGESTAAN!  HY LEEF!!

10.   En waarmee Dawid eintlik bely  :: Die Here leef!!  **  Hy is hy nie net .....dood ..... nie!   Nee!  Allesbehalwe ::      **  Hy is steeds AKTIEF  ::  **  Hy is steeds WERKSAAM in hierdie wêreld :  **  Hy HET Hom nie ONTTREK nie :: 
**  Hy is AKTIEF in jou en my wêreld!  **  Hy LEEF inderdaad!!!  Jesus leef en ons met Hom

11.   PAASFEES / OPSTANDING-SONDAG 2013    Saam met al die herinneringe // Die bevestigings :: Kan ek vanoggend in hierdie Paastyd voor die Jesus kom kniel wat ons met Sy Vergifnis, Vrede, en Genade seën!    **  En KIES ek – soos Maria Magdalena – Om @ die kruis van Jesus te kom kniel :  Om elke dag oor my Verlosser te JUBEL en te JUIG :  En vir Hom te sê ::  My Here en my God! Ek aanvaar U onbeskryflike liefde met dankbaarheidsvreugde!  Wees asseblief my Rabbi, my Leidsman, my Ewige Vriend!   Vul my daagliks met die krag van u Gees, sodat ek kan leef soos ’n Verloste kind :: Soos ’n kind wat na U beeld geskape is ::  ’n Kind wat met U liefdeswysheid gevul is.  Gebruik my lewe, gawes en talente in U diens, sodat ek U grootheid Hoorbaar, Sigbaar en Voelbaar sal maak!   Ja, Here, U is my lig : Die Lig wat my Feilbaarheid vergewe, my Gebrokenheid heelmaak, Wat elke aardse nag in ’n Hemelse Vrede omskep!  Ek eer U met my hele hart : Want ek GLO ...

12.   Ja!   Inderdaad ::  Die Here leef!!  Hy is nie net dood is nie!   Nee!  **  Hy is steeds AKTIEF!!  **  Hy is steeds Werksaam in hierdie wêreld :  ** Hy het Hom nie Onttrek nie ::  **  Hy is AKTIEF werksaam in jou en my wêreld!

Sunday, March 24, 2013

Preek 24 Maart 2013


PREEK : SONDAG 24 APRIL 2013
DIE LIG BREEK DEUR!   Luk 18 : 35 - 43
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1.   IN THE FOOTSTEPS OF JESUS  **  Die beroemde skrywer van Dr Jekyll and Mr Hyde :   Toe hy nog ’n kind was, was daar nog straatlampe in die strate!  Een nag by die  venster uitgeloer : Pikdonker!  As kind baie bang vir die donker, maar die aand is sy vrees daarvoor verdryf : Want die man wie se taak dit was om die gaslampe aan te steek vir die nag, het by hulle straat begin :   Een vir Een het die straatligte aangekom!!   Hy het opgewonde vir sy ma  geskree  Mommy, somebody is poking holes in the darkness!

2.   En dis wat ons dalk vanoggend moet hoor  :  Jesus :: die een wat LIG stuur :: Die Een wat LIG is ::  kom druk gate in die donker!!!   God se lig wat deur die gate inkom,  verdryf die donkerte!  Ons kan verseker weet dat DONKERTE nooit vir lank die oorhand in God se kinders het nie!    >>  Onthou wat Jesus gesê het ::  Ek is die LIG vir die wêreld!  Wie MY volg, sal nooit in die duisternis lewe nie! (Joh 8:12)  Iemand wat My volg, se lewe nie sinloos wees soos die van iemand wat in die donker rondstrompel nie!

3.   As die Almagtige God, Skepper van die heelal, Magtig om enige-iets te doen, vir jou vra  :: WAT WIL JY HÊ MOET EK VIR JOU DOEN? .....  >>   Wat sal jy antwoord??    Wat wil jy die graagste hê?  Want dis die kans van ’n leeftyd :: Jy gaan dalk NOOIT weer so ’n kans kry nie :: Dis amper ’n  Money or the Box situasie ...!!!   **   Gaan jy vra vir geld  –  Nie baie nie Here, maar net genoeg!  Ek sou kon doen met ’n miljoen ...!!!     **   Gaan jy vra vir ’n lang lewe – Maar dan ’n gesonde en gelukkige lang lewe ::  Ek sien werklik nie kans vir die pyne en  kwale en skete van ’n oumens-lewe nie!       **   Vra jy dalk vir veiligheid – Beskerming vir elke dag – Want dis so wild en woes daarbuite : Moet myself om elke hoek  en draai beskerm : Myself agter slot en grendel hou!   **   Vra jy vir gesondheid – Want ek kan die pyn en siekte nie langer verduur nie – Dis nou eenmaal net te veel :: Dis nou  genoeg!  Hoekom moet net ek so suffer?   **   Wat van ’n goeie naam – Dis tog so belangrik vir my image en beeld!  Ja! Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen??

4.   Skriflesing :: Luk 18 :: 35 – 43.   Onthou asseblief ::    In daardie tyd was dit veel moeiliker om blind te wees as vandag :: Al die hulp en tegnolgie nie so geredelik beskikbaar soos vandag nie ::  Kon nie gou-gou vir ’n laser ops gaan nie : Van oorplantings was daar nie eers sprake nie!!   Die enigste oplossing vir die man was om hom maar tot bedelary te wend om aan die lewe te bly!   En nou weet julle hoe die mense oor bedelaars gevoel het :: Eenkant toe gestoot : Was as lasposte en luiaards gebrandmerk ::  Hulle het geen kans in die lewe gehad nie ::  Niemand het hulle ’n plekkie gegun nie!

5.  Soos al die ander mense het hy ook van die Jesus gehoor ::  **  Dat Hy mense gesond KAN maak :  **  Dat Hy ’n hart het vir swaarkry-en-op-die-rant mense ::  **  Dat Hy Almagtig is ::  **   Dat Hy DOEN wat Hy beloof!!!!   Ja!  Verseker het hy van die man gehoor   >>  En toe hy op ’n dag hoor dat die man sy dorp kom besoek, het hy seker vir homself gesê ::   
Hier’s my kans!! Ek gaan dit vir geen geld ter wêreld misloop nie! Dis dalk my ENIGSTE ans in die lewe!  Ek DURF dit nie misloop nie!

