Sunday, July 29, 2012

Preek 29 Julie 2012


Gestuur deur die Vader
Johannes 20: 19-22 ea


Ons gaan voort met ons reeks oor die waarde van gestuurdheid. Verlede week het ons gekyk na die hart van die Vader, want dis waar alles begin. God se hart is genadig, oop en vol liefde en Hy wil alle mense na Hom toe trek en by Hom hê.
Vandag praat ons oor hierdie Vader wat ons stuur na mense toe.  Ons gaan lees uit Johannes 20.
Eers net bietjie agtergrond.  In Johannes 20 besoek Jesus sy dissipels nadat hy uit die dood opgestaan het. Hy het reeds aan Maria Magdalena verskyn en Petrus en Johannes  was reeds oortuig van die opstanding nadat hulle die leë graf gesien het. Dis die eerste keer dat Hy aan die hele groep dissipels verskyn.  Ek gaan lees van vers 19 af, met fokus op vers 21.

Lees teks Joh 20: 19-22

Jesus ontmoet sy dissipels. Ons lees dat hulle baie bang was en die deur gesluit het. Hulle is bang vir Jode, die mense wat vir Jesus gekruisig het. Daarmee saam was hulle ook onseker, want Jesus is gekruisig en begrawe, so wat gaan hulle nou doen. Hulle het waarskynlik al begin wonder of hulle moet teruggaan na hulle vorige lewens toe – vissers, boere en dies meer. Hulle moes taamlik hopeloos gevoel het, want alles waarin hulle geglo het en op gehoop het is van hulle weggeneem.

So hulle is bang en onseker, in hierdie vertrek met die deure wat gesluit is en dan verskyn Jesus aan hulle. En die eerste woorde wat Hy vir hulle sê is: “Vrede vir julle”. Dit moes vir hulle wonderlik gewees het om dit te hoor. Jesus wie hulle gedink het dood is, wat hier voor hulle kom staan en God se vrede oor hulle kom uitspreek.
En dan wys Hy vir hulle sy hande en sy sy om te bevestig dat dit regtig Hy is. Ons lees in die teks – “hulle was baie bly toe hulle Hom sien”. Ek dink dis ‘n understatement – hulle was waarskynlik meer as bly – hulle het sekerlik op en af gespring en Jesus geloof en geprys van verligting en blydskap.

So Jesus kom en spreek vrede oor hulle uit. Maar Hy doen meer as dit, Hy gee ook vir hulle ‘n opdrag. “Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle ook”.
Ons weet mos dat God die Vader sy seun Jesus gestuur na die aarde toe. Hy het hom gestuur en toegerus vir ‘n taak hier op die aarde. Dis die evangelie.
Nou gebeur dieselfde met sy volgelinge. Terwyl Jesus op aarde was het Hy sy volgelinge toegerus en geleer en nou moet hulle dieselfde gaan doen. Hulle moet Jesus se taak gaan voortsit. Dis die opdrag.
En daarmee word hierdie groepie mense se lewens verander. Hulle kan nie nou maar net weer teruggaan na hulle lewe soos dit voorheen was nie. Hulle is veranderde mense met ‘n nuwe visie. God het iets groters vir hulle in gedagte.     

“Soos die vader my gestuur het, stuur ek julle ook”. Hierdie opdrag is nog nie verby nie. Dit gaan nog aan. Daar is nog baie mense wat die wonder van die evangelie moet beleef. En ons is die mense wat nou gestuur word om dit te gaan doen.  
Wat beteken dit om deur Jesus gestuur te word. Kom ons lees gou ‘n paar tekste waar Jesus praat oor sy taak in die wêreld.

Lukas 4: 18-19
“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Markus 10: 45
“Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Johannes 8: 12
“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Dinge het nog nie verander nie. Daar is nog steeds armes, onderdruktes, gebrokenes, eensames, mense wat in die duisternis lewe. En Jesus wil hulle nog steeds vrymaak en nader trek. Daarom sê Hy vandag nog steeds vir ons: “soos die Vader my gestuur het, stuur ek vir julle ook”.

Ek wil vir julle nog ‘n paar verse lees net om hierdie opdrag verder te beklemtoon:

Matteus 28: 19-20
“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Lukas 24: 46-47
“Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.”

Matteus 5: 14-16
“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

The Hill vuurtoring is in die Donkin reservaat in Port Elisabeth. Naby die Middestad van Port Elisabeth. Die vuurtoring is op 1 Junie 1861 vir die eerste keer aangesteek. Daar was baie konflik oor waar die vuurtoring opgerig moes word – die Hawe Raad wou dit op die heuwel gebou hê, terwyl die Hawe Meester dit bo-op die poskantoor wou oprig. Uiteindelik het Sir George Grey toe besluit dat dit op die heuwel opgerig moes word. Soos die tyd verby gegaan het en die stad gegroei het, het die geboue al hoe nader aan die vuurtoring beweeg, wat beteken het dat die lig al hoe moeiliker was om van die see af te sien. Op 31 Oktober 1973 is The Hill se lig finaal afgeskakel.  Nou is dit ‘n museum.

