LUISTER AS GOD FLUISTER!
‘n Jong
Johannesburgse yuppie het eendag naby Edenvale by die Linksfield afrit op die
N1 baie vinnig in sy duur en deftige
ingevoerde Italiaanse motor gery . Die
volgende oomblik gewaar hy uit die hoek van sy oog ‘n kind wat ‘n klip na sy
duur motor gooi! Hy kon nie
vinnig genoeg stilhou nie :: Woedend sit
hy sy motor in trurat en jaag terug na die plek waar die kind gestaan het. Snaaks
genoeg het die kind nie eers probeer wegharloop nie :: Net
daar bly staan!! Die man spring uit sy motor , gryp die kind
aan die bors, pluk hom rond en begin wild en woes op die kind skreeu Die seuntjie kyk verskrik en verward na die
man en probeer verduidelik : Maar oom .. oom …!! Maar die man BLY
op die seuntjie skree en vloek en skel!!! Uiteindelik, nadat hy die seuntjie verskree
en rondgepluk het, kry die seuntjie tog kans om te probeer verduidelik : Hy
stotter en stamel terwyl hy verduidelik dat sy boetie uit sy ROLSTOEL
geval het en noual vir meer as ‘n halfuur in die koue op die harde
sementpaadjie lê! Niemand wat verby ry
sien hulle raak om te help nie! Hy MOES eenvoudig IETS doen om IEMAND se aandag
te trek! Sy boetie is te SWAAR vir
hom! Hy het sy bes probeer, maar kon niks regkry nie! : Wil oom ons nie HELP nie, asseblief?? Die man het baie sleg gevoel : Ook maar net een van die baie wat so jaag dat
hy nie eers die seuntjie en sy boetie in hulle verknorsing raakgesien het nie!! Besef
dat die tempo waarteen hy leef en jaag, veroorsaak dat hy nie eers meer sy
medemens in nood raaksien nie :: Dat hy
nie meer IETS vir sy medemens BETEKEN nie ::
Dat hy inderdaad BY SY EIE HART verby jaag!!! Nadat hy die seuntjie en sy boetie op en
reggehelp het, stap hy na sy motor en besluit om van nou af STADIGER te leef :
Sodat hy nie by sy hart verby jaag nie :: Om
van nou af sy LIG in hierdie wêreld te laat skyn!!
IS DIT NIE MAAR BY ONS OOK SO
NIE …. ??? . Soos die jong Johannesburger JAAG jy en ek
ook maar elke dag, nie waar nie!! Is ons nie
maar ook al klaar ingetrek in hierdie malle RAT RACE nie?? Jaag ons nie maar ook van bakboord na
stuurboord net om aan die lewe te bly nie?? Jaag jy en ek nie ook maar in die proses by ons harte verby nie?? TROUENS : Dit gaan so erg dat jy eintlik
opreg moet vra : MAAR JAAG EK NIE OOK BY
GOD VERBY NIE?? ** Het God enigsins nog ‘n PLEK in my lewe??
** HOOR ek nog enigsins God se
stem?? ** VOEL
ek nog Sy stille aanraking en teenwoordigheid in my lewe?? ** Gaan sit ek nog iewers STIL // Bring ek nog TYD deur SAAM met Hom om sy STEM
te hoor // Sy AANRAKING te beleef?? Het
ons vergeet om te luister as God fluister?? En in die proses van jaag loop ons die SeëN en STEM van God mis // Sien ons nie meer die ONTMOETINGS wat God
met ons maak RAAK nie // Verloor ons die
kanse en geleenthede om kosbare en intieme TYD saam met God deur te
bring!! Is ons so besig met die DINGE
van God – Waarmee opsig self niks mee verkeerd is nie - Maar in die proses vergeet ons die GOD van
al die dinge!!!
BRING TYD SAAM MET GOD DEUR! In elke VERHOUDING wat werklik
die moeite werdis, is daar TWEE belangrike komponente ter sprake ** Bring TYD saam met die anderpersoon
deur! ** Kommunikeer GEREELD met mekaar!!
MOSES AS VOORBEELD :: Eks 24 :: 12 tot 18 Van iemand wat God GEREELD op afgesonderde
plekke ontmoet het / Wonderlike ALLEENTYE
saam met God deurgebring
het :: ** Alleen in die woestyn :: Maar daar die OPDRAG : Jy lei
my volk uit Egipte uit ** Alleen op die berg :: Klim
nou die berg verder uit na My toe //
Klim solangs die berg uit SODAT jy NABY aan My kan wees ** Maar
daar, met ‘n wolk oor hom getrek, hierdie KOSBARE oomblikke saam met God :: Sodat
Ek vir jou die klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf
het vir die onderrig van die volk! (Eks
24:12) Klim verder teen die berg op na
My toe. Wanneer jy hier is, sal Ek vir
jou plat klippe gee waarop Ek die reëls neergeskryf het wat jy vir die volk
moet gee!