6.    En soos ’n klein seuntjie het hy begin kerm en skree ::  Al harder en harder ::  In die hoop dat Jesus hom sou hoor::    Hoor my tog!  Ontferm U oor my!  Ek wil graag sien! Help my tog!  **   So hard aanhou kerm, dat hy die omstanders begin irriteer het Hulle hom probeer stil maak het :  Want wat maak ’n bedelaar in elk geval tussen ons .. Jy hoort mos nie hier nie ..!   Jou plek is daar eenkant Hulle was nie lus vir die gekerm van die bedelaar nie!! Hulle het immers gekom om JESUS te sien!

7.   Maar Jesus HET hom gehoor :: Bo al die geskree en geraas deur :: Tussen al die baie ander wat Sy aandag gevra het, het Jesus die een stem gehoor ::   Jesus! Seun van Dawid! Hoor my tog!  Ontferm U oor my!  Hoor my tog net! Help my tog net, asseblief!!     En wanneer Jesus hierdie BELANGRISTE VRAAG in sy lewe vra  ::  Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? ::   En die BLINDE MAN in Luk 18 : 40 huiwer nie vir ’n oomblik toe hy die vraag hoor nie ::  Dat ek kan SIEN, Here!!!.

8.   En asof in ’n oomblik, maak Jesus sy oë reg :: Goed!  Sien dan!  Jy kan nou sien!  Die mooiste woorde wat die man nog in sy lewe gehoor het :   Want skielik is die donker gordyn in sy lewe vir ewig weg : En kan hy SIEN!!

9.   En kry hy boonop die goeie nuus ::  Jou GELOOF het jou gered!   Hy verstar vir ’n oomblik ::  My Geloof??  Het ek dan Geloof??    Ek :: Die blinde bedelaar van Jerigo :: Wat altyd maar eenkant toe gestoot is :: Nooit ’n kans gegun is nie :: Altyd op die buiterant moes leef ::  Myself aan die lewe moes probeer hou met boemel bedel en aalmoese, STAAN VERWONDERD   ::  Kan ek dan ook GELOOF hê??  Dis my NOOIT gegun nie!! 

10.   En die lig breek vir hom deur :  En hy besef .. ervaar :: Geloof in God is om jou hart vir Hom oop te maak :: Om jou aan Hom oor te gee : Om Hom te vertrou ..............!!

11.    Wat kan EK vir jou doen?   As die Almagtige God, Skepper van die heelal, Magtig om enige-iets te doen, vir jou sou vra ::  Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?  Wat sal jou antwoord wees??  Wat wil jy die graagste hê?  Want dis die kans van ’n leeftyd!!!!   Jy gaan dalk NOOIT weer so ’n kans kry nie  Dis dalk die begin van iets totaal NUUT vir jou!!!  Wat gaan jy vra ...........??

12. Maar  ::   Miskien is dit dalk net goed om, VOORDAT jy antwoord, net weer ’n slag stil te word ::   Bewus te word met hierdie wonderlike troos dat God die God van nuwe beginne is :   Hy kan iets NUUT begin waar alles vir ons verlore of hopeloos lyk!    >>   Miskien is jou moed LAAG vandag!  >>  Miskien lê daar vir jou uitdagings voor wat te groot voel om te hanteer!  

13.   ONTHOU dan :: He is the God of New Beginnings!!  Hy kan wondere doen!   **   Hy het aan die begin uit NIKS, ’n totaal ALLES nuut geskep  ::  ’n Heel nuwe wêreld!!   **  Hy het in Eli se dae met ’n jong seun begin NUUT begin!   **  Hy het die ballinge ’n NUWE KANS gegee!   **   Hy kan ook deur Sy wonders in JOU lewe met iets NUUT begin!   **  Hy kan in Sy wondergenade,  deure vir jou oopmaak waarvan jou nooit eens kon droom nie!   **  Hy kan ook vir jou vrede en vreugde bring wat alle verstand te bowe gaan!   Vandag kan daar vir jou ’n nuwe lewe wees :: Die begin van iets nuut – ’n Lewe waarin God telkens op ’n nuwe wyse werk!  Glo!  Leef dit! Van vandag af!    Dit het Dawid laat uitroep ::  U leer my hoe om te lewe!  By U is daar oorvloedige blydskap!  Uit U hand kom net wat mooi is!    

14.  Is jy NOU reg om te antwoord ::  Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?

15.   En wat maak ’n mens as jou GROOTSTE wens skielik deur Jesus WAAR gemaak word :  Wel .. **   Jy gooi jou arms in die lug!     **  En jy JUIG en JUBEL!!     **   En dan DIEN jy Hom daarna met jou hele lewe :: Want dis die beste manier om DANKBAARHEID gestalte te  gee!    **   Dan word jou hele lewe ’n LOFLIED tot eer van God ::  Want dis die enigste manier waarop jy uiting kan gee aan jou DANKBAARHEID!!   **   Dan word jou hele lewe ’n OFFER aan God :: Want dis die enigste manier waarop jy DANKBAARHEID kan spel!    **   Dan hou jy nooit weer op om oor jou groot God te praat nie : Want almal moet HOOR van DANKBAARHEID!   **   Dan verander jou professie ::  Verby is die dae van boemel en bedel – Van aanmekaar BAKHAND staan Nou VOLG en VERKONDIG jy!!   **   Dan trek jy jou skoene uit :: En jy kyk DANKBAAR op!!  Want jy staan op Heilige Grond!     **   Soos die blinde bedelaar van Jerigo gemaak het!!