Hierdie vuurtoring was gebou vir veel meer as dit. Dis gebou om vir mense te wys waar die gevare is en waar dit veilig is. Dis ‘n stewige gebou wat gebou is om die egste PE winde en storms te kan hanteer. Dis nie gebou om ‘n museum te wees nie. Dis nie gebou om net mooi te lyk nie. The Hill vuurtoring is gebou vir iets meer, iets groters.

“Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook”. Ons is ook gebou vir iets groters en iets meer. Ons is gebou om deel te wees van God se lig in hierdie wêreld - in ons huise, in ons woonbuurte, in ons kantore, oral waar ons kom. Ons is nie gebou om vir onsself te lewe nie.

Ek weet nie almal van ons is dieselfde nie. Party van ons is meer ekstrovert en aksie-georienteerd, ander is weer meer introverte en introspektief. Dis hoe God ons gemaak het. Maar almal van ons moet maniere vind om te connect met Jesus se opdrag en dit te gaan uitvoer.
En daarom lees ons ook in vers 22, dat Jesus Sy Gees gee om ons hiermee te help. Hy los ons nie alleen nie. 
Hy stuur ons en sê vir ons: gaan uit, raak besig terwille van my koninkryk. Gaan wys vir mense die goeie nuus. En dit hoef nie flashy goed te wees nie. Die goed wat God in die wêreld doen gaan oor liefde uitleef en diens aan mense en omgee en gebed. Dis nie flashy goed nie, dis dikwels ondankbare goed, maar dis die goed wat die wêreld verander.

Jesus sê: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook”. Gaan ons dus soos ‘n vuurtoring wees wie se lig helder skyn of gaan ons wees soos The Hill vuurtoring, wat mooi lyk, maar dis ‘n museum met geen lig nie.

Sunday, July 22, 2012

Preek 22 Julie 2012


Die hart van die Vader
Lukas 15: 11-32

Ons tema vir hierdie kwartaal is die waarde van “gestuurd wees”. Die volgende 4 Sondae gaan ons dit so ‘n bietjie unpack. Vandag begin ons dan die reeks deur te kyk na wat behels die hart van die Vader. Dis mos waar alles begin.

Ons teks vir die oggend is Lukas 15: 11-32

Lied: Amazing Grace

As ons hierdie verhaal hoor en die Amazing Grace sing dan is dit maklik om onsself in die skoene van die jonger seun te plaas. Ons sien onsself as die verlore kind wat tot inkeer kom en reageer op God se liefde. Maar ek wil vandag die verhaal vanuit ‘n ander hoek bekyk. Ek wil hê ons moet vandag probeer identifiseer met die vader in die verhaal. Want uiteindelik word ons geroep om meer soos die vader te wees.

In Lukas 15 is Jesus besig om te reageer op die vrae en beskuldigings van die fariseërs en skrifgeleerdes. Ons lees dat die tollenaars en die sondaars die gewoonte gehad het om na Jesus te luister – hulle was gemaklik by Hom. Ons lees dat Jesus by hulle gaan kuier het en saam met hulle geeet het.
Die Fariseers en skrifgeleerdes het daarmee ‘n probleem gehad – hulle het gevoel Jesus moet meer tyd spandeer met hulle wat godsdienstig is en alles reg doen. Nie met die mense wat sondig is en nie die wet nakom nie. Dan vertel Jesus hierdie verhaal juis om te beklemtoon dat Hy gekom het vir sondige mense.

Dis die verhaal van ‘n Midde-Oosterse pa en sy 2 seuns. ‘n Pa, wat ‘n metafoor vir God is, wat nie optree soos ‘n pa in Jesus se tyd nie. ‘n Pa wat op baie onverwagte en verassende maniere optree.
Die verhaal begin met ‘n vertrouensbreuk in die familie. Wanneer die jongste seun vir sy erfporsie vra, sê hy daarmee: ‘ek vertrou jou nie as ‘n rentmeester van my erfporsie nie. Ek het jou nie nodig nie, ek wans jy was eerder dood.”
Jesus se gehoor sou hier verwag het dat die pa sy seun moes aanspreek en teregwys, maar die pa doen dit nie. Hier kry ons dus die eerste verassing van die storie.
Hier is ‘n pa wat bereid is om seergemaak en verneder te word deur sy kind - sonder om wraak te neem of sy kind te straf. Dis ‘n pa wat vir sy kind die ruimte gee om sy liefde en omgee te verwerp.

So kry die seun toe sy deel van die erfporsie en hy vertrek na ‘n ander land toe waar hy ‘n losbandige lewe lei en die geld uitmors. Die gevolg daarvan is dat hy in armoede en hongersnood verval en varke oppas. Iets wat vir ‘n Jood die ergste ding moes gewees het.
Jesus se gehoor moes hiervan gehou het, want die seun kry mos nou wat hy verdien. Hy word gestraf vir die sonde wat hy aan sy pa gedoen het. Dis sy verdiende loon.

