Sunday, February 19, 2012

Preek 19 Feb 2012

Belydenisaflegging 2012

 

2 Konings 2: die oorgee van verantwoordelikheid

Dis al weer interessante toeval dat die leesrooster-teks vir hierdie week die storie is van Elia wat sy mantel oorgee aan Elisa… Dis ‘n storie van gesag en verantwoordelikheid wat aan ‘n nuwe generasie oorhandig word; ‘n storie van ‘n opleidingspad wat tot ‘n einde kom. Tot hier toe het Elia vir Elisa geleer, maar nou moet Elisa op sy eie voortstap…
Hoe gepas vir die dag wanneer 6 jongmense aankondig dat hul formele opleidingstyd in die kerk tot ‘n einde gekom het en hulle self verantwoordelikheid neem vir hulle verhouding met God van hier af vorentoe…? Ons as ouers, Sondagskoolonderwysers en leraars gee vandag die mantel oor aan hulle. Van hier af stap hulle as volwaardige lidmate!
Kom ons lees saam:

1 Die tyd het gekom dat die Here vir Elia in 'n stormwind in die hemel sou opneem.
8 Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na links en na regs verdeel, sodat hulle twee op droë grond daar deur is. 9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!10 Toe sê Elia: “Dis 'n moeilike ding wat jy vra”.

·         Dubbele deel “van u gees”: “bə·rū·ḥă·ḵā” kom van “ruach” (roo-akh)
·         Gen 1: die gees van God het oor die waters gesweef…
·         Beteken: verwys na iemand se essensie – hulle eienskappe van krag; dapperheid; beweegredes; manier van dink; hart…
·         Dubbele deel: Elisa vra hier vir sy erflating: nie wêreldse dinge, maar (soos Salomo) die vermoeë om te kan doen waarvoor hy geroep is. Hy vra om as Elia se ‘eersgeborene’ behandel te word (eerste seuns het ‘n dubbel porsie van hul pa se erflating gekry).
·         “Dis ‘n moeilike ding”: It’s not up to him. Hy weet nie of die Here sal ja sê nie.
·          
11 Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik 'n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in 'n stormwind op, die hemel in.
13 Hy het die mantel wat van Elia afgeval het, opgetel en weer op die wal van die Jordaan gaan staan. 14 Hy het met hierdie mantel wat van Elia afgeval het, op die water geslaan en gesê: Waar is die Here die God van Elia? Waar is Hy? Toe Elisa die water slaan, het dit na links en na regs verdeel sodat hy kon deurgaan.

Elia besef dat hy die krag van God – die Gees van God wat op Elia was – nodig het om te doen wat hy moet doen; om alleen vorentoe te gaan… Hy besef dat die krag nie in die MANTEL lê nie, maar in God. Sy woorde voor hy waag om soos Elia op die water te slaan, is ‘n gebed: “Wees by my ook, Here, God van Elia…”
Ons klompie het ‘n besondere Godservaring gehad toe ons saam die berg op is twee naweke terug! Ons het God beleef in die wind, op die berg, in die vuur en in die fluistering van die vroegoggend windstilte… Die Here sélf het julle voorberei vir hierdie oomblik! En ek wéét, as julle hier voor kom staan, deel julle Elisa se gebed: Wees by my ook, Here, God van my ouers en van Jalize en van Johannes en van al my ander mentors…”

Die pad het begin by julle doop

Hierdie oomblik, wanneer ons die “mantel aan julle oorgee”, is die einde van ‘n pad wat baie jare terug by die doopfont begin het. Dáár het julle ouers julle as babas vasgehou, terwyl God ‘n belofte van trou aan julle gemaak het… God het julle eerste gekies! Voor julle kon verstaan! Voor julle vir Hom kon liefwees! En julle ouers het vir God belowe dat hulle alles in hulle vermoeë sou doen om seker te maak julle leer ken hierdie God… Hulle het belowe om julle te leer en te laat leer – sodat julle kan verstaan.
Vandag verstaan julle. Vandag hou julle ouers se verantwoordelikheid op. Vandag neem julle self die verantwoordelikheid op júlle skouers!

