PREEK
:: SONDAG 24 FEB 2013
OPPAD NA EMMAUS ( Luk 24 : 13-35 )
1. Twee van Jesus se volgelinge stap die
Sondagmore vroeg, na Sy dood, na
sy kruisiging, na Emmaus :: En hulle
gesels juis oor hierdie wonderlikste van wonderlike dinge in die lewe waaroor
’n mens kan gesels :: HOOP!!: Maar ironies – en vreeslik hartseer! – sê
hulle die verskriklikste ding daaroor :: Praat met SWAAR harte daaroor Hulle sê : ONS HOOP is DOOD! :: Ons HOOP. JESUS, is dood!!!!!
2. Intussen
sluit die einste Jesus waaroor hulle hier praat, hom @ hulle aan : Hulle is so morbied en moedeloos dat hulle Hom nie eers
herken nie!! ** Met somber en strak gesigte, vra hulle
moedeloos : Maar weet U dan nie van die allervreeslkste dinge wat die afgelope
tyd hier @ ons gebeur het nie?? (v18) **
Ons het so GEHOOP dat dit Hy is wat Israel sou verlos! (v21) [Maar nou het lede van
die Joodse Raad hom oorgelewer om ter dood veroordeel te word!! Hoe KON hulle?? Ons ENIGSTE hoop :: Is nou dood!!] ** Die twee sien GEEN uitkoms nie :: Moedeloos
:: Ons HOOP is DOOD!!
3. Hy begin doodluiters met hulle oor die Bybel
praat. Wat ’n gebrek aan begrip : Wat ’n
TRAAGHEID van Gees! Glo julle dan nie
die dinge wat die Profete gesê het nie?
(v29)
4. Toe die drie uiteindelik @ Emmaus aankom, was dit al aand. Hulle dring
by Hom aan om by hulle oor te bly. Die aand aan tafel breek Jesus self die BROOD
:: ’n Liefdesgebaar! Maar juis toe Hy
die brood breek, gebeur daar ’n wonderwerk ::
Hulle oë gaan oop :: En hulle
HERKEN Hom! ** En
hulle besef :: Maar ons moes geweet het dis Hy!!
Hoe dom kan ons wees!! Maar
het ons harte darem nie warm geword toe Hy die skrifte vir ons uitlê nie?? Dit gee ons sommer weer MOED :: Gee ons
sommer weer HOOP!!
5. En hulle het haastig terug geloop JERUSALEM
toe : Met groot vreugde :: En ’n splinternuwe boodskap :: ** Ons Jesus LEEF!! Ons HOOP is toe NIE dood nie!! Die Here het OPGESTAAN!! Ons HOOP leef weer!
6. En dis dieselfde ervaring wat die dissipels
daai aand op die see van Tiberias beleef het : Toe hulle al moedeloos, GEEN vis
gevang het nie : Toe hulle hoop ook dood
was :: Toe hulle die man op die strand
hoor sê : Haa manne : Gooi
die nette daar regs van die skuit in! Probeer
biki daai net aan die regtekant van die skuit uitgooi!! Daar is vis! Met
die booskap daarmee saam :: Jy hoef
die lewe nie alleen aan te durf nie!! Ek
begin dan juis elke more NUUT met jou!! Ek weet PRESIES wat jy NOU nodig
het! Ek HET
die raad en leiding reeds vir jou gereel!
Jy hoef nie langer te soek nie!!
Probeer ’n slag iets NUUT’s!! En dan HERKEN hulle hom – Dis
Jesus!!!!! En die dissipels besef :: Ons
HOOP is toe nooit DOOD nie Ons kan nou weer NUUT begin!!! Ons kan maar weer begin!! Kom ons gooi die
nette aan die anderkant in!!
7. Dis dieselfde ervaring wat die vrou in Luk 7
:: 38 – 50 gehad het : Toe sy in die harde mans wêreld instorm en aan Jesus se
voete neerval : Haar sondige en sedelose
lewe voor Hom bely :: Sy voete met duur
Nardus-olie salf en sy Sy voete met haar hare afdroog :: ** Toe
GENADE haar teen die spoed van wit lig tref!!