Maar Jesus gaan aan en vertel hoe die seun dan tot sy sinne kom en ten spyte van  sy vernedering besluit om terug te gaan na sy familie toe. Hy verwag ook nie veel van sy pa nie. Om soos een van die plaaswerkers behandel te word sal vir hom genoeg wees.
Hier is dit weer belangrik om te dink hoe Jesus se gehoor sou dink. Hulle sou verwag dat die Midde-oosterse pa streng sou wees, trots sou wees, en kwaad sou wees vir sy seun. Dat hy aan iets sou dink om vir sy seun ‘n les te leer.
Maar hier kry ons nog ‘n paar verassings.

Eerstens sien die pa sy seun van ver af aankom. Dit dui daarop dat hy vir sy seun gewag het. Dat hy waarskynlik elke dag by die deur gaan staan en kyk het of hy nie dalk net sy seun sien aankom nie. Gehoop het dat vandag die dag sal wees waarop sy seun gaan terugkom. Hy wil sy kinders by hom hê.

Tweedens hardloop hy hom tegemoed en omhels en soen hom. Vir ‘n ryk Midde-oosterse pa was dit ongehoord om te hardloop en sy seun te omhels en te soen. Hy het status in die gemeenskap gehad. Hy het ‘n duur mantel gedra. Jy was veronderstel om rustig en met waardigheid te stap en nie gevoelens en emosies te wys nie. Om jou mantel op te tel en te begin hardloop en dan nog jou seun te omhels en te soen, was net nie kultureel aanvaarbaar nie.

Derdens sou mens verwag dat hy van die seun sou verwag om eers vergifnis te vra en sy lewe uit te sorteer voordat hy hom weer in sy huis terug verwelkom. Maar hy doen dit nie, hy verwelkom hom sonder enige voorwaardes. Belangrik om op te let die vers waar ons lees van die pa wat hom terugverwelkom is voor die vers waar die seun verskoning vra. Hy is terug verwelkom voordat hy vergifnis gevra het. Dit bevestig ook wat Paulus later sou sê: God het ons liefgehad en vergewe, terwyl ons nog sondaars was. God neem altyd die eerste stap.   

Vierdens kry die seun sy waardigheid terug. Deur vir hom nuwe klere te gee en ‘n partytjie te hou word hy terug verwelkom in die familie en die gemeenskap. Hy word weer iemand gemaak.

Mens sou  verwag dat die verhaal by die partytjie sou eindig. Maar Jesus wou ‘n laaste boodskap aan die fariseers en skrifgeleerdes oorbring. Hy het geweet hulle is kwaad vir hom en daarom vertel hy ook van die ouer seun wat kwaad was. Hy was immers die broer wat altyd die regte goed gedoen het en al die reëls en wette nagekom het. Hy is kwaad dat hy nie eers wil inkom na die partytjie toe nie. Hy is nie oop daarvoor dat sy broer weer deelraak van hulle familie nie.
En weereens verras Jesus ons. Hy vertel dat die pa ook uitreik na hierdie oudste seun toe en hom nader trek.

Niks in hierdie verhaal is soos dit behoort te wees nie. Dis juis die punt wat Jesus wou maak. God se hart is total anders as wat mens sou verwag. God se liefde is genadig, dis wyd, dis oop, dit het geen grense nie. Niemand word uitgesluit nie. Hy reik uit na alle mense. God se liefde is soos ‘n gebou sonder mure. Dit moes totaal nuut en verassend gewees het vir Jesus se gehoor, maar dit is God se hart vir mense en dit is vandag nog dieselfde.
Onthou die konteks van die verhaal – Jesus vertel dit omdat hulle kwaad was vir hom omdat hy met die verkeerde mense uitgehang het. Jesus sê dus – ek hang saam met hulle uit, want God is lief vir hulle. God het compassion vir hulle, Hy wil hulle deel maak van sy familie.
En die uitdaging van die verhaal is dat ons soos die vader moet wees, want Hy stuur ons om uit reik na mense en hulle nader te trek en deel te maak van sy familie.

Sunday, July 1, 2012

Preek 01 Julie 2012


Markus 5: 21-43

Vanoggend se teks gaan oor 2 genesingsverhale. Die genesing van Jaïrus se dogtertjie en die genesing van die vrou met bloedvloeiing. Dis ‘n lang gedeelte, so ek gaan nie alles lees nie, ek gaan eerder net die storie vertel. Terwyl ek dit vertel gaan fotos verskyn van skilderye wat oor die verhale geskilder is.

Die storie begin met die raadslid van die sinagoge, ‘n belangrike en godsdienstige man, Jaïrus, wat desperaat na Jesus toe kom, omdat sy dogter sterwend is. Elkeen van ons wat al ‘n siek kind gehad het, verstaan iets van die man se nood, wanneer hy op sy knieë voor Jesus neerval en hom smeek:
“My dogtertjie lê op haar uiterste. Kom lê tog u hande op haar, sodat sy kan gesond word en lewe.”  
Die siekte is ernstig en vereis Jesus se onmiddelike en dringende aandag. Jesus hoor die dringendheid in die man se stem en reageer onmiddelik deur saam met Jaïrus na die man se huis toe te gaan.

