Sunday, March 31, 2013

Preek 31 Maart 2013


OPSTANDINGSONDAG 31 MAART 2013
HY HET OPGESTAAN!
_______________________________________________________
1.  Skriflesing ::  Johannes 20 :: 11 – 16

2.    DIE NA-NAG WAS NET TE LANK . Die na-nag was te lank vir Maria : Die Verbystering / Die Smart / Die Teleurstelling oor haar Rabbi se kruisdood gooi ’n donker skadu oor haar hart!  Sy verlang intens na Hom :: Wil Hom so graag weer sien : Net aan Hom raak : Sy liefde weer voel

3.  Toe weet sy :: Ek sal na Sy graf gaan :: Sy liggaam met my trane balsem : Sommer net die pyn in my hart voor Hom uitstort : Sy teenwoordigheid weer beleef!

4.  Stadig en onseker loop sy na die graf ::  Versigtig loer sy by die oop gat in die muur in : En dan die skok >>  My Meester – Die Een op wie ek my lewe gebou het – se liggaam is weg!!   Hard en vol vrees skree sy ::  Waar is my Meester? Wie het Hom weggeneem?  Verslaentheid oorweldig haar!  Haar angsroep klief deur die oggend-stilte!

5.   Dan :: Meteens :: Asof uit die niet :: staan Hy langs haar :  Waarom huil jy so? Vir wie soek jy?  **  Onbewus van wie dit is, pleit sy ::  Asseblief, Meneer :: As JY Hom uit die graf geneem het, sê tog vir my waar sy liggaam nou is.  Ek sal dit vat en verder dra!    **  Dan die onverwagse antwoord :: ’n Enkele woord ::  MARIA!!! Sien jy nie :: Dis EK : Jou Vriend en Verlosser, die   Seun van God!  Ek is nie in die graf nie!  Ek het die dood oorwin!! Daarom ::  Jy kan nou opstaan en LEEF!!   En al wat sy verbaas kan uitroep ::  Rabbi!!

6.   En in hierdie HEILIGE lewensveranderende oomblik, verander elke stukkie Lewens-hartseer .... in Oorweldigende Vreugde  Haar aardse hartseer ..... in Hemelse Moed ::  Haar donker Verlorenheid .... in  Ewige Lig!!  Ek het die Here nounet LEWENDIG gesien!!   HY HET OPGESTAAN!!  HY LEEF!!  DIE GRAF IS LEEG!!   Want ::  Dit is die dag! Dit is die Heer se dag! Die Heer verrys in morelig! Die Here leef! Hy oorwin die graf!
Halleluja!   Halleluja!   Die Here leef!  Hy is uit die graf!!  Die Heer het OPGESTAAN!!

7.   DAWID SE NOODKREET  ::   >>  Soos Dawid se NOODKREET in   **  Ps 28 : 1 >>  Ek roep na U, Here my Rots : Moet tog nie doof wees vir my nie! Want as U bly swyg, sal ek wees soos ’n sterwende!    >>  Wat verander in ’n LOFLIED in   **  Ps 28 : 6 >>  Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor! Die Here is my Sterkte en my Beskermer : Op Hom kan ek vertrou!  Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met ’n loflied!   Die Here is ’n sterkte vir Sy volk, ’n Veilige beskutting vir Sy gesalfde!     >>  En BEVESTIG word  in **  Ps 18 : 47 >>  Die Here leef!  Ek loof Hom wat my ROTS is! Ek PRYS God wat my gered het! Dit is God wat my die OORWINNING gee!




8.   En daar is ’n aanloop tot die uitroep : Daar is iets hieragter :  Was nie sommer ’n maklike ding om uit te roep nie :   Want die verhaal in Ps 18 vertel van vyande wat Dawid op die randjie van WANHOOP gebring het ::  ’n Situasie wat Hom ERNSTIG tot die Here laat bid en vra :  Here, beskerm my asseblief!  Moenie STILBLY en my laat voel of ek teen die dak vasgebind is nie!

9.  Maar dan ervaar DAWID Hoe die Here op die toneel verskyn :   Hom uit onmoontlike situasies red :  Hom KRAG gee in situasies waar hy nie in EIE krag staande sou kon bly nie :    En die ondervinding laat Hom met groot oortuiging uitroep Die Here Leef!! Die Here is my Rots :: My Sterkte :: My Skuilplek My Redder :  Ek VERTROU die Here!!   Want Hy gee LIG in die donker :: Krag BO verwagting :: ’n Voorspoedige pad ::  ’n Vastrapplek vir Sy kinders ::  Hy maak my voete soos die van ’n ribbok ::  Op hoë plekke kan ek VEILIG loop!  HY HET OPGESTAAN!  HY LEEF!!

10.   En waarmee Dawid eintlik bely  :: Die Here leef!!  **  Hy is hy nie net .....dood ..... nie!   Nee!  Allesbehalwe ::      **  Hy is steeds AKTIEF  ::  **  Hy is steeds WERKSAAM in hierdie wêreld :  **  Hy HET Hom nie ONTTREK nie :: 
**  Hy is AKTIEF in jou en my wêreld!  **  Hy LEEF inderdaad!!!  Jesus leef en ons met Hom

11.   PAASFEES / OPSTANDING-SONDAG 2013    Saam met al die herinneringe // Die bevestigings :: Kan ek vanoggend in hierdie Paastyd voor die Jesus kom kniel wat ons met Sy Vergifnis, Vrede, en Genade seën!    **  En KIES ek – soos Maria Magdalena – Om @ die kruis van Jesus te kom kniel :  Om elke dag oor my Verlosser te JUBEL en te JUIG :  En vir Hom te sê ::  My Here en my God! Ek aanvaar U onbeskryflike liefde met dankbaarheidsvreugde!  Wees asseblief my Rabbi, my Leidsman, my Ewige Vriend!   Vul my daagliks met die krag van u Gees, sodat ek kan leef soos ’n Verloste kind :: Soos ’n kind wat na U beeld geskape is ::  ’n Kind wat met U liefdeswysheid gevul is.  Gebruik my lewe, gawes en talente in U diens, sodat ek U grootheid Hoorbaar, Sigbaar en Voelbaar sal maak!   Ja, Here, U is my lig : Die Lig wat my Feilbaarheid vergewe, my Gebrokenheid heelmaak, Wat elke aardse nag in ’n Hemelse Vrede omskep!  Ek eer U met my hele hart : Want ek GLO ...

12.   Ja!   Inderdaad ::  Die Here leef!!  Hy is nie net dood is nie!   Nee!  **  Hy is steeds AKTIEF!!  **  Hy is steeds Werksaam in hierdie wêreld :  ** Hy het Hom nie Onttrek nie ::  **  Hy is AKTIEF werksaam in jou en my wêreld!

No comments:

Post a Comment