Sunday, June 24, 2012

Preek 24 Junie 2012


Vrygespreek deur genade, maar kan ek my redding verloor as ek nie ‘n goeie lewe lei nie…???

Back to 1 Cor. 5 of last week

When a piece of scripture is dense and rich with multiple messages, we select what to focus on. Mens kan nie álles sê nie, want dan gaan julle as luisteraars dalk so oorweldig wees dat julle níks hoor nie…!

Last week’s scripture, 1 Cor. 5: 6 – 17, is a good example of such a passage. Johannes selected to focus on “being compelled by Christ’s love”. Hy het verduidelik hoe daardie liefde die ‘heining skuif’.

This week I want to focus on- and explore another aspect of 1 Cor. 5. Let us read the relevant sections.

1 Kor. 5: 9 – 10

...of ons hier woon (in ons liggaam) of daar woon (in die hemel), ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil. Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.
·         Regterstoel? Oordeel? Jy ontvang volgens wat jy gedoen het?

1 Kor. 5: 14 & 16 – 19

14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat Een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.
16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie... 17 Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.
·         ‘n Nuwe mens, versoen met God? My foute word my nie toegereken nie?

How does that work…???

§  Verse 9 & 10: You will be judged and you’ll receive what you deserve, based on your deeds (how you lived your life)...
§  Yet, verse 17 – 19 says the opposite: you won’t be judged and you’ll receive what you don’t deserve, based on Jesus’ sacrifice...
§  It reminds me of Proverbs 26: 4 – 5…!!!

Proverbs 26: 4 – 5

Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie; hy sal dink jy is soos hy. Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier, anders dink hy hy het wysheid.
Do not answer a fool according to his folly, or you yourself will be just like him. Answer a fool according to his folly, or he will be wise in his own eyes.
·         Mmmm… So watter een is dit?

It sounds like a contradiction…???

What we find here in Paul’s letter, we also find elsewhere in the Bible. Let us turn to some passages that create the impression that our deeds – whether they are good or bad – will determine where we spend eternity...
Hierdie teksgedeeltes is almal soos Mat. 7, waar Jesus sê: “’n boom word aan sy vrugte geken. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi...”

§  Matthews 13: 41 - 42

36 Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.”
37 Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. 38 Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; 39 die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele. 40 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. 41 Die Seun van die mens sal Sy engele stuur, en hulle sal uit Sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, 42 en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son.
The Son of Man will send his angels and they will gather out of his kingdom all causes of sin and all law-breakers, and throw them into the fiery furnace. In that place there will be weeping and gnashing of teeth. Then the righteous will shine like the sun…

§  Matthews 13: 49

47 “Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. 48 As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. 49 So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies 50                  en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
That's how it will be when the curtain comes down on history. The angels will come and cull the bad fish and throw them in the garbage. There will be a lot of desperate complaining, but it won't do any good.

§  Matthew 25: 46

31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. 33                       Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.
34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves;
36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42       want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43       Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”
'Get out, worthless goats! You're good for nothing but the fires of hell. And why? Because I was hungry and you gave me no meal; I was shivering and you gave me no clothes… Whenever you failed to do one of these things to someone who was being overlooked or ignored, that was me—you failed to do it to me! Then those 'goats' will be herded to their eternal doom; the 'sheep' to their eternal reward.
Hierdie teksgedeelte is regtig steurend, want jy word nie geoordeel omdat jy SONDE gedoen het nie! Jy word geoordeel omdat jy NAGELAAT HET OM GOED TE DOEN… En nóg die skape nóg die bokke het geweet wat hul gedoen het om Jesus se uitspraak te verdien. Albei groepe was ewe verbaas…!
Wat jy aan die geringstes gedoen OF nie gedoen het nie, bepaal blykbaar jou ewige lot…? Dis ‘n angswekkende gedagte! Is ek goed genoeg? Is ek nuttig genoeg? Doen ek genoeg vir die geringstes?

Quick quiz…!

