Markus 1: 16-20
Leer leef – saam met Jesus
Ek het onlangs met iemand gesels
wat ‘n tyd terug tydelik in die noorde van ons land gaan werk het. Hy vertel
toe hoe geskok hy was om te ontdek dat jy niks daar kan doen sonder om ‘n bribe
te betaal nie. As jy enigiets gedoen wil kry, moet jy betaal. Aan die een kant
is dit moeilik as ‘n Christen wat die regte ding wil doen, maar daar is ook die
ander kant van gelowiges wat daaraan deelneem sonder om te blik of te bloos.
Miskien was jy ookal in so ‘n situasie.
Miskien het jy ook al te doene
gehad met mense wat saam met jou werk – mense wat jy weet gelowiges is, maar
hulle praat lelik, hulle behandel mense sleg en sonder respek.
Of dalk is dit mense wat gelowig
is, maar oneties en oneerlik optree.
Dalk is jy iemand wat sukkel om
te leef as gelowige – jy weet wat dit beteken om as gelowige te leef – jy ken
die beginsels wat die Bybel van ons vra, maar jy sukkel om dit uit te leef. Jy
sukkel om iemand te vergewe, om ander mense te help, met jou taalgebruik,
eerlik te wees – wat dit ookal mag wees.
Dalk is jy iemand wat graag saam
met Jesus wil leef, maar jy sukkel, want jou lewe is net te besig, jy sukkel om
kop bo water te hou met werk en kinders en om elke dag te oorleef.
As mens hierdie goed beleef dan
is dit baie maklik om ontnugter te raak met geloof en Jesus en die Bybel en
kerk.
Dis soos wanneer jou buurman ‘n
nuwe kar koop, maar die kar gee net probleme. Dan is dit maklik om te dink da
thy ‘n swak kar gekoop het – ‘n kat in die sak. Maar dank om jy agter dat hy
soms water in die petroltenk gooi om petrol te spaar. Dan besef jy die probleem
lê nie by die motor nie, dit lê op ‘n ander plek.
As ons teleurstellings met die
Christelike lewe, en met ander Christene en met onsself beleef, dan moet ons
nie die fout gaan soek by Jesus en die Christelike geloof nie. Daar is immers
genoeg voorbeelde waar die Christelike geloof baie goed gewerk het.
Ons moet eerder die fout by
onsself gaan soek. Sien, ons kan mense wees wat glo, sonder om dissipels te
wees. Dis hoekom jy mense kry wat sê hulle is christene en dit bely, maar lewe
wys iets anders. Dis hoekom ons sukkel om die christelike lewe te leef. Want,
ons kan vir ewig Christene wees, sonder om ooit ‘n dissipel te word.
“we lost what discipleship
means. We have a Christianity without discipleship.” (Dallas Willard)
En dan is dit ook nie lank
voordat ons vir Christus ook verloor nie.
Wat is ‘n dissipel?
Markus 1: 17 help ons hiermee –
dit gee vir ons 5 elemente van dissipelskap. Ek wil vanoggend net om 1 fokus,
maar kom ek noem net gou eers die 5.
•
“Kom hier” – Alles begin met ‘n uitnodiging van Jesus se kant af. Hy nooi ons
uit om saam met Hom te kom. Ons is mos geneig om dit anders om te doen. Ons wil
aangaan met ons lewe en verwag van Jesus om saam met ons te kom. Ons noem dit
‘n verbruikersgodsdiens – dit gaan oor wat ek daaruit kan kry.
•
“Kom saam” – dissipelskap is ‘n reis. Dis nie ‘n blitskursus en quickfixes nie.
Moeilike tye is deel daarvan.
•
“Saam met my” – dissipelskap is ‘n verhouding. Dis ‘n pad wat ons loop saam met
Jesus.
•
“Ek sal julle maak” – dissipels is mense wat deur Jesus verander word.
•
“Vissers van mense” – diens aan ander mense. Dissipels lewer diens aan ander
mense.
Dus: ‘n dissipel is iemand wat
besluit het om saam met Jesus te lewe, wat by Hom leer, deur Hom verander word
en diens lewer aan hulle naaste.
Ek wil vanoggend net op een
aspek fokus – “saam met My” – om te leer leef saam met Jesus.
Dis waaroor dit gaan in
dissipelskap. Dis om op ‘n lewensreis saam met Jesus te gaan. Om te leer om my
hele lewe saam met Hom te leef. Dit beteken ons leef in ‘n verhouding met Jesus
en daar moet kommunikasie met Hom wees.
Dis moeiliker vir ons vandag,
want Jesus is mos nie meer hier by ons dat sodat ons kan kyk na wat Hy doen en
luister na wat Hy sê nie. Dis waar daai eerste dissipels die voorsprong gehad
het. Hulle kon eerstehands by Hom leer. Ons is nie so bevoorreg nie. Tog is Hy
nie net weg nie, Hy is op ‘n nuwe manier by ons teenwoordig – met Sy Gees en hy
wil nog steeds vir ons leer wat dit beteken om saam met Hom te lewe.
Wat beteken dit prakties vir ons
vandag?
