Sunday, March 24, 2013

Preek 24 Maart 2013


PREEK : SONDAG 24 APRIL 2013
DIE LIG BREEK DEUR!   Luk 18 : 35 - 43
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1.   IN THE FOOTSTEPS OF JESUS  **  Die beroemde skrywer van Dr Jekyll and Mr Hyde :   Toe hy nog ’n kind was, was daar nog straatlampe in die strate!  Een nag by die  venster uitgeloer : Pikdonker!  As kind baie bang vir die donker, maar die aand is sy vrees daarvoor verdryf : Want die man wie se taak dit was om die gaslampe aan te steek vir die nag, het by hulle straat begin :   Een vir Een het die straatligte aangekom!!   Hy het opgewonde vir sy ma  geskree  Mommy, somebody is poking holes in the darkness!

2.   En dis wat ons dalk vanoggend moet hoor  :  Jesus :: die een wat LIG stuur :: Die Een wat LIG is ::  kom druk gate in die donker!!!   God se lig wat deur die gate inkom,  verdryf die donkerte!  Ons kan verseker weet dat DONKERTE nooit vir lank die oorhand in God se kinders het nie!    >>  Onthou wat Jesus gesê het ::  Ek is die LIG vir die wêreld!  Wie MY volg, sal nooit in die duisternis lewe nie! (Joh 8:12)  Iemand wat My volg, se lewe nie sinloos wees soos die van iemand wat in die donker rondstrompel nie!

3.   As die Almagtige God, Skepper van die heelal, Magtig om enige-iets te doen, vir jou vra  :: WAT WIL JY HÊ MOET EK VIR JOU DOEN? .....  >>   Wat sal jy antwoord??    Wat wil jy die graagste hê?  Want dis die kans van ’n leeftyd :: Jy gaan dalk NOOIT weer so ’n kans kry nie :: Dis amper ’n  Money or the Box situasie ...!!!   **   Gaan jy vra vir geld  –  Nie baie nie Here, maar net genoeg!  Ek sou kon doen met ’n miljoen ...!!!     **   Gaan jy vra vir ’n lang lewe – Maar dan ’n gesonde en gelukkige lang lewe ::  Ek sien werklik nie kans vir die pyne en  kwale en skete van ’n oumens-lewe nie!       **   Vra jy dalk vir veiligheid – Beskerming vir elke dag – Want dis so wild en woes daarbuite : Moet myself om elke hoek  en draai beskerm : Myself agter slot en grendel hou!   **   Vra jy vir gesondheid – Want ek kan die pyn en siekte nie langer verduur nie – Dis nou eenmaal net te veel :: Dis nou  genoeg!  Hoekom moet net ek so suffer?   **   Wat van ’n goeie naam – Dis tog so belangrik vir my image en beeld!  Ja! Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen??

4.   Skriflesing :: Luk 18 :: 35 – 43.   Onthou asseblief ::    In daardie tyd was dit veel moeiliker om blind te wees as vandag :: Al die hulp en tegnolgie nie so geredelik beskikbaar soos vandag nie ::  Kon nie gou-gou vir ’n laser ops gaan nie : Van oorplantings was daar nie eers sprake nie!!   Die enigste oplossing vir die man was om hom maar tot bedelary te wend om aan die lewe te bly!   En nou weet julle hoe die mense oor bedelaars gevoel het :: Eenkant toe gestoot : Was as lasposte en luiaards gebrandmerk ::  Hulle het geen kans in die lewe gehad nie ::  Niemand het hulle ’n plekkie gegun nie!

5.  Soos al die ander mense het hy ook van die Jesus gehoor ::  **  Dat Hy mense gesond KAN maak :  **  Dat Hy ’n hart het vir swaarkry-en-op-die-rant mense ::  **  Dat Hy Almagtig is ::  **   Dat Hy DOEN wat Hy beloof!!!!   Ja!  Verseker het hy van die man gehoor   >>  En toe hy op ’n dag hoor dat die man sy dorp kom besoek, het hy seker vir homself gesê ::   
Hier’s my kans!! Ek gaan dit vir geen geld ter wêreld misloop nie! Dis dalk my ENIGSTE ans in die lewe!  Ek DURF dit nie misloop nie!

6.    En soos ’n klein seuntjie het hy begin kerm en skree ::  Al harder en harder ::  In die hoop dat Jesus hom sou hoor::    Hoor my tog!  Ontferm U oor my!  Ek wil graag sien! Help my tog!  **   So hard aanhou kerm, dat hy die omstanders begin irriteer het Hulle hom probeer stil maak het :  Want wat maak ’n bedelaar in elk geval tussen ons .. Jy hoort mos nie hier nie ..!   Jou plek is daar eenkant Hulle was nie lus vir die gekerm van die bedelaar nie!! Hulle het immers gekom om JESUS te sien!