Kom ons kyk bietjie hoe lyk dit hier in ons geledere?
      Who feels comfortable that they are not the cause for someone else to sin?
-     Soos om ‘n ander bestuurder laat vloek en skel…
-     Soos om nie mense te hê wat jou moet vergewe vir iets nie…
-     Soos om nie ander mense jaloers te laat voel, en iets wat jý het, te laat begeer nie…  
      Who feels comfortable that they are not guilty of breaking God’s law?
-     Soos om iets van iemand anders te begeer…
      Who feels comfortable that they are not guilty of overlooking or ignoring a person in need? Hungry, homeless, addicted…?
-     Soos om nie ‘n bedelaar  te ignoreer wat by jou venster kos of geld vra nie…
-     Soos om nie die klokkie te ignoreer as ‘n bedelaar hom 15:00 op ‘n Sondagmiddag lui, nét wanneer jy gereed maak om te gaan lê vir ‘n middagslapie , nie…
-     Soos om nié te besig of te bang te wees om ‘n vreemde te huisves nie…
-     Soos om nie die straatmense en trollies-mense te ignoreer nie…
Hoeveel mense kan hul hande opsteek en selfversekerd sê dat jy goed genoeg is; nuttig genoeg is; genoeg goed doen vir mense wat behoefte het?
Hierdie teksgedeeltes laat ons so bietjie onrustig voel… Want hulle klink heeltemal anders as dié teksgedeeltes wat ons verlossing deur genade verkondig…!

Nie deur God geoordeel nie; vrygespreek deur genade

§  John 3: 16 - 17

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
This is how much God loved the world: He gave his Son, his one and only Son. And this is why: so that no one need be destroyed; by believing in him, anyone can have a whole and lasting life. God didn't go to all the trouble of sending his Son merely to point an accusing finger, telling the world how bad it was. He came to help, to put the world right again.

§  Romans 3: 23 – 26

Since we've compiled this long and sorry record as sinners and proved that we are utterly incapable of living the glorious lives God wills for us, God did it for us. Out of sheer generosity he put us in right standing with himself. A pure gift! He got us out of the mess we're in and restored us to where he always wanted us to be. And he did it by means of Jesus Christ. God sacrificed Jesus on the altar of the world to clear that world of sin.

§  Ephesians 2: 8-9

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
It is by grace you have been saved, through faith—and this not from yourselves, it is the gift of God--not by works, so that no one can boast.

§  1 John 2: 1 – 2

Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
I write this, dear children, to guide you out of sin. But if anyone does sin, we have a Priest-Friend in the presence of the Father: Jesus Christ, righteous Jesus. When he served as a sacrifice for our sins, he solved the sin problem for good—not only ours, but the whole world's.

Nou hoe nou…???

How must I understand this…??? Dis baie verwarrend!
Can I rest asured that I am saved by grace? Or can my sins, my selfishness, my negligence and my busy life be seen as “not bearing fruit”? Can I end up amoungst the goats, even though I believe in Jesus?
How do you reconcile “saved by grace” with these passages saying you are “saved by your deeds”...?

The answer is found when we understand 3 things

1.    You must understand what Jesus was really saying and hear His message, not His words
2.    You must understand the consequences of salvation for SIN
3.    You must understand the difference between sin and fruit; between being condemed and being judged

Hear Jesus’ message, not merely His words

1.     Jesus was busy re-writing the age-old Israelite script, with Him as Messaiah.

Al die aanhalings van net-nou - onkruid & koring, bruikbare & nuttelose vis, skape & bokke – kom uit gesprekke met Sy dissipels! Hy was nie besig om te preek nie! Hy was besig om Sý leieskap te vestig en die Joodse godsdienstige- en politiese leierskap af te breek!
Hy was besig om vir Sy dissipels te sê: “‘n Nuwe bedeling is op pad en Ek is aan die hart daarvan. Die korrupte Skrifgeleerdes, Fariseërs en Joodse Raad; die ‘hypocrites’ wat dink hulle is so wonderlik? Húlle is in vir ‘n groot verrassing…!” Nadat hy oor die onkruid en vis praat in Mat.13 sê Hy vir Sy dissipels: “So is elke Skrifgeleerde…”
Want sien: in die Joodse literatuur, wat aan die Joodse leiers én dissipels baie bekend was, sou die nasies – die Heidene – geoordeel word op grond van hoe hulle Isreal behandel het! Jesus is re-writing the script!
Hy neem hulle bekende beelde en verwagtings…en keer dit om; herskryf dit! Sy doel is nie in die eerste plek om oor die laaste oordeel te praat nie; Sy doel is om HULLE PRENTJIE van die laaste oordeel radikaal uit te daag en te verander!
Luister bietjie na die volgende dele uit Jesaja. Die Joodse leiers het geglo dít wag vir almal wat húlle nie eerbiedig het nie. Jesus sê: “Julle het geen idee wat vir julle wag nie, want EK gaan op die regterstoel sit en EK gaan oordeel en JULLE gaan tekort skiet...! Hierdie prentjies uit Jesaja wag vir JULLE...! Júlle gaan eindig in ’n vuur wat nie ophou brand nie; júlle liggame gaan nie uitbrand nie; júlle sal tot in ewigheid aanhou brand...
§  Isaiah 33: 14 - The sinners in Sion are afraid, trembling hath seized upon the hypocrites. Which of you can dwell with devouring fire? Which of you shall dwell with everlasting burnings
§  Isaiah 66:24 - And they shall go out, and see the carcasses of the men that have transgressed against me: their worm shall not die, and their fire shall not be quenched: and they shall be a loathsome sight to all flesh.

