Sunday, June 10, 2012

Preek 10 Junie 2012


HANDE VOL GOEIE GOED!
2 KOR  4 : 13 - 5: 1

Die Amerikaanse skrywer en komediant,  Mark Twain was oppad om met  ‘n trein te vertrek, maar was nie lus om sy aktetas saam met hom te dra nie.  Hy vra toe die man in beheer van die bagasie:   Dink jy hierdie aktetas is sterk genoeg om die reis in die bagasiekompartement te oorleef?   **   Die man het Twain se tas geneem en op die platform neergegooi.  Dis wat hulle in Philadelphia met die tas gaan maak!    **   Toe tel hy dit op en slaan dit  5 tot 6 keer kliphard teen die trein.  Dis wat hulle in Chicago gaan doen!    **   Uiteindelik het hy aktetas op die vloer gegooi en daarop gespring totdat die skrywer se boeke en papiere daaruit gepeul het!   Dis wat hulle in Sioux City gaan doen!       **  Twain het alles sprakeloos geskok aangestaar en toe sê die man:   Meneer, as jy enigsins verder as Sioux City gaan, stel ek voor jy dra maar jou aktetas self.

Voel JOU lewe  ook soms soos Mark Twain se aktetas :: Heen-en-weer geslinger? Op-enAf gegooi? Pimpel-en-Pers geslaan?  Weet nie meer herwaarts of derwaarts?  MIN GOEIE DINGE //  MIN GOEIE NUUS!!     Die afgelope maande het ek opnuut besef dat die mense in ons omgewing regtig swaar kry :  Word soos Mark Twain se tas heen en weer gegooi en geslinger :   En ja! Die ekonomie en ’n klomp ander goete HET skuld hieraan  :: Gaan daarmee saam  : Het my opnuut laat besef dat ons mense BROOS is : Voos en seer en stukkend geslaan deur die lewe :  En ek het sien hoe hierdie BROOSHEID ons mense die DONKER invat ! 
Vr a jy ook baie keer ::  HOEKOM??   HOE gaan ek deur die dag kom?  Hoe gaan ek dit maak?  Hoe gaan ek oorleef?  Voel jy partykeer om net te skree ::  HELP!!!        Paulus help ons om perspektief te kry op hierdie Mark Twain aktetas van ‘n lewe…

THESE DIED THAT THE DESERT  MAY REJOICE .....

Ons swaarkry help ander blom vs 13-15    

Die groot Boulderdam en sy waterskema in die VSA het groot vrugbaarheid na  die omliggende woestynagtige areas gebring ! Daardie woestyngedeeltes floreer nou as gevolg van die water wat uit die Boulderdam se skema vloei.   Op ‘n inskripsie by die dam staan by die name van werkers wat met die bou van hierdie indrukwekkende dam dood is, die volgende woorde:    These died that the desert might rejoice and blossom as the rose.   Ons swaarkry help ander BLOM!

Dis presies wat Paulus hier ook skryf ::  Hy kon deur al die swaarkry en pyne gaan, omdat hy het geweet dat dit ‘n oorvloed egte Jesus-lewe vir ander sou bring.   God gebruik vandag nog vir jou en my as Jesus-volgelinge (én hoe hoopvol ons moelike dinge hanteer) om mense se harte vir Hom oop te maak sodat hulle lewens kan blom!  Hy gebruik JOU om tot seën vir ander te wees!!   **  Let dus maar mooi op hoe jy leef  ::  Jy het ‘n EFFEK op ander mense se lewens ::  Jy kan tot SEËN vir ander mense wees! Jy kan ander mense positief beinvloed!  Jy kan ande rmense positief VERANDER!!     Die Gees help jou om so positief te lewe!    ONTHOU net :: Al gaan dit HOE moeilik // Hoe swaar :: God is  BY ons, al kry ons swaar! 

GELOOF KYK VORENTOE    

Die geheim van vasbyt! Vs 16-18   

Hierdie Mark Twain aktetas van ‘n lewe kan jou en my bekommerd maak // Moed laat verloor!!      Sielkundiges het met navorsing ‘n TYDSTABEL VIR BEKOMMERNIS saamgestel ::  **  Op 18, bekommer ons oor IDEALE    **   Op 20, oor VOORKOMS ::   **  Op 23, oor MORALS   **  Op 26 oor GOEIE INDRUKKE ::  **  Op 30 oor HOË LEWENSKOSTE, SALARIS EN SUKSES ::  **  Op 33 oor WERKSEKURITEIT ::  Op 41 oor die VERLIES AAN AMBISIE  ::  Op 45 + oor GESONDHEID.

Elke stadium van die lewe het  sy eie UITDAGINGS.    Paulus deel hier met jou en my die GEHEIM van VASBYT in én deur moeilike omstandighede ::  JY EN EK IS NOOIT ALLEEN NIE. GOD IS DIE HELE TYD (24/7) VOOR, LANGS, AGTER, BO, ONDER, BY ÉN IN ONS!    GELOOF KYK VORENTOE!!