En dis PRESIES dieselfde met JOU … En God …
En JOU verhouding met God :: Die FORMULE is
eenvoudig :: Vir ‘n SINVOLLE GEHALTEVERHOUDING
saam met God = TYD
SAAM MET GOD = PRAAT MET GOD!!
En
dis die punt :: STILTE kan partykeer bedreigend en eensaam voorkom as jy van
buite daarna kyk. Maar dis juis die tweekantigheid
van STILWEES :: Wanneer jy in stil tye rondbeweeg, vind jy dikwels daar is
ruimte om net te kan wees :: Sonder maskers, sonder verwagtings, Sonder
prestasies, sonder die behoeftes om jouself te moet bewys! Dis juis in hierdie gevoel van leeg en kaal
wees voor God –
In die woestyntye, dat jy meer oor jouself en
jou verhouding met God leer! Soek dus
God se teenwoordigheid op :: Raak bewus daarvan en GENIET dit! Dis kosbaar!
Moenie te veel vir God probeer sê nie :; Raak net RUSTIG ::ONTSPAN ::
LUISTER : En word bewus daarvan DAT Hy
DAAR is!
Want sien : NET
SOOS Jy hierdie tyd saam met God nodig het, het HY dit OOK nodig saam met jou
: **
Om net SAAM met jou te wees!! ** Om
jou te VERTEL hoe LIEF Hy jou het!!!
** Om jou lewe aan te raak en te
verander!! ** Om van jou ‘n GELUKKIGE mens te maak!! GOD IS IMMERS LIEFDE : EN HY WIL HIERDIE LIEFDE OOR JOU
UITSTORT!!
Jaag jy OOK …
NOG by jou hart verby ..... En in die
gejaag ook by God verby???? Het jy ‘n Berg??
Waar is JOU WOESTYN :: Waar jy IN
STILTE … na God kan LUISTER … Met God kan PRAAT?? Jou hart vir Hillbrow kan gee??
En veral ook nou juis met die naderende kerstyd! Slaan ons die hande gemaak-verbaas ...... saam en roep ONTSTELD uit :
O Krismis! Is dit alweer daardie tyd? WAT gaan ek tog die jaar vir WIE WAAR koop?
Is daar enige voorstelle?? Ek is tog so
besig ... besig .. besig ...!! WAT gaan ons keer dat ons die jaar maar weer so jaag : Wat
gaan maak dat ek die jaar gaan STOP ::
En LUISTER na God :: En DOEN wat God wil hê ons moet doen ....?? Hoe GROOT moet die klip die jaar wees?? Watter klip gaan jou laat STOP die
Kersfees // Jou tot STILSTAND bring //
Jou minder gaan laat jaag??
Riana se
klip WAT HAAR LAAT stop HET, was die oorsprong van Vader Kersfees, aka Saint Nicholas. Saint Nicholas was ‘n man in die 4de eeu
met ‘n oneindige, ongelooflike simpatieke hart vir die armes. Hy was bekend as
‘n wonderwerker, want hy het homself vermom en skelm in die nagte vir die arm
mense kos en geld deur hulle vensters gaan gooi. Sommige van die geld het in
die proses binne-in skoene en kledingstukke beland. Die armes het later die
gebruik gehad om hulle skoene naby die venster te sit en kouse in die kaggel op
te hang in die hoop dat hulle die volgende oggend gaan wakker word en daar kos
of geld in die skoene of kouse sou wees.
Daarom gaan sy
die Kersfees haar ”rooi jassie” aantrek en biki Krismisvader speel.
Sy gaan OM haar kyk en haar HART oop maak vir die mense wat in haar
teenwoordigheid kom. Sy gaan na haar seëninge kyk en biki daarvan
uitdeel, veral omdat sy weet dat dit haar nie armer gaan maak nie. Sy
gaan haar kinders LEER om klein kersvadertjies te wees deur daardie ou teddiebeer
of inkleurboek vir ’n ander kind te gee. Die geskenk wat hulle daaruit gaan kry,
sal groter wees as enige geskenk op aarde en dit sal iets wees wat geld nooit
sal kan koop nie. WANT SY WEET haar Vader sal in liefde op hulle neerkyk
en wéét dat hulle iets besef van Kersfees, omdat hulle Hom help om weer hoop in
hierdie mense se harte te vestig!! Dankie Riana!Nataniël se klip het vir hom as sy grootste les gekom die jaar :: Dat dinge so vinnig in ’n oogwink kan verander en verdwyn : Daarom wil hy hierdie Kersfees iemand onthaal wat weer VOOR moet begin
Hoe
groot moet die klip wees wat JOU gaan laat STOP die jaar
:: Wat jou gaan laat LUISTER na God : Wat jou ’n slag by Hom gaanlaat
STILSIT??? Wat gaan maak dat jy die Kersfees na Hom gaan luister?
Mag vrede heers
hierdie Kersfees en as die wêreld nie op 21 Desember op ‘n einde kom nie, bid
ek dat die nuwe jaar ook nuwe vooruitsigte en HOOP sal bring vir jou en ook vir
almal wat jy gaan aanraak met jou Kersvader
gesindheid!
No comments:
Post a Comment