2.     Jesus had an extreme way of speaking that shocked people

Jesus did not have much time, so He used shock tactics and extremes. Sy ganse bediening was maar 3 jaar; hy het nie tyd om mooi broodjies te bak nie. Sy manier van praat is bedoel om mense tot stilstand te ruk, te laat skrik en te laat dink. Weereens moet ‘n mens Sy boodskap hoor, nie bloot Sy woorde nie!
Hier is ‘n paar voorbeelde van Jesus se tipiese manier van praat:
§  Mat 5:20 “As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie
§  Mat 5:22 “Elkeen wat sy broer uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur
§  Mat 5:28 “Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.”
§  Mat 5:32 “Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”
§  Mat 6:15 “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie
§  Mat 10:32 - 33 “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is
Jesus is bietjie soos ‘n ma wat vir haar kinders sê: “As julle wéér lekkers vat sonder om vir my te vra, gaan ek nooit weer lekker koop nie…!
Jesus is like Johannes’ dad on a road trip to his four children: “If you don’t stop fighting, two of you are getting out and staying behind...
Jesus is soos ‘n oupa wat vir sy kleinseun, wat ‘n storie aandra oor die ouer nefies wat iets gevaarlik doen, sê: “Sê vir Conrad en James ek gaan hulle bors oopruk en op hulle longe spoeg…!
We must not misunderstand Jesus’ shock tactics. They were intended to make people think & believe... We know that Jesus did not DO what He threatened:
§  He said: “But whoever disowns me before others, I will disown before my Father in heaven…”
But when Peter disowned Him three times, not only did He forgive Peter; He made him the corner-stone of the entire church!
§  He said: “If your righteousness is the same as that of the Pharisees and the teachers of the law, you will certainly not enter the kingdom of heaven…”
Yet, on the cross He prayed for the Pharisees and the teachers of the law who had Him crucified: “Father, forgive them, for they know not what they do...!”

The message of salvation is consistent

Jesus said that His Spirit will teach the disciples what to say when He is no longer with them. And they all preached the same message of salvation through the grace of God, by the sacrifice of Jesus – they all preached it, without exception. Surely the Spirit of Jesus taught them correctly? Surely we can’t doubt the Holy Spirit?

Sin and good deeds: let’s get clarity

I don’t believe the message of salvation is a mistake. Yet, even though we are not saved based on our works or our goodness, but by the grace of God, the way we live our lives are important to God. And the cross provides an easy way to remember:

VERTICAL BAR: GRACE
     God to humans – a sheer gift
     No conditions
     No contribution by us
     Los die probleem van sonde op

HORISONTAL BAR: WORKS
     Our response
     Nie ‘n voorwaarde vir redding nie, maar God hét ‘n wíl…! How we live matters to God!
     Dis waaroor die regterstoel gaan…

§  Terug na 1 Kor. 5:19 – redding deur genade

19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.
-        Sin is taken out of the equision...
-        Wanneer jy gered word, is sonde nie meer in die prentjie nie. As daar dan gepreek en gepraat word oor *hoe jy jou lewe leef, *gehoorsaamheid, *vergifnis, *diens, *eerlikheid, *jou taalgebruik en ander dade, gaan dit nie oor sonde nie. Jy kan nie meer sondig nie! AL jou sonde is vergewe! Dis asof jy self aan die kruis gesterf en vir jou sonde betaal het…!

