Sunday, July 14, 2013

Preek 14 Julie 2013

Die eeue-oue waarheid...
Ek wil begin met bietjie van ‘n sielkunde les – ‘bear with me please’...
Toe ek op skool was, is ons IK (IQ) getoets. Dit was basies die enigste maatstaf van ‘intellegensie’. In die amper 25 jaar sedert ek skool klaargemaak en sielkunde studeer het, het die verstaan van ‘intellegensie’ verdiep. Vandag word daar gepraat van IQ (verstandelike vermoëens), EQ (emosionele vermoëns) en SQ (sosiale vermoëns). Mense moet ‘slim wees’ in al hierdie aspekte om ‘n sukses van hulle beroep, verhoudings en lewe te maak.
Trouens, deesdae word daar gesê dat mense vier verskillende fokus-areas in hulle lewe het, en al vier moet reg bestuur word vir iemand om gelukkig, tevrede en gebalanseerd te wees. Ons energie word ook aan hierdie vier areas verbind.
Vier areas bepaal die kwaliteit van elke mens se lewe:
   1.      Die verstandelike: die energie wat ons gebruik om te lees, skryf, studeer, reflekteer, konsentreer en dinge met ons verstand uit te werk
  2.    Die fisiese: die energie wat ons gebruik om te stap, bestuur, oefen, inkopies te doen, in die tuin te werk, ens.
 3.    Die emosionele: hoe ons op enige gegewe oomblik voel - opgewonde, gefrustreerd, hartseer, kwaad, verveelt, tevrede, en so meer
4.   
Die geestelike: wat nie in die eerste plek religieus is nie, maar eerder gaan oor vervulling en vergenoegdheid; om die ervaring te hê dat die dinge van jou lewe waarde het, betekenis het, ‘n doel het; om te voel jou lewe, werk en interaksies word waardeer en maak saak. Meaning. Satisfaction. A sense of purpose.
Die interessante ding wat die geleerdes ontdek het, is dat net een van hierdie areas van ons lewe energie kan genereer – en dit is die geestelike. In die ander drie areas gebruik ons energie; hulle kan nie vir ons energie gee nie. Nét die geestelike aspek van ons lewe kan dit doen!
As ons beleef dat die dinge waarmee ons besig is betekenis het, saakmaak en vervullend is, kry ons die energie wat ons nodig het om te doen wat ons moet doen – al kry ons te min slaap, is ons onder baie druk en het ons nie veel tyd vir ontspan nie. As dit vervullend is, is die energie om voort te gaan eenvoudig dáár...!
MAAR... Hoewel die geestelike aspek vir ons energie kan gee, word dit deur die emosionele aspek van ons lewe bepaal. Hoe ons voel (wat in ons hart aangaan) bepaal of ons betekenis kan beleef en vergenoegd kan voel – in watter omstandighede ook al! Soos die aanhaling van Max Lucado wat op die skerm was voor die diens begin het, sê: “The state of your heart dictates whether you harbour a grudge or give grace, seek self-pity or seek Christ, drink human misery of tastes God’s mercy...”
Net die geestelike aspek kan energie genereer, maar ons emosies is ‘koning’ (heers).
Dit was vir my baie interessant dat sielkundiges al ons emosies in twee breë groepe verdeel, naamlik liefde-gedrewe emosies en vrees-gedrewe emosies.
Liefde-gedrewe emosies het nie te doen met ‘affection’ nie. Dit gaan oor lief wees vir wat jy doen en waarmee jy besig is. Dit gaan oor ‘loving life, with all its ups and downs’.
Nie een van ons emosies het enigeiets met omstandighede te doen nie! Jy kan vreesgedrewe emosies beleef terwyl jou omstandighede baie positief is, en jy kan liefde-gedrewe emosies beleef terwyl jy midde-in uiters moeilike omstandighede is. Dink aan Jakobus wat sy brief begin deur te sê: “Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom...”
Die liefde-gedrewe emosies maak ons positief, optimisties, hoopvol en tevrede. Dit ontsluit letterlik die geestelike aspek van ons lewe, wat vir ons nuwe energie, motivering, stamina en deursettingsvermoë gee.
Die vrees-gedrewe emosies, daarenteen, veroorsaak negatiwiteit, pessimisme en ontevredenheid. Dit sluit die geestelike area van ons lewe toe... Dit draai die kraan met die water van die Lewe toe...
Ons moet bewustelik vir liefde en teen vrees kies!



