Sunday, February 13, 2011

Preek 12 Februarie 2011

Kyk na jouself…sien jouself raak

Ek wil net eers vinnig hersiening doen. Ons is tans besig met ‘n preekreeks met die titel “kyk na jouself”.
Die eerste tema was: “Kyk na jouself…niemand anders gaan nie”. Dit het daaroor gegaan dat God gee vir ons die lewe en ons moet verantwoordelikheid daarvoor neem. Ons moet besef dat ons soms tot rus moet kom in hierdie besige wêreld.  
Verlede week se tema was: “Kyk na jouself…en sien jou potensiaal” Ons het gehoor dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal in ons het, dat God vir ons elkeen ‘n droom in gedagte het en ons wil gebruik om dit waar te maak. Maar ons is ook vol verskonings. Ons moet onsself sien soos God ons sien en nie net in die verskonings vaskyk nie.
Vandag vat ons dit nog ‘n stappie verder. Vandag se tema is: “kyk na jouself, en sien jouself raak.”

Romeine 8: 1-2
With the arrival of Jesus, the Messiah, that fateful dilemma is resolved. Those who enter into Christ's being-here-for-us no longer have to live under a continuous, low-lying black cloud. A new power is in operation. The Spirit of life in Christ, like a strong wind, has magnificently cleared the air, freeing you from a fated lifetime of brutal tyranny at the hands of sin and death”

Een van my duidelikste herinneringe in my lewe was van die eerste demokratiese verkiesing in 1994.. Ek was nog in Stellenbosch ‘n student en ek kan onthou hoe ons almal in die lang toue gestaan het om te gaan stem. Ek onthou die energie en die entoesiasme en die lekker opgewekte atmosfeer wat daar in daardie tyd was. Wat die herinnering ook vir my kosbaar maak, was dat ek deel was van die groep mense wat die stemme getel na die verkiesing. Hulle het ons nog daar in die Van der Stel sportsaal onder streng sekuriteit basies toegesluit om die die stemme te tel. Ons het dwarsdeur die nag stemme getel. Die ding van daai verkiesing was dat dit ‘n waterskeiding in ons land was. Dit was die einde van ‘n ou bedeling en die begin van ‘n nuwe bedeling. Dit was die einde van ‘n onderdrukende tyd en die begin van nuwe hoopvolle tyd.

Dit wat Paulus hier in Romeine verduidelik kom op dieselfde neer. Hy beskryf die einde van ‘n ou bedeling en die begin van ‘n nuwe bedeling. Die einde van ‘n onderdrukkende tyd en die begin van ‘n hoopvolle, bevryde tyd. Die teks beskryf dit baie mooi:
In hierdie nuwe tyd, die tyd van Christus -   “we no longer have to live under a continuous, low-lying black cloud.”
Want daar is nou ‘n nuwe krag wat in beheer is, naamlik Jesus Christus.  Die nuwe bedeling van Jesus Christus.
Soos die teks dit stel: “The Spirit of life in Christ, like a strong wind, has magnificently cleared the air, freeing you from a fated lifetime of brutal tyranny at the hands of sin and death”
So dis ‘n nuwe bedeling wat vir ons vrede gee, wat vir ons vry maak, wat vir ons nuwe lewe gee. En ons kry ook die opdrag om hierdie lewe en vryheid aan te gryp en die meeste daarvan te maak.
“I don’t want to get to the end of my life and find that I just lived the length of it. I want to have lived the width of it as well!” (Diane Ackerman)
Met ander woorde: ek wil aan die einde van my lewe kom en kan weet dat ek die lewe in sy volheid geleef het. Dat ek die bevryding wat Christus gegee het aangegryp het en volheid daarmee gaan lewe het.
Tog lyk dit vir my asof ons sukkel om die lengte en die breedte van die lewe te leef en te beleef. Ons het baie keer goed wat dit vir ons moeilik maak en ons terughou. Dinge uit ons verlede. Keuses wat ons gemaak het. Dinge wat ons terughou en aftrek en insluk. Dinge wat verhoed dat ons die beste lewe wat God vir ons gee aangryp en volheid lewe. 