§   1 Kor. 5:10 – ons dade gaan geëvalueer word

10Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.
-        Even though our deeds plays no role in our salvation, they matter very much!
-        God werk deur ons - ons is Sy plan en Hy ken elkeen van ons se potensiaal. Hy weet wat Hy deur ons kan regkry, as ons onsself vir Hom gee!
-        Die horisontale balk van die kruis gaan dus oor hoe jy jou lewe leef – oor die impak van jou dade op die wêreld; oor of jy die Koninkryk laat kom; oor of jy die wêreld ‘n beter plek maak; oor of jy mense nader aan God bring. En dit maak saak vir God! God hét ‘n opinie hieroor! God wil sekere dinge hê!
-        God wil hê dat ons lewe volgens Sy woord! God wil hê ons moet vrygewig wees. God wil hê ons moet omsien na armes en weerloses. God wil hê ons moet eerlik wees, mense met respek behandel, diens lewer, geduldig wees, vergewe, vrede maak en ‘n goeie voorbeeld stel.
-        En as alles verby is en ons verlaat hierdie wêreld, gaan ons saam met God na ons keuses kyk en ons gaan weet hoe God ons lewe evalueer…

It is well explained in 1 Corinthians 3: 10 - 15

10Volgens die genade wat God my (Paulus) gegee het, het ek soos 'n goeie bouer die fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, 11want niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus.
§  This is salvation. Saved by grace.
§  Jesus’ accomplishment on the cross gave me a firm foundation for the rest of my life…
12Of dit goud, silwer, edelstene (a good quality life), hout, gras of strooi is (a poor quality life) waarmee iemand op die fondament bou, 13elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. 14As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; 15as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.
§  Nothing can take away our salvation! Even if the life you’ve built on the foundation of your salvation is of very poor quality, you will still be saved!
§  Dit laat my dink aan die drie varkies! Al is jou huisie so swak gebou dat die wolf hom omblaas, word jy steeds gered van die wolf…
§  But our deeds are either ‘good quality’ or ‘poor quality’ - and God has an opinion!

1 Johannes 4: 17 – 18

Redding kom van God en het nie voorwaardes nie! Niks kan dit wegvat nie! Daarom sê Johannes:
“Hierin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie… Waar (God se) liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf…”
Ons hoef nooit angstig te voel oor ons redding nie!
Even though we will be judged, we will not be condemed!

Kom ons leef versigtig en volgens God se wil…!

God calls us to be light-bearers. We are compelled to love. We are called to make the Kingdom come, on earth as it is in heaven...
Let us live in such a way that we won’t have to lower our heads in shame when God evaluates the impact of our lives when this world is finally behind us!
Let us live in such a manner that thousands of angels will cheer when God proclaims His joy and pride in how we lived and loved...!

Sunday, June 17, 2012

Preek 17 Junie 2012


Eerder immigreer as emigreer
2 Korintiers 5: 6-17

Verlede Sondag het Thinus daaroor gepreek dat ons lewens maar soos soos ‘n tent is, maar eendag gaan ons wees soos ‘n vaste gebou, wat stewig en ewig is. Nou is ons maar soos kleipotte wat maklik breek. Ons is fragile en breekbaar. Maar ons kan uitsien daarna dat Jesus vir ons wag en dat alles goed en reg sal wees saam met Hom. Dit gee vir ons hoop in hierdie lewe, wanneer dinge nie so lekker is nie. Ons moet leef vanuit hierdie hoop en die meeste maak van hierdie lewe.
Ek wil vanoggend aansluit by Thinus se preek en aangaan met die teks wat hy gelees het.

’n Jong seun ry op ’n trein tussen twee stede - dis ’n lang treinrit. Dit was ’n  warm, stowwerige dag, wat dit baie ongemaklik vir treinry gemaak het. Hierdie treinrit was veral in terme van landskap maar ’n bra oninteressante roete.
Maar die seun het geduldig by die venster uitgekyk en die vaal landskap dopgehou.  ’n Ou tannie het met deernis na hom geleun en gevra: “Is jy nie al moeg van die lang rit nie - die stof en die hitte?”
Die seun het glimlaggend geantwoord: “Ja, tannie, so ’n bietjie. Maar ek gee nie baie om nie, want my pa wag vir my aan die einde van hierdie rit!”