Sunday, March 17, 2013

Preek 17 Maart 2013


SORRY!  WRONG PERSON! WRONG CV!
______________________________________________________
1.  Here : KYK NET HOE INDRUKWEKKEND MY CV ::  Ek is net die regte persoon vir die werk!!!  Kyk bietjie my indrukwekkende CV .   
>>  Ek is hierdie model Farisiër in Luk 18 : 9-14  ::  **  Ek is vir nommer 1 NIE soos hierdie tollenaar nie!   **  Ek vas TWEE   maal per week!  **  Gee ’n tiende van my HELE inkomste  **  Ek steel nie / Pleeg nie moord nie /   **  Bedreig nie / Slaap nie rond nie / Bid gereeld / Is ook nie SO ’n groot sondaar soos HIERDIE tollenaar nie!!      
>>   Here : Ek, Paulus, voor my bekering :  Efe 3 : 4-6  ** Ek beskik oor uitnemende godsdienstige prestasies!  **  Ek is ’n Rasegte Isrealiet  uit die stam van Benjamin ::  Soos  vereis, op die  agste dag!  **  Ek praat Aramees!! **  Ek is ’n onberispelike  onderhouer van God se wet!   **  Ek beskou myself as die DUX leerling as dit by God se sake kom  / Het in al my vakke onderskeidings gekry / Het al die vereiste ere-kleure as dit by God se sake kom!  **  Ek beskou myself  as ’n geestelike REUS!  ** Ek is seker die EEN persoon wat  outomaties moet kwalifiseer vir enige spesiale werk wat op my pad  mag kom!!     >>  Ek :: 2013  ::  **  Het julle al ’n indrukwekkender CV gesien?   Kyk hierna …. **  Ek reik tog uit na mense /  Gee om .. / Help waar ek kan!  **  Was nog altyd beskikbaar / My deur staan oop ..! Luister .. Gee raad ..!   **  Huil saam vir mense se hartseer / Lag saam oor hulle vreugdes!  **  Gee gereeld my bydrae!  Gereeld by die UITREIKAKSIE op Vrydae betrokke!  **  Ek HET tog .... IS tog ....  DOEN tog .....  GLO tog ek maak ’n verskil ...!!  **  Ek is SEKER die mees outomatiese keuse ..............................!     >>   Hoe lyk JOU CV vanoggend ...........?

2.    SORRY! WRONG CV …..   Maar weet jy wat ::  Die hartseer ….. Die Slegte nuus …. ::  **  Jou Godsdienstige // Mensgemaakte CV …. beïndruk die Here glad nie!    **  Jou op  -EIE-Stoom-en-dink- EK -gaan-so-die trappies-na-die-hemel-klim - metode en CV gaan jou NIKS help nie     **  Daarvoor is jou lewe veels te kort om GENOEG op eie stoom te doen om die Here te beïndruk!!    **  Elke sg goeie daad is net te veel omraam en omring deur SELFSUG en EIE EER  : Te veel verskuilde agendas en soeke om  erkenning!    Askuus as ek dit vanoggend vir jou moet sê : Maar SORRY!! Wrong CV!! Wrong Person!!  Alles wat jy op eie stoom probeer doen om God se aandag te trek, net te min ..  En net te laat!!!  Jammer man!!!

3.  Want sien : GEHEIM : NIE TE HAASTIG NIE ....!   Die GEHEIM is nie hierdie INDRUKWEKKENDE CV en JARE se ondervinding nie :  Dit MAG jou dalk net tot voordeel  strek!       Die GEHEIM .. (RESEP ... As daar een is ... )  is maar net ....   **  Om God se manier en sy pad en sy plan te erken en te vertrou!!   ** Om nie te OORHAASTIG in te spring met JOU plan en Manier nie!   ** Om nie TE VEEL op jou EIE vermoëns te steun nie!   ** Om nie jou EIE ego in God se pad te laat staan nie!!  **  Om maar net OOR te gee / Te surrender / Te VERTROU!!

4.  Kyk maar na God se MEESTERPLAN met Gideon en sy manne wat die Medianiete in Rig 7  moes gaan aanval : En hoe hulle moes leer om NIE op EIE stoom iets vir die Here aan te pak nie .....  >>  Die toneel : Gideon en sy manne beplan ’n aanval op die Midianiete :     >>  Meer as 32,000 troep trek saam /  Kry hulle papiere en  oproepinstruksies! 
>>  God se plan :  Om Gideon te wys dat Hy vir hulle veg : Hy ALLEEN die oorwinning gee :  Daarom :  Die opdrag aan Gideon :   **  Te veel manne by jou!  **  As ek dit toelaat,  dink die Israeliete later dat HULLE die oorwinning behaal het    **  Dat HULLE sterk genoeg is om op hulle EIE die oorwinning te behaal!    >>  God se Strategie  / PLAN  :  v3 Laat al die banges huis toe gaan! 22,000 besluit om huistoe te gaan!  **  Maar daar is NOG te veel!!  V4-5  :: Laat die manne water drink ::  Twee groepe   >>  Die wat op hulle knieë staan,  gaan huis toe!!  >>  Die wat water met die hand opskep, BLY om te veg!!!     >>  Die Resultaat  :  Nie meer 32,000 nie!   >>  Net 300 soldate bly oor : God sien kans om met NET 300 man die Midianiete aan te val :

5.   Ek kan my voorstel wat die geharde generaals van die PLAN sou sê : Absurd! Dom! Mal! ’n Mens MAAK nie so oorlog nie!!   Enige  militêre Bevelvoerder wat sy sout werd is, sal erken : Maar dis mos ’n SELFMOORD poging die!! Dis nie volgens de spelreëls van OORLOG nie! 

6.   Maar die Here se plan en metode was anders :    **   Van die oorspronklike 32,000 man, bly NET 300 oor : Die soldate se goeie CV’s ten spyt!    **  Selfs nie die mees geharde en ervare soldate met die grootste spiere en beste swaarde nie!  **  Selfs nie aan hoeveel veldslae hulle suksesvol deelgeneem het nie!  **   Net ’n klein en eenvoudige manier om Sy manne uit te sorteer – Hoe drink jy WATER!!   **  Die wapens : Trompette en kleipotte!!   En die plan 100% suksesvol ::  Hulle verslaan die Midianiete sonder enige wapens!!  HOEKOM??  Omdat dit die Here se plan was!!

7. WAT NOU ...... ??    Wat ... Wat nou?  Wat wil ek vir jou sê?   ’n Paar dinge :  >>  Die Here het Sy eie plan – En sy eie vereistes vir die CV van die wat Hy wil gebruik!!   >>   En dis nie ALTYD die STERKSTES en MEES BEKWAMES nie!!   >>   Sy eerste voorwaarde is : Wie gaan my op MY voorwaardes volg?   >>  Wie is bereid om volgens MY planne te handel??  >>    Wie gaan MY vertrou dat EK vir die res sal sorg ::  Dat Ek op die regte tyd en plek die OORWINNING  sal gee : Dat Ek die uitkoms sal gee,    .... no matter what .

8.   Weet jy wat :  Die Here het REGTIG nie 32,000 bekwame manne nodig om vir Hom die oorwinning te behaal nie!    **  Net 300 man wat op ’n VREEMDE manier water drink is genoeg!!   **  Net twaalf  dissipels, wat oor geen  BUITENGEWONE vermoëns of kwalifikasies beskik nie, MAAR BEREID IS OM ALLES NET SO TE LOS EN HOM TE VOLG ::  Is vir Hom genoeg om sy groot EVANGELIE-PLAN uit te voer!