** Toe die sluise van die hemel oor haar oopgetrek word! **
Toe sy hierdie HEMELSE musiek in haar ore hoor as Jesus haar huis toe
stuur met die boodskap : Jy is
VRYGESPREEK!! Gaan leef
in vrede met jou God!! En sy besef : My HOOP is toe nooit dood nie! Hy lewe!
En Hy bied my ’n NUWE begin :: ’n WEER begin! ‘n
SPLINTERNUWE LEWE vir sondaars wat stukkend en vermink by Hom aankom! >> Verander hulle in NUWE MENSE!!
8. En dis dieselfde ervaring wat die verlore
seun gehad het :: Toe hy by die huis terugkom en sy pa se OOP-WELKOM ARMS om
hom kon voel : Toe hy besef :: NUWE HOOP!
NUWE LEWE!! NUWE KANSE!!
9. En dis dieselfde ervaring van die ou man wat
vir 30 jaar, Sonda-vir-Sondag, voor die kerkdeur gelê het : Moedeloos dronk en
gedrink :: Elke Sondag dieselfde : Totdat hy een Sondag in die spieël gekyk het
: Vir homself gesê : Dis nou genoeg : En
besluit om sy lewe vir die Here te gee ::
En soos in onmiddellik VRY gekom het van Sy ou lewe! En deesdae sien ’n mens die ou man elke
Sondag agter in die kerk : Netjies aangetrek : Vol Lof en Aanbidding in sy NUWE
lewe Ek vra hom nou die dag : Oom lyk
SO gelukkig! En hy antwoord : Ek is!! Life
is like a maze : But I found the way
out : Through Jesus Christ!!
10.. DIE HART VAN ’N NUWE BEGIN! En dis
JUIS die HART van die Christelike geloof Dis die begin van GELOOF :: Dis
die wegspring plek van NUWE HOOP :: DIE
HERE HET OPGESTAAN!!! **
Want ons HOOR mos Sy liggaam was nie meer in die graf nie!! ** Eers is dit verwarrend vir die mense :: Die
graf dan leeg? Sy liggaam is weg! Waar is Hy dan heen?? Is ons HOOP dan
nou dood?? ** Maar dan vertel meer en meer mense :: Al meer
BEVESTIG :: Maar ons het Hom
gesien! :: Jesus is opgewek uit die dood!! Hy leef!
Ons HOOP is toe nie dood nie!!!
11. En skielik gee dit ’n NUWE BETEKENIS aan Jesus se persoon :: Sy lewe op aarde :: Sy
prediking :: Sy Lyding Sy dood! Alles
waarvoor Jesus geleef het, kry skielike SIN!!
Alles wat Hy gepraat en verkondig het :: Alles wat Hy beloof het :: Sy
OMGEE vir mense, is skielik WAAR!!
** Skielik gee dit vir Sy
dissipels / Sy volgelinge / ONS ... Nuwe
MOED :: Nuwe HOOP!! ** Skielik gee dit vir hulle ’n Nuwe DOEL op
aarde :: Nuwe SIN :: Nuwe BETEKENIS :: Weer iets om voor te leef!! Want ::
Jesus LEEF!!
12. En dan
besef ek ::
Hoe dom kan ons wees!! Ons moes mos geweet het dis Hy!! Maar ons harte het darem warm geword toe Hy
die skrifte vir ons uitlê!! Dit gee ons
sommer weer MOED :: Gee ons sommer weer HOOP!!
Ons Jesus LEEF!! Ons HOOP is toe
NIE dood nie!! Daar is inderdaad geen
situasie wat so sleg is dat God se seun dit nie kan VERANDER nie!! Want die opgestane Here is VANDAG nog by
ons!! En Hy is ook bereid om vandag SAAM
met jou brood te eet! En jou
splinternuut weg te stuur!!!
13. En dan BID ek :: HERE!! Kom bly vannag by ons oor!! Kom eet vandag BY ons :: SAAM met ons!! Kom breek Uself die brood :: Kom deel Uself
die seën uit!! Sodat ons oë kan
oopgaan!!!
No comments:
Post a Comment