Psalm 69 verwoord iets hiervan ervaring. Dit is ‘n smeekpsalm waar Dawid vir God smeek om hom te help.  Lees Psalm 69: 1, 14-17, 30

So die vraag vanoggend is – in aansluiting met die Psalm: wat is die goed wat my aftrek en insluk en verhoed dat ek leef as ‘n vrygemaakte mens? Wat is die goed wat ek in die oë moet kyk en moet aanspreek? Wat is die goed wat ek moet verander en dalk genesing voor moet kry? Sodat ek volheid kan gaan leef met die Vryheid wat Christus vir my gegee het.

Om hierdie vrae te beantwoord is dit nodig dat ons so ‘n bietjie bestekopname van ons lewens moet doen. Om agter te kom hoe dit in my lewe gaan en wat is die goed waaraan ek moet aandag gee. Kom ek vra so ‘n paar vrae, dan kan julle julleself daaraan meet.

Wat is die toestand van my gesondheid?
o   Eet ek gesond, kry ek oefening?
Wat is die toestand van my naaste verhoudings?
o   Hoe lyk my verhouding met my lewensmaat? Hoe lyk my huwelik? Hoe is my verhouding met my kinders? Met my familie?
Wat is die toestand van my vriendskappe?
o   Spandeer ek genoeg tyd met my vriende?
In watter toestand is my siel?
o   My geestelike en emosionele lewe.
§  In watter toestand is my drome?
o   Dink ek nog oor die toekoms/
§  Watter onverwerkte pyn, trauma, teleurstelling en verwerping dra ek in my?

Waarop dit alles neerkom: As ek na myself kyk – hoe sien ek myself? Is jy tevrede met wie jy is? As jy nie is nie – dan is die vraag: wat gaan ek daaraan doen?

Dis nie ‘n maklike vraag nie, want die meeste van ons se lewens is so vol en ons probeer net kop bo water hou – ons het nie nog tyd om aan hierdie goed aandag te gee nie. En verder weet ons ook nie altyd hoe om dit te doen nie. So kom ek wys gou vir julle ‘n manier om jou lewe te evalueer met die doel om veranderinge aan te bring as dit nodig is. En dit behoort jou nie meer as ‘n halfuur te vat nie.

1.Bepaal wat is die boustene van jou lewe

Boustene van my lewe
Geestelike en persoonlike waardes
Verhoudings
(Huwelik en gesin)
Sosiaal
(Vriende en familie)
Loopbaan
Opleiding en ontwikkeling
Ontspanning
Finansieël
Fisies
(Gesondheid en liggaam)
Ander
(bv. Pyn, trauma, ens)

2. Neem elkeen van die boustene en evalueer dit aan die hand van die volgende vrae:

1) Waar is ek nou?

2) Wat wil ek bereik?
3) Hoe gaan ek dit bereik?

4) Beskryf dit asof dit klaar bereik is.

Hierdie oefening help jou om na jouself te kyk. Om evaluering te doen van jou lewe en om iets daaraan te doen. Dit help jou om weg te kom van die “low lying black cloud” en om die vryheid en vrede wat Christus vir ons gegee het aan te gryp en die lewe te leef wat Hy vir jou in gedagte het.

Ek wil afsluit met ‘n DVD clip wat gaan oor ‘n paar mense wie se name julle sal herken. Hulle was mense vir wie gesê is, hulle is nie goed genoeg nie. Hulle sal dit nooit regkry nie. Maar hulle het na hulleself gekyk, hulle het die goed wat verhoed het dat hulle die lewe en hulle drome volheid kan leef in die oë gekyk en iets daaraan gedoen.

Mag jy die bevrydende werking van die Gees in jou lewe voel.
Mag jy die krag kry om te deal met die goed wat verhoed dat jy die lewe leef wat God vir jou in gedagte het.
Mag jy vry wees en die vrede vind wat alle verstand te bowe gaan.
Mag jy die lewe in sy lengte en breedte beleef.
Gebed
Here, help my! Werk met U Gees in my! Help my om hulp te gaan soek met onverwerkte trauma en pyn! Help my om my trots en vrese te oorkom! Help my om heel te word! Help my om vry te word! Help my om te vergewe! Help my om gesonde verhoudinge te hê! Ek wil nie spyt voel oor enigiets as die einde van my lewe aanbreek nie. Here, verander my! AMEN

No comments:

Post a Comment