Dis hoe dit vir Christene is. Ons lewens is soos ‘n treinrit wat soms maar ongemaklik en seer is, maar ons kan dit hanteer want ons weet dat Jesus wag vir ons aan die einde van die rit.

Paulus besef dit en daarom skryf hy in vers 8: “Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here wil gaan woon.”
Paulus wil uit hierdie deurmekaar lewe na Jesus toe emigreer.
Maar hy besef ook dat dit nou nie so maklik is nie. Daarom sê hy in vers 9: “Maar, as ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil.”
Dus: ons wil graag saam met Jesus wees en ons sien uit daarna, maar ons is nou hier, so ons moet die meeste daarvan maak en lewe volgens Sy wil. In plaas van emigreer na Jesus toe, moet ons imigreer in die lewe in en die meeste maak daarvan. Dis waarvoor God ons roep.

Om te leef volgens Sy wil beteken ons is nuwe mense.
Soos Paulus sê in vers 17. “Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens, die ou mens is verby.”
’n Priester hoor eendag van ’n vrou wat beweer dat God persoonlik aan haar verskyn. Hy was baie skepties en besluit om die vrou se aanspraak te toets.
Hy gaan na haar toe en sê: “Wanneer God weer aan jou verskyn, vra Hom om my geheime sonde, waarvan net Hy weet, aan jou te openbaar.” Só, dink die priester, sal ek vir seker kan bewys dat die ou vrou jok.
’n Maand later gaan die priester terug na die vrou om te hoor wat sy te sê het.
“Mevrou,” vra hy half smalend, “het jy toe vir God gevra om jou van my geheime sonde te vertel?”
“Ja, ek het.”
Die priester skrik. “En wat het Hy toe gesê?” vra hy versigtig.
“Hy het net gesê: ‘Watter sonde? Sê vir die priester sonde wat Ek vergewe het, vergeet Ek.’”

Ons is vergewe, ons is nuut gemaak. God gee vir ons ‘n getuigskrif om dit te bevestig.
Ferdinand Deist het iewers geskryf dat God se getuigskrif vir ‘n nuwe mens lyk soos volg.

Heil die Leser
Hiermee getuig Ek, die ondergetekende, dat Ek (jy kan maar jou eie naam hier invoeg) as mens persoonlik ken en met oortuiging soos volg oor hom kan getuig:
Vir My is hy só belangrik dat Ek die hele skepping vertraag het om hom eers te maak, en dat Ek, toe hy op ’n dag soek geraak het, nie gehuiwer het om my Seun ’n mens te laat word om hom te kom soek en terug te bring nie.
Van hom getuig Ek dat hy uit die goddelike geslagsregister stam en daarom deel het aan die goddelike natuur. Hy is maar weinig minder as ’n goddelike wese. Daarom het hy alle mag oor die bose en kan hy groot dinge doen. Hy kan homself verloën, hy is in staat om te verander, versoeking te weerstaan, te bid en te ontvang, lief te hê, om te gee, jammer te wees vir mense en te vergewe. Hy kan selfs lewe al het hy ook gesterwe.
Ek kan hom met vrymoedigheid aanbeveel.
Geteken: God

Dis hoe God ons sien. Die vraag is, sien ons onsself ook so?

Nuutgemaakte mense, wat leef volgens God se wil word gedring deur die liefde van Christus.
Dis hierdie liefde wat gemaak het dat Paulus by mense betrokke geraak het. Dis hierdie liefde wat gemaak het dat hy nie anders kon as om die evangelie te verkondig nie. Hy wou hê dat ander mense dit ook moes beleef. Dis hierdie liefde wat maak dat hy nie anders kan as om ander mense te dien nie. 
Ou kerkvader Augustinus het hieroor gesê: “hoe lyk die liefde? Dit het sagte hande om ander te versorg. Dit het vinnige voete om ander te gaan help. Dit het skerp oë om ander se nood raak te sien. Dit het goeie ore om die geringste klag of sug van ‘n naaste op te vang. Dit is hoe die liefde lyk.” 