9.   DIESELFDE BEGINSEL IN 2013 .....  En dieselfde beginsel geld VANDAG nog ::  **  NIE hierdie INDRUKWEKKENDE CV met NOODWENDIG die BESTE  kwalifikasies nie!!   **  Dalk net op daardie oomblik die mens wat Jesus op SY voorwaardes volg : Sonder ENIGE fynskrif of ander agendas!!  **  Die een wat die Here VOLKOME vertrou vir SY PLAN!!   **  Die een wat toelaat dat God deur Sy GEES, IN hom te werk!  **  Die een wie se HART oopgegaan het vir die Here se plan!   **  Die een wat aanvaar :  Die res gebeur vanself!!   

10.  Want sien : God SORG!!  vir die res!!!  Jou BESTE kwalifikasies ten spyt!!!  Laat staan dus maar die verskonings as God jou roep!!      >>   Sê net  JA! HERE! As Hy jou roep om vyandelike gebied vir Hom te gaan verower!!   Laat staan jou nonsens en verskonings – Dit maak in elk geval GEEN indruk op Hom nie!!  Aanvaar net jou ROEPING!!     >>   Meld aan vir DIENS!!   Laat wapper Sy vlag!!   Hy sal die nodige Krag, Wysheid en Insig voorsien!!!    >>  GLO DIT ... EN GAAN DOEN DIT ....!!!

11.   Vraag :;  is jy bereid om God vanoggend op SY voorwaardes te volg? Is jy bereid om volgens Sy planne te handel? Is jy bereid om Hom te vertrou dat Hy vir die RES sal sorg – Dat Hy op die regte tyd en plek die OORWINNING sal gee : Dat HyUITKOMS sal

12.   Dawid in Ps 37 : 5 >>   Ek laat my LEWE aan die Here oor :  Ek vertrou op Hom : Want ek weet Hy sal sorg :: ............. no matter what ...........??

Sunday, March 10, 2013

Preek 10 Maart 2013


PREEK SONDAG 10 MAART 2013
MY DOKTER SE NAAM IS JESUS – ’N SEUN IS AAN ONS GEGEE!
________________________________________________________________
   My dokter se naam is Johannes : Lank en lenig :  ’n Pragtige jong man :  Skat hom so 45 jaar oud : Kon my seun gewees het :  Sien op die foto op sy lessenaar sy vrou en twee seuntjies!

  My dokter, Johannes, is baie professioneel :  As dit tyd is vir my afspraak, kom hyself vorentoe en kom haal my : Groet my vriendelik en warm :   Goeie more mnr van Vuuren!  Hoe gaan dit? Kom maar deur asseblief deur!   Johannes  is ’n lekker gemoedelike mens :  Vriendelik ::   Sien dit met die intrapslag  :  Dit laat my  gemaklik en tuis voel!   As ek in sy spreekkamer sit, voel ek tevrede  ::  So onder die seën van sy vaardigheid en ervaring : Ek vertrou hom volkome.    En hy hanteer my ook baie professioneel ::  As ek by hom is,  met soms ’n onbenulligheid, hanteer hy my met baie omgee en simpatie  :   >>  Stil en beheersd en baie bedrewe ::  >>  Bedaard en In beheer verduidelik hy ::  >>  Ek kan sien hy weet van // Hy KEN van //  Het dit al baie kere gedoen ::   Net gou ’n bloedtoetsie om DIE een moontlikheid uit te skakel : Dan net gou ’n ondersoekie : Buig biki hier ...Buig biki daar!  Daar’s hy : Alles onder beheer!  Dis darem nie die einde nie ::  Daar is HOOP!!

  En daarom het my verhouding met my dokter, Johannes, ook oor die tyd verander : Betekenisvoller geword : Jy kan maar sê dit het Gegroei //   Selfs verdiep, namate hy my beter leer ken het ::  Namate ek hom meer nodig gekry het.   Hy het verander van ’n aangename, vriendelike – dalk onbetrokke buitestaander – tot ’n baie belangrike mens in my lewe ::  Hy word my Helper ::  Raadgewer :: Geneser :: Bondgenoot :: Vriend : My Vertroueling : Ek hang aan sy lippe ::  Ek is AFHANKLIK van hom : Sy diagnose : Sy voorskrifte!     En ek besef weer >>  Hierdie Bolandse seun is 45 jaar gelede ook vir my Gebore // Gegee – Nog lank voor ek hom geken het!

   En skielik // eensklaps maak Jes 9 : 5  vir my MEER sin as ooit tevore  :: Gee dit MEER betekenis aan my lewe ::  Vir ons is die  Seun gebore : Aan ons is ’n Seun gegee :  Hy sal heers, en Hy sal genoem word  ::  Wonderbare Raadsman ::  Magtige God :: Ewige Vader :: Vredevors!  Lankal : Lank gelede : Nog VOOR ek hom geken het of van Hom geweet het :
 
   Want ek besef ::  Hierdie vers NIE net op Kersfees gelees moet word nie – Dis miskien JUIS die fout wat ons maak!! – Want dis ‘n vers wat ELKE dag gelees kan/moet word >>  Wanneer jy in die nood is! >> Wanneer jy ’n ONRUS in jou gemoed het!  >> Wanneer jy nie kan of wil bid nie!  >>  Wanneer jy nie meer kans sien nie!  >>  Wanneer jy MOEG en MOEDELOOS is!  Om dan te besef ::  Maar vir ons is die  Seun STEEDS gebore : Aan ons is ’n Seun gegee :  Hy sal heers, en Hy sal genoem word  ::  Wonderbare Raadsman ::  Magtige God :: Ewige Vader :: Vredevors!  Lankal : Lank gelede : Nog VOOR ek hom geken het of van Hom geweet het :

   Ja!   Hierdie Kaalvoetkind uit Bethlehem wat, verbeel ek my, dadels en koringpap geëet het aan ’n eenvoudige tafel : Wat kaalvoet in die stofstrate van Bethlehem gestap het :  Wat wintertyd toegedraai is in ’n velkaros en wat dalk saans, by ’n flou lampliggie, beeldjies sit en kerf het uit sy skrynwerker-pa se afvalhoutjies!      ’n Seun wat onder moeilike omstandighede gebore is, in ’n nag toe mense beweer hulle het engele hoor sing :  En skaapwagters daar naby in die veld hulle skape opgepas het ::   Hierdie seun  wat  algaande meer en meer, met ’n groter wordende dringendheid,  bewus geword  het .....van die dinge van my Vader!

