Ek
wil net eers weer hersien waarmee ons tot dusver besig is tydens die 40 dae
kursus. Week 1 het gegaan oor ons wat leer leef vanuit ‘n nuwe werklikheid. Dis
om te leef met die wete dat Jesus die heerser van my lewe is – ek behoort aan
Hom. En ook met die wete dat Jesus hier is. Hy is elke dag by ons teenwoordig.
Verlede
week het ons geleer wat dit beteken om saam met Jesus te leef. Jesus nooi ons
uit om saam met Hom te leef. In ‘n verhouding met Hom te leef. Dit beteken dat
ons ons lewens anders moet inrig. Ons moet nou en dan stop, tot rus kom en
spasie maak vir Hom in ons lewens. Ons moet oop en leerbaar wees vir dit wat Hy
ons wil leer en ons moet moeite doen om na Hom te luister.
Hierdie
week gee ons nog ‘n tree verder – om ‘n dissipel te wees is om by Jesus te leer
hoe om hier en nou te leef.
Dink
‘n oomblik oor die vraag: Wie is besig om jou te leer? Wie is besig om jou te
vorm? Wie se dissipel is jy? Ons almal is iemand of iets se dissipel.
As
kind – my ouers, onderwysers, dominee, sporthelde, musieksterre
Soos
mens ouer word is dit dosente, mentors, jou man of vrou, dalk ‘n spreker of
bekende persoon.
Dalk
‘n baas, kollega, dokter of sielkundige.
Ons
is almal iemand se dissipel.
Walter
Breuggemann het ‘n boekie geskryf waarin hy sê dat ons na verskillende stemme
luister, naamlik die stemme van ons ouers, ons vriende ons drome en die stem
van tradisie. Maar dan gaan hy verder en sê dat ons ook nie die invloed van die
media en TV-advertensies moet onderskat nie. “Advertensies kry ‘n greep op ons
lewens en dit vorm ons lewe sonder dat ons dit agterkom. Dit is eers oor ‘n
tydperk heen dat dit duidelik word watter groot mag dit op ons uitoefen. Dit
vorm ons identiteit en ons lewe.” Advertensies kommunikeer 3 goed aan ons –
alles gaan oor my en my behoeftes; my behoeftes moet bevredig word; en dit moet
NOU bevredig word. Die punt is ons word gevorm deur ons kultuur. Ons is
dissipels van ons kultuur.
Teenoor
dit is daar Jesus wat sê: Ek is die weg,
die waarheid en die lewe. So alhoewel ons nie kan help om deur ons kultuur
beïnvloed te word nie, moet ons as Christene vra – wat is dit wat Jesus ons wil
leer. Hoe wil Jesus hê moet ek lewe?
So
kom ons gaan kyk gou na die week se teks waarin Jesus ons wil leer hoe om te
lewe.
Lees
die teks. Uit die NAV, Die Boodskap en The Message
In
Jesus se tyd was jy as ‘n goeie Jood gesien as jy streng volgens die Torah
geleef het. Die Torah bestaan uit honderde wette – meer as 600 van hulle wat jy
moes nakom. Die fariseërs en skrifgeleerdes moes toesien dat die mense hierdie
wette nakom. So ons sou kon sê dat hulle gevorm is deur die wette. Hulle was
dissipels van hierdie wette en erge godsdienstigheid.
Vir
die gemiddelde Israeliet was die nakoming van hierdie wette nie iets wat
vreugde gebring het nie. Alles behalwe – hulle het dit ervaar as ‘n las of ‘n
juk wat op jou skouers gerus het. Die Fariseërs en skrifgeleerdes was hard op
die mense en het hulle mag gebruik om die wette at te dwing. Dit was harde werk
om dit na te kom en het vreeslike skuldgevoel veroorsaak. En ek vermoed baie
daarvan is net gedoen om die Fariseers en skrifgeleerdes tevrede te stel.
Jesus
kom hierteen in opstand. Hy bied vir die mense ‘n alternatief. Hy sê – kom saam
met my – ek bied vir jou genade, liefde en barmhartigheid. Jesus se manier van
doen is makliker, lig en bring rus, want Jesus is sagmoedig en vol liefde. Hy
help jou “to live freely and lightly”. Die Fariseers en skrifgeleerdes wil van
mense slawe van die wette maak, terwyl Jesus mense vry wil maak van hierdie
tipe slawerny.
Kom
ek verduidelik die verskil met ‘n beeld – wat ek by Oom Herklaas gekry het toe
ons in die week oor die teks gesels het.