Nuutgemaakte mense, wat leef volgens Sy wil kyk anders na ander mense.
Paulus skryf in vers 16: "Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie.”
In Italië gedurende die Tweede Wêreldoorlog het ’n Amerikaanse kapelaan goeie vriende geraak met ’n plaaslike Katolieke priester. Toe sterf die kapelaan tydens ’n veldslag! Die priester het gevra dat hy in die begraafplaas agter sy kerkie begrawe word. Die Amerikaanse regering het ingestem, maar toe sê die Katolieke kerk dat ’n nie-Katoliek nie in ’n Katolieke begraafplaas begrawe mag word nie! Hy is gevolglik buite die begraafplaas se heining begrawe.
Jare later het ’n vriend van die kapelaan ’n draai by die ou priester in Italië gemaak. Toe hy die kapelaan se graf sien, het hy verbaas uitgeroep: “Ah, I see that you got permission to move the body.” Toe kom hierdie antwoord “No, they told me where I couldn't bury the body. But nobody ever told me I couldn't move the fence.”

Ons skuif heinings as ons anders begin kyk na mense.
As ons ophou om mense te beoordeel volgens hulle swakhede, mislukkings, hulle uiterlike, hulle orientasies – dan skuif ons heinings. 
As ons begin om eerder te fokus op mense se potensiaal, moontlikhede, hulle waarde en kwaliteit – dan skuif ons heinings.
As ons begin om mense te respekteer en hulle met waardigheid en integriteit te behandel – dan skuif ons heinings.

Om op te som:
As ons so kyk na hoe deurmekaar hierdie lewe is, dan wil ons soms eerder na Jesus toe emigreer waar alles perfek sal wees. Maar ons kan nie. Ons is hier en ons moet die meeste daarvan maak en leef volgens sy wil.
So besef en celebrate dat jy ‘n nuwe mens is. En gaan leef soos ‘n nuwe mens.
Iemand wat gedring word deur die liefde van Christus om te gaan dien.
Iemand wat anders na ander mense begin kyk en hulle begin sien soos wat Jesus hulle sien.




Ek dank U Heer, vir my pappa se liefde trou;
Sy twee arms, wat my stewig elke dag vashou,
Om my te steun wanneer alles skeefloop of sleg;
Met ferme hande my te lei op die regte weg.
Vir blyke van waardering, as ek my bes probeer,
Ofskoon ek nie ’n wenner is, of baie goed presteer.
Ek dank U vir sy hande wat met ywer daagliks werk,
Al is hul vol eelte en grof, maak U hulle sterk.
Ek dank U vir sy oë wat ook alles raaksien,
Al moet ek soms teregwysing en straf verdien;
Ek dank U vir sy hart wat vol liefde klop vir my,
Ek sal nooit in my lewe weer so ’n pappa kry!
Seën en lei hom, Heer, hy is so spesiaal;
Ek is baie lief vir hom Heer, dankie nog ’n maal.
Amen



 




Sunday, June 10, 2012

Preek 10 Junie 2012


HANDE VOL GOEIE GOED!
2 KOR  4 : 13 - 5: 1

Die Amerikaanse skrywer en komediant,  Mark Twain was oppad om met  ‘n trein te vertrek, maar was nie lus om sy aktetas saam met hom te dra nie.  Hy vra toe die man in beheer van die bagasie:   Dink jy hierdie aktetas is sterk genoeg om die reis in die bagasiekompartement te oorleef?   **   Die man het Twain se tas geneem en op die platform neergegooi.  Dis wat hulle in Philadelphia met die tas gaan maak!    **   Toe tel hy dit op en slaan dit  5 tot 6 keer kliphard teen die trein.  Dis wat hulle in Chicago gaan doen!    **   Uiteindelik het hy aktetas op die vloer gegooi en daarop gespring totdat die skrywer se boeke en papiere daaruit gepeul het!   Dis wat hulle in Sioux City gaan doen!       **  Twain het alles sprakeloos geskok aangestaar en toe sê die man:   Meneer, as jy enigsins verder as Sioux City gaan, stel ek voor jy dra maar jou aktetas self.