Maar op pad soontoe, gebeur daar ‘n interessante ding. Ons lees dat daar ‘n groot skare mense saam met Jesus na Jairus se huis toe op pad was. Hulle was nuuskierig en ongeduldig en wou sien wat gaan gebeur. En almal het teen mekaar en teen Jesus gedruk en gestamp. Hulle wou tog net nie iets mis nie. In hierdie geharwar was daar ‘n vrou wat al 12 jaar aanbloedvloeiing gely het. Sy was desperaat en wou met alle mag by Jesus uitkom.
Ons weet min van hierdie arme vrou, net dat sy chronies siek was. Sy het al al die verskillende mediese moontlikhede probeer, maar niks het gewerk nie. Trouens die Bybel sê dat sy gely het onder al die behandeling van die verskillende dokters en sy het alles bestee wat sy gehad het. Sy was moedeloos en sy het niks oorgehad nie, maar haar toestand het net vererger.
Daarmee saam was sy sosiaal heeltemal verstoot. Volgens die Joodse wette was sy permanent onrein as gevolg van die bloedvloeiing. Sy was onwelkom in die sinagoge, die tempel en in die algemene sosiale omgang. Sy was siek, arm en oral onwelkom.
Geen wonder sy doen alles om by Jesus uit te kom nie. Sy vestig haar laaste hoop op Jesus. Sy wil nie eers met hom praat nie, as sy net aan sy klere kan raak, sal sy genees word.    

Sy raak aan Jesus se klere en onmiddelik word sy genees. Jesus kom dadelik agter dat daar van sy krag gebruik is en hy begin soek die persoon wat aan sy klere geraak het.
Sy dissipels verstaan dit nie, want wat maak dit saak wie aan Hom geraak het, hulle is immers haastig om by Jaïrus se dogter uit te kom.
Die vrou weet sy is skuldig. As ‘n onrein vrou mag sy nie eers in die skare gewees het nie, en veral nie aan Jesus geraak het nie. Daardeur maak sy hom ook onrein. Sy val daarom skuldig voor Jesus neer en vertel vir hom haar geskiedenis.
In plaas daarvan dat Jesus haar teregwys, prys hy haar geloof en Hy seën haar met vrede. Hy genees haar nie net fisies nie - Hy gee ook haar lewe vir haar terug. Hy maak haar weer iemand. Ongelooflik!  

Hierdie onderbreking moes waarskynlik vir Jaïrus louter hel gewees het, want sy dogter is besig om te sterf. En toe gebeur die ergste, iemand kom aangehardloop en breek die nuus dat sy dogter gesterf het. Maar Jesus sê so terloops, ‘moenie worry nie, glo net.”
En toe hulle by die huis kom, is almal ontsteld en aan die huil oor die kind wat gesterf het. Maar Jesus sê vir hulle – moenie so onsteld wees nie, sy slaap net. Ek dink nie enigiemand kan die skare kwalik neem dat hulle vir hom begin lag het nie.
Jesus beveel toe almal om uit te gaan, hy stap na die dogtertjie toe, vat haar hand en beveel haar om op te staan. Tot almal se verbasing, het sy opgestaan en begin loop.     

Ek gaan so ‘n paar dinge uitlig wat my in die verhaal opgeval het en julle kan self verder daaroor gaan dink.

Alhoewel dit belangrik en dringend was om by Jaïrus se dogter uit te kom, maak Jesus tyd om aandag aan die siek vrou te gee.
Waar die dissipels en die skare ongeduldig is om by die dogtertjie uit te kom, is Jesus geduldig en bereid om tyd te maak vir die vrou. Hy onderbreek as’t ware Sy program om aandag aan die vrou te gee.
Hoe baie gebeur dit nie dat ons besige en gejaagde lewens, ons vol en bedrywige dagboeke in die pad staan van mense wat ons nodig het nie?
Hoe baie keer lei ons verhoudings met die mense wat die naaste aan ons is nie daaronder nie?
Hoe baie keer lei ons geloof nie daaronder nie? Ons geloof en die kerk is mos die eerste goed wat moet plek maak vir ons besige lewens. 
Jesus wys vir ons, daar is altyd tyd vir mense.

Hy keer die Joodse wette en gebruike van die tyd op hulle kop, deur aandag te gee aan ‘n onrein en sosiaal onaanvaarbare vrou.
Deur Sy hele bediening sien ons hoe Jesus die godsdienstige wette en reëls uitdaag en omkeer. Hoe hy tyd maak om met die verkeerde en sondigste mense tyd te spandeer.
Hoe baie keer laat ons toe dat godsdienstige reëls en dit wat volgens ons reg en verkeerd is in die pad staan van mense wat Jesus se liefde nodig het?
Hoe baie keer gebeur dit dat ons vooroordele en vooropgestelde idees oor mense, hulle weg hou van die kerk en van Jesus se liefde?
Hoe baie keer oordeel en veroordeel ons mense omdat hulle volgens ons prentjie anders en onrein en onaanvaarbaar is?   
Jesus wys vir ons – as dit oor (verstote) mense gaan, is Hy bereid om die reëls te breek.