Ouers vergesel kinders tot by doopfont

§  Ek gaan nou elke kind een vir een vorentoe roep.
§  Hulle ouers gaan saam met hulle na die doopfont toe stap.
§  Dáár gaan hulle met hul vingers aan die water raak en dan aan hul voorkop: ‘n herinnering aan hulle doop; aan God se belofte van liefde en trou…
§  Terwyl hulle vorentoe kom gaan elkeen se persoonlike geloofsbelydenis op die skerm verskyn: hulle antwoord op wat God by hulle doop vir hulle gesê het…
§  Daar by die doopfont gaan hul ouers die ‘mantel oorgee’. Hulle formele verantwoordelikheid eindig daar. Van daar af vorentoe gaan hulle kind self verantwoordelik wees…
§  En as hulle hier voor kom staan, sal Elisa se gebed in hulle hart uitroep: “Wees by my ook, Here, God van my mentors…”

Om belydenis van geloof af te lê beteken dat julle met die mond bely wat julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat julle maak om alleen op God te vertrou, om te lewe volgens Sy woord, getrou deel te neem aan die erediens en aan al die aktiwiteite van Sy kerk, om te volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en daad te verheerlik.
Beantwoord vrae.

Voel julle anders? Ek hoop so! Want julle IS anders… Julle het so pas ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Ek dink baie van julle het twee weke terug ‘n belewenis gehad van om op ‘n nuwe plek te kom in julle verhouding met God… Ek kon ‘n verdieping sien in elkeen van julle… So, julle IS anders…
En hierdie verandering / vernuwing / gedaanteverwisselings is nie die uitsondering nie. Dit is die reël. Ons is almal die heeltyd besig om te verander. Om te lewe is om gedurig gedaanteverwisselings te ondergaan.

Paulus verwoord dit mooi in 2 Kor 3:18 (Die Boodskap)
Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.

Luister hoe klink dit in die Message vertaling:
Nothing between us and God, our faces shining with the brightness of His face. And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.

En The Word on the Street vertaling lig weer ‘n ander aspek uit:
But when we turn our lives back to the Boss, the mask is taken off. The Boss is the Spirit of God, and wherever God’s Spirit is there’s freedom. We’ve got our masks off and God’s brilliance is bouncing off our faces; it’s changing us - our features are evolving; we’re looking more and more attractive as God’s Spirit puts plastic surgeons out of work by the thousands. Only our Boss makes us truly beautiful.
Elisa het gevra vir soveel van die gees van Elia wat hy kón kry! Hy het baie goed geweet dis nie Elia se gees nie, maar God se gees – en hy het geweet hy het dit nodig! Die gees van God in ons VERANDER ons!
§  We are transfigured like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him…
§  God’s brilliance is bouncing off our faces; it’s changing us - our features are evolving; we’re looking more and more attractive as God’s Spirit puts plastic surgeons out of work by the thousands…

Ek kán vandag die heerlikheid van die Here in julle gesigte sien, my jong vriende! Dit ruk my hart…!
Gaan ek dit nog sien oor ‘n jaar van nou af? Of vyf jaar? Oor tien jaar?
Sien ons dit nog in mekaar se gesigte, gemeente? Sagte oë? Deernis? Vergifnis?
Leef ons nog met die besef dat ons die gees van God nodig het? Is Elisa se gebed nog ons gebed? Here, wees by my… Ek kan nie sonder U nie?

Nagmaal

Ons gaan nou nagmaal gebruik… Ons gaan almal voor ons eie Jordaan rivier staan – die uitdagings waarvoor óns te staan is – en ons gaan pleit: “Wees by my, Here! Laat U Gees in my wees!”

 

nuwe lidmate steek kers aan by christuskers

Die mantel is oorgegee, my vriende. Julle sal van hier af onafhanklik voortstap.
Weet dít: jy stap vorentoe met ‘n roeping! Die Here wil jou gebruik! God het ‘n verwagting as Hy noun a jou kyk, soos wat jy hier sit…
Maar wat ook al vir jou voorlê, watter pad jy en die Here ook al stap: die Gees van die Here is in jou… Letterlik! Die Here is by jou! Jy is gesalf vir jou roeping.
Gaan steek dus jou kers aan by die Christuskers – en neem daarmee jou plek in as volwaardige lidmaat van hierdie gemeente en van die liggaam van Christus.





No comments:

Post a Comment