Voel JOU lewe  ook soms soos Mark Twain se aktetas :: Heen-en-weer geslinger? Op-enAf gegooi? Pimpel-en-Pers geslaan?  Weet nie meer herwaarts of derwaarts?  MIN GOEIE DINGE //  MIN GOEIE NUUS!!     Die afgelope maande het ek opnuut besef dat die mense in ons omgewing regtig swaar kry :  Word soos Mark Twain se tas heen en weer gegooi en geslinger :   En ja! Die ekonomie en ’n klomp ander goete HET skuld hieraan  :: Gaan daarmee saam  : Het my opnuut laat besef dat ons mense BROOS is : Voos en seer en stukkend geslaan deur die lewe :  En ek het sien hoe hierdie BROOSHEID ons mense die DONKER invat ! 
Vr a jy ook baie keer ::  HOEKOM??   HOE gaan ek deur die dag kom?  Hoe gaan ek dit maak?  Hoe gaan ek oorleef?  Voel jy partykeer om net te skree ::  HELP!!!        Paulus help ons om perspektief te kry op hierdie Mark Twain aktetas van ‘n lewe…

THESE DIED THAT THE DESERT  MAY REJOICE .....

Ons swaarkry help ander blom vs 13-15    

Die groot Boulderdam en sy waterskema in die VSA het groot vrugbaarheid na  die omliggende woestynagtige areas gebring ! Daardie woestyngedeeltes floreer nou as gevolg van die water wat uit die Boulderdam se skema vloei.   Op ‘n inskripsie by die dam staan by die name van werkers wat met die bou van hierdie indrukwekkende dam dood is, die volgende woorde:    These died that the desert might rejoice and blossom as the rose.   Ons swaarkry help ander BLOM!

Dis presies wat Paulus hier ook skryf ::  Hy kon deur al die swaarkry en pyne gaan, omdat hy het geweet dat dit ‘n oorvloed egte Jesus-lewe vir ander sou bring.   God gebruik vandag nog vir jou en my as Jesus-volgelinge (én hoe hoopvol ons moelike dinge hanteer) om mense se harte vir Hom oop te maak sodat hulle lewens kan blom!  Hy gebruik JOU om tot seën vir ander te wees!!   **  Let dus maar mooi op hoe jy leef  ::  Jy het ‘n EFFEK op ander mense se lewens ::  Jy kan tot SEËN vir ander mense wees! Jy kan ander mense positief beinvloed!  Jy kan ande rmense positief VERANDER!!     Die Gees help jou om so positief te lewe!    ONTHOU net :: Al gaan dit HOE moeilik // Hoe swaar :: God is  BY ons, al kry ons swaar! 

GELOOF KYK VORENTOE    

Die geheim van vasbyt! Vs 16-18   

Hierdie Mark Twain aktetas van ‘n lewe kan jou en my bekommerd maak // Moed laat verloor!!      Sielkundiges het met navorsing ‘n TYDSTABEL VIR BEKOMMERNIS saamgestel ::  **  Op 18, bekommer ons oor IDEALE    **   Op 20, oor VOORKOMS ::   **  Op 23, oor MORALS   **  Op 26 oor GOEIE INDRUKKE ::  **  Op 30 oor HOË LEWENSKOSTE, SALARIS EN SUKSES ::  **  Op 33 oor WERKSEKURITEIT ::  Op 41 oor die VERLIES AAN AMBISIE  ::  Op 45 + oor GESONDHEID.

Elke stadium van die lewe het  sy eie UITDAGINGS.    Paulus deel hier met jou en my die GEHEIM van VASBYT in én deur moeilike omstandighede ::  JY EN EK IS NOOIT ALLEEN NIE. GOD IS DIE HELE TYD (24/7) VOOR, LANGS, AGTER, BO, ONDER, BY ÉN IN ONS!    GELOOF KYK VORENTOE!!

Dink onwillekeurig aan Sint Patrick se pragtige gebed:   Christus met my, Christus voor my, Christus agter my, Christus in my, Christus onder my, Christus bo my, Christus regs van my, Christus links van my, Christus waar ek lê, Christus waar ek sit, Christus waar ek opstaan, Christus in die hart van elke mens wat aan my dink,  Christus op die tong van elke mens wat oor my praat,  Christus in elke oog wat my sien, Christus in elke oor wat my hoor.  Christus wat vandag my beskerm teen alle gevaar wat oor my pad kom, sodat ek die lewe in sy oorvloed mag beleef. Amen.