Jesus se kalmte en hoop staan uit.
Ek kry die idee dat die mense resultate wou sien. Hulle was ongeduldig om te sien wat Jesus gaan doen.  Maar teenoor die ongeduld van die dissipels en die skare straal Jesus geduld en kalmte uit. Teenoor die wanhoop van die huilendes straal Jesus hoop en vrede uit.
In ons land met al haar probleme en deurmekaarheid, hoor mens dikwels dat mense ongeduldig en bakleierig en wanhopig raak. Ons hoor dit om braaivleisvure en ons sien dit in die media.
Christene is veronderstel om anders te wees. Om ‘n volgeling van Jesus te wees beteken dat ons altyd kalmte en hoop by ‘n plek en by ‘n gesprek moet indra.
Soos William Barclay skryf oor die skare wat Jesus uitgelag het:
“They laughed at Jesus because they thought his hope was groundless and his calm mistaken. But the great fact of the Christian life is that what looks completely impossible with men is possible with God... but their laughter must have turned into wonder when they realized what God can do.” 

Jaïrus en die vrou se gebrekkige geloof is opvallend.
Soms weet ‘n mense mos nie wat om te bid nie. Soos die vrou in die storie – na 12 jaar se gesukkel is sy radeloos en moedeloos. Dis hoe sy na Jesus toe kom – sonder woorde, met net ‘n uitgesterkte hand.
Soos Jaïrus, die raadslid van die sinagoge – ‘n belangrike en godsdienstige man. Hy is desperaat oor sy dogter wat besig is om te sterf. Hy weet nie meer nie. Dis hoe hy na Jesus toe kom – desperaat, op sy knieë en smekend. 
Nie een van hierdie 2 mense kan as tradisionele geloofhelde voorgehou word nie.
Geloof is nie ‘n prestasie nie. Geloof is ‘n vaste vertroue dat God die beste weet. Geloof is op sy sterkste wanneer ek nie meer weet wat om te vra nie. Soos Paulus dit so mooi verwoord – juis wanneer ek swak is, is ek sterk.
Juis as ek moedeloos is, wanneer ek sug, wanneer ek clueless is, wanneer ek nie meer weet wat om te bid nie, dan is ek oop om te ontvang wat Jesus wil gee.  
Maar ons word mos geleer dat geloof altyd sterk moet wees. Dat moedeloosheid en twyfel tekens is van ‘n swak geloof. Ons word geleer dat ons al die antwoorde het. Dat ons net harder en meer moet bid, want gebed sal alles regmaak.
Dis nie wat hierdie verhale vir ons leer nie. Hier leer ons - soms is dit genoeg om net ‘n moedelose hand na Jesus toe uit te steek en staat te maak op sy genade en ontferming.

Ek wil dit alles opsom met ‘n laaste storie.
Een van die beste basketbalspelers van alle tye was Larry Bird van die Boston Celtics. By sy uittrede het hulle vir hom ‘n vreeslike fancy seremonie gehou, met ‘n ete, en oorhandigings en toesprake. K.C. Jones, ‘n vorige afrigter van die span vertel toe van ‘n keer toe hy tydens ‘n spanpraatjie besig was om sy taktiek aan die span te verduidelik.
En terwyl hy nog so praat toe onderbreek Larry Bird hom met woorde: “Just get the ball to me and get everyone out of my way”.
Jones het gereageer toe hierop: “I'm the coach, and I will call the plays.”
Daarna draai Jones toe na die ander spelers toe en sê: “Get the ball to Larry, and get out of his way.” 

Miskien is dit wat ons ook vanoggend by hierdie wonderlike genesingsverhale moet hoor: Gee die bal vir Jesus en kom uit die pad uit. Dan sal ons ook soos Jaïrus en die vrou ontdek dat Hy vol ontferming en liefde is en dat Hy ons nie in die steek sal laat nie.




Sunday, June 24, 2012

Preek 24 Junie 2012


Vrygespreek deur genade, maar kan ek my redding verloor as ek nie ‘n goeie lewe lei nie…???

Back to 1 Cor. 5 of last week

When a piece of scripture is dense and rich with multiple messages, we select what to focus on. Mens kan nie álles sê nie, want dan gaan julle as luisteraars dalk so oorweldig wees dat julle níks hoor nie…!

Last week’s scripture, 1 Cor. 5: 6 – 17, is a good example of such a passage. Johannes selected to focus on “being compelled by Christ’s love”. Hy het verduidelik hoe daardie liefde die ‘heining skuif’.

This week I want to focus on- and explore another aspect of 1 Cor. 5. Let us read the relevant sections.