Dink onwillekeurig aan Sint Patrick se pragtige gebed:   Christus met my, Christus voor my, Christus agter my, Christus in my, Christus onder my, Christus bo my, Christus regs van my, Christus links van my, Christus waar ek lê, Christus waar ek sit, Christus waar ek opstaan, Christus in die hart van elke mens wat aan my dink,  Christus op die tong van elke mens wat oor my praat,  Christus in elke oog wat my sien, Christus in elke oor wat my hoor.  Christus wat vandag my beskerm teen alle gevaar wat oor my pad kom, sodat ek die lewe in sy oorvloed mag beleef. Amen.

’n Storietjie ::  ‘n Klein dogter het naby die begraafplaas gebly en soms in donkerte daardeur geloop. Toe iemand haar vra:  Is jy nie bang nie?   het sy geantwoord ::  O, nee, my huis is net aan die anderkant.        Of soos die klein seuntjie wat saam met  sy oupa in die berge gaan stap het. Toe hulle so ent tussen die rotse en die bome deur gestap het,  vra die oupa vir die seuntjie: “Weet jy  waar ons is?”  Die seuntjie antwoord: “Nee”.   Die oupa vra: “Weet jy waarheen ons oppad is?” En die seuntjie antwoord weer: “Nee, ek  weet nie.”    Die oupa glimlag en sê: “So, wat jy vir my sê is dat ons verdwaal is.”    Die seuntjie kyk op na sy oupa en sê: “Nee, ek is nie verdwaal nie, ek is saam met jou!      Dis wat hoop is ::  Mense op na ons Pa se huis, is nie bang nie, want ons stap in elke geval NOOIT alleen nie.   Mense oppad na ons Pa se huis, stap altyd SAAM met Hom!.

GOD IS MET JOU WAAR JY OOKAL GAAN  

God  is  BY ons ... Al kry ons swaar!  Vs 8 – 10   

Paulus het OOK so ’n Mark twain-tas lewe beleef!!  Maar hy besef waar sy HOOP lê  // waa sy KRAG lê  :  God is BY ons, al kry ons swaar      **  Ek kry dikwels swaar Maar ek is nooit mismoedig nie.    **  Ek weet nie elke dag presies wat ek moet doen nie ::  Tog is ek nooit radeloos nie.   **  Ek word vervolg  ::  Maar ek weet God los my nooit alleen nie.   **  Ek word onderstebo geloop, maar ek staan elke keer weer op.   
**   Net soos Jesus gely het toe Hy op aarde was, ly ek ook. Die merktekens daarvan is oral aan my lyf te sien. Ja, in my eie liggaam dra ek Christus se lyding en dood heeltyd met my saam  ::  Tog is die groot krag van Jesus ook deur my liggaam aan die werk.

‘n Klein dogter en haar pappa besoek die hoë Empire State gebou. Hulle gaan op en op en op in die hysbak. Die dogtertjie hou haar pappa se hand styf vas en vra later: “Pappa, weet God dat ons kom?” 
Paulus leer ons ::  Ja!!  God WEET dat jy oppad is : Dat jy kom!!!   God weet alles en wat Hy vir ons voorberei  het,  asemrowend mooi is!    Die lewe met al sy oppe en af’s is steeds wonderlik, maar onthou ::  God se beste vir jou en my lê nog en wag…  Die Ewige Lewe wat vir EWIG bly staan!

En ja!  Ons is kleipotte : Breekbaar : Gekraak : En ons weet mos alles gaan  eendag  eindig!!  En ja :: Ongelukkig het jy net een lewe.   Daarom moet jy besef  ::  Ja, die lewe hier is groots, maar dit is net ‘n klein refleksie van iets groters wat vir ons wag!    Ons weet  en verstaan bitter min van die ewge lewe, maar ons weet dat Jesus daar is ::  Dat Jesus vir ons wag.     Hierdie wete van die ewige lewe en Jesus wat vir ons wag – gee vir ons hoop in die onseker wêreld waarin ons nou leef.  Maak nie saak wat ons nou beleef nie – ons kan uitsien na ‘n toekoms waar alles weer sal wees soos God dit bedoel het om te wees.    Daarom moet jy ek ek hierdie een lewe met albei hande aangryp!!  CARPE DIEM :: GRYP DIE DAG!!!    Want weet jy wat ::   Jy en ek het ‘n gewaarborgde toekoms  -  ‘n Onbeskryflike grootse toekoms wat God vir ons voorberei :; ’n EWIGE LEWE saam met Hom!!!  En dit gee ons hoop!    Winston Churchill is gevra wat was die beste wapen wat Brittanje teen Hitler gehad het..    Sy antwoord was:   It was what England's greatest weapon has always been—HOPE!

Die Engelse skrywer-digter, Rudyard Kipling, beskryf dit so mooi  ::    When Earth's last picture is painted :: When the oldest colors have faded,  the Master of all good workmen shall put us to work anew...and never be tired at all. And only the Master shall praise us... And no one will work for the money. No one will work for the fame. But each for the joy of the working, and each will draw the thing as he sees it for the God of things as they are.


No comments:

Post a Comment