  Ja!  ’n Mens leef soms lank ASOF Hy nie bestaan nie : Asof jy nie van Sy bestaan weet of bewus is nie – So asof jy nie van Sy bestaan WIL weet nie >>>  Draai baie keer DOELBEWUS die rug op God  >>>   Wil God nie altyd VERTEENWOORDIG nie  >>>  PAS dit my nie nie om VERTEENWOORDIGER te wees nie  >>> Tree baie keer LIEFDELOOS  en ONBARMHARTIG op   >>>  Leef so teenstrydig met die BEELD van God  >>>  Hou op om God te WYS  >>>  Maak God AFWESIG  >>> Verbreek die liefdesband met God!!  

    Maar dan  :; Eensklaps verander hierdie Seun uit Bethlehem ook van Vreemdeling na Vriend ::  Word Hy SKIELIK Raadgewer / Allerbelangrikste Bondgenoot  >>> Wanneer jy Hom nodig kry  >>> Namate julle mekaar beter leer  >>> Wanneer jy  die dag ontdek dat jy intens afhanklik is van Sy vermoë >>>  Dat jy inderdaad die PRODUK van Sy vermoë is  >>> Wanneer jy bewus raak van WAT Hy voortdurend vir jou doen wat jy nie vir jouself kan doen nie  >>> Wat Hy vir jou beteken!

   En eers wanneer jy leer en ervaar HOE besonders Hy is ::  **   Spesiale Raadsman – Alwetend /Alomteenwoordig ::   **  God wat STERK is  -  Met die vermoë om GROOT planne uit te voer ::   **  Ewige Vader – Hy hou die wêreld in Sy hande :  **  Koning van Vrede – Hy gee om en wil net die BESTE vir Sy kinders!   ///  kan jy jou Dankbaar -  Verlig - Veilig toevertrou aan Sy helende, fynvat hande .........     
                                                                                                                                      En skielik besef jy ...  Maak dit MEER sin  ::  My Helper / Raadgewer / Geneser / Bondgenoot / Vriend / Vertroueling / Die Een wat vir my OMGEE / Altyd DAAR is vir my / Sorg / Voorsien ... Sy naam is JESUS :: Seun van God >>  Deur God uitgekies >>  Deur God met krag toegerus >>  Deur God geliefd       En jy besef opnuut ::  Hierdie kaalvoet seun uit Bethlehem is bykans 2000 jaar gelede OOK vir MY gebore / Aan My gegee   >>  Nog lank voor ek Hom geken het!!  Dis my Jesus daai ::   That’s my Jesus >>  Chosen by God!  >>  Loved by God! >>     
                                                                                                                                                                                            En SKIELIK maak die woorde vir my NOG MEER SIN ::  For a child has been born to us, a son has been given to us; and the government is upon his shoulder ; and his name is called  >>  A wonderful counselor is the mighty God  >> The everlasting Father  >>  The ruler of peace  >>  That the government may be increased, and of peace there be no end.      (Isaah 9:5)   
                                                                                                                                                                                               
    Hoe  BETEKENISVOL  is dit nie :  Hoe  NODIG het ons dit nie : Juis NOU .... Vir 2013 : Hierdie Kind in die Krip ::  Soveel MEER as vir Johannes.my dokter!!    

Sunday, February 24, 2013

Preek 24 Februarie 2013


 PREEK :: SONDAG 24 FEB 2013
OPPAD NA EMMAUS  ( Luk 24 : 13-35 )   
1.   Twee van Jesus se volgelinge stap die Sondagmore vroeg, na Sy dood, na sy kruisiging,  na Emmaus :: En hulle gesels juis oor hierdie wonderlikste van wonderlike dinge in die lewe waaroor ’n mens kan gesels :: HOOP!!:     Maar ironies – en vreeslik hartseer! – sê hulle die verskriklikste ding daaroor :: Praat met SWAAR harte daaroor Hulle sê :  ONS HOOP is DOOD! ::  Ons HOOP. JESUS, is dood!!!!! 

2.   Intussen sluit die einste Jesus waaroor hulle hier praat, hom @ hulle aan : Hulle is so morbied en moedeloos dat hulle Hom nie eers herken nie!!   **  Met somber en strak gesigte, vra hulle moedeloos : Maar weet U dan nie van die allervreeslkste dinge wat die afgelope tyd hier @ ons gebeur het nie??  (v18)    **  Ons het so GEHOOP dat dit Hy is wat Israel sou verlos!  (v21)  [Maar nou het lede van die Joodse Raad hom oorgelewer om ter dood veroordeel te word!!  Hoe KON hulle??  Ons ENIGSTE hoop :: Is nou dood!!]   **  Die twee sien GEEN uitkoms nie :: Moedeloos :: Ons HOOP is DOOD!!

3. Hy begin doodluiters met hulle oor die Bybel praat.  Wat ’n gebrek aan begrip : Wat ’n TRAAGHEID van Gees!  Glo julle dan nie die dinge wat die Profete gesê het nie?   (v29)

4. Toe die drie uiteindelik @ Emmaus aankom, was dit al aand. Hulle dring by Hom aan om by hulle oor te bly.   Die aand aan tafel breek Jesus self die BROOD :: ’n Liefdesgebaar!  Maar juis toe Hy die brood breek, gebeur daar ’n wonderwerk ::  Hulle oë gaan oop ::  En hulle HERKEN Hom!    **   En hulle besef  :: Maar ons moes geweet het dis Hy!!  Hoe dom kan ons wees!!  Maar het ons harte darem nie warm geword toe Hy die skrifte vir ons uitlê nie??  Dit gee ons sommer weer MOED :: Gee ons sommer weer HOOP!!   

5.   En hulle het haastig terug geloop JERUSALEM toe : Met groot vreugde :: En ’n splinternuwe boodskap ::   **  Ons Jesus LEEF!!  Ons HOOP is toe NIE dood nie!!  Die Here het OPGESTAAN!! Ons HOOP leef weer!