1 Kor. 5: 9 – 10

...of ons hier woon (in ons liggaam) of daar woon (in die hemel), ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil. Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.
·         Regterstoel? Oordeel? Jy ontvang volgens wat jy gedoen het?

1 Kor. 5: 14 & 16 – 19

14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat Een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.
16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie... 17 Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.
·         ‘n Nuwe mens, versoen met God? My foute word my nie toegereken nie?

How does that work…???

§  Verse 9 & 10: You will be judged and you’ll receive what you deserve, based on your deeds (how you lived your life)...
§  Yet, verse 17 – 19 says the opposite: you won’t be judged and you’ll receive what you don’t deserve, based on Jesus’ sacrifice...
§  It reminds me of Proverbs 26: 4 – 5…!!!

Proverbs 26: 4 – 5

Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie; hy sal dink jy is soos hy. Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier, anders dink hy hy het wysheid.
Do not answer a fool according to his folly, or you yourself will be just like him. Answer a fool according to his folly, or he will be wise in his own eyes.
·         Mmmm… So watter een is dit?

It sounds like a contradiction…???

What we find here in Paul’s letter, we also find elsewhere in the Bible. Let us turn to some passages that create the impression that our deeds – whether they are good or bad – will determine where we spend eternity...
Hierdie teksgedeeltes is almal soos Mat. 7, waar Jesus sê: “’n boom word aan sy vrugte geken. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi...”

§  Matthews 13: 41 - 42

36 Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.”
37 Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. 38 Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; 39 die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele. 40 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. 41 Die Seun van die mens sal Sy engele stuur, en hulle sal uit Sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, 42 en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son.
The Son of Man will send his angels and they will gather out of his kingdom all causes of sin and all law-breakers, and throw them into the fiery furnace. In that place there will be weeping and gnashing of teeth. Then the righteous will shine like the sun…

§  Matthews 13: 49

47 “Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. 48 As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. 49 So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies 50                  en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
That's how it will be when the curtain comes down on history. The angels will come and cull the bad fish and throw them in the garbage. There will be a lot of desperate complaining, but it won't do any good.

§  Matthew 25: 46

31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. 33                       Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.
34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves;
36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42       want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43       Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”
'Get out, worthless goats! You're good for nothing but the fires of hell. And why? Because I was hungry and you gave me no meal; I was shivering and you gave me no clothes… Whenever you failed to do one of these things to someone who was being overlooked or ignored, that was me—you failed to do it to me! Then those 'goats' will be herded to their eternal doom; the 'sheep' to their eternal reward.
Hierdie teksgedeelte is regtig steurend, want jy word nie geoordeel omdat jy SONDE gedoen het nie! Jy word geoordeel omdat jy NAGELAAT HET OM GOED TE DOEN… En nóg die skape nóg die bokke het geweet wat hul gedoen het om Jesus se uitspraak te verdien. Albei groepe was ewe verbaas…!
Wat jy aan die geringstes gedoen OF nie gedoen het nie, bepaal blykbaar jou ewige lot…? Dis ‘n angswekkende gedagte! Is ek goed genoeg? Is ek nuttig genoeg? Doen ek genoeg vir die geringstes?

Quick quiz…!

Kom ons kyk bietjie hoe lyk dit hier in ons geledere?
•      Who feels comfortable that they are not the cause for someone else to sin?
-     Soos om ‘n ander bestuurder laat vloek en skel…
-     Soos om nie mense te hê wat jou moet vergewe vir iets nie…
-     Soos om nie ander mense jaloers te laat voel, en iets wat jý het, te laat begeer nie…  
•      Who feels comfortable that they are not guilty of breaking God’s law?
-     Soos om iets van iemand anders te begeer…
•      Who feels comfortable that they are not guilty of overlooking or ignoring a person in need? Hungry, homeless, addicted…?
-     Soos om nie ‘n bedelaar  te ignoreer wat by jou venster kos of geld vra nie…
-     Soos om nie die klokkie te ignoreer as ‘n bedelaar hom 15:00 op ‘n Sondagmiddag lui, nét wanneer jy gereed maak om te gaan lê vir ‘n middagslapie , nie…
-     Soos om nié te besig of te bang te wees om ‘n vreemde te huisves nie…
-     Soos om nie die straatmense en trollies-mense te ignoreer nie…
Hoeveel mense kan hul hande opsteek en selfversekerd sê dat jy goed genoeg is; nuttig genoeg is; genoeg goed doen vir mense wat behoefte het?
Hierdie teksgedeeltes laat ons so bietjie onrustig voel… Want hulle klink heeltemal anders as dié teksgedeeltes wat ons verlossing deur genade verkondig…!

Nie deur God geoordeel nie; vrygespreek deur genade

§  John 3: 16 - 17

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
This is how much God loved the world: He gave his Son, his one and only Son. And this is why: so that no one need be destroyed; by believing in him, anyone can have a whole and lasting life. God didn't go to all the trouble of sending his Son merely to point an accusing finger, telling the world how bad it was. He came to help, to put the world right again.

