Sunday, November 27, 2011

Preek 27 Nov 2011

Kerssangdiens
“Lig vir die wêreld”

Kersfees is ‘n tyd wanneer ons vir mekaar geskenke gee. Hoekom gee ons geskenke?
Ons gee vir mekaar geskenke om te gedenk die geskenk wat God vir ons gegee. Jesus was God se geskenk aan ons. Hy het Jesus vir ons gegee omdat Hy ons ongelooflik liefhet. Hy het gesien dat die wêreld deurmekaar is en toe gee Hy sy seun om vir ons te wys hoe om die wêreld ‘n beter plek te maak.

Hier voor by die kersboom is daar ook ‘n geskenk – sal een van die kinders gou die geskenk kom oopmaak. Haal kers uit en steek dit aan.

In Johannes 8: 12 lees ons: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie my volg sal nooit in duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Jesus noem homself die lig vir die wêreld. In die Bybelse tyd was lig baie belangrik. Die mense het nie Eskom krag gehad nie – hulle kon nie net ‘n skakelaar druk en die lig gaan aan nie. Hulle het olielampies gebruik. Wanneer dit donker word, dan het hulle die lampies aangesteek en dan kon hulle  sien wat hulle doen in die huis.  Die mense was bang vir die donker – want dit was in die donker wat al die slegte goed gebeur het. Wanneer hulle die lampie aangesteek het, dan het die lig hulle veilig laat voel. Die lampies het ook mense bymekaar gebring. Omdat die mense bang was vir dit wat in die donker kan gebeur het hulle om die lampies gesit.

So, wanneer Jesus sê Hy is die Lig wat vir die wêreld gebore is, dan is dit dieselfde as die betekenis wat hierdie lampies vir die mense gehad het.

Net soos die lampies het Jesus, die Lig, gekom om die donker in ons weg te vat.
Ander woord vir die donker – ons sondes. Hy kom verlos ons van ons sondes. Hy laat sy lig in ons skyn, sodat ons vry kan wees. Sodat ons lig kan leef. Sodat ons met vrede kan leef.

Net soos die lampies laat Jesus se lig ons ook veilig voel.
‘n Kort storie om dit te verduidelik.  Dis van ‘n klein seuntjie wat saam met sy oupa in die berge gaan stap het. Toe hulle so end gestap tussen die rotse en die bome deur toe vra die oupa vir die seuntjie: “Weet jy waar ons is?” en die seuntjie antwoord: “nee”.
En die oupa vra: “weet jy waarheen ons oppad is?” en die seuntjie antwoord weer: “nee, ek weet nie.”
En die oupa glimlag en sê: “so, wat jy vir my sê is dat ons verdwaal is.”
En die seuntjie kyk op na sy oupa en sê: “nee, ek is nie verdwaal nie, ek is saam met jou”
Jesus, die lig vir die wêreld, is altyd daar om vir ons rigting te gee en ons veilig te laat voel.

Net soos die lampies bring Jesus se lig mense bymekaar.
Sy lig maak dat ons mekaar kan vergewe. Dat ons saam met mekaar ‘n pad kan stap al verskil ons van mekaar en dink ons verskillend en lyk ons verskillend. Hy sê nêrens dat ons  almal eenders moet wees nie, maar met sy lig in ons, kan ons wel lief wees vir mekaar, eensgesind wees en aanvaardend wees.

Wanneer Jesus se lig in ons laat skyn - Dan gee hy ook vir ons ‘n opdrag: ons moet sy lig laat skyn in die wêreld.
Matteus 5:13-16 "Here's another way to put it: You're here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We're going public with this, as public as a city on a hill. If I make you light-bearers, you don't think I'm going to hide you under a bucket, do you? I'm putting you on a light stand. Now that I've put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you'll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.


No comments:

Post a Comment