6.   En dis dieselfde ervaring wat die dissipels daai aand op die see van Tiberias beleef het : Toe hulle al moedeloos, GEEN vis gevang het nie :  Toe hulle hoop ook dood was ::  Toe hulle die man op die strand hoor sê :  Haa manne :  Gooi die nette daar regs van die skuit in!  Probeer biki daai net aan die regtekant van die skuit uitgooi!!   Daar is vis!    Met die booskap daarmee saam ::  Jy hoef die lewe nie alleen aan te durf nie!!  Ek begin dan juis elke more NUUT met jou!! Ek weet PRESIES wat jy NOU nodig het!  Ek HET die raad en leiding reeds vir jou gereel!  Jy hoef nie langer te soek nie!!  Probeer ’n slag iets NUUT’s!!        En dan HERKEN hulle hom – Dis Jesus!!!!!  En die dissipels  besef ::    Ons HOOP is toe nooit DOOD nie Ons kan nou weer NUUT begin!!!  Ons kan maar weer begin!! Kom ons gooi die nette aan die anderkant in!!

7.   Dis dieselfde ervaring wat die vrou in Luk 7 :: 38 – 50 gehad het : Toe sy in die harde mans wêreld instorm en aan Jesus se voete neerval :  Haar sondige en sedelose lewe voor Hom bely ::  Sy voete met duur Nardus-olie salf en sy Sy voete met haar hare afdroog ::   **  Toe GENADE haar teen die spoed van wit lig tref!!    ** Toe die sluise van die hemel oor haar oopgetrek word!   **  Toe sy hierdie HEMELSE musiek in haar ore hoor as Jesus haar huis toe stuur met die boodskap :  Jy is VRYGESPREEK!!   Gaan  leef in vrede met jou God!!    En sy besef :  My HOOP is toe nooit dood nie!  Hy lewe!  En Hy bied my ’n NUWE begin :: ’n WEER begin!   ‘n SPLINTERNUWE LEWE vir sondaars wat stukkend en vermink by Hom aankom!   >>  Verander hulle in NUWE MENSE!!  

8.  En dis dieselfde ervaring wat die verlore seun gehad het :: Toe hy by die huis terugkom en sy pa se OOP-WELKOM ARMS om hom kon voel : Toe hy besef :: NUWE HOOP!  NUWE LEWE!! NUWE KANSE!!

9.  En dis dieselfde ervaring van die ou man wat vir 30 jaar, Sonda-vir-Sondag, voor die kerkdeur gelê het : Moedeloos dronk en gedrink :: Elke Sondag dieselfde : Totdat hy een Sondag in die spieël gekyk het : Vir homself gesê : Dis nou genoeg : En besluit om sy lewe vir die Here te gee ::  En soos in onmiddellik VRY gekom het van Sy ou lewe!  En deesdae sien ’n mens die ou man elke Sondag agter in die kerk : Netjies aangetrek : Vol Lof en Aanbidding in sy NUWE lewe   Ek vra hom nou die dag : Oom lyk SO gelukkig!  En hy antwoord : Ek is!!  Life is like a maze : But I found the way out : Through Jesus Christ!!

10..   DIE HART VAN ’N NUWE BEGIN!    En dis  JUIS die HART van die Christelike geloof Dis die begin van GELOOF :: Dis die wegspring plek van NUWE HOOP :: DIE HERE HET OPGESTAAN!!!       **  Want ons HOOR  mos Sy liggaam was nie meer in die graf nie!!      **  Eers is dit verwarrend vir die mense  ::  Die graf dan leeg?   Sy liggaam is weg!   Waar is Hy dan heen?? Is ons HOOP dan nou dood??     **  Maar dan vertel meer en meer mense :: Al meer BEVESTIG ::  Maar ons het Hom gesien!  ::  Jesus is opgewek uit die dood!!  Hy leef!  Ons HOOP is toe nie dood nie!!!

11.  En skielik gee dit ’n NUWE BETEKENIS aan Jesus se persoon :: Sy lewe op aarde :: Sy prediking :: Sy Lyding Sy dood!   Alles waarvoor Jesus geleef het, kry skielike SIN!!   Alles wat Hy gepraat en verkondig het :: Alles wat Hy beloof het :: Sy OMGEE vir mense, is skielik WAAR!!   **  Skielik gee dit vir Sy dissipels / Sy volgelinge / ONS ... Nuwe MOED :: Nuwe HOOP!!     **  Skielik gee dit vir hulle ’n Nuwe DOEL op aarde :: Nuwe SIN :: Nuwe BETEKENIS :: Weer iets om voor te leef!!   Want ::  Jesus LEEF!!

12.  En dan besef ek :: Hoe dom kan ons wees!!  Ons moes mos geweet het dis Hy!!    Maar ons harte het darem warm geword toe Hy die skrifte vir ons uitlê!!  Dit gee ons sommer weer MOED :: Gee ons sommer weer HOOP!!  Ons Jesus LEEF!!  Ons HOOP is toe NIE dood nie!!  Daar is inderdaad geen situasie wat so sleg is dat God se seun dit nie kan VERANDER nie!!   Want die opgestane Here is VANDAG nog by ons!!  En Hy is ook bereid om vandag SAAM met jou brood te eet!  En jou splinternuut weg te stuur!!!

13.  En dan BID ek ::  HERE!!  Kom bly vannag by ons oor!!  Kom eet vandag BY ons :: SAAM met ons!!  Kom breek Uself die brood :: Kom deel Uself die seën uit!!  Sodat ons oë kan oopgaan!!!

Sunday, February 17, 2013

Preek 17 Februarie 2013


Sondag 17 Februarie 2013
Trots om 'n Christen genoem te word!

Willie Steyn se storie

Ek het verlede naweek huweliksvoorbereiding gedoen met ‘n paartjie wat in April trou. Die man, Peter, se ma het dit gereël. Haar naam is Petrovna. Ek was nuuskierig oor haar naam, want sy is so Afrikaans soos wat jy kan kry en wou weet waar haar Russiese naam vandaan kom. Toe vertel Peter vir my die volgende fantastiese storie…
Sy oupa grootjie was Willie Steyn, een van die boere se bevaamde kommando-leiers. Willie Steyn se vrou en kinders wat in Seepunt se konsentrasiekamp toe hy gevange geneem is. Hy is saam met ‘n klomp ander boere-gevangenes op ‘n skip gesit wat onderweg was Ceylon toe (in Indië).
Vyf gevangenes (Lourens Steytler, George Steytler, Willie Steyn, Piet Botha en ‘n Duitser) het op weg Ceylon toe ontsnap deur oorboort te spring. Hulle moes meer as 8km swem om by ‘n Russiese skip uit te kom, wat hulle genadig was en uit die water gehaal het. Die kaptein se naam was Vladimir Petrov.
As ‘n kaptein jou red, was jy lewenslank aan hom verbind omdat hy jou lewe gered het – en soms moes mense vir die res van hull ewe vir daardie kaptein werk. Maar nie alle kapteine het hierdie gebruik afgedwing nie. Vladimir Petrov het hulle laat teruggaan huis toe…
Na ‘n lang terugreis en vele ander draaie is Willie Steyn weer met sy gesin herenig. Hy en sy vrou het nog een kind gehad – en hulle het hom Vladimir Petrov genoem, ter nagedagtenis en uit dankbaarheid vir die kaptein wat sy lewe gered het.
Vladinir Petrov Steyn het met trots sy naam gedra en, toe sy oudste kind gebore is, haar die vroulike vorm van Petrov genoem: Petrovana… Ook sý dra haar naam met groot trots! En raai wat het sy háár oudste seun genoem? Darem nie die Russies weergawe nie, maar die Engelse weergawe: Peter. Petrov – Petrus – Peter. En ook hy dra sy naam met groot trots!

