Sunday, February 5, 2012

Preek 05 Feb 2012

DIE 7-WONDERS VAN DIE WêRELD!

1.  In die Omgewingstudie klas vra die onderwyser ::  Maak gou-gou ’n lysie van die 7 wonders van die wêreld ::  **  Taj Mahal  ** Christ the Redeemer   **  Collosseum in Rome  **  Great Chinese Wall  **  Chichen Itza  **  Stad Petra  **  Stad Inca   **  Sommige leerders voeg TAFELBERG by!!

2.    Een student sukkel :: Kry net nie klaar nie ::  Lysie word al langer :: Maar daar is so baie .... En dan UITEINDELIK ....!!

3.   Om te kan SIEN // HOOR // AANRAAK // PROE // VOEL // LAG //  Om net te kan hê ...!!!    **   Die hele klas raak stil :: Staan skaam en verbaas op :: Klap hande

4.    Ons aanvaar so maklik so baie dinge as VANSELFSPREKEND :: So asof dit maar so moet wees :: Asof dit alles maar daar MOET wees!  Dink dat wonders met GELD gekoop of gebou moet word ::  (>>   En VERGEET dan so maklik dat hierdie wonders eintlik God-gegewe Genade en Goedheid is :; Skeppinge van God Almagtig :: Skeppinge uit die Groot Gewer se hand!   >>  SO besig met die dinge van God :: Jaag @ ’n tempo deur elke dag // Jaag eintlik @ ons harte en @ God verby! ::  Dat ons die God van die dinge vergeet :: Die Een wat alles gemaak het :: Sy Genade en Voorsiening vir ons,  Miskyk!!    (>>  Partykeer moet ons eers van die KOSBARE VOORREGTE / WONDERS  verloor ::  Om te besef WAT dit werklik werd is!!

1. By geleentheid :: ’n Jeugdiens oor DANKBAARHEID ::  ’n Optrede deur die Trans-Oranje Skool vir Dowes :: Twaalf pragtige jongmense wat mimiek doen op maat van die musiek ::  Hulle mimieke is professioneel : 100% gelyk en in pas met mekaar ..Die enigste probleem ::  Nie een kan die NOOT of TROMSLAG hoor nie!!   Dit ruk die ander jongmense aan die hart :: Laat menige jongmens-hart besef :: DANKBAAR vir wat ek het!!  Menige staan op en getuig met trane ::  Dankie, Here Jesus!!

By dieselfde geleentheid : ’n Matriekmeisie met ’n oog-gebrek :: Heentemal BLIND in een oog : Slegs 4% sig in die ander oog :: Maar ’n jongmense wat elke geleentheid om vir die Here te getuig, aangryp en met oorgawe getuig van Sy liefde en Voorsiening in haar lewe!!
&&  By geleentheid : Die koortjie van E.S le Grange Skool :: Met elke denkbare gebrek wat jy maar kan opnoem :: Party in rolstoele : Ander met dik brille : Ander staan skeef en krom : Vals en van noot af :  Maar sing met OORGAWE >> O, Heer my God – As ek in eerbied wonder //  Jesus het my mooi gemaak ....  En ons raak stil ..................!!!!

Onthou julle nog die gemeentetjie, Tsilapfene, hoog bo in die Soutpansberge : Het niks : Sit op houtbankies : In wind en weer In die bloedige son : maar ELKE Sondag is die hele gemeente daar :: En bedien hulle nagmaal : Gewonde witbrood en warm Fanta Orange ::  Dis AL wat beskikbaar is en wat hulle kan bekostig!  Maar ELKE Sondag ....   En as hulle klaar is, sing hulle met oorgawe en DANKBAARHEID :: God is so goed... God is so goed ... God is so goed, Hy is so goed vir ons!!

5.   Iemand het eendag gevra ::  Are you aware that someone has it WORSE than you?
6.   En ONS??   Ons vergeet gou-gou van al ons seëninge en voorregte as dit met ons self GOED gaan :: Word gou-gou kwaad en dikmond en boos as ons so moet sukkel :     (**  TERWYL :: Ons harte eintlik moet OORLOOP van DANKBAARHEID ::   (** TERWYL :: Ons eintlik met OORGAWE moet sing ::  Ek loof U vir al U handewerke : Ek loof U vir son en maan en sterre : Ek loof U vir see en kontinente : Ek loof U .. Want U is wonderbaar!  En ek PRYS die God wat alles so wonderlik onderhou!  Ek prys Hom vir Sy liefde en Sy trou!    (** TERWYL  : Ons eintlik moet JUIG en JUBEL!!

7.  SKRIFLESING  ::  Hand 16 :: 31   In die tronk in Filippi     Paulus sê ::  DANKBAARHEID = ’n GESINDHEID ::  Wat jy ELKE dag moet LEEF!!    En as daar iemand was wat oor DANKBAARHEID kon getuig, was dit juis Paulus ::  **  Swaar en moeilike lewe ervaar   ** In Fillipi :: Onskuldig in die tronk :: In die binneste selle toegesluit : Voete in houtblokke  : Sonder kos : In die koue : Amper met klippe doodgegooi : Geteister met pynlike lyfstraf : Gekasty en op gespoeg :: Praat van sweet en swaarky :: Hy HET gesuffer!!

8.   EN TOG ::  Desondanks ::  Ten spyte van :: In GEBED ::  Op sy knieë voor die Here :: LOFLIEDERE in die tronk :  Prys en Jubel te midde van swaar en seer :   Teenoor Christus ALTYD Dankbaar :: Vir Krag : Vertroue om in Sy diens te mag staan !!!   n HART VOL DANKBAARHEID!!

9.    Soos Dawid in Ps 147 :: Sing vir die Here ’n Danklied : Sing tot eer van God : Hy oordek die hemel en die aarde Hy voorsien in elke nood : Hy laat gras op die berge uitspruit : Hy gee weiding aan elke dier en versorg die jong koeie wat skree vir kos : Hy laat die wolke opsteek : Hy bring die reën :  Kom sing ’n lied om vir die Here DANKIE te sê!!

10.  VRAAG  ::  **  Hoe lyk jou 7 wonders vir 2012?  **  Wat is vir jou BELANGRIK in 2012 **  Waarvan GETUIG jou lewe in 2012?     **  Waarop FOKUS jy in 2012?    **  Fokus jy op die WOW!-goete :: Die WOW!-wonders in jou lewe   >>  Die Piramides >> Die Taj Mahals >> Die Grand Canyons  .>>  Die Panamas >>  Die Empire States >> Die Chinese mure   **  Mense-wonders ::  Mense-geld  ::  Mense-talente .::  Wat hulle in elk geval WAAR / By WIE gekry het ...!!     of     **  Fokus jy op die wonders van God in jou lewe ....>>  Sy ALTYD DAAR wees vir jou!! >>  Sy Voorsien en Sorg vir jou!!   >>  Sy KRUIS vir jou!!  >>  Sy BLOED vir jou!!  >>  Sy OMGEE vir jou!! >> Dat jy kan Sien // Hoor // Ruik //Voel // Raak // Lag // Huil!!


No comments:

Post a Comment