’n Storietjie ::  ‘n Klein dogter het naby die begraafplaas gebly en soms in donkerte daardeur geloop. Toe iemand haar vra:  Is jy nie bang nie?   het sy geantwoord ::  O, nee, my huis is net aan die anderkant.        Of soos die klein seuntjie wat saam met  sy oupa in die berge gaan stap het. Toe hulle so ent tussen die rotse en die bome deur gestap het,  vra die oupa vir die seuntjie: “Weet jy  waar ons is?”  Die seuntjie antwoord: “Nee”.   Die oupa vra: “Weet jy waarheen ons oppad is?” En die seuntjie antwoord weer: “Nee, ek  weet nie.”    Die oupa glimlag en sê: “So, wat jy vir my sê is dat ons verdwaal is.”    Die seuntjie kyk op na sy oupa en sê: “Nee, ek is nie verdwaal nie, ek is saam met jou!      Dis wat hoop is ::  Mense op na ons Pa se huis, is nie bang nie, want ons stap in elke geval NOOIT alleen nie.   Mense oppad na ons Pa se huis, stap altyd SAAM met Hom!.

GOD IS MET JOU WAAR JY OOKAL GAAN  

God  is  BY ons ... Al kry ons swaar!  Vs 8 – 10   

Paulus het OOK so ’n Mark twain-tas lewe beleef!!  Maar hy besef waar sy HOOP lê  // waa sy KRAG lê  :  God is BY ons, al kry ons swaar      **  Ek kry dikwels swaar Maar ek is nooit mismoedig nie.    **  Ek weet nie elke dag presies wat ek moet doen nie ::  Tog is ek nooit radeloos nie.   **  Ek word vervolg  ::  Maar ek weet God los my nooit alleen nie.   **  Ek word onderstebo geloop, maar ek staan elke keer weer op.   
**   Net soos Jesus gely het toe Hy op aarde was, ly ek ook. Die merktekens daarvan is oral aan my lyf te sien. Ja, in my eie liggaam dra ek Christus se lyding en dood heeltyd met my saam  ::  Tog is die groot krag van Jesus ook deur my liggaam aan die werk.

‘n Klein dogter en haar pappa besoek die hoë Empire State gebou. Hulle gaan op en op en op in die hysbak. Die dogtertjie hou haar pappa se hand styf vas en vra later: “Pappa, weet God dat ons kom?” 
Paulus leer ons ::  Ja!!  God WEET dat jy oppad is : Dat jy kom!!!   God weet alles en wat Hy vir ons voorberei  het,  asemrowend mooi is!    Die lewe met al sy oppe en af’s is steeds wonderlik, maar onthou ::  God se beste vir jou en my lê nog en wag…  Die Ewige Lewe wat vir EWIG bly staan!

En ja!  Ons is kleipotte : Breekbaar : Gekraak : En ons weet mos alles gaan  eendag  eindig!!  En ja :: Ongelukkig het jy net een lewe.   Daarom moet jy besef  ::  Ja, die lewe hier is groots, maar dit is net ‘n klein refleksie van iets groters wat vir ons wag!    Ons weet  en verstaan bitter min van die ewge lewe, maar ons weet dat Jesus daar is ::  Dat Jesus vir ons wag.     Hierdie wete van die ewige lewe en Jesus wat vir ons wag – gee vir ons hoop in die onseker wêreld waarin ons nou leef.  Maak nie saak wat ons nou beleef nie – ons kan uitsien na ‘n toekoms waar alles weer sal wees soos God dit bedoel het om te wees.    Daarom moet jy ek ek hierdie een lewe met albei hande aangryp!!  CARPE DIEM :: GRYP DIE DAG!!!    Want weet jy wat ::   Jy en ek het ‘n gewaarborgde toekoms  -  ‘n Onbeskryflike grootse toekoms wat God vir ons voorberei :; ’n EWIGE LEWE saam met Hom!!!  En dit gee ons hoop!    Winston Churchill is gevra wat was die beste wapen wat Brittanje teen Hitler gehad het..    Sy antwoord was:   It was what England's greatest weapon has always been—HOPE!

Die Engelse skrywer-digter, Rudyard Kipling, beskryf dit so mooi  ::    When Earth's last picture is painted :: When the oldest colors have faded,  the Master of all good workmen shall put us to work anew...and never be tired at all. And only the Master shall praise us... And no one will work for the money. No one will work for the fame. But each for the joy of the working, and each will draw the thing as he sees it for the God of things as they are.