Noudat ons die vier aspekte van ons lewens verstaan, asook hoe hulle mekaar beïnvloed, wil ek graag vir julle wys presies wat ons energie dreineer in elkeen van die vier areas.
Ons voel dikwels moeg, moedeloos, mismoedig, uitgebrand en sonder energie. As ons hierdie tabel verstaan, kan ons ophou om dinge te doen wat ons energie onnodig uitput!
1)      PHYSICAL (determine health)
§  Addictions (alcohol, cigarettes, drugs)
§  Ill health / physical pain
§  Insufficient sleep
§  Lack of exercise
§  Lack of relaxation
§  Poor eating habits


Too little physical energy = ill health
2)      MENTAL (determine achievement)
§  Boredom / stagnation
§  Complaining / constantly being exposed to people who complain
§  Guilt
§  Negative thinking
§  Stress
§  Expecting the worse (worrying)

Too little mental energy = under-achievement
3)      EMOTIONAL (determine relationships)
§  Controlling other people
§  Allowing others to control you; giving in to their demands
§  Emotional outbursts
§  Fear
§  Fights / arguments
§  Inability to manage own emotions
§  Always sacrificing your needs, dreams and aspirations

Too little emotional energy = relationship breakdowns
4)      SPIRITUAL (determine fulfilment)
§  Lack of discipline
§  Lack of faith
§  Lack of trust
§  Life without meaning or purpose
§  Spending little quality time with the core people in your life and on the critical aspects of your life, such as your job
§  Going through the motions
§  Faking / keeping up appearances