§  Romans 3: 23 – 26

Since we've compiled this long and sorry record as sinners and proved that we are utterly incapable of living the glorious lives God wills for us, God did it for us. Out of sheer generosity he put us in right standing with himself. A pure gift! He got us out of the mess we're in and restored us to where he always wanted us to be. And he did it by means of Jesus Christ. God sacrificed Jesus on the altar of the world to clear that world of sin.

§  Ephesians 2: 8-9

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
It is by grace you have been saved, through faith—and this not from yourselves, it is the gift of God--not by works, so that no one can boast.

§  1 John 2: 1 – 2

Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
I write this, dear children, to guide you out of sin. But if anyone does sin, we have a Priest-Friend in the presence of the Father: Jesus Christ, righteous Jesus. When he served as a sacrifice for our sins, he solved the sin problem for good—not only ours, but the whole world's.

Nou hoe nou…???

How must I understand this…??? Dis baie verwarrend!
Can I rest asured that I am saved by grace? Or can my sins, my selfishness, my negligence and my busy life be seen as “not bearing fruit”? Can I end up amoungst the goats, even though I believe in Jesus?
How do you reconcile “saved by grace” with these passages saying you are “saved by your deeds”...?

The answer is found when we understand 3 things

1.    You must understand what Jesus was really saying and hear His message, not His words
2.    You must understand the consequences of salvation for SIN
3.    You must understand the difference between sin and fruit; between being condemed and being judged

Hear Jesus’ message, not merely His words

1.     Jesus was busy re-writing the age-old Israelite script, with Him as Messaiah.

Al die aanhalings van net-nou - onkruid & koring, bruikbare & nuttelose vis, skape & bokke – kom uit gesprekke met Sy dissipels! Hy was nie besig om te preek nie! Hy was besig om Sý leieskap te vestig en die Joodse godsdienstige- en politiese leierskap af te breek!
Hy was besig om vir Sy dissipels te sê: “‘n Nuwe bedeling is op pad en Ek is aan die hart daarvan. Die korrupte Skrifgeleerdes, Fariseërs en Joodse Raad; die ‘hypocrites’ wat dink hulle is so wonderlik? Húlle is in vir ‘n groot verrassing…!” Nadat hy oor die onkruid en vis praat in Mat.13 sê Hy vir Sy dissipels: “So is elke Skrifgeleerde…”
Want sien: in die Joodse literatuur, wat aan die Joodse leiers én dissipels baie bekend was, sou die nasies – die Heidene – geoordeel word op grond van hoe hulle Isreal behandel het! Jesus is re-writing the script!
Hy neem hulle bekende beelde en verwagtings…en keer dit om; herskryf dit! Sy doel is nie in die eerste plek om oor die laaste oordeel te praat nie; Sy doel is om HULLE PRENTJIE van die laaste oordeel radikaal uit te daag en te verander!
Luister bietjie na die volgende dele uit Jesaja. Die Joodse leiers het geglo dít wag vir almal wat húlle nie eerbiedig het nie. Jesus sê: “Julle het geen idee wat vir julle wag nie, want EK gaan op die regterstoel sit en EK gaan oordeel en JULLE gaan tekort skiet...! Hierdie prentjies uit Jesaja wag vir JULLE...! Júlle gaan eindig in ’n vuur wat nie ophou brand nie; júlle liggame gaan nie uitbrand nie; júlle sal tot in ewigheid aanhou brand...”
§  Isaiah 33: 14 - The sinners in Sion are afraid, trembling hath seized upon the hypocrites. Which of you can dwell with devouring fire? Which of you shall dwell with everlasting burnings? 
§  Isaiah 66:24 - And they shall go out, and see the carcasses of the men that have transgressed against me: their worm shall not die, and their fire shall not be quenched: and they shall be a loathsome sight to all flesh.

2.     Jesus had an extreme way of speaking that shocked people

Jesus did not have much time, so He used shock tactics and extremes. Sy ganse bediening was maar 3 jaar; hy het nie tyd om mooi broodjies te bak nie. Sy manier van praat is bedoel om mense tot stilstand te ruk, te laat skrik en te laat dink. Weereens moet ‘n mens Sy boodskap hoor, nie bloot Sy woorde nie!
Hier is ‘n paar voorbeelde van Jesus se tipiese manier van praat:
§  Mat 5:20 “As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie”
§  Mat 5:22 “Elkeen wat sy broer uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur”
§  Mat 5:28 “Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.”
§  Mat 5:32 “Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”
§  Mat 6:15 “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie”
§  Mat 10:32 - 33 “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is”
Jesus is bietjie soos ‘n ma wat vir haar kinders sê: “As julle wéér lekkers vat sonder om vir my te vra, gaan ek nooit weer lekker koop nie…!”
Jesus is like Johannes’ dad on a road trip to his four children: “If you don’t stop fighting, two of you are getting out and staying behind...”
Jesus is soos ‘n oupa wat vir sy kleinseun, wat ‘n storie aandra oor die ouer nefies wat iets gevaarlik doen, sê: “Sê vir Conrad en James ek gaan hulle bors oopruk en op hulle longe spoeg…!”
We must not misunderstand Jesus’ shock tactics. They were intended to make people think & believe... We know that Jesus did not DO what He threatened:
§  He said: “But whoever disowns me before others, I will disown before my Father in heaven…”
But when Peter disowned Him three times, not only did He forgive Peter; He made him the corner-stone of the entire church!
§  He said: “If your righteousness is the same as that of the Pharisees and the teachers of the law, you will certainly not enter the kingdom of heaven…”
Yet, on the cross He prayed for the Pharisees and the teachers of the law who had Him crucified: “Father, forgive them, for they know not what they do...!”