Dis
soos die verskil om vir ‘n baas te boer en saam met jou pa te boer.
Die
Fariseërs en Skrifgeleerdes is soos om vir ‘n baas te boer. Die baas het streng
reëls waarvolgens jy moet werk. Hy gee vir jou opdragte. Hy hou vergaderings
waar hy vir jou sê wat jy moet doen. En wanneer jy foute maak dan is hy hard op
jou. Jy moet die baas probeer beïndruk en tevrede hou. En wat die toekoms
betref – wel daar is niks vir jou daarin nie, want jy gaan nie die plaas erf
nie.
Jesus
se manier van doen is soos om saam met jou pa te boer. Julle werk saam. Julle
beplan saam. Daar is vryheid om kreatief te wees. Dis ‘n oop verhouding waar
julle oor dinge kan gesels.Jy hoef hom nie te beïndruk of tevrede te hou nie,
want hy is reeds beïndruk en tevrede met jou. En as jy foute maak, dan is daar
genade en ruimte om te leer uit jou foute. Jy het ‘n toekoms, want jy is jou pa
se erfgenaam.
In
die woorde van The Message vertaling – by Jesus leer jy die “unforced rhythms
of grace” wat jou vry maak en jou lewe lig maak.
By
die Fariseërs en skrifgeleerdes leer jy die teenoorgestelde – jy leer die
“forced rhythms of power” – godsdiens wat op jou afgedwing word en wat jou lewe
beperk en swaarder maak en jou vasgevang laat voel.
Wat
beteken dit vir ons vandag? Mens kan op twee maniere lewe. Jy kan ‘n dissipel
wees van die dinge in jou lewe of jy kan ‘n dissipel wees van Jesus.
Ons
het mos baie goed wat in ons lewens aangaan. Ons lewens lyk soos hierdie
diagram.

In
Die Boodskap vertaling lees ons: “Ek sal
jou leer dat geluk nie is om heeltyd vir jouself te leef nie”. M.a.w. om
vir myself te leef gaan my nie geluk bring nie. Dit gaan maak dat ek nie freely
en lightly kan leef nie. As alles oor myself gaan, dan gaan ek ‘n dissipel word
van die goed waaruit my lewe bestaan.
Dan
gaan ek ‘n gevangene raak van daai goed. Ek gaan al hoe meer moet probeer om ‘n
sukses te maak van daai goed. En hoe harder ek probeer, hoe moeiliker gaan dit
raak en hoe meer vasgevang gaan ek wees. Soos die Fariseërs dissipels is van
wette en godsdienstigheid, so raak ek ‘n dissipel van die dinge in my lewe.
Wees
eerder ‘n dissipel van Jesus. Soos ons lees in Die Boodskap: “ Kom ontdek watter vreugde dit bring om te
leef soos God wil hê jy moet leef”.
As
ons dit kan regkry dan lyk die diagram van ons lewe soos volg:

Jesus
is in die middelpunt en Hy beïnvloed elke aspek van my lewe. Hy maak dit vir my
moontlik om die dinge van my lewe te hanteer. Ek hoef nie so hard te probeer
nie. Ek hoef niemand te beïndruk nie.
Dit
beteken nie dat alles altyd sal goed gaan nie – die winde en die storms sal nog
steeds daar wees, maar wanneer Jesus die middelpunt is gee dit rustigheid en
dit maak dat jy anders na die goed kan kyk. Jou gesindheid is anders. Dit haal
die angstigheid weg en maak dat jy ligter kan lewe.
Hoe
doen ek dit? Hoe kry ek dit reg om vry en lig te lewe?
Hou vas aan jou vryheid in
Christus.
Gal
5: 1 “Christus het ons vry gemaak om
werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer
onder 'n slawejuk laat indwing nie.”
Die
Fariseër en skrifgeleerdes het probeer om die mense slawe van godsdiens te
maak. Moenie toelaat dat enigiets van jou ‘n slaaf maak nie. Jesus het ons
vrygemaak daarvan – so hou vas aan daai vryheid. Onthou Jesus se juk is sag – dis gemaak van
liefde, genade en barmhartigheid.
Walk with Me…Keep company
with Me
Bly
naby God. Koester jou verhouding met God. Soos ons verlede week gesê het – stop
partykeer, raak stil, luister na God.
“As a learning process, discipleship means
living interactively with His resurrected presence (through His word, His
personal presence, and through other people) as we progressively learn to lead
our lives as He would if He were we”.
No comments:
Post a Comment