Ons stories

Wat ‘n wonderlike storie? Maar toe ek later verder daaroor nadink, besef ek: dit is ons almal se storie! Ons is gered deur ‘n ‘kaptein’ met die naam Jesus Christus; ons is ons lewe aan Hom te danke – en ons dra Sy naam. Ons word Christene genoem! En, net soos Peter en sy ma en sy ouma, behoort ons ons naam met groot trots te dra!

Ons fokustekste

Om Christen te wees – en met trots – het implikasies vir ons lewe… Ons fokustekste van vanoggend spel dit baie duidelik uit:
1.      Matteus 5: 14 – 16 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
2.      Filippense 2: 15 “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra.”
Christene, soos Christus, moet uitstaan! Christene is mense wat met ander tipe waardes lewe as al die ander mense in ons samelewing. Christene het die lig gesien en die bron van die lewe ontdek. Christene het ‘n roeping om hulle lig te laat skyn en die lewe in hulle te laat oorvloei na ander…

Maar wat beteken dit prakties?

Ek wil twee voorbeelde gee van mense wat sigbaar hulle ‘naam’ met trots dra.
Eerstens: Hashim Amla
§   Hy is ‘n Moslem, maar word deur almal gerespekteer, wat ook al hul geloofsoortuigings
§   In 2006 het Dean Jones, ‘n Australiese kommentator, gesê: “The terrorist has got another wicket.”  Hy’t nie besef die microfoon was aan nie. Amla was bitter ontsteld, maar die manier waarop hy dit hanteer het, het wêreldwyd groot respek afgedwing
§   Vanwee sy geloofsoortuigings weier Amla om die Castle logo op sy hemp te dra en weier hy ook om die geld te aanvaar wanneer Castle ‘n toets / wedstryd borg – dit word aan welsyn geskenk. Daar is ander Moslems in sy span en hulle deel nie sy oortuiging nie, maar almal respekteer sy besluit en hy probeer dit nie op sy mede-spelers afdwing nie. Hy laat hulle nie voel dat hy beter is as hulle nie…
§   Ons kan twee dinge by hom leer: 1) hoedat hy rustig, dog onwrikbaar, opstaan vir wat hy glo – al staan hy alleen en al moet hy ‘n prys betaal; en 2) dat hy dit op so manier doen dat mense vir hom respek het en dat hy nie neersien op mense wat ander oortuigings het nie.

Tweedens: Euan Murray
§   Hy is ‘n Christen rugbyspeler van Engeland wat weier om op Sondag rugby te speel. Hy het as jong kind besluit dat dit nie reg is nie, en hy hou vandag nog by sy besluit.
§   Het verlede Sondag uitgesit toe Skotland teen Frankryk gespeel het in die 6-nasies toernooi.
§   Rugby en Christus is sy twee groot liefdes en dis vir hom baie moeilik wanneer die twee in stryd is. In ‘n onderhoud met hom kon ‘n mens duidelik die hartseer in sy stem hoor toe hy praat oor die wedstryd wat hy gemis het: "‘I missed being part of it,’ he says quietly. ‘Someone actually told me the score the last time and I was really, really happy that we'd won’.”
§   Die joernalis het vir hom gevra of hy seker is dat hy die regte besluit geneem het. Na ‘n lang stilte het hy gesê: “Volgens wat ek glo was dit die regte besluit”. Toe vra die joernalis: “Was dit emosioneel die regte besluit?” Hy het sy asem stadig uitgeblaas en geantwoord: "Well, when you really become a Christian, life's a battle. You're going against the tide. The crowd are going one way and you're going another. It's always going to be a battle to be different. The easy thing is to go along with the crowd, everybody's doing it. You know? Try going the opposite direction to a crowd. It's hard..."

Wat beteken dit om trots te wees om ‘n Christen genoem te word? Wat doen ‘n mens om jou lig te laat skyn en lewe uit te dra? Die antwoord sal vir elkeen van ons anders wees, maar dit sal van dieselfde plek af kom: ons persoonlike verhouding met God. Ons moet elkeen saam met God duidelikheid kry oor wat ons glo – en dan onverskrokke daarby hou!

Maar hiervan kan ons seker wees: ons almal sal by tye uitstaan…! Daar salt ye wees wanneer ons nie sal meedoen met die mense om ons nie. Daar sal tye wees wanneer ons uitsit, agterbly, wegstap, omdraai en standpunt inneem.
Waarin ons ook al glo, ons moet rustig, dog onverskrokke daarby hou en daarvoor opstaan! Want dit is wat Jesus gedoen het…!

Gedagte vir die week: Those who stand for nothing fall for anything (Alexander Hamilton) 

Sunday, February 10, 2013

Preek 10 Februarie 2012


Eksodus 34: 29-35

Greg Boyle is die stigter en direkteur van Homeboy industries. Dis ‘n nie winsgewende besigheid wat bestaan uit ‘n groep plastiese chirurge wat  tatoeermerke van oud-bendelede se lywe verwyder. Dis baie belangrik vir hulle om dit te laat doen sodat hulle kan aanpas in die samelewing as hulle wegbreek uit die bendes uit.
Hierdie tatoeermerke is gewoonlik die merktekens van die bendes waaraan die mense behoort. Dit sê aan watter bende jy behoort. Dit bevestig dat jy die eiendom van die bende is. Dis ‘n ewige herinnering dat jy vir altyd deel is van die bende en nie sonder hulle kan klaarkom nie. 
Wanneer hulle wegbreek uit die bendes uit het hierdie tatoeermerke negatiewe en gevaarlike gevolge vir hierdie oud-bendelede. As mense dit sien – is hulle bang vir die ouens. Werkgewers is ook traag om vir hulle werk te gee as gevolg van die tatoeermerke. Hulle lewens is ook in gevaar want as ander bendelede hulle sien, dan kan hulle doodgemaak word as verraaiers of drosters.
Homeboy Industries help hierdie oud bendelede om van hierdie tatoeermerke ontslae te raak, sodat hulle nuut kan begin.
Om so ‘n tattoo te verwyder is te verwyder is ‘n baie pynlike proses. Tog groei die waglys by Homeboy Industries.
Wat hierdie storie vir ons bevestig, is dat alhoewel voorkoms nie alles is nie, is daar tog tye en plekke waar dit belangrik is. Vra maar enige bendelid wat uit die bendelewe wil ontsnap.