Too little spiritual energy = lack of fulfilment
Fascinating stuff...! Merkwaardig hoe die geleerdes se kennis en begrip vir mense se funksionering gedurende die afgelope 25 jaar toegeneem het...
Nog meer merkwaardig dat, toe Jesus op ‘n keer gevra word wat ‘n mens moet doen om seker te wees jy leef volgens God se wil, Hy antwoord:
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag...”
Interessant... Dieselfde vier areas!
Jesus is quoting Deuteronomy 6: 4 – 8:
Hear, O Israel:  the Lord our God is the only Lord. And you shall love the Lord your God with all your mind and heart, all your soul and with all your strength.
And these words which I am commanding you this day shall be first in your own minds and hearts (PARENTS)...then you shall whet (stimulate) and sharpen them so as to make them penetrate, and teach and impress them diligently upon the minds and hearts of your children (CHILDREN), and you shall talk of them when you sit in your house and when you walk by the way, and when you lie down and when you rise up...
Dit moet dus ‘n lewenstyl wees: om God lief te hê met jou verstand, hart, siel en krag moet in jou eie lewe ingeoefen word – en moet dan daagliks, in alles wat jy doen en oral waar jy gaan, by jou kinders vasgelê word...
·         In Deuternomium, min of meer 3400 jaar gelede, sê God die eerste keer: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele verstand, jou hele hart, jou hele siel en al jou krag...”
·         Jesus herhaal dit 1400 jaar later, 2000 jaar gelede: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag...”
·         Spreuke 4:23, omtrent 2800 jaar gelede, sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart aangaan (emosies), want dit bepaal jou hele lewe...”
God noem dus 1) duisende jare gelede reeds al vier areas, 2) dring daarop aan dat alles op God moet fokus (dat mense vanuit die geestelike dimensie moet lewe), 3) waarsku ons dat ons emosies ons hele lewe bepaal, en 4) roep ons deurlopende op tot liefde – vir God, jouself en jou naaste...
Moderne mense sukkel om balans in hulle lewens te kry!
As ons na die moderne samelewing kyk, sien ons die gevolge van lewens wat nie hierdie vier areas van ons menswees goed bestuur nie:
·         Verhoudings val uitmekaar, die egskeidingsyfer is hoog, gesinne word uitmekaar geruk en familielede praat nie met mekaar nie...
·         Tallose mense lei aan depressie...
·         Mense sukkel met stres-verwante siektetoestande soos angs, spastiese kolons, migraine-hoofpyne, spierpyn, rugpyn...
·         Al hoe meer mense is oorgewig, met siektetoestande wat daaraan gekoppel word...
·         Mense sukkel met verslawings aan drank, pille, dwelms, opkikkers, sigarette...
Die boekwinkels se rakke staan propvol self-help boeke en daar is oneindig baie DVDs, CDs, en kursusse wat ‘die antwoord’ belowe! En tog is die oplossing so oud soos die berge! Duisende jare oud! Letterlik antiek...!
Jesus het mense meer as 2000 gelede (in Mat. 11: 28 – 30) al uitgenooi, en Sy uitnodiging is vandag steeds brood-nodig:
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”
Anders gestel in die Message, wat die betekenis van die Griekse woorde besonder duidelik vertaal: “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me - watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”
God het ons op ‘n spesifieke manier geskep, vir LIEFDE!
·         God het ons so geskep dat die geestelike aspek van ons lewe ons belangrikste bron van energie is... Dit is nie toevallig so nie!
·         En God het ons so geskep dat LIEFDE vir ons vervulling, bevrediging en betekenis bring – en nie geld, populariteit, sukses of mag nie...
·         God IS liefde! God hét nie bloot lief nie... En ons is na God se beeld geskep! Ons is op ons gelukkigste wanneer ons God / Liefde toelaat om ons heel te maak, op te hef, te inspireer en rustig te maak... Liefde is die grootste krag is die heelal! Dit kan gebroke harte heelmaak, die grootste onreg vergewe, die grootste afstand oorkom, die grootste vyande versoen, die grootste skade herstel...
·         Met liefde kan ons alle uitdagings oorkom! Sonder liefde gooi die kleinste dingetjie ons onderstebo... Dís hoe God ons geskep het! Liefde ontsluit ons potensiaal. Vrees verlam ons en laat ons opgee...
·         God, wat Liefde IS, het ons liewer as wat enige mens ons ooit kan hê! Liewer as wat woorde kan sê! Liewer as wat ons kan droom of dink!
En die doop is seker die mooiste, diepste, amazingste liefdesverklaring van God! Die doop is Liefde sélf wat ‘n hand op ‘n mensekind se lewe lê en sê:
Ek het jou lief...! Ek het jou oneindig lief! Ek het jou liewer as My lewe! En elke dag wat Ek sien hoe jy lewe, het Ek jou nóg liewer! Ek is elke sekonde by jou om vir jou krag en wysheid te gee; om jou te beskerm! Daar is absoluut niks wat jou van My liefde kan skei nie...”
Die doop is God se belofte-teken – bietjie soos ‘n trou-ring. Dit is die teken en simbool van God se liefde en trou; van God se persoonlike verbintenis tot elkeen van ons...
Raak dus elke dan en wan aan jou voorkop en onthou: jy is geskep vir liefde en jy is geskep om vanuit jou verhouding met God te leef... Die modern sielkundiges dink hulle het soveel nuwe dinge ontdek die afgelope 25 jaar, maar hulle is verkeerd! Hulle het maar net eeue-oue waarhede ontdek...
Wees vir God lief met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag. En onthou! Wees veral versigtig met wat in jou hart aangaan, want dit bepaal jou hele lewe...!



No comments:

Post a Comment