The message of salvation is consistent

Jesus said that His Spirit will teach the disciples what to say when He is no longer with them. And they all preached the same message of salvation through the grace of God, by the sacrifice of Jesus – they all preached it, without exception. Surely the Spirit of Jesus taught them correctly? Surely we can’t doubt the Holy Spirit?

Sin and good deeds: let’s get clarity

I don’t believe the message of salvation is a mistake. Yet, even though we are not saved based on our works or our goodness, but by the grace of God, the way we live our lives are important to God. And the cross provides an easy way to remember:

VERTICAL BAR: GRACE
•     God to humans – a sheer gift
•     No conditions
•     No contribution by us
•     Los die probleem van sonde op

HORISONTAL BAR: WORKS
•     Our response
•     Nie ‘n voorwaarde vir redding nie, maar God hét ‘n wíl…! How we live matters to God!
•     Dis waaroor die regterstoel gaan…

§  Terug na 1 Kor. 5:19 – redding deur genade

19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.
-        Sin is taken out of the equision...
-        Wanneer jy gered word, is sonde nie meer in die prentjie nie. As daar dan gepreek en gepraat word oor *hoe jy jou lewe leef, *gehoorsaamheid, *vergifnis, *diens, *eerlikheid, *jou taalgebruik en ander dade, gaan dit nie oor sonde nie. Jy kan nie meer sondig nie! AL jou sonde is vergewe! Dis asof jy self aan die kruis gesterf en vir jou sonde betaal het…!

§   1 Kor. 5:10 – ons dade gaan geëvalueer word

10Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.
-        Even though our deeds plays no role in our salvation, they matter very much!
-        God werk deur ons - ons is Sy plan en Hy ken elkeen van ons se potensiaal. Hy weet wat Hy deur ons kan regkry, as ons onsself vir Hom gee!
-        Die horisontale balk van die kruis gaan dus oor hoe jy jou lewe leef – oor die impak van jou dade op die wêreld; oor of jy die Koninkryk laat kom; oor of jy die wêreld ‘n beter plek maak; oor of jy mense nader aan God bring. En dit maak saak vir God! God hét ‘n opinie hieroor! God wil sekere dinge hê!
-        God wil hê dat ons lewe volgens Sy woord! God wil hê ons moet vrygewig wees. God wil hê ons moet omsien na armes en weerloses. God wil hê ons moet eerlik wees, mense met respek behandel, diens lewer, geduldig wees, vergewe, vrede maak en ‘n goeie voorbeeld stel.
-        En as alles verby is en ons verlaat hierdie wêreld, gaan ons saam met God na ons keuses kyk en ons gaan weet hoe God ons lewe evalueer…

It is well explained in 1 Corinthians 3: 10 - 15

10Volgens die genade wat God my (Paulus) gegee het, het ek soos 'n goeie bouer die fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, 11want niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus.
§  This is salvation. Saved by grace.
§  Jesus’ accomplishment on the cross gave me a firm foundation for the rest of my life…
12Of dit goud, silwer, edelstene (a good quality life), hout, gras of strooi is (a poor quality life) waarmee iemand op die fondament bou, 13elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. 14As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; 15as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.
§  Nothing can take away our salvation! Even if the life you’ve built on the foundation of your salvation is of very poor quality, you will still be saved!
§  Dit laat my dink aan die drie varkies! Al is jou huisie so swak gebou dat die wolf hom omblaas, word jy steeds gered van die wolf…
§  But our deeds are either ‘good quality’ or ‘poor quality’ - and God has an opinion!

1 Johannes 4: 17 – 18

Redding kom van God en het nie voorwaardes nie! Niks kan dit wegvat nie! Daarom sê Johannes:
“Hierin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie… Waar (God se) liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf…”
Ons hoef nooit angstig te voel oor ons redding nie!
Even though we will be judged, we will not be condemed!

Kom ons leef versigtig en volgens God se wil…!

God calls us to be light-bearers. We are compelled to love. We are called to make the Kingdom come, on earth as it is in heaven...
Let us live in such a way that we won’t have to lower our heads in shame when God evaluates the impact of our lives when this world is finally behind us!
Let us live in such a manner that thousands of angels will cheer when God proclaims His joy and pride in how we lived and loved...!