In ons teks sien ons ook dat voorkoms ‘n geweldige impak gehad het. Nadat Moses daar op die berg ‘n ontmoeting met God gehad het, verander sy voorkoms - sy gesig het geblink. Dit het ‘n geweldige impak op die Israeliete gehad. Waar hulle voorheen nie vir Moses geken en vertrou het nie – het dit gemaak dat hulle met meer respek na Moses en die wet gekyk het. 

Kom ons kyk net gou na die groter prentjie sodat ons hierdie teks beter kan verstaan.

In Eksodus 24 word Moses en die ander leiers beveel om teen Sinaiberg op te klim om die Here te gaan ontmoet. Maar net Moses mag tot heel bo klim. Terwyl hy daar bo is ontvang hy die 2 klippe met die 10 gebooie daarop. Hierdie gebooie is amper soos ‘n tattoo in ‘n bende – dit bevestig dat die volk aan God behoort.  
Moses bly lank weg en die volk begin dink dat hy nie weer terugkom nie. Daarom lees ons in Hoofstuk 32 dat hulle toe ‘n goue kalf maak om te aanbid. En kort voor lank aanbid en dans hulle voor hierdie goue kalf.
Toe Moses uiteindelik van die berg afkom en sien wat die volk besig is om te doen is hy so kwaad en ontsteld dat hy die 2 klippe met die wet daarop stukkend gooi.
Maar ten spyte van sy woede en teleurstelling hou Moses aan om vir die volk by God in te tree. Hy smeek eintlik by God om hulle nie te los nie.
God hoor hom en bevel hom om weer teen die berg op te gaan. En daar ontvang hy dan 2 nuwe klippe met die wet daarop. So, ten spyte van hulle ongehoorsaamheid en afgodery gee God vir die volk ‘n tweede kans.

Dis tydens hierdie tweede keer wat Moses se gesig anders lyk. Letterlik staan daar “die vel van sy gesig het geblink”. Dit het gebeur omdat hy in God se teenwoordigheid was. Hy weerkaats die teenwoordigheid van God. En dit het gemaak dat die volk anders na hom gekyk het. Waar hulle voorheen nie veel respek vir hom gehad het nie en hom afgeskryf het, ontvang hulle hom nou met respek. Skielik het hy nou gesag by die volk.
Die boodskap daarvan is dat God in ‘n spesiale verhouding met Moses staan. Hy is God se verteenwoordiger en die volk moet sy boodskap ernstig neem.

In die Nuwe testament sê Paulus dat hierdie weerkaatsing van God se teenwoordigheid wat Moses se gesig laat blink het, is op ons almal van toepassing.
1 Korintiërs 3:18 – “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is”. 

Hoe nader ons aan Christus kom, hoe meer weerspieël ons gesigte ons geloof. Ons gesigte gaan nie noodwendig blink soos Moses se gesig nie, maar elke keer wat ons ‘n ontmoeting met God het behoort ons anders te wees en anders op te tree. 

Die boek Pelgrim se reis, gaan oor die geloofsreis van elke Christen. In een toneel voel die Pelgrim/christen dat die reis teveel en te moeilik word. Dan vra die Evangelis vir hom:  “Sien jy daar anderkant ʼn hek?” Hy antwoord: 'Nee.' Toe sê die Evangelis vir hom: “Sien jy daar anderkant ʼn lig wat skyn?” Pelgrim antwoord:” Ja, ek sien dit!” Toe het Evangelis gesê “Hou daardie lig altyd in jou oog en stap in die rigting van die lig en dan sal jy die hek sien!”

As ons Jesus se lig dophou, dan bly ons op die regte pad. Dan gebeur met ons wat met Moses gebeur het. Hy verlig ons lewe. Hy verander ons. Net soos Hy met ‘n klomp mense in die Bybel gedoen het. Kom ek noem ‘n paar voorbeelde.
Op sy eie het Moses skape in die woestyn opgepas – saam met God het hy die Jode uit Egipte gely.
Op sy eie was Dawid ‘n skaapwagter van sy pa se skape – saam met God het hy die beste koning van Israel geword.
Op sy eie was Johannes die doper ‘n mislukking – saam met God was hy ‘n profeet wat die pad vir Jesus voorberei het.
Op haar eie was Maria ‘n onbelangrike tiener dogter – saam met God was sy Jesus se ma.
Op sy eie het Petrus vir Jesus verloën – saam met God het hy voor duisende mense gepreek.
Op sy eie was Paulus hoogmoedig en ‘n vervolger van Christene – saam met God het hy die grootste sendeling geword. 
Uit hierdie voorbeelde sien ons: God verlig ons. Verander ons. Maak ons meer. Hou ons op die regte pad.

Hierdie ontmoeting met God bring ons ook in beweging. Moses kom van die berg af met die 10 gebooie in sy hand. Die 10 gebooie was bedoel as riglyne vir die lewe. In die Nuwe Testament word dit opgesom as liefde vir God en liefde vir jou naaste.
Paulus bevestig dit ook as hy skryf in 1 Korintiers 3: 18 – “ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here”. Dit beteken – gelowiges wys iets van God in die wêreld. Gelowiges maak dit makliker vir mense om vir God raak te sien.

Hoe doen ons dit? Ek wil vir julle ‘n lied speel wat dit verduidelik. Dis ‘n lied deur Jewel en die lied se naam is “Hands”.
 
Dis waartoe hierdie verhaal van Moses ons oproep.
Mag ons gereeld sulke veranderende ontmoetings met God hê.
Mag ons lewens weerkaatsings wees van hierdie ontmoetings.
Mag mense God se oë en hande van liefde deur ons beleef.