Om saam met Jesus te leef
beteken dat ons ons lewens anders moet inrig.
Dis soos my en Jalize se
verhouding. Die dag toe ons getroud is, moes ek my hele lewe anders inrig. Ek
kon nie meer met my plek en tyd maak wat ek nou nie. Daar was nou iemand anders
wat e kook in ag moes neem. Ek moes my lewe anders inrig. Om met Jesus te leef,
beteken dieselfde.
JP Versteeg praat van die
verskil tussen loop en wandel. Loop is om so vinnig as moontlik van punt A na B
te gaan. Dis gefokus. Dis mos hoe ons kultuur is. Ons is hardlopende en
jaagende mense. Om moet weer leer wat dit beteken om te wandel. Om nou en dan
te stop en te rus saam met God. Dis iets wat Jesus gereeld gedoen het.
Henri Nouwen het gesê: Ons rig
ons lewens anders in “to create space for God”…To become attentive to the small
voice and willing to respond when we hear it”.
Rig jou lewe so in dat daar ook
plek is vir God. Stop en rus so nou en dan.
Om by Jesus te leer moet ons oop
en leerbaar wees.
Die eerste dissipels is vir ons
‘n voorbeeld. Hulle is bereid om Jesus te volg sonder dat hulle weet wat
voorlê. Hulle was oop vir Jesus en vir dit wat voorlê. Jesus wil ons beter
maak, hy wil ons leer en empower. Maar ons moet oop wees daarvoor – ons moet
Hom ‘n kans gee om in ons lewens te werk.
Om by Jesus te leer moet ons na
Hom luister.
Teresa van Avila het gesê: “God
is alive all day, living both around me and inside me, speaking in a still
small voice and in other ways I may not even recognize. God is not really
silent, we are deaf”
Vir ons verhouding met God is
dit ontsettend belangrik om na Hom te leer luister. Om sensitief te wees vir sy
stem. Ons gaan dit net regkry as ons ons lewe anders inrig, as ons leer om te
wandel en te stop en as ons oop en leerbaar is.
Hoe luister ons na God?
Ons hoor vir God in die Bybel:
Ons lees mos die Bybel haastig,
met ons verstand om kennis en informasie te kry. Ons moet ‘n slag weer die
Bybel met ons harte lees. Rustig en wagtend en in nederigheid, sodat ons regtig
kan hoor wat God vir ons wil sê. Daarom is hierdie manier waarop ons die Bybel
lees tydens hierdie 40 dae kursus so belangrik – dit wil vir ons leer om weer
die Bybel te lees op ‘n manier waarop ons vir God hoor.
Ons hoor vir God in ons lewe.
“God is in everything that
happens to you, therefore, react to everything that happens to you as if God is
in there.” (H Richard Niebuhr)
God is heeltyd aan die werk in
ons lewe. Ons moet lewe asof ons dit glo.
Ons hoor vir God in die lewe van
die gemeente, in die erediens
Hier waar ons saamkom om te
sing, te bid en te luister – hier hoor ons vir God.
Ons hoor vir God in die lewe en
woorde van medegelowiges.
In vanoggend se teks sien ons
dat Jesus roep sy dissipels in groepe van twee. Dis heeltyd so in sy bediening
– hy roep altyd mense en hy stuur hulle altyd uit in groepe van twee of meer.
Mens kan nie gelowig wees op jou eie nie. Ons het mekaat nodig.
Ons hoor vir God in ons
gemeenskap
As daar mooi goed gebeur in ons
gemeenskap – dan vier ons dit saam met God. As daar nood in ons gemeenskap is –
dan roep God ons om daarby betrokke te raak. As daar verskillende mense in ons
gemeenskap is – dan roep hy ons dalk om grense oor te steek.
Ons hoor God in die vreemdeling
wat ons pad kruis
God stuur mense oor ons pad. En
Hy werk dikwels deur mense van wie ons dit die minste verwag. Ons moet oop wees
daarvoor – ons moenie ons afsluit daarvoor nie.
Paar beginsels om God te
hoor. Ek gaan net ‘n paar quotes vir julle lees.
“One of the great barriers to
authentic listening to the “still, small voice” is our Western mindset that
prayer must have some immediate, tangible result, as if God were “the God of
the machine.”
“If you do not have clear
instructions from God in a matter, pray and wait. Learn patience.
“Depend on God’s timing. Don’t
get in a hurry. He may be withholding directions to cause you to seek Him more
intently.”
“Don’t skip over the
relationship to get on with the doing.”
“God is more interested in a
love relationship with you than He is in what you can do for Him.”
“We have the tendency to leave
the relationship and take things into our own hands.”
Hoe leer ons luister na Jesus?
Deur dit te oefen. Net 40% mense
wat by ‘n gym aansluit gaan oefen gereeld. Jy gaan net resultate sien as jy
oefen. Dieselfde met luister na Jesus – jy moet dit oefen totdat dit ‘n
gewoonte word.
Soos Henri Nouwen gesê het: “The
more we train ourselves to spend time with God and Him alone, the more we will
discover that God is with us at all times and in all places”
Die woorde het vanaand vir my die wereld beteken.
ReplyDeleteDankie daarvoor.