7.   Maar Jesus HET hom gehoor :: Bo al die geskree en geraas deur :: Tussen al die baie ander wat Sy aandag gevra het, het Jesus die een stem gehoor ::   Jesus! Seun van Dawid! Hoor my tog!  Ontferm U oor my!  Hoor my tog net! Help my tog net, asseblief!!     En wanneer Jesus hierdie BELANGRISTE VRAAG in sy lewe vra  ::  Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? ::   En die BLINDE MAN in Luk 18 : 40 huiwer nie vir ’n oomblik toe hy die vraag hoor nie ::  Dat ek kan SIEN, Here!!!.

8.   En asof in ’n oomblik, maak Jesus sy oë reg :: Goed!  Sien dan!  Jy kan nou sien!  Die mooiste woorde wat die man nog in sy lewe gehoor het :   Want skielik is die donker gordyn in sy lewe vir ewig weg : En kan hy SIEN!!

9.   En kry hy boonop die goeie nuus ::  Jou GELOOF het jou gered!   Hy verstar vir ’n oomblik ::  My Geloof??  Het ek dan Geloof??    Ek :: Die blinde bedelaar van Jerigo :: Wat altyd maar eenkant toe gestoot is :: Nooit ’n kans gegun is nie :: Altyd op die buiterant moes leef ::  Myself aan die lewe moes probeer hou met boemel bedel en aalmoese, STAAN VERWONDERD   ::  Kan ek dan ook GELOOF hê??  Dis my NOOIT gegun nie!! 

10.   En die lig breek vir hom deur :  En hy besef .. ervaar :: Geloof in God is om jou hart vir Hom oop te maak :: Om jou aan Hom oor te gee : Om Hom te vertrou ..............!!

11.    Wat kan EK vir jou doen?   As die Almagtige God, Skepper van die heelal, Magtig om enige-iets te doen, vir jou sou vra ::  Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?  Wat sal jou antwoord wees??  Wat wil jy die graagste hê?  Want dis die kans van ’n leeftyd!!!!   Jy gaan dalk NOOIT weer so ’n kans kry nie  Dis dalk die begin van iets totaal NUUT vir jou!!!  Wat gaan jy vra ...........??

12. Maar  ::   Miskien is dit dalk net goed om, VOORDAT jy antwoord, net weer ’n slag stil te word ::   Bewus te word met hierdie wonderlike troos dat God die God van nuwe beginne is :   Hy kan iets NUUT begin waar alles vir ons verlore of hopeloos lyk!    >>   Miskien is jou moed LAAG vandag!  >>  Miskien lê daar vir jou uitdagings voor wat te groot voel om te hanteer!  

13.   ONTHOU dan :: He is the God of New Beginnings!!  Hy kan wondere doen!   **   Hy het aan die begin uit NIKS, ’n totaal ALLES nuut geskep  ::  ’n Heel nuwe wêreld!!   **  Hy het in Eli se dae met ’n jong seun begin NUUT begin!   **  Hy het die ballinge ’n NUWE KANS gegee!   **   Hy kan ook deur Sy wonders in JOU lewe met iets NUUT begin!   **  Hy kan in Sy wondergenade,  deure vir jou oopmaak waarvan jou nooit eens kon droom nie!   **  Hy kan ook vir jou vrede en vreugde bring wat alle verstand te bowe gaan!   Vandag kan daar vir jou ’n nuwe lewe wees :: Die begin van iets nuut – ’n Lewe waarin God telkens op ’n nuwe wyse werk!  Glo!  Leef dit! Van vandag af!    Dit het Dawid laat uitroep ::  U leer my hoe om te lewe!  By U is daar oorvloedige blydskap!  Uit U hand kom net wat mooi is!    

14.  Is jy NOU reg om te antwoord ::  Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?

15.   En wat maak ’n mens as jou GROOTSTE wens skielik deur Jesus WAAR gemaak word :  Wel .. **   Jy gooi jou arms in die lug!     **  En jy JUIG en JUBEL!!     **   En dan DIEN jy Hom daarna met jou hele lewe :: Want dis die beste manier om DANKBAARHEID gestalte te  gee!    **   Dan word jou hele lewe ’n LOFLIED tot eer van God ::  Want dis die enigste manier waarop jy uiting kan gee aan jou DANKBAARHEID!!   **   Dan word jou hele lewe ’n OFFER aan God :: Want dis die enigste manier waarop jy DANKBAARHEID kan spel!    **   Dan hou jy nooit weer op om oor jou groot God te praat nie : Want almal moet HOOR van DANKBAARHEID!   **   Dan verander jou professie ::  Verby is die dae van boemel en bedel – Van aanmekaar BAKHAND staan Nou VOLG en VERKONDIG jy!!   **   Dan trek jy jou skoene uit :: En jy kyk DANKBAAR op!!  Want jy staan op Heilige Grond!     **   Soos die blinde bedelaar van Jerigo gemaak het!